Sestig jaar na Herman Charles Bosman se dood het die eerste
Afrikaanse bundel Oom Schalk Lourens-stories verskyn (In die
withaak se skadu, Suiderkruis Boeke, 2011). Dit is besonder goed
ontvang, en het gunstige kommentaar ontlok van skrywers soos Andre
P. Brink, P.G. du Plessis, Pieter Fourie en Paul C. Venter. Die
jaar daarna het ’n Bekkersdalmarathon en ander Voorkamerstories
(Suiderkruis Boeke, 2012) die lig gesien, wat sowat die helfte van
Bosman se bekende stories oor Jurie Steyn se plaasposkantoor bevat.
Dit was die eerste Bosman-bundel wat deur Fred Mouton geillustreer
is. Die oorweldigend positiewe terugvoer oor die
Bosman/Moutonkombinasie het dit voor die hand liggend gemaak dat
Fred ook oom Schalk se stories onder hande moet neem. Mafeking-pad
kombineer dus vir die eerste keer Bosman se gewildste verhale – wat
van 1947 af nog nooit uit druk uit was nie – met Fred Mouton se
kenmerkende styl. Die resultaat is eg Afrikaanse lekkerte!
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!