Jare lank al is Lauretta Blom ’n gedienstige huisvrou in haar beige paleis, die
eggenoot van Tobias Blom, ’n suksesvolle sakeman met belange in
Johannesburg én die Kaap. Maar met hulle seunskinders wat nou groot en uit die
huis uit is, begin die stilte en die pynlike netheid van Retta se praghuis in die
Johannesburgse sekuriteitslandgoed haar vasdruk. En sy wonder oor al die dinge
wat sy nié gedoen het nie en hoe dit haar lewe gevorm het.
Wanneer sy boonop begin vermoed dat Tobie vir haar iets wegsteek, besluit
sy dat dit tyd is om dié dinge te doen wat sy nooit tevore aangedurf het nie.
Eerste op die lys is ’n road trip Kaap toe saam met haar hond, Charlie, en haar
kunstenaarsvriendin, Leigh. Die reis lei na die ontwaking van ’n nuwe Retta op ’n
kleinhoewe buite Bethulie, maar ook na onthullings in die Kaap wat haar hele lewe
omverwerp.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!