![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Karien het hom al vyf jaar lank lief, maar hy het iemand anders bo haar
gekies en ver weg gegaan. Nou is Schalk terug en ondanks haar beste
voornemens laat hy haar hart steeds vinniger klop. Hy durf nie uitvind
dat sy steeds snags wakker lę oor hom nie. Hy het immers haar liefde
versmaai en haar hart gebreek.
'n Vrye vertaling van Van den vos Reynaerde.
Ook versoek ek u dat u versigtig moet wees, op u hoede vir verraad.
Maretha Maartens en Magda Slabbert neem hande om in Klankgrens die verhaal van pyn, oorlewing en die diepe worstelinge van die grensoorlog se weermagvroue oop te vlek. Uit die oogpunt van die vrouens wat moes agterbly, wat moes aanhou, wat moes verstaan, en kop bo water hou, leer ken ons vir Jo en haar kinders en die stryd wat die vrouens gevoer het, weg van die grens.
Stefan vry graag in die bondel. Maar Ciska, met haar krullerige rooi hare en sexy lyf, is die eerste meisie wat sy voete regtig onder hom uitslaan. Vir haar sal hy enigiets doen, selfs in 'n getroue verhouding wees vir altyd. Maar die irriterende rykmansdogter, Surette, is vasberade om haar kloue in Stefan te hou. Hierdie romantiese reeks met heelwat avontuur, aksie en hartstog sal lesers vasgevang hou tot die laaste bladsy!
Ná ’n ongeluk beland Shiloh en Azalay op onverklaarbare wyse saam in
die Arabiese woestyn. Hulle kom ook agter hulle het duisende jare terug
in tyd gereis, en bevind hulle in die jaar van Jesus se geboorte ...
Die storie van Amraal en sy mense begin by die Hantam, strek deur Namakwaland, Pella en die suide van Namibie tot in Gobabis. 'n Oorrompelende historiese roman wat 'n verswee geskiedenis oopskryf, ook die geskiedenis van Afrikaans. Die verhaal is geanker in die kronieke van die Khoi, maar temas soos die strewe na reg en geregtigheid gee daaraan 'n tydlose kwaliteit.
In die Wes-Kaap sit tiran Albino X op sy Vergelegen-troon. Magriet Vos moet uit sy strik ontsnap, terwyl sy ook probeer ontkom aan haar erger-wordende geheueverlies. In die postapokaliptiese Suid-Afrika van die nabye toekoms moet Magriet haar pad deur die distopiese binneland baan na familie in die noorde, voor demensie haar verswelg. 'n Liriese literere debuut, met as deel van die verhaal fototekste deur die skrywer, 'n baie bekende fotograaf.
Die vertrek waarin ek my opgestopte voëltjies in glaskissies uitgestal het, het ek ontruim. Ek het die voëleiertjies en -neste, asook kassette met opnames van voëlgeluide in bokse gepak. Dit het my te veel aan Pa laat dink, en aan hom wou ek nie dink nie. Want dan het ek vir Annalisa gehaat, en ’n ma mag haar kind nie haat nie. Hulle is onder ’n kareeboom in die agtererf besig om na ’n janfiskaal te kyk wanneer haar tronkdokter-pa by Rosaria bieg dat ook hý ’n tipe laksman is. By Pretoria-Sentraal, waar hy die gehangdes se doodsertifikate uitreik, dien hy soms ook die genadeskoot toe. Maar sę nou van daardie tereggesteldes was onskuldig? wonder Rosaria. Nou, jare later, en kort ná die raaiselagtige dood van haar dogter Annalisa, onthou Rosarie die nonnetjiesuil wat sy en haar aweregse dogter grootgemaak het. Dit was voor Annalisa se rockmusiek van haar ’n kultusfiguur gemaak het, en voordat sy haar rug op haar ma gedraai het. Rosaria se worsteling strek verder terug as haar kind se dood. Haar verlede word verder oopgeruk wanneer Annalisa se dogtertjie haar verskyning maak – ’n kleinkind waarvan Rosarie nooit geweet het nie. Maar hoe het haar dogter gesterf? En hoe naby aan ’n laksman is Rosaria self?
Dis iewers in die nabye toekoms. Kolonel “Rooipiet” Moolman se lieflingprojek is die jaarlikse Versoeningsfeesopvoering, ’n eietydse weergawe van die Slag van Bloedrivier, wat by ’n inryteater boop Welkom se mynhoop gehou word. Enkele seisoene tevore is ’n merkwaardige vonds gemaak: ’n koperplaatfoto wat tydens die destydse veldslag geneem is . . en dit wys drie engele teen die oggendmis! Net daar besluit Rooipiet dat die engele deel moet word van sy toneelstuk. Die neerdaal van die engele word die hoogtepunt van die opvoering, en vanjaar is daar ’n spesiale engel wat almal se asem wegslaan. Rooipiet is heimlik verlief op haar. Toe sy egter tydens die kleedrepetisie oënskynlik vermoor word en die koperplaatfoto boonop verdwyn, word Rooipiet se kultuurryk tot in die fondamente geskud. En hiervandaan raak die intrige net méér interessant. Weerlose meganika is ’n heerlik aweregse roman, sowel ryke verbeeldingsvlug as skerp satire.
Lija is ’n meisie van Joods-Romeinse afkoms en die aangenome dogter van
Pontius Pilatus. Sy bevind haar in ’n gereëlde verlowing met Silva, ’n
Romeinse tribuun. Eers dink sy hy is nes al die ander Romeinse mans,
harteloos en ongenaakbaar.
Adam Human het ’n verskriklike geheim. So groot, om die waarheid te
vertel, dat hy eers sou moes doodgaan as hy ooit ’n kans vir oor begin
wou hę. Hy sou alles moes agterlaat en wegraak in een van die laaste
wildernisse op aarde.
Die hulp van die forensiese profileerder, doktor Olaf Demeyer, word ingeroep toe voetslaners aan die voet van Bosberg op die naakte lyk van 'n vrou afkom. Sy is vasgemaak teen 'n jong bloekom. Verskeie meswonde ontsier haar liggaam. Maar Olaf sien nie kans nie. Hy het sy praktyk gesluit, want “Ek is oor die muur. Ek het vir te lank te veel oor hierdie soort afgronde van mense gehang, om te probeer help. Toe my eie dogter deur 'n reeksmoordenaar ontvoer word, het ek oor my eie afgrond gedonder. Tot onder in die hel. Nooit weer nie. Ek kan nie meer nie. Ek het genoeg gehad.” Maar so maklik is dit nie om sy rug op hierdie trauma te draai nie. Die slagoffer teen die bloekom is kaptein Jasmyn Oktober, die vrou vir wie hy lief geword het. Sy het uit sy lewe gestap toe sy agterkom sy verwag sy kind. Cor is nou twee maande oud en hy ly aan 'n ernstige hartdefek. Hy moet dringend in die Kaap kom vir 'n operasie, maar hy het verdwyn. Hy word vermoedelik deur sy ma se moordenaar aangehou. Sy uurglas is besig om leeg te loop. “Jy het jou dogter se lewe gered,” soebat adjudant Jordaan van Somerset-Oos vir Olaf. “Kom help ons nou om jou babaseun ook te red.” Kwessies soos geestesversteuring, seksverslawing en kannibalisme word aangespreek teen die agtergrond van 'n reeks bisarre misdade waarin jong vroue grusaam vermink word voordat hulle sterf en hulle babas verdwyn. Ondier is die skrywer se tweede volwasse roman en volg op Die Vyfde Aspoester.
Die derde bundel uit die beroemde verhoogkunstenaar Nataniël se gewilde rubriek in SARIE – na meer as 10 jaar, steeds een van die gewildste rubrieke in ’n Suid-Afrikaanse tydskrif. (Baie lesers erken dat dit die eerste bladsy is waarnatoe hulle blaai in SARIE!) In hierdie rubrieke deel Nataniël sy insigte met humor en eerlikheid en styl, en ’n aangrypende waardering vir die eenvoudige dinge wat ons lewens verryk en verruim. ’n Ikon wie se Kaalkop-wysheid en pittige sosiale kommentaar daagliks inspirasie en plesier kan bied. Kaalkop 3 sluit in:
In Ploeg die wolke moet Brenda Rabie onverwags na Johannesburg gaan om haar pas geskeide suster te ondersteun. Daar begewe Brenda haar op ’n pad van persoonlike intrige wat sy nie vooraf kon voorsien nie. Ansje Korber word eensklaps haar gewese skoonsuster, Joan, se vertroueling in Sirkelbaan. Hoe gemaak wanneer ’n man en vrou elkeen op hul beurt gebroke op Ansje se drumpel staan? Boonop wonder sy of die teenwoordigheid van Joan se nuwe swaer nie juis die probleem is nie. In Die stille roep maak die leser op boeiende wyse kennis met die lief en leed van die Defórs-gesin. Regina Defórs moet as weduwee die fort hou. Haar drie kinders – wat elk met hul eie liefdeslewe worstel – is egter gekant teen die man by wie sy veel steun vind.
ʼn Feministiese roman vir konvensionele vroue Kantelpunt is die boekstawing van Nellie van der Merwe (gebore Petronella Jacoba van Aarde) se wederopstanding. Nellie is pas 50, ʼn konvensionele, wit, Afrikaanse vrou wat haar lewe lank gedoen het wat almal van haar verwag – sy het stilgebly. Met haar stilte het sy haar plek gekoop in haar huwelik, haar gesin, haar familie, haar werk, in die kerk, in die land, in die samelewing. Maar dan ondergaan sy ʼn histerektomie, en haar węreld kantel. Sy is losgesny van die ding wat van haar ʼn vrou gemaak het, en daarmee saam raak sy bevry van die stilte. Sy begin haar stem terugeis, soms met verreikende gevolge, soms teen ʼn ontsettende prys. Sy word gedwing om alles wat sy tot dusver as gegewe aanvaar het te ondersoek, en in die proses moet sy nie net die mense naaste aan haar se aandeel in haar stryd erken nie, maar ook haar eie aandadigheid aan haar lot bepaal. Met elke insident, elke veldslag en elke gesprek tree sy verder weg van die geskiedenis en die konvensies wat haar stom gehou het, en kom sy nader aan die vrou wat sy van die begin af veronderstel was om te wees – die een met wie sý in vrede kan saamleef. “Daar bestaan by my geen twyfel dat Kantelpunt nog meer suksesvol as Oorlewingsgids vir ’n bedonnerde diva sal wees nie. Dis die soort verhaal wat elke Afrikaanssprekende behoort te lees – vroue en mans.” – Chanette Paul Nie vir sensitiewe lesers nie.
Dis twee jaar ná ’n oudkollega Julia en haar seun Rudi se lewe hel gemaak het. Maar die inwoners van Kosmoslaan het herstel en aanbeweeg. Dit blyk op die oppervlak asof dinge weer vreedsaam is in Kosmoslaan. ’n Knorrige man met ’n fyn meisiekind en ’n hartseer verlede trek in Ida se huis in. Vanaf die eerste oomblik wat hy trompop in haar vasloop, ontwrig hy Julia se lewe. Watse verspottigheid laat haar nou skielik op twee-en-veertig in vervoering raak oor ’n befoeterde man? En wie saboteur haar en Rudi se eiendom skielik? Ida voel en lyk soos ’n ou en halwe vrou na ’n ontdekking. En Alma se Jurie is deesdae so omgekrap dat niemand met hom kan huishou nie. Ellie en Justin smag steeds na ’n baba van hul eie na haar vorige miskraam, terwyl hul grootste wens soos ’n ryp perske in Hugo en Claire se skoot val. Ellie smee egter ’n onverwagse band met ’n kinderhuismeisie wat gereeld by Marella se teruggetrokke seun, Bouwer, kuier. En Bouwer is nie Marella en Lourens se enigste bekommernis nie. Marella voel deesdae nie haarself nie ... Boonop kom Klein-Lourens met groot nuus wat sy en Sabina se lewens kan verander. Daar is dinge wat broei in Kosmoslaan en die vriende en families tot hulle uiterstes toets. Gelukkig is daar ook engele in Kosmoslaan.
Lucky is 'n rentboy. Die vryhede wat die nuwe demokratiese bestel het, het hy nie benut om geleertheid te bekom nie. Al is hy begaafd. Hy het ook nie die politiek aangegryp nie. Al loop hy oor van charisma. Lucky vier sy vryheid op die direkste moontlike manier, naamlik met die lyf, en aan enigeen wat kan betaal - man, vrou, oud en jonk, boer en burgemeester - bied hy die ekstases van die lyf. En op die Karoodorp Santa Gamka versmelt al die opsigtelike verdeelthede ondergronds tot 'n poel kolkende begeerte. Wit en swart, bodorp en onderdorp, boer en plaaswerker, toeris en dorpenaar, wankel almal heerlik preker saam op die donker ondergrond waar Lucky sake roer.
Geloof en mag sorg vir 'n dodelike kat-en-muis speletjie...
Henk Andreas de Melker, eerste museumassistent in 'n klein dorpie in die Oos-Kaap, kry onverwags 'n brief van 'n juris in Nederland. Die brief lig Henk in dat hy sy lankverdwene Tante Zan se huis in Amsterdam geerf het. Tante Zan met die geheime lewe, waarvan Henk in Amsterdam gaan uitvind. Ook Tante Zan, die aktrise met die onverwoesbare erotiese drif en die politieke aktivis met die voorliefde vir vreemde vriende, soos die rolprentmaker Cecil Dimaggio en die Luandese straatmusikant van die Leidse plein. Ten slotte moet Henk kies of hy in Amsterdam gaan woon, en of hy na Suid-Afrika gaan terugkeer. Maar eers moet hy alles oopvlek wat van hom weggesteek is, en sy eie lewe opnuut leer ken. Sy dertig nagte in Amsterdam verander die besadigde Henk de Melker se lewe vir altyd.
Die verhaal van 'n wonder wat met 'n gesin gebeur het. Op 'n verlore spoorweghalte is stasiemeester Hendrick McDonald 'n teleurstelling vir sy vrou, Katrien. Sy loop bedags agter die huis en huil as sy dink niemand sien haar nie. Hulle dogter, Emma, kan nie meer klavier speel nie en is vasgevang in 'n saai liefdesverhouding. Hulle seun, Willem, praat twee jaar lank nie meer nie. En al vier maak asof niks verkeerd geloop het nie. Maar dan bring 'n sirkustrein vir Manuel die nar in hul lewens. Eers werk sy paljas met Willem, dan met hulle as gesin. Nou moet dit nog met 'n hele gemeenskap werk.
Hierdie roman het as verteller 'n eenkantvrou en oujongnooi wat (op 'n plattelandse dorp in die eerste deel van die twintigste eeu) terugkyk op haar lewe – as 'n versorgster in gegoede witmense se huise, eers as hulp met kinders en later vir oumense en sterwendes. Sy vertel van die insig in die dood wat sy so by die baie sterwendes gekry het. Dan raak sy ook uiteindelik sterwensbegeleidster vir Abjater, 'n man wie se goue lag sy in haar jongdae bewonder het, iemand wat vir haar soos 'n "uitverkorene" gelyk het. So peins die verteller aan die einde van 'n lewe waarin sy, soos sy elders se, "by die dood ingeboek" was: "Miskien het ek met die dood getrou, kom dit by my op ... maar nou raak ek sat vir hom. Hy bly my pal besoek. Hy bring net woeligheid."
Pienkes du Plessis is terug met ’n nuwe bundel kortverhale. In Robbie se broer se roer en ander jagstories vertel hy stories oor alles wat met jagekspedisies gepaardgaan: vuurmaak, braai, kamp opslaan, sleepwaens pak en onderonsies met wilde diere – en vertel by staaltjies van toentertyd. Nostalgiese stories vir om die kampvuur, en vir lekker lag.
Die vraag wat die Romeinse digter Juvenalis 2000 jaar gelede gevra het,
word vandag steeds onbeantwoord gelaat: Wie sal toesien dat die
bewakers bewaak word?
Karolina Ferreira gaan na die Vrystaatste dorp Voorspoed om in die omgewing navorsing oor motte te doen. Op pad laai sy 'n onbekende man op en laat haar handpalm lees deur 'n vrou in 'n karavaan. |
![]() ![]() You may like...
|