Hierdie boek is ’n hersiene weergawe van
Emma is g’n engel nie (2011).
Emma dra verskriklike verwyte in haar binneste rond. Sy het iets vreesliks
gedoen en dit kou aan haar. Sy voel al klaar moeilik om lief te hê met haar
mollige lyf en haar vaal gelaatstrekke. Miskien as sy ook funky en blond en
pret kon wees sou sy liefde kon vind. Sy wil ook weet hoe dit voel om iemand
se arms styf om jou te voel … iemand soos Burger Botha.
Dis ’n eensame pad wat sy stap en die laaste mense by wie sy kan troos soek
is haar ma en suster. Die Bybelversies van haar kindertyd weergalm in haar
kop en herinner haar dat sy eintlik maar ’n closet Christen is. Sy weet wat sy
verkeerd gedoen het, wat sy aangevang het, maar hoe gaan sy dit regmaak?
Waar begin sy om na vergifnis te soek?
As ’n mens nie van jouself hou nie is dit moeilik om te glo dat iemand anders
van jou sal kan hou. En as Emma nie haarself kan vergewe, of vir haarself lief
kan wees nie, wie sal ooit kan? Sy voel allesbehalwe soos ’n engel, eintlik meer
soos ’n duiwel, om die waarheid te sê. Haar skuld is te swaar om alleen te dra.
Emma het gehoor dat bevryding jou vlerke gee, en daar is soveel engel-vroue
rondom haar met vlerke. Dalk kan hulle haar help om haar eie vlerke te kry
sodat sy uiteindelik vry en haarself kan wees.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!