![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
Verhale uit die hartland. Al die Karoostories wat Etienne van Heerden tot op hede geskryf het, word vir die eerste keer in een bundel versamel. Dit sluit onder andere in “Die gas in Rondawel Wilhelmina”, een van sy heel sterkste tekste. Heerlike verhale wat Van Heerden se suiwer aanvoeling vir die woord en sy vermoë tot knap karakterisering en situasietekening demonstreer, almal geplaas binne ’n landskap wat hom besonder na aan die hart lê.
Pandora se kruik is oop ...
Catryn wil nie met ’n ryk wynboer trou nie. Sy wil eerder haar eie kleremaakbesigheid aan die Kaap de Goede Hoop begin. Claude kom Kaap toe om die hart van sy eertydse minnares, die goewerneur se vrou, terug te wen. Toe hy en Catryn saam die goewerneur se vrou se gesteelde pêrelhalssnoer moet opspoor, spat die vonke. Die verhouding tussen hulle raak al warmer, en skandale dreig. Sal hulle die vuurproef deurstaan?
Lesers sal met 'n lusbek aankom na hierdie boek, Die hart van ons huis, waarin Marita van der Vyver vertel van haar lewe in Provence. Hulle sal een lang somervakansie onder 'n Van Gogh-son verwag – en dan gaan sy hulle op die mooiste, menslikste manier ontluister: dit word 'n gewone verhaal van gewone mense in 'n gewone huis. Met die lief en leed wat ons almal binne 'n gewone gesin goed ken – en tog bly dit alles so glamorous! Hier is 'n proeseltjie, want dis 'n boek om op te eet! Liewe leser, laat ek myself voorstel: Eintlik is daar verskeie maniere om dit te doen. As ek ’n illusie van romantiek wil skep, kan ek sê ek is ’n Afrikaanse skrywer wat op ’n Middeleeuse dorpie in die suide van Frankryk woon. As ek ’n stylvolle indruk wil wek, kan ek sê ek woon in ’n Provençaalse kliphuis met persblou hortjies, pienk rose en laventel voor die kombuisvenster, ’n enorme ou plataanboom langs die hek. Maar as ek eerlik wil wees, moet ek sê ek is ’n moeë huisvrou met ’n te groot gesin wat in Kerkstraat woon. Dat jy nou só ver moes reis, soos my vriend Michiel meewarig opmerk, net om in Kerkstraat te eindig. Dis seker maar waarvoor mens vriende het. Om jou op jou plek te hou. En deesdae is my plek inderdaad Kerkstraat. Dit klink miskien meer eksoties in Frans – Rue de l’église – maar dit bly ’n straat met ’n kerk op ’n plattelandse dorpie. Elke plattelandse dorp, in Frankryk soos in Suid-Afrika, het ’n Kerkstraat. Gelukkig het elke Franse dorp nie ook ’n Voortrekkerstraat nie. Ons is ses wat in die kliphuis woon: ek en my Franse man, Alain, en vier kinders tussen die ouderdomme van drie en sewentien. Syne, myne, ons s’n. Sy twee seuns, Thomas en Hugo, woon nie al 365 dae van die jaar hier nie. Maar as jy al die naweke, die vyf korter skoolvakansies en die láng somervakansie van meer as twee maande bymekaar tel, is hulle omtrent die helfte van die tyd hier. My seun, Daniel, maak vanjaar klaar met laerskool hier op die dorp en begin binnekort met collège (middelbare skool) op ’n groter dorp. En ons dogter, Mia, het laas jaar by die babaklas van die plaaslike skooltjie ingeval. Hulle sê iewers deur die middel van Europa loop ’n onsigbare lyn. Die mense wat bokant die lyn woon, is groot en blond en kook met botter. Dié wat onder die lyn woon, is klein en donker en kook met olyfolie. Ons woon in die olyfolie-helfte van Europa – en ons kook alles met olyfolie, behalwe frites – maar ons lyk nie soos olyfolie-mense nie. Ek en die elfjarige Daniel is groot en blond. Mia is op die oomblik nog klein en blond, maar klaar langer as die meeste van haar klasmaats. Alain en Thomas het donker hare, maar nie een van hulle is juis klein nie. Hulle lyk ook nie of hulle rêrig hier hoort nie. Thomas die Tiener het die langste hare op die dorp, en nou praat ek van manlike én vroulike hare. Sy welige poniestert hang ver onder sy blaaie. Hugo, dieselfde ouderdom as Daniel, is waarskynlik die naaste wat ons gesin ooit aan die Mediterreense voorkoms sal kom. Klein met donker hare en donker oë. Maar hopeloos te bleek om as ’n inheemse spesie beskou te word. Dis ons. Maar dis nie al nie. In die somer word ons getalle op ’n daaglikse basis aangevul. Provence in die somer is soos Stilbaai in Desember, groot pret vir vakansiegangers, minder pret vir permanente inwoners. Laas somer het ons drie maande lank elke enkele nag oorslaapgaste gehad. Soms tot vyf, ses op ’n slag. Saam met ons ses gesinslede, die tienderjarige Neef uit die Noorde wat elke somer hier deurbring, en Daniel se maats wat soos potplante voor die Playstation in sy slaapkamer rondhang, beteken dit gróótskaalse etes elke dag. Kos soos vir ’n kerkbasaar. Maaltye vir minstens vyftien mense op ’n slag. Nee, maak dit twintig, want die drie seuns, die Neef en die maats eet elkeen soos drie normale mense. Hulle kan dit nie help nie, hulle is op daardie ouderdom. O ja, en dan het Mia nog ’n onsigbare dubbelganger met die naam van Heloïse wat op mure teken, met water mors, met die TV lol; kortom, as daar kattekwaad aangevang is, kry Heloïse die skuld. Heloïse eet goddank net onsigbare kos. Ek noem haar naam hier bloot om latere verwarring te vermy. Gelukkig hou Alain van koskook. Gelukkig is hy die soort kok wat met drie uie en ’n wortel ’n pot sop vir twintig mense kan optower. Ek het ook geleer om van koskook te hou (wat anders kon ek doen?), maar ek háát alles wat daarmee saamgaan. Die inkopies voor die tyd, die skoonmaak na die tyd, die skottelgoed, die skottelgoed, die skottelgoed. Dis ons. Dis nie so erg soos dit klink nie. Aangename kennis.
Alicia van Aarde is tuis in haar werk as bibliotekaresse en in
Amsterdam. Toe haar ma, Elizabeth, vir Alicia na haar troue uitnooi,
word hulle bande weer versterk.
Privaatspeurder Willem Lotriet se besigheid floreer, maar dis al. Sy liefdeslewe is een groot gemors. Hy was reeds in vele verhoudings, maar kon sover nie een maak werk nie. Nou vrees hy dat hy nooit tot trou sal kom nie. Dan tref drie rampe hom binne 24 uur. Terwyl hy soek na die mense wat daarvoor verantwoordelik is, kry hy boonop 'n opdrag om iemand in Katar se agtergrond te ondersoek. In die proses ontmoet hy twee vroue in wie hy belangstel. Ilse, sy opdraggewer se persoonlike assistent en Susan Naudé, 'n joernalis met burgerskap in beide Suid Afrika en Katar. Susan is besig met 'n storie oor die opstande in die Arabiese wêreld en ondersoek 'n groep mans wat klaarblyklik skuldig is aan aanhitsing tot opstand en finansiering daarvan. Toe sy al ses van hulle aan 'n nuwe maatskappy kan verbind en ook uitvind dat vier vermoor is, vra sy Willem om haar te help. Tydens hulle ontleding van die leidrade, raak hulle by mekaar betrokke. Kort daarna moet Willem terugkeer SuidAfrika toe en glo sy probleem om tot trou te kom is opgelos. Dan kry hy die finale skakel tussen die moorde en ontplof alles rondom hom.
Dierestories 1 is die eerste in ’n reeks diereverhale versamel deur G.R. von Wielligh. Die diereverhale wat Von Wielligh versamel het van die Khoi-Khoi, is van die oudste diereverhale in Suid-Afrika. Met die nuutste uitgawe kry die verhale ’n nuwe baadjie met die pragtige illustrasies van Dale Blankenaar. Dierestories 1 bestaan uit 15 stories. Daar word onder andere vertel van die groot geveg tussen die lopende en die vlieënde diere; wie die voëls, die insekte en die diere as koning verkies het en ons maak kennis met Jakkals Spitsneus en arme, dom Wolf.
Fiona Viviers, ’n suksesvolle ortotis is in ’n ongelukkige verhouding
vasgevang. Anton Bruwer, ’n enkellopende spysenier, help Fiona in ’n
ongemaklike situasie.
As lewensafrigter help Lize graag mense om hul lewe op koers te kry.
Die verweefde verhale van Ludo Loeloeraai, die yo-yo-kampioen, Snaartjie Windvogel (die vioolspeler uit In stede van liefde, wat op Matjiesfontein grootword en as 'n sekswerker in die Kaap beland), Elsabe en Doris Steyn, en Eenslie Maree, die Adelbors, vorm die basis van hierdie langverwagte roman. Dis hulle almal se geskiedenis, maar veral die van Ludo, wat op Paternoster afgetree het, en mymer oor sy verlede as pelgrim-yo-yo-speler wat van dorp tot dorp gery en mense vermaak het in skoolsale en skure. Sy rustige lewe word omvergewerp wanneer sy verlede hom begin inhaal. En dan vind daar 'n opspraakwekkende moord plaas . . .
Onder die talle boeke met 'n donkie as hoofkarakter, is Paul Gallico se A Small Miracle een van die mees bekoorlike. Dit is die roerende verhaal van 'n Italiaanse oorlogswesie, Pepino, wie se liefde vir sy donkie, Violetta, en sy geloof in Sint Franciskus hom van Assisi na die Vatikaan in Rome neem. Gallico is veral bekend vir sy Dunkirk-verhaal, The Snow Goose.
Die Sirkel van Wraak bring internasionale misdaad, speurwerk, familiesaga en liefdesverhaal in 'n komplekse spanningsroman byeen. Die Sirkel van Wraak se premis is: Wat het van Tamara geword? Dis twintig jaar later en haar groot liefde, die psigiater Theo Rudman, word met 'n moordenaar se anonieme oproepe gekonfronteer. Die maniak dreig om 'n jong vrou in 'n hospitaal vir geestesversteurdes te vermoor, en Rudman kom voor een van die moeilikste besluite van sy loopbaan te staan. Intussen is Liu Xiong, internasionale skrywer van verskeie toptreffers, besig om op 'n onbekende plek haar nuutste manuskrip af te rond. Rudman beskik oor die volledige Xiong-versameling by sy Scarborough strandhuis. Wanneer hy met die pasient na hierdie stil, mistige kusdorp vlug, verdiep die misterie en intrige.
Toe haar oorheersende aanstaande Renske se onderwysloopbaan ruïneer,
bied haar peetma seer flating ’n nuwe begin. Saam met die huis op
Soutbosb aai erf Renske vir Tippie, die opt elhond, en die buurman,
Rocco du Randt.
Ná ’n huwelik vol leuens en ontrou, is Riana klaar met mans.
Ná haar lewe uitmekaar val, vlug Kate Ierland toe. Op die vliegtuig,
vang Flynn, ’n aantreklike rooikop Ier wat Afrikaans praat, haar onkant
met sy sjarme. In Ierland loop Kate weer in Flynn vas, maar toe sy
uitvind hy is die dorp se pier ewaaier sluit haar hart af.
Alles voel verkeerd hier ...
Ná ’n vernederende insident by die werk, verwag Mariechen Jonker
onmiddellike ontslag. ’n Werksaanbod naby Kaapsehoop bied ’n welkome
uitkoms, veral omdat sy by haar geliefde tante kan gaan bly.
Elandi vlug na Roodezand om weg te kom van die skindertonge wat haar
lewe verwoes het. In haar nuwe pos fokus sy op haar Wiskundeonderrig en
om geld in te samel vir die matriekafskeid.
Charl bestuur ’n groot vervoerbesigheid en sorg al jare vir sy drie
jonger sibbe. Hy het nie tyd vir verhoudings nie, selfs nie vir Renise,
sy jeugliefde nie. Tot hy haar een aand gestrand langs ’n gevaarlike
pad met ’n stukkende motor vind. Hy moet dringend ’n vrag gaan aflaai
en neem haar, ter wille van haar veiligheid, saam met hom.
Karla Malan, ’n prokureur, kuier in Ciprus waar haar dogter as au pair
vir die Demetriou-gesin werk.
Mara is uiteindelik vry van haar toksiese huwelik en trek terug
Stellenbosch toe waar sy destyds gestudeer het. Sy koop ’n boekwinkel
en begin stadig weer die toue van ou vriendskappe en haar lewe optel.
Kort voor lank is sy betrokke by die lief en leed van haar vriende en
kollegas wat soos familie vir haar raak.
Die swerfjare van Poppie Nongena vertel die lewensverhaal van ’n swart vrou teen die agtergrond van apartheid. Hierdie hartverskeurende, tog inspirerende roman word steeds beskou as een van die beste romans wat Afrika in die twintigste eeu opgelewer het.
Toe Zoey haar beste vriende se troue op Mauritius bywoon, moet sy Liam,
die man wat haar kort voor hul huweliksdag verneuk het, trotseer.
“Vang jy hom onbehoeds van voor, dan lyk hy soos ‘n man wat nou net met ’n stok geslaan is. Maar hou hom dop uit die hoek van jou oog, dan bespeur jy die glorie van ’n slim man. ’n Mooi man.” George is gebore toe Jan Smuts dood is, word op ’n plaas in die Noord-Kaap groot, dien as aaspeloton in Angola, raak deurmekaar met die Baader-Meinhofbende in Duitsland, werk as joernalis tydens die noodtoestande in Kaapstad, maar op die ou end word hy ’n saboteur, ’n skaapsmokkelaar, ’n mal man, ’n boemelaar. Tussendeur kul en koggel George prokureurs, kopdokters, en vroue. Gedeeltelik bewolk is ’n pittige, aweregse debuutroman wat jou soos ’n vuishou in die maag slaan.
Danielle is moeg om alleen te wees. Veral oor Kersfees. Dis haar derde
Kerspartytjie by Love Incorporated en sy het steeds nie ’n man in haar
lewe of ’n ring aan haar vinger nie. Mense begin skinder. Hoekom is ’n
beeldskone jong vrou soos sy steeds enkellopend? Vir die pret skryf al
die werknemers hulle Kerswense neer en die bestuurshoof stuur dit
Noordpool toe. |
You may like...
|