0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (21)
  • R50 - R100 (186)
  • R100 - R250 (677)
  • R250 - R500 (776)
  • R500+ (103)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Fiksie

Haai Karoo (Afrikaans, Paperback): Etienne Van Heerden Haai Karoo (Afrikaans, Paperback)
Etienne Van Heerden
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Verhale uit die hartland.

Al die Karoostories wat Etienne van Heerden tot op hede geskryf het, word vir die eerste keer in een bundel versamel. Dit sluit onder andere in “Die gas in Rondawel Wilhelmina”, een van sy heel sterkste tekste.

Heerlike verhale wat Van Heerden se suiwer aanvoeling vir die woord en sy vermoë tot knap karakterisering en situasietekening demonstreer, almal geplaas binne ’n landskap wat hom besonder na aan die hart lê.

Pandora (Afrikaans, Paperback): Marie Spruyt Pandora (Afrikaans, Paperback)
Marie Spruyt
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Pandora se kruik is oop ...

Ná ’n liefdesteleurstelling en ’n moeilike inperktyd, is Emma uiteindelik reg om weer uit haar dop te kruip. Net betyds vir baas Wim se aanloklike aanbod: ’n Projek neem hom Midde-Ooste toe en hy kort haar ondersteuning. Binnekort verdaag Emma na Siprus onder die voorwendsel om by haar suster te gaan kuier.

Maar die skone Siprus is nie net kristablou waters, sonnige strande en Griekse oudhede nie. Emma is immers daar om internasionale geldwasnetwerke oop te vlek, en gou ontdek sy dat die gevaar nader is as wat sy of Wim besef.

Wat kom maak die superseiljag saans naby die seegrotte? Waar lê hulle plaaslike agent Nikos se lojaliteit? Weet die vissermanne dalk meer as wat hulle voorgee?

Skielik lyk dit asof Pandora al die wêreld se euwels opnuut vrygelaat het. As Emma ooit weer vir Wim wil sien, en hom wil vertel hoe sy oor hom voel, sal sy een stappie voor moet bly.

In haar derde boek soek Marie Spruyt in die antieke wêreld na liefde en hoop vir al ons moderne euwels.

'n Soen Op Sy Tyd (Afrikaans, Paperback): Frenette van Wyk 'n Soen Op Sy Tyd (Afrikaans, Paperback)
Frenette van Wyk
R110 R89 Discovery Miles 890 Save R21 (19%) Ships in 7 - 11 working days

Catryn wil nie met ’n ryk wynboer trou nie. Sy wil eerder haar eie kleremaakbesigheid aan die Kaap de Goede Hoop begin.

Claude kom Kaap toe om die hart van sy eertydse minnares, die goewerneur se vrou, terug te wen. Toe hy en Catryn saam die goewerneur se vrou se gesteelde pêrelhalssnoer moet opspoor, spat die vonke. Die verhouding tussen hulle raak al warmer, en skandale dreig.

Sal hulle die vuurproef deurstaan?

Die Hart van ons Huis - 'n Skrywer in Provence (Afrikaans, Paperback): Marita van der Vyver Die Hart van ons Huis - 'n Skrywer in Provence (Afrikaans, Paperback)
Marita van der Vyver
R304 Discovery Miles 3 040 Ships in 4 - 6 working days

Lesers sal met 'n lusbek aankom na hierdie boek, Die hart van ons huis, waarin Marita van der Vyver vertel van haar lewe in Provence. Hulle sal een lang somervakansie onder 'n Van Gogh-son verwag – en dan gaan sy hulle op die mooiste, menslikste manier ontluister: dit word 'n gewone verhaal van gewone mense in 'n gewone huis. Met die lief en leed wat ons almal binne 'n gewone gesin goed ken – en tog bly dit alles so glamorous!

Hier is 'n proeseltjie, want dis 'n boek om op te eet!

Liewe leser, laat ek myself voorstel:

Eintlik is daar verskeie maniere om dit te doen. As ek ’n illusie van romantiek wil skep, kan ek sê ek is ’n Afrikaanse skrywer wat op ’n Middeleeuse dorpie in die suide van Frankryk woon. As ek ’n stylvolle indruk wil wek, kan ek sê ek woon in ’n Provençaalse kliphuis met persblou hortjies, pienk rose en laventel voor die kombuisvenster, ’n enorme ou plataanboom langs die hek. Maar as ek eerlik wil wees, moet ek sê ek is ’n moeë huisvrou met ’n te groot gesin wat in Kerkstraat woon. Dat jy nou só ver moes reis, soos my vriend Michiel meewarig opmerk, net om in Kerkstraat te eindig.

Dis seker maar waarvoor mens vriende het. Om jou op jou plek te hou. En deesdae is my plek inderdaad Kerkstraat. Dit klink miskien meer eksoties in Frans – Rue de l’église – maar dit bly ’n straat met ’n kerk op ’n plattelandse dorpie. Elke plattelandse dorp, in Frankryk soos in Suid-Afrika, het ’n Kerkstraat. Gelukkig het elke Franse dorp nie ook ’n Voortrekkerstraat nie.

Ons is ses wat in die kliphuis woon: ek en my Franse man, Alain, en vier kinders tussen die ouderdomme van drie en sewentien. Syne, myne, ons s’n. Sy twee seuns, Thomas en Hugo, woon nie al 365 dae van die jaar hier nie. Maar as jy al die naweke, die vyf korter skoolvakansies en die láng somervakansie van meer as twee maande bymekaar tel, is hulle omtrent die helfte van die tyd hier. My seun, Daniel, maak vanjaar klaar met laerskool hier op die dorp en begin binnekort met collège (middelbare skool) op ’n groter dorp. En ons dogter, Mia, het laas jaar by die babaklas van die plaaslike skooltjie ingeval.

Hulle sê iewers deur die middel van Europa loop ’n onsigbare lyn. Die mense wat bokant die lyn woon, is groot en blond en kook met botter. Dié wat onder die lyn woon, is klein en donker en kook met olyfolie. Ons woon in die olyfolie-helfte van Europa – en ons kook alles met olyfolie, behalwe frites – maar ons lyk nie soos olyfolie-mense nie.

Ek en die elfjarige Daniel is groot en blond. Mia is op die oomblik nog klein en blond, maar klaar langer as die meeste van haar klasmaats. Alain en Thomas het donker hare, maar nie een van hulle is juis klein nie. Hulle lyk ook nie of hulle rêrig hier hoort nie. Thomas die Tiener het die langste hare op die dorp, en nou praat ek van manlike én vroulike hare. Sy welige poniestert hang ver onder sy blaaie. Hugo, dieselfde ouderdom as Daniel, is waarskynlik die naaste wat ons gesin ooit aan die Mediterreense voorkoms sal kom. Klein met donker hare en donker oë. Maar hopeloos te bleek om as ’n inheemse spesie beskou te word.

Dis ons. Maar dis nie al nie. In die somer word ons getalle op ’n daaglikse basis aangevul. Provence in die somer is soos Stilbaai in Desember, groot pret vir vakansiegangers, minder pret vir permanente inwoners. Laas somer het ons drie maande lank elke enkele nag oorslaapgaste gehad. Soms tot vyf, ses op ’n slag. Saam met ons ses gesinslede, die tienderjarige Neef uit die Noorde wat elke somer hier deurbring, en Daniel se maats wat soos potplante voor die Playstation in sy slaapkamer rondhang, beteken dit gróótskaalse etes elke dag. Kos soos vir ’n kerkbasaar. Maaltye vir minstens vyftien mense op ’n slag. Nee, maak dit twintig, want die drie seuns, die Neef en die maats eet elkeen soos drie normale mense. Hulle kan dit nie help nie, hulle is op daardie ouderdom.

O ja, en dan het Mia nog ’n onsigbare dubbelganger met die naam van Heloïse wat op mure teken, met water mors, met die TV lol; kortom, as daar kattekwaad aangevang is, kry Heloïse die skuld. Heloïse eet goddank net onsigbare kos. Ek noem haar naam hier bloot om latere verwarring te vermy.

Gelukkig hou Alain van koskook. Gelukkig is hy die soort kok wat met drie uie en ’n wortel ’n pot sop vir twintig mense kan optower. Ek het ook geleer om van koskook te hou (wat anders kon ek doen?), maar ek háát alles wat daarmee saamgaan. Die inkopies voor die tyd, die skoonmaak na die tyd, die skottelgoed, die skottelgoed, die skottelgoed.

Dis ons. Dis nie so erg soos dit klink nie. Aangename kennis.

Volbloedliefde (Afrikaans, Paperback): Marile Cloete Volbloedliefde (Afrikaans, Paperback)
Marile Cloete
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Alicia van Aarde is tuis in haar werk as bibliotekaresse en in Amsterdam. Toe haar ma, Elizabeth, vir Alicia na haar troue uitnooi, word hulle bande weer versterk.

Alicia is aanvanklik geïrriteerd met Ruben Retief, die neef van Elizbeth se aanstaande, wat ook in Europa werk en vir die troue Suid-Afrika toe reis. Tog verras Ruben, ’n operasanger, haar met sy andersheid.

Hulle families het verwagtinge oor hulle twee, maar albei is versigtig vir seerkry. Sal die liefde die gaping tussen hulle kan oorbrug?

Bloedspoor (Afrikaans, Paperback): Tinus Viviers Bloedspoor (Afrikaans, Paperback)
Tinus Viviers
R240 Discovery Miles 2 400 Ships in 6 - 10 working days

Privaatspeurder Willem Lotriet se besigheid floreer, maar dis al. Sy liefdeslewe is een groot gemors. Hy was reeds in vele verhoudings, maar kon sover nie een maak werk nie. Nou vrees hy dat hy nooit tot trou sal kom nie. Dan tref drie rampe hom binne 24 uur.

Terwyl hy soek na die mense wat daarvoor verantwoordelik is, kry hy boonop 'n opdrag om iemand in Katar se agtergrond te ondersoek. In die proses ontmoet hy twee vroue in wie hy belangstel. Ilse, sy opdraggewer se persoonlike assistent en Susan Naudé, 'n joernalis met burgerskap in beide Suid Afrika en Katar. Susan is besig met 'n storie oor die opstande in die Arabiese wêreld en ondersoek 'n groep mans wat klaarblyklik skuldig is aan aanhitsing tot opstand en finansiering daarvan. Toe sy al ses van hulle aan 'n nuwe maatskappy kan verbind en ook uitvind dat vier vermoor is, vra sy Willem om haar te help. Tydens hulle ontleding van die leidrade, raak hulle by mekaar betrokke. Kort daarna moet Willem terugkeer SuidAfrika toe en glo sy probleem om tot trou te kom is opgelos.

Dan kry hy die finale skakel tussen die moorde en ontplof alles rondom hom.

Dierestories 1 (Afrikaans, Paperback, 2de Hersiende Uitgawe): G.R. von Wielligh Dierestories 1 (Afrikaans, Paperback, 2de Hersiende Uitgawe)
G.R. von Wielligh; Illustrated by Dale Blankenaar
R53 Discovery Miles 530 Ships in 6 - 10 working days

Dierestories 1 is die eerste in ’n reeks diereverhale versamel deur G.R. von Wielligh. Die diereverhale wat Von Wielligh versamel het van die Khoi-Khoi, is van die oudste diereverhale in Suid-Afrika. Met die nuutste uitgawe kry die verhale ’n nuwe baadjie met die pragtige illustrasies van Dale Blankenaar.

Dierestories 1 bestaan uit 15 stories. Daar word onder andere vertel van die groot geveg tussen die lopende en die vlieënde diere; wie die voëls, die insekte en die diere as koning verkies het en ons maak kennis met Jakkals Spitsneus en arme, dom Wolf.

'n Doodgewone meisie (Afrikaans, Paperback): Marile Cloete 'n Doodgewone meisie (Afrikaans, Paperback)
Marile Cloete
R110 R89 Discovery Miles 890 Save R21 (19%) Ships in 7 - 11 working days

Fiona Viviers, ’n suksesvolle ortotis is in ’n ongelukkige verhouding vasgevang. Anton Bruwer, ’n enkellopende spysenier, help Fiona in ’n ongemaklike situasie.

Die insident beland op die internet en Anton word as ’n held gesien, wat hom dwing om verder betrokke te raak. Fiona waardeer sy hulp, al hou sy nie daar van om “gered” te word nie.

Gaan sy hom die kans gee om ’n tikkie towerkrag in haar lewe te bring?

Rolbosliefde (Afrikaans, Paperback): Madelie Human Rolbosliefde (Afrikaans, Paperback)
Madelie Human
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

As lewensafrigter help Lize graag mense om hul lewe op koers te kry.

Mark Lessing is plat geslaan ná ’n groot verlies en klop slegs op aandrang van sy ma by Lize aan. Lize verstaan moeilike ma’s en groot verlies, maar Mark is hardkoppig en eiesinnig.

Lize fassineer Mark en maak hom weer lus vir die lewe.

Uiteindelik oorreed sy hom om w erk te soek. Sy nuwe baas is egter ’n beeldskone blondine, en dis toe dat die poppe begin dans.

Klimtol (Afrikaans, Paperback): Etienne Van Heerden Klimtol (Afrikaans, Paperback)
Etienne Van Heerden
R380 R339 Discovery Miles 3 390 Save R41 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Die verweefde verhale van Ludo Loeloeraai, die yo-yo-kampioen, Snaartjie Windvogel (die vioolspeler uit In stede van liefde, wat op Matjiesfontein grootword en as 'n sekswerker in die Kaap beland), Elsabe en Doris Steyn, en Eenslie Maree, die Adelbors, vorm die basis van hierdie langverwagte roman. Dis hulle almal se geskiedenis, maar veral die van Ludo, wat op Paternoster afgetree het, en mymer oor sy verlede as pelgrim-yo-yo-speler wat van dorp tot dorp gery en mense vermaak het in skoolsale en skure. Sy rustige lewe word omvergewerp wanneer sy verlede hom begin inhaal. En dan vind daar 'n opspraakwekkende moord plaas . . .

'n Klein Wonderwerk (Afrikaans, Paperback): Paul Gallico 'n Klein Wonderwerk (Afrikaans, Paperback)
Paul Gallico; Translated by Naomi Morgan
R160 R148 Discovery Miles 1 480 Save R12 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Onder die talle boeke met 'n donkie as hoofkarakter, is Paul Gallico se A Small Miracle een van die mees bekoorlike. Dit is die roerende verhaal van 'n Italiaanse oorlogswesie, Pepino, wie se liefde vir sy donkie, Violetta, en sy geloof in Sint Franciskus hom van Assisi na die Vatikaan in Rome neem. Gallico is veral bekend vir sy Dunkirk-verhaal, The Snow Goose.

Sirkel van wraak (Afrikaans, Paperback): S.T. Potgieter Sirkel van wraak (Afrikaans, Paperback)
S.T. Potgieter
R190 R176 Discovery Miles 1 760 Save R14 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Die Sirkel van Wraak bring internasionale misdaad, speurwerk, familiesaga en liefdesverhaal in 'n komplekse spanningsroman byeen. Die Sirkel van Wraak se premis is: Wat het van Tamara geword? Dis twintig jaar later en haar groot liefde, die psigiater Theo Rudman, word met 'n moordenaar se anonieme oproepe gekonfronteer. Die maniak dreig om 'n jong vrou in 'n hospitaal vir geestesversteurdes te vermoor, en Rudman kom voor een van die moeilikste besluite van sy loopbaan te staan. Intussen is Liu Xiong, internasionale skrywer van verskeie toptreffers, besig om op 'n onbekende plek haar nuutste manuskrip af te rond. Rudman beskik oor die volledige Xiong-versameling by sy Scarborough strandhuis. Wanneer hy met die pasient na hierdie stil, mistige kusdorp vlug, verdiep die misterie en intrige.

Onwaarskynlike Cupido (Afrikaans, Paperback): Bets Smith Onwaarskynlike Cupido (Afrikaans, Paperback)
Bets Smith
R110 R89 Discovery Miles 890 Save R21 (19%) Ships in 7 - 11 working days

Toe haar oorheersende aanstaande Renske se onderwysloopbaan ruïneer, bied haar peetma seer flating ’n nuwe begin. Saam met die huis op Soutbosb aai erf Renske vir Tippie, die opt elhond, en die buurman, Rocco du Randt.

Weens haar vorige ondervinding verwar Renske Rocco se sorgsaamheid aanvanklik met voorskriftelikheid. Maar die troeteldiere dwing hulle toenemend in mekaar se geselskap sodat ’n gemaklike vriendskap tog ontwikkel.

Sal hulle betyds besef die lewe is te kosbaar om op misv erstande te vermors?

Leer my vertrou (Afrikaans, Paperback): Louise van der Merwe Leer my vertrou (Afrikaans, Paperback)
Louise van der Merwe
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Ná ’n huwelik vol leuens en ontrou, is Riana klaar met mans.

Tot sy een aand op aandrang van haar vriendinne ’n spoedafspraak-geleentheid bywoon en vir Jacques ontmoet.

Jacques is aantreklik, selfversekerd en laat haar hart vinnig klop. Ná sy egskeiding, het hy net op sy werk gefokus, maar ’n ligte hartaanval het hom sy prioriteite laat heroorweeg.

Van die eerste ontmoeting spat die vonke tussen Riana en Jacques. Maar kan hulle dit waag om weer te vertrou en lief te hê?

Ierse Onthou (Afrikaans, Paperback): Alicia Hanekom Ierse Onthou (Afrikaans, Paperback)
Alicia Hanekom
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Ná haar lewe uitmekaar val, vlug Kate Ierland toe. Op die vliegtuig, vang Flynn, ’n aantreklike rooikop Ier wat Afrikaans praat, haar onkant met sy sjarme. In Ierland loop Kate weer in Flynn vas, maar toe sy uitvind hy is die dorp se pier ewaaier sluit haar hart af.

’n Motorongeluk verander alles. Flynn, die enigste mens wat sy in die vreemde land ken, help Kate om weer op haar voete te kom.

Maar sal sy ooit weer heeltemal heel wees?

Skimme En Spoorsoekers (Afrikaans, Paperback): Martin Steyn Skimme En Spoorsoekers (Afrikaans, Paperback)
Martin Steyn
R320 R265 Discovery Miles 2 650 Save R55 (17%) Ships in 7 - 11 working days

Alles voel verkeerd hier ...

’n Man staan op ’n brug, reg om te spring. ’n Geheimsinnige vrou verskyn snags langs die Knysna-meer. Twee tieners volg ’n vreemde lig en maak ’n donker ontdekking. ’n Stiefpa hou aan terugkom. ’n Boemelaar word wakker in ’n veranderde wêreld. ’n Meisie probeer haarself weer aanmekaarlas. ’n Ander een probeer haarself vermom. ’n Derde een worstel met die dood.

Alles voel verkeerd hier …

21 stories wat uit die donker verbeelding van Martin Steyn gekruip het, insluitend sy eerste gepubliseerde storie en ’n vervolgverhaal met AO Colin Menck (Donker spoor, Skuldig). Stories oor hunkering, trauma en onmoontlike keuses.

Droomwewer (Afrikaans, Paperback): Bets Smith Droomwewer (Afrikaans, Paperback)
Bets Smith
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Ná ’n vernederende insident by die werk, verwag Mariechen Jonker onmiddellike ontslag. ’n Werksaanbod naby Kaapsehoop bied ’n welkome uitkoms, veral omdat sy by haar geliefde tante kan gaan bly.

Die restourasieprojek op Kaapsehoop is ’n lekker uitdaging. Maar dan begin sy vreemde drome droom waarin ’n karakter uit die dorp se delwersgeskiedenis sterk figureer – ’n man wat nes haar werkgewer, Heinrich Retief, lyk.

Op ’n spooktoer tydens die Wildeperdefees, ontdek Mariechen dat drome en werklikheid kan oorvleuel, en dat ware liefde kosbaarder is as goud.

Dubbelspel vir haar hart (Afrikaans, Paperback): Tosca de Villiers Dubbelspel vir haar hart (Afrikaans, Paperback)
Tosca de Villiers
R110 R89 Discovery Miles 890 Save R21 (19%) Ships in 7 - 11 working days

Elandi vlug na Roodezand om weg te kom van die skindertonge wat haar lewe verwoes het. In haar nuwe pos fokus sy op haar Wiskundeonderrig en om geld in te samel vir die matriekafskeid.

Sy wil nie weer ’n man in haar lewe hê nie, maar Hendrik de Bruyn en dominee Neels stel belang. Hendrik wil dalk weer liefde ’n kans gee, en Neels soek ’n vr ou wat orrel kan speel.

Wie gaan haar hart wen?

Langpadliefde (Afrikaans, Paperback): Madelie Human Langpadliefde (Afrikaans, Paperback)
Madelie Human
R110 R89 Discovery Miles 890 Save R21 (19%) Ships in 7 - 11 working days

Charl bestuur ’n groot vervoerbesigheid en sorg al jare vir sy drie jonger sibbe. Hy het nie tyd vir verhoudings nie, selfs nie vir Renise, sy jeugliefde nie. Tot hy haar een aand gestrand langs ’n gevaarlike pad met ’n stukkende motor vind. Hy moet dringend ’n vrag gaan aflaai en neem haar, ter wille van haar veiligheid, saam met hom.

Renise het ’n donker geheim wat niemand durf uitvind nie, veral nie Charl nie. Sal hul liefde hier die nuwe toets deurstaan?

Tweede kans vir liefde (Afrikaans, Paperback): Malene Breytenbach Tweede kans vir liefde (Afrikaans, Paperback)
Malene Breytenbach
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Karla Malan, ’n prokureur, kuier in Ciprus waar haar dogter as au pair vir die Demetriou-gesin werk.

Daar ontmoet sy die aantreklike professor Nikolas Demetriou. Karla en Nikolas voel aangetrokke tot mekaar, maar beide het slegte skeisake agter hulle en iemand anders wat in hulle belangstel.

Kan hulle die hindernisse in hul pad oorkom en ’n tweede kans vir liefde vind?

Die Boekengel (Afrikaans, Paperback): Malene Breytenbach Die Boekengel (Afrikaans, Paperback)
Malene Breytenbach
R300 R255 Discovery Miles 2 550 Save R45 (15%) Ships in 7 - 11 working days

Mara is uiteindelik vry van haar toksiese huwelik en trek terug Stellenbosch toe waar sy destyds gestudeer het. Sy koop ’n boekwinkel en begin stadig weer die toue van ou vriendskappe en haar lewe optel. Kort voor lank is sy betrokke by die lief en leed van haar vriende en kollegas wat soos familie vir haar raak.

Maar alles is nie idillies nie. Mara sukkel om haarself en haar geloof weer te vind ná alles wat in haar huwelik gebeur het. En sy maak boonop onverwagse vyande … Soos boeke wat een vir een van ’n lendelam boekrak aftuimel begin Mara en die mense om haar se omstandighede hulle inhaal.

En dan is daar Bart, die professor met die goeie siel en sagte oë wat in haar hart en boekwinkel kom rondkrap. Miskien kan hy vir Mara wys daar is meer vir haar bestem hier en by hom as wat sy in haar verlede agtergelaat het.

Die Swerfjare Van Poppie Nongena (Afrikaans, Paperback, Film Uitgawe): Elsa Joubert Die Swerfjare Van Poppie Nongena (Afrikaans, Paperback, Film Uitgawe)
Elsa Joubert
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Die swerfjare van Poppie Nongena vertel die lewensverhaal van ’n swart vrou teen die agtergrond van apartheid. Hierdie hartverskeurende, tog inspirerende roman word steeds beskou as een van die beste romans wat Afrika in die twintigste eeu opgelewer het.

Volmaansoene in Mauritius (Afrikaans, Paperback): Rene van Zyl Volmaansoene in Mauritius (Afrikaans, Paperback)
Rene van Zyl
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Toe Zoey haar beste vriende se troue op Mauritius bywoon, moet sy Liam, die man wat haar kort voor hul huweliksdag verneuk het, trotseer.

Zoey neem haar gay vriend as haar kamma-verloofde saam om haar waardigheid te beskerm, maar sy kom gou agter dat haar hart steeds na Liam smag, al is hy nou weer verloof.

Nou moet sy besluit of sy haar hart of kop moet volg.

Gedeeltelik Bewolk - 'n Roman (Afrikaans, Paperback): Ruan Kemp Gedeeltelik Bewolk - 'n Roman (Afrikaans, Paperback)
Ruan Kemp
R380 R339 Discovery Miles 3 390 Save R41 (11%) Ships in 5 - 10 working days

“Vang jy hom onbehoeds van voor, dan lyk hy soos ‘n man wat nou net met ’n stok geslaan is. Maar hou hom dop uit die hoek van jou oog, dan bespeur jy die glorie van ’n slim man. ’n Mooi man.”

George is gebore toe Jan Smuts dood is, word op ’n plaas in die Noord-Kaap groot, dien as aaspeloton in Angola, raak deurmekaar met die Baader-Meinhofbende in Duitsland, werk as joernalis tydens die noodtoestande in Kaapstad, maar op die ou end word hy ’n saboteur, ’n skaapsmokkelaar, ’n mal man, ’n boemelaar. Tussendeur kul en koggel George prokureurs, kopdokters, en vroue.

Gedeeltelik bewolk is ’n pittige, aweregse debuutroman wat jou soos ’n vuishou in die maag slaan.

Liefste Kersvader (Afrikaans, Paperback): Dina Botha Liefste Kersvader (Afrikaans, Paperback)
Dina Botha
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Danielle is moeg om alleen te wees. Veral oor Kersfees. Dis haar derde Kerspartytjie by Love Incorporated en sy het steeds nie ’n man in haar lewe of ’n ring aan haar vinger nie. Mense begin skinder. Hoekom is ’n beeldskone jong vrou soos sy steeds enkellopend? Vir die pret skryf al die werknemers hulle Kerswense neer en die bestuurshoof stuur dit Noordpool toe.

Maar die briefies is anoniem. Hoe sal Kersvader weet Danielle is die een wat vir ’n man vra?

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Katvis
Annelie Botes Paperback  (1)
R360 R332 Discovery Miles 3 320
Kwaaiwater
Irna van Zyl Paperback R350 R312 Discovery Miles 3 120
Die verdwyning van Mina Afrika
Zuretha Roos Paperback R315 Discovery Miles 3 150
Bloedbande
Jeanette Stals Paperback R320 R300 Discovery Miles 3 000
Stiltetyd
Marita van der Vyfer Paperback R297 Discovery Miles 2 970
Moederland
Madelein Rust Paperback R350 R312 Discovery Miles 3 120
Die Onsigbare
PJO Jonker Paperback R340 R304 Discovery Miles 3 040
Die Verevrou
Jan van Tonder Paperback R350 R312 Discovery Miles 3 120
Polsslag
Marie Lotz Paperback  (1)
R350 R312 Discovery Miles 3 120
Hans Bars Die Bioborrel
Rudie van Rensburg Paperback R285 R255 Discovery Miles 2 550

 

Partners