Jessica Rabbit probeer nie voorgee om iets te wees wat sy nie is nie.
Sy’s ’n uitlokkende vrou en klaar.
Op haar een-en-dertigste verjaarsdag besluit Roxy sy soek ’n roekelose,
skelrooi lipstiek-lewe. Almal dink in elk geval sy is sletterig en
uitgesproke – grotendeels weens haar blog wat sy onder die skuilnaam
Jessica Rabbit skryf. Haar kollega Zander dink sy is
Jessica Rabbit in lewende lywe: so witwarm sensueel dat sy ’n
nat lap aan die brand kan steek. Roxy voel allesbehalwe sensueel, en
die geraamtes uit haar verlede beduiwel telkens haar flirtasies en
verhoudings. Daarom gryp sy nou na rooi lipstiek.
Wanneer Zander se pa, die bekende motiveringspreker Adam Muller, op die
toneel verskyn, raak Roxy se lipstiek-lewe nog meer deurmekaar. Die
enigste sekerheid in Roxy se nuwe wêreld blyk Ouma Lot te wees – totdat
dié ook in raaisels begin praat. Roxy se lipstiek begin al meer na
oorlogsverf lyk. . .
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!