![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
’n Vrou, Katerina Steenkamp, haar oog ferm op die berg, gaan op ’n aanlyn dating site en ontmoet mense met onverwagse gevolge. ’n Man, sy kop vol apokaliptiese frases, patrolleer die strate sonder enige sigbare voorneme of doel. ’n Ander man hou die naghemel dop en wag op die koms van ’n elliptiese tuig. Nog ’n vrou, aan die einde van haar lewe, besin oor haar huwelik, en die lewens van haar drie susters. ’n Uitdagende roman, wat bowenal dui op vernuwing in Winterbach se werk.
Wanneer Frodo Baalens sy oom Bilbo se towerring tydens dié se een-en-elftigste verjaarsdagpartytjie erf, is dit die begin van onvoorsiene avonture. Eers verdwyn Bilbo spoorloos en dan daag die towenaar Ghandalf op met die nuus dat Frodo in lewensgevaar verkeer: wie ook al in besit is van die Ring, vertel Ghandalf, sal uiteindelik deur die korrupterende mag daarvan verwoes word. Daar is net een uitweg: om die Skeure van Verdoemenis in die dieptes van die Vuurberg te vind, die Ring daarin te gooi en dit só vir ewig buite die bereik van die Vyand te plaas. Saam met sy kamerade Sam, Mannetjies en Pippin val Frodo in die pad met die hoop om die donker mag van Sauron vir altyd te verslaan.
Sestig jaar na Herman Charles Bosman se dood het die eerste Afrikaanse bundel Oom Schalk Lourens-stories verskyn (In die withaak se skadu, Suiderkruis Boeke, 2011). Dit is besonder goed ontvang, en het gunstige kommentaar ontlok van skrywers soos Andre P. Brink, P.G. du Plessis, Pieter Fourie en Paul C. Venter. Die jaar daarna het ’n Bekkersdalmarathon en ander Voorkamerstories (Suiderkruis Boeke, 2012) die lig gesien, wat sowat die helfte van Bosman se bekende stories oor Jurie Steyn se plaasposkantoor bevat. Dit was die eerste Bosman-bundel wat deur Fred Mouton geillustreer is. Die oorweldigend positiewe terugvoer oor die Bosman/Moutonkombinasie het dit voor die hand liggend gemaak dat Fred ook oom Schalk se stories onder hande moet neem. Mafeking-pad kombineer dus vir die eerste keer Bosman se gewildste verhale – wat van 1947 af nog nooit uit druk uit was nie – met Fred Mouton se kenmerkende styl. Die resultaat is eg Afrikaanse lekkerte!
Diamantsmokkelary, liefde en moord vorm die hoofbestanddele van hierdie spannende verhaal. Sannie se liefdesverhouding met dokter Frans Weber kom tot 'n skielike einde wanneer dominee Johan de Villiers hom op Doringkraal kom vestig. Maar dan verskyn Joop de Lange en sy halfsuster, Lisinda, op die toneel. Lisinda – wereldwys, dinamies en beeldskoon – se teenwoordigheid in die klein dorpie veroorsaak baie gou die mees verreikende liefdesintriges wat, gepaard met die moord op Joop, dreig om die lewe van verskeie mense op onheilspellende wyse in die war te stuur. Bewus van die bergplek van die diamante en die identiteit van die moordenaar, word dokter Frans die spil van 'n tragiese noodlot. Die skrywer het met sy skitterende verteltrant en natuurlike situasie-skepping homself met hierdie verhaal bewys as 'n spanningsskrywer by uitstek.
In Die groot sand en ander stories kry die leser die geleentheid om verhale te lees wat onder meer in Ster, Die Brandwag, Republikein en Huisgenoot verskyn het. Die titelverhaal, Die groot sand, speel af in die genadelose Namibwoestyn waar twee diamantsmokkelaars hul buit gaan haal. Na ’n moordende staptog kry hulle die diamante, maar ’n sandstorm steek op. Onder die gekerm en geloei van die wind besef een van die smokkelaars dat daar net genoeg water oor is vir een man … Trek die koffiekan nader en lees ook oor ’n olifantjag in Angola, oor die vul wat treine gejaag het en die fabel oor die leeumannetjie wat Oukat moes opvolg.
Blouwillestories is 'n keur uit Willem Theron se weeklikse rubrieke in Beeld, Die Burger en Volksblad die afgelope agt jaar en is geskryf in 'n humoristiese, tong-in-die-kies-trant. Dit handel hoofsaaklik oor die lewe in die Ou en Nuwe Suid-Afrika. Blouwillem vertel onder andere van sleepwabestuurstegnieke (of 'n tekort daaraan), snorkers in die Wildtuin, sonde met jou bure se honde en met jou honde se bure, bleskoppe en krullebolle, skooltake in die nuwe bedeling en treinry in die ou bedeling. Blouwillem se "skertse" sal geniet word deur mense van feitlik alle ouderdomme (die gesensorde verhale sal selfs die kinders vermaak) wat graag die humor in (soms ernstige) situasies raaksien en waardeer.
Nadat Ella Neser as moordspeurder uit die polisie bedank het, het sy op plesierbote in die Karibiese See gaan werk. Toe kom die virus, en sy is verplig om na SuidAfrika te repatrieer. Nou sit sy sonder werk en sonder toekoms. Sy word gevra om 'n private ondersoek te loods op die dorpie Osspruit in Mpumalanga. Vier jong manne het oënskynlik besluit om voor en tydens die inperkingstyd weg te loop, maar meer sinistere gebeure word agter hulle verdwynings vermoed . . . Die aksie speel binne vier dae in Julie af, tydens die grendeltyd. Hoe dieper Ella begin krap, hoe meer besef sy daar is 'n gewetenlose brein wat agteraf konkel met die steenkoollorries na Eskom as rookskerm. Ella is genoodsaak om haar eie intuïsie te vertrou ten einde by die waarheid uit te kom – maar dit gebeur nie sonder verdere hikke en bloedlating nie. Man uit die dode verskyn as krimivervolgverhaal op Netwerk24 en daarna in boekvorm by H&R. Dit speel af net voor die aanvang van Die versoeking van Thomas Maas.
Aan die Kaapse Weskus versorg Rebecca Maas haar sterwende pa in ’n tegnologies gevorderde slimhuis, ’n huis wat praat in ’n halfbekende stem. Op die horison, ’n olietenkskip. ’n Posthuman biohacker trou met die enorme skip, en maak kuns oor die wittebroodsreis. En in die yswildernis van Svalbard verdwyn ’n navorser se kollega en minnaar spoorloos. Hulle is daar om geheimsinnige spierwit items te ondersoek – dalk beendere, maar dan beendere wat vertak en ineensmelt soos geen bekende skepsel s’n nie. Willem Anker se roman Buys (2014) is bekroon met die Universiteit van Johannesburg-prys, die WA Hofmeyrprys, die kykNET-Rapportprys, die Hertzogprys en die Helgaard Steyn-toekenning. In vertaling as Red Dog was dit in 2020 op die langlys vir die International Booker Prize. Anker doseer skeppende skryfkunde aan die Universiteit Stellenbosch.
'n Boer met 'n voorliefde vir wilddiefstal moet teen die agtergrond van aanpassingsprobleme in sy huwelik en veranderende politieke omstandighede noodgedwonge sy (rampspoedige) laaste jagtog uitvoer. En dan is daar ou Drien, die kleremaakster, wat diep in haar middeljare uiteindelik 'n "regte" huweliksaansoek kry; Diederik Verster wat onbesorg met ’n uiters sonderlinge stokperdjie voortploeter; en die "antie" wat 'n "sirpraais" in die vorm van 'n bykorf vol bye kry en dan, ongelukkig, graag die bye wil bevriend. Die humor en deernis wat in die alledaagse skuil, kom in hierdie bundel kortverhale na vore – vertel soos net die skerpsinnige Dot Serfontein kan. Kleurvolle karakters beleef hartseer sowel as snaakse en soms pynlike avonture.
Plaas 'n korrelkop beroepsjagter, 'n gierige Portugese streeksoffisier en 'n beeldskone Engelse lady in die ongetemde hinterland van 1896 se Duits-Suidwes; voeg oproerige Ovambo's, 'n bedenklike klein trekgeselskap en twee skarminkel-transportryers in die prentjie – en die toneel is ingerig vir 'n verhaal vol intrige, aksie en 'n tikkie romanse, soos net Doc Immelman dit kan vertel. Die Engelse roos Elize Foxcroft is nie net beeldskoon nie – sy's ook hardkoppig en onverskrokke. Maar wanneer haar skatryk pa as gyselaar geneem en aangehou word deur die Portugese skobbejak Avaro Duarto Gomez, besef sy dat sy vroualleen waarskynlik nie hond haaraf gaan maak nie. Kan Zak Marais, die legendariese beroepsjagter en met ’n afdraande reputasie, 'n groot skuldlas en 'n verlede vol skimme vertrou word om haar te help? En sal die bedenklike klein trekgeselskap die boosdoeners in San Pedro kan uitoorle?
In Julie 1905 kry Siegfried Bock van die Kaiserliche Landespolizei te kampe met ’n plaaslike boer se grudood, spoke uit sy verlede en ’n Berlynse besoeker wat ’n dodelike wrok koester. Hy worstel met Duits-Suidwes-Afrika se onstuimige politiek en ongenaakbare natuur. As hy geregtigheid wil laat seëvier, moet hy dít, asook strominge in sy eie gemoed, te bowe kom. 'Tweegevreet bied, soos sy voorganger, Die vertes in, spanning én stof tot nadenke.
In die debuutroman (wat in Engels publiseer is as Dark whispers) onthul een van Megan Wright, 'n sielkundige, se kliente dat sy deur 'n snydokter wat in ginekologiese operasies spesialiseer, geskend is. Dit word duidelik dat die gewraakte operasie geen ongeluk was nie. Die vrywaringsbrief wat die pasient vooraf moes teken, maak dit egter onmoontlik om die betrokke dokter te laat vervolg. Toe Megan haar kom kry, is sy daarop uit om die dokter te ontbloot en te keer dat hy nog vrouelewens vernietig. Veral toe sy uitvind dat hy 'n hele paar ander pasiente ook geskend het, soms so erg dat hulle nooit sal kan kinders he nie. Nie een van die klagtes wat teen die dokter gele is, was suksesvol nie. Verwikkelinge in Megan se persoonlike lewe word meesterlik met die verhaal se hoofspanningslyn vervleg.
Dan Sleigh’s latest work is once more an historical novel. While Eilande was published in English set at the beginning of the Western presence in the Cape, Afstande is much closer to the foundations of Western civilisation itself. It is based on the Anabasis of the Greek soldier and writer Xenophon, in which he reported on what has been described as one of the great adventures in human history. This “adventure”, which began in 401 BC, was nothing less than one of the clearest examples of human hardship and endurance. The adventurers were an army of ten thousand Greek mercenaries who were hired by a Persian prince to overthrow his brother, the king of the mighty Persian Empire. He ingeniously introduced another main character besides Xenophon, namely the Jewish eunuch Nagri, who was hailed as a prophet in Babylon, where the Israelites were in exile at the time. In Sleigh’s version the prisoner, Nagri, is used by Xenophon to compile the Anabasis from his cryptic notes. Afstande is therefore an intertwinement of the stories of two writers, namely the soldier-writer and the writer-prophet. Apart from being a grueling, authentic portrayal of one of the most remarkable military adventures in history, Sleigh’s novel is a representation of man’s search for identity and stability in a fast-changing, turbulent and unforgiving time. He shows how religion and ideology paradoxically guide and complicate this search. Through his two writer characters, their alliance and the friction between them, he also investigates the passion, desires, conflicts, but above all the emotion that underlies being a writer. In this way Sleigh transforms antique material into something absolutely contemporary and he achieves what all great writers achieve, and that is to confirm the permanence of that which is universally human.
Terwyl voorberei word vir die partytjie wat hy gereel het om sy oogappel-jongste, Tirza, se laaste skooldag te vier, leer die leser gaandeweg dat alles nie pluis is in Jurgen Hofmeester se skynbare rykmansbestaan nie, en dat Hofmeester eintlik verbete vasklou aan die laaste bietjie wat hy nog van sy skyngeluk oorhet.
Stella Mertens, Mark Dejongh en Riaan Steytler probeer elkeen iets uit hul verlede wegsteek . . . maar elke geheim het ’n vervaldatum. Daar is net ’n sekere tydperk wat ’n sekere hoeveelheid mense ’n geheim kan hou. In Vuurvoël, Elmarie Viljoen-Massyn se debuutroman, word donker geheime ontrafel wanneer die oënskynlik uiteenlopende wêrelde van Big Pharma en ’n Serwiese dwelmkartel paaie kruis. ’n Hoogs leesbare roman wat getuig van puik navorsing.
Hart van duisternis deur Joseph Conrad (1857 tot 1924) is een van die beste verhale oor Afrika en veral die Kongo wat daar nog ooit geskryf is. Ná die eerste boekpublikasie daarvan in 1902 het dit nog nooit verouder nie en lees dit vandag soos ‘n eietydse kommentaar op ons vasteland, veral die warm, broeiende ruigtes rondom die Kongorivier naby aan die ewenaar. Charles Marlow, ‘n seeman vertel boeiend van sy moeisame soektog per rivierboot na die geheimsinnige meneer Kurtz, wat diep in die Kongolese oerwoud verlore geraak het. Blykbaar het Kurtz, wat eens ‘n beskaafde Europeër was, ontaard in iemand wat nie meer die die reëls van die beskawing gehoorsaam nie. Soos wat Marlow nader en nader aan Kurtz kom, dreig die gevaar toenemend en raak die spanning ondraaglik. Wat gaan hy daar vind en hoe sal hy dit ooit aan sy base in Europa kan oordra? En gaan hy hoegenaamd die ekspedisie oorleef? Hierdie dun boekie dra ‘n wêreld in hom saam. Dit hoort in elke Afrikaanse huis, nie net vanweë die asemrowende beskrywings van die rivier en die bos nie, maar ook weens die skrywer se geniale insigte in die verhouding tussen Europa en Afrika, tussen blank en swart. Enersyds is Conrad al geloof vir sy kritiek op kolonialisme en rassisme, andersyds is hy veroordeel omdat hy juis onbevange oor oer-Afrika, sy rituele en sy mense skryf. Die Afrikaanse, asook die wêreldletterkunde, wemel van verwysings na Hart van duisternis. Die beroemde Hollywoodfilm Apocalypse Now het insgelyks sy tema hier kom leen.
Jare lank al is Lauretta Blom ’n gedienstige huisvrou in haar beige paleis, die eggenoot van Tobias Blom, ’n suksesvolle sakeman met belange in Johannesburg én die Kaap. Maar met hulle seunskinders wat nou groot en uit die huis uit is, begin die stilte en die pynlike netheid van Retta se praghuis in die Johannesburgse sekuriteitslandgoed haar vasdruk. En sy wonder oor al die dinge wat sy nié gedoen het nie en hoe dit haar lewe gevorm het. Wanneer sy boonop begin vermoed dat Tobie vir haar iets wegsteek, besluit sy dat dit tyd is om dié dinge te doen wat sy nooit tevore aangedurf het nie. Eerste op die lys is ’n road trip Kaap toe saam met haar hond, Charlie, en haar kunstenaarsvriendin, Leigh. Die reis lei na die ontwaking van ’n nuwe Retta op ’n kleinhoewe buite Bethulie, maar ook na onthullings in die Kaap wat haar hele lewe omverwerp.
Hoe kyk ’n mens terug na jou lewe en wens jy het ‘n ander vurk in die pad geneem? Wat sou gebeur het as? As? In dié diep ontroerende novelle toor die skrywer soos ’n alchemis van ouds met verdriet en spyt. Dit is ’n liefdesroman, ’n elegie aan die verlore liefde. Die verteller verlang terug na Anders, na Jena, na Duitsland. Maar die verlede spoel ’n mens rond soos die see. Nou is dit te laat. Vir altyd te laat.
'n Versameling kortverhale wat 'n familiegeskiedenis uitbeeld en strek van die ernstige tot die komiese. Met uiteenlopende verhale wat sowat 'n eeu bestryk (beginnende op 'n plaas in die Kamdeboo en eindigend in die stad) word byna kaleidoskopies gekyk na lewens, plekke, indrukke en ervarings. Deurlopende motiewe soos die bentwood-stoel, familiefoto's en 'n driewel bind die verhale tot 'n boeiende eenheid.
Huilboek is Hattingh se eerste boek in negentien jaar. Dit is ’n verweefde teks wat afspeel tussen die hier van Nieu-Seeland en die verlede van Ryk se kinderjare in die 1960’s aan die Oosrand. Wie wás die kind op die stoep saam met sy ma en pa en ouma en boeties en Outa Toon? En wie was Outa Toon, van wie ons slegs die skouer en rug sien op ’n foto met pa en seuns? Die man wat vir Ryk gesê het, “Jy is mos die een met die hart.”? Huilboek is ’n kragtoer.
Universiteit van Johannesburg-debuutprys (2008) Jan Rabie Rapport-prys vir innoverende letterkunde (2008) Siegfried Landman is iets in die dertig. Sy lewe lank het hy saam met sy pa op ’n afgeleë plaas iewers in die Karoo gewoon. Maar dan, op ’n dag, sterf sy pa, en moet Siegfried maak soos sy pa hom al die jare laat oefen het: gaan haal Wilhelm Smit (jare lank al ’n bywoner op hulle plaas) en gaan Kaap toe, na oom Bert Fischer, sy enigste oorlewende familielid naas sy ma, wat ’n meermin in die see is. Dit word ’n magiese reis, wat begin met ’n besoek aan ’n boeregesin op nog ’n afgeleë plaas in die Karoo en amper eindig by Georg Fafnir, sirkusbaas met ’n voorliefde vir die teatrale. ’n Verstommende, meesleurende roman – ’n verhaal wat voortsnel tot ’n onafwendbare einde. ’n Kosbare toevoeging tot die Afrikaanse letterkunde.
Wat Frederik de Jager se verhale uniek maak, is die feit dat dit om mense sentreer, dat dit fyngetekende portretstudies is. Of dit nou Jan Rabie, die enigste dogtertjie op ’n seunskoolbus, Mal Marina die klawerkoningin is of die seun op die speelgrond wat so stip kon kyk, of sy laerskoolvriend die aksieheld, dis karakters waarmee elke leser kan vereenselwig. Soms is die onderwerp die skrywer self, die skaam seun wat Sartre se selfbewustheid as bewustheid verstaan, die een wat weier om die klavierspelende sissie te wees. Die skryfwerk is dus tydloos en universeel. De Jager het ’n fyn oog en ’n slag met die woord. Soos Dana Snyman kan hy ’n emotiewe snaar raaktokkel en nostalgie opwek. De Jager is egter eerder prosaïs as volksverteller. Hierdie verhale is raak woordprente wat die uitsonderlikheid van gewone mense vasvang, met deernis, humor en ’n skeut hartseer - Op een na het al hierdie stukke verskyn in die tydskrif Vrouekeur van 2015 tot met die sluiting daarvan in 2020, as aflewerings in die rubriek “Mense onderweg”. Die laaste, langer stuk was ook in Vrouekeur, maar as alleenstaande artikel. |
You may like...
Recent Advances in Operator Theory and…
Marinus A. Kaashoek, Sebastiano Seatzu, …
Hardcover
R4,113
Discovery Miles 41 130
Singular Elliptic Problems - Bifurcation…
Marius Ghergu, Vicentiu Radulescu
Hardcover
R2,808
Discovery Miles 28 080
Essays on Mathematical Robotics
John Baillieul, Shankar S. Sastry, …
Hardcover
R2,862
Discovery Miles 28 620
Nonlinear Equations: Methods, Models and…
Daniela Lupo, Carlo Pagani, …
Hardcover
R2,799
Discovery Miles 27 990
Calculus - Early Transcendentals, Metric…
James Stewart, Saleem Watson, …
Hardcover
The Geometry of Domains in Space
Steven G. Krantz, Harold R. Parks
Hardcover
R1,581
Discovery Miles 15 810
Critical Point Theory and Its…
Wenming Zou, Martin Schechter
Hardcover
R2,828
Discovery Miles 28 280
|