Plaas 'n korrelkop beroepsjagter, 'n gierige Portugese
streeksoffisier en 'n beeldskone Engelse lady in die ongetemde
hinterland van 1896 se Duits-Suidwes; voeg oproerige Ovambo's, 'n
bedenklike klein trekgeselskap en twee skarminkel-transportryers in
die prentjie – en die toneel is ingerig vir 'n verhaal vol intrige,
aksie en 'n tikkie romanse, soos net Doc Immelman dit kan vertel.
Die Engelse roos Elize Foxcroft is nie net beeldskoon nie – sy's
ook hardkoppig en onverskrokke. Maar wanneer haar skatryk pa as
gyselaar geneem en aangehou word deur die Portugese skobbejak Avaro
Duarto Gomez, besef sy dat sy vroualleen waarskynlik nie hond
haaraf gaan maak nie. Kan Zak Marais, die legendariese
beroepsjagter en met ’n afdraande reputasie, 'n groot skuldlas en
'n verlede vol skimme vertrou word om haar te help? En sal die
bedenklike klein trekgeselskap die boosdoeners in San Pedro kan
uitoorle?
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!