In Ploeg die wolke moet Brenda Rabie onverwags na Johannesburg gaan om
haar pas geskeide suster te ondersteun. Daar begewe Brenda haar op ’n pad van
persoonlike intrige wat sy nie vooraf kon voorsien nie.
Ansje Korber word eensklaps haar gewese skoonsuster, Joan, se
vertroueling in Sirkelbaan. Hoe gemaak wanneer ’n man en vrou elkeen op hul
beurt gebroke op Ansje se drumpel staan? Boonop wonder sy of die
teenwoordigheid van Joan se nuwe swaer nie juis die probleem is nie.
In Die stille roep maak die leser op boeiende wyse kennis met die lief en
leed van die Defórs-gesin. Regina Defórs moet as weduwee die fort hou. Haar
drie kinders – wat elk met hul eie liefdeslewe worstel – is egter gekant teen die
man by wie sy veel steun vind.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!