0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (21)
  • R50 - R100 (186)
  • R100 - R250 (661)
  • R250 - R500 (772)
  • R500+ (104)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Fiksie

Syferfontein (Afrikaans, Paperback): Cas Wepener Syferfontein (Afrikaans, Paperback)
Cas Wepener
R240 Discovery Miles 2 400 Ships in 6 - 10 working days

Dekades lank het Peet van Jaarsveld sy bokplaas Syferfontein in die Karoo met 'n ysterhand bestuur. Na die afsterwe van sy eggenoot leef hy in toenemende isolasie van sy kinders en die gemeenskap en probeer homself probeer oortuig dat sy dade en ongenaakbare houding teenoor ander verantwoord is.

Tydens Geloftenaweek in 1960 gebeur daar enkele dinge op sy plaas wat sy ouderdom, eiesinnigheid en verval onder die vergrootglas plaas. Syferfontein is die noukeurige en vaardige bestekopname van die herinneringe, denke en drome van ’n bejaarde man en vertel die verhaal van die uiteindelike ondergang van ’n patriargale Afrikaner oor die tydsverloop van 'n enkele naweek.

In hierdie tragedie waarin Peet van Jaarsveld van sy verlede rekenskap neem, wys outeur Cas Wepener ons 'n wereld en 'n denkwyse wat op makabere manier sowel vertroud as vreemd is.

Dik Dun Thick Thin - Stories (Afrikaans, Paperback): Nataniel Nataniel Dik Dun Thick Thin - Stories (Afrikaans, Paperback)
Nataniel Nataniel
R295 R264 Discovery Miles 2 640 Save R31 (11%) In Stock

'n Splinternuwe, skitterende versameling kortverhale deur Nataniël. 20 in Afrikaans en 8 in Engels. Skreeusnaaks, aangrypend, wys, onvoorspelbaar en -- soos altyd -- hoogs vermaaklik.

Soos gewoonlik delf hy goud uit sy kinderjare -- oor sy ouers, sy ouma -- maar daar is ook fantastiese en fantasmagoriese verhale oor sy lewe as sanger op plattelandse dorpies, oor 'n vreemdeling wat hom een aand in sy huis help om sy vrese te besweer, en hoe 'n mens jou eerste reus oorwin . . .

Breekpunt (Afrikaans, Paperback): Marie Lotz Breekpunt (Afrikaans, Paperback)
Marie Lotz
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Wanneer iemand jou kind steel, wat is jou breekpunt?

Twee jong kinders verdwyn spoorloos uit die veiligheid van hul ouerhuise in Johannesburg. Albei is meisies, albei word in die middel van die nag weggelok . . .

Kaptein Alek Strauss ondersoek die saak en kom agter die ontvoerder se modus operandi stem grootliks ooreen met dié van ’n misdadiger wat al jare agter tralies sit nadat hy twee ander meisies ontvoer het. Hoekom dink een van die slagoffers se ma dan hierdie man is onskuldig? En watter skokkende ontdekking maak sy in haar dogter se slaapkamer ses jaar ná haar verdwyning?

Dan kom ’n jong paartjie op ’n gruvonds in die Drakensberg af en dit dompel almal in ’n nuwe maalkolk van raaisels.

Sal hulle die meisies betyds vind?

Breekpunt, Marie Lotz se vierde spanningsroman, is ’n meesleurende en meesterlike speurtog.

'n Droomman vir Carmi (Afrikaans, Paperback): Elize Davies 'n Droomman vir Carmi (Afrikaans, Paperback)
Elize Davies
R290 R259 Discovery Miles 2 590 Save R31 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Een middag terwyl Carmi Molenaar, ’n eerstejaarstudent op Potchefstroom, diep ingedagte op haar fiets ry, kruis haar pad met dié van Herman Hattingh. Al het hierdie senior regstudent al die eienskappe van ’n droomman, laat Carmi se verantwoordelikhede min tyd of ruimte vir romanse.

Die lewe deel egter links en regs klappe uit, en Herman is elke keer dáár om te help wanneer Carmi hom nodig het. Maar sal hulle kan leer om mekaar te vertrou?

Rebecca (Afrikaans, Paperback, Hersiende Uitgawe): Wilna Adriaanse Rebecca (Afrikaans, Paperback, Hersiende Uitgawe)
Wilna Adriaanse
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Op 25 is Rebecca Fagan in besit van 'n regsgraad, 'n rugsak, 'n groot mond en baie guts.  Sy het twee jaar lank druiwe gepluk in Frankryk, in Italië op 'n olyfplaas gewerk en in Duitsland was sy 'n kelner.  Maar nou is sy terug in Suid Afrika en sy soek 'n “regte” werk.  Toe sy hoor dat Julian Hoffman, derde geslag erfgenaam van ‘n multibiljoenrand-maatskappy, op soek is na 'n persoonlike assistent, besluit sy om aansoek te doen.  Wie nie waag nie, sal nie wen nie, is haar leuse.

Patmos (Afrikaans, Paperback): Willem Anker Patmos (Afrikaans, Paperback)
Willem Anker
R320 R286 Discovery Miles 2 860 Save R34 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Ná ’n meteoriet op ’n plattelandse dorp neerstort, kom soek ’n komponis inspirasie vir die klankbaan van ’n wetenskapsfiksiefliek. Hy loseer by ’n astronoom wat navorsing oor gravitasiekolke doen. Haar agtjarige seun praat nie.

Die astronoom wil van haar verlede ontsnap. Die komponis het ’n toekoms wat hy nie wil trotseer nie. In die onmoontlike “nou” ontstaan ’n aarselende verhouding tussen dié twee beskadigdes; wentel hulle om mekaar met kragte wat tot vernietiging óf vernuwing kan lei.

Die Man van Elders (Afrikaans, Paperback): Helene De Kock Die Man van Elders (Afrikaans, Paperback)
Helene De Kock
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Ná drie jaar op ’n passasierskip smag Jean Botha na ’n plek wat syne is en waar hy gewoon net mens kan wees. Tans verkeer hy elders: iewers en tegelykertyd nêrens.

Die oomblik toe hy terug op eie bodem vir Renette Brink op Stellenbosch ontmoet, weet Jean een ding vir seker: Hy sal haar nooit weer kan vergeet nie. Maar Renette is verloof aan Martin Hoogendyk, ’n gesiene boer van die Oos-Vrystaat.

Toe sy vriend Duncan Weston aanbied dat Jean op sy plaas naby Bethlehem gaan toesig hou oor die bedrywighede daar, gryp hy die die geleentheid dadelik aan. Op Heuningkrans slyp hy sy nuutgevonde kunstalent en begin sy eie skilderye te verkoop. Hy besoek selde die dorp en vermy so enige onverwagse herontmoeting met Renette.

Intussen is onheil besig om in die pasgetroude Hoogendyks se huishouding te ontvou. Gaan Renette betyds die regte besluit maak?

’n Meesleurende roman oor twee mense wat hulself vir die keuses van die verlede moet vergewe voor hulle ’n ware tuiskoms en liefde kan vind.

Eleksie op Erdvark (Afrikaans, Paperback): Rudie van Rensburg Eleksie op Erdvark (Afrikaans, Paperback)
Rudie van Rensburg
R290 R259 Discovery Miles 2 590 Save R31 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Soois Swart bedryf sy sukkelende koerantjie op die dorpie Erdvark in die Knersvlakte waar die afwesigheid van moderne tegnologie groot uitdagings aan hom stel. Met die naderende munisipale eleksie vermenigvuldig sy kopsorge.

Vir die eerste keer in ’n dekade word die regerende BA Minus deur twee ander partye teengestaan. Burgemeester Duimpie du Plooy dreig om sy kompos-onderneming se advertensies uit die koerant te onttrek indien hy ontevrede is met wat Soois skryf.

Soois moet ’n koorddans uitvoer tussen goeie joernalistiek en beriggewing wat nie aanstoot gee nie. Geensins ’n maklike taak nie, gegewe die talle strydpunte – die brandenste een die afwesigheid van spoeltoilette op die dorp. Die BA Minus is vurige kampvegters vir die
behoud van kleinhuisies en die opposisie driftige voorstanders vir vernuwing.

Wanneer ’n horingadder in ’n kleinhuisie sy tande in ’n kwesbare deel van ’n inwoner slaan, klap die eerste eleksieskoot amptelik. Van daar af gaan dit doller as kopaf.

Sekelmaan (Afrikaans, Paperback): Jaco Wolmarans Sekelmaan (Afrikaans, Paperback)
Jaco Wolmarans
R360 R321 Discovery Miles 3 210 Save R39 (11%) Ships in 5 - 10 working days

’n Groep jong Suid-Afrikaanse Jode, die teiken van ’n terreuraanval in Kairo, is die vlam in ’n kruitvat vir grootskaalse oorlog in die Midde-Ooste. In die middel daarvan, die joernalis Ruby Heyns, in besit van verdoemende inligting wat die skaal in dié konflik kan swaai.

Wanneer Ruby Heyns oornag verdwyn, moet Staatsekuriteit se Reuben Kruger al sy tegniese kennis inspan om haar spoor op te tel. Spanning en aksie uit die boonste rakke!

Zanzibar Zen (Afrikaans, Paperback): Marnus Hattingh Zanzibar Zen (Afrikaans, Paperback)
Marnus Hattingh
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Wanneer ’n nuuskierige toeris aan Zanzibar se kus vermoor word, peul die vreemdste karakters uit die spesery-eiland se tropiese woud.

Die bou van Giorgio Comaneti se blinknuwe Zanzibar Zen Casino gaan die helfte van die Jozani-woud uitwis. Toast le Roux, omgewingsjoernalis, moet die stootskrapers betyds stop.

Maar Comaneti se gevaarlike handlangers, Tjokkie en Bozo, is reeds op Toast se spoor. En hulle wil net vriendelik met hom gesels.

Die Taal Van Been (Afrikaans, Paperback): Heilna Du Plooy Die Taal Van Been (Afrikaans, Paperback)
Heilna Du Plooy
R103 Discovery Miles 1 030 Ships in 6 - 10 working days

n Televisieprogram oor die rekonstruksie van skedels dwing Carolien se gedagtes terug na ontstellende gebeure vyftien jaar tevore. En na die vreemdeling wat sy toe geteken het. Die taal van been is 'n roman oor gewone mense se strewe en verlies en die onthutsende werklikheid wat onder die oppervlak skuil. Dis tegelyk 'n speurverhaal met 'n politieke ondertoon, die storie van 'n kunsdosent wat haar werk deur regstellende aksie verloor en 'n eiesoortige liefdesverhaal. Uiteindelik gaan dit egter om veel meer. Hierdie roman bly subtiel spook omdat dit dinge se wat die teks verswyg.

Die Potlooddief Se Bruid - En Ander Stories (Afrikaans, Paperback): Keina Swart Die Potlooddief Se Bruid - En Ander Stories (Afrikaans, Paperback)
Keina Swart
R70 Discovery Miles 700 Ships in 6 - 10 working days

Die Potlooddief Se Bruid En Ander Stories, a collection of columns by Keina Swart, is the result of different journeys, of her heart, mind and imagination, and adventurous explorations of places far and near.

She writes about the people closest to her – the men, women and children of her heart – and explores the soul of South Africa and its unique stories.

Drie Moorde in die Baai (Afrikaans, Paperback): Madelein Rust Drie Moorde in die Baai (Afrikaans, Paperback)
Madelein Rust
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Bianca Fabricious, hygromanskrywer en nuwe eienaar van die Strandlopergastehuis op St. Helenabaai, het skaars haar voete gevind of die uitsig voor haar kamervenster verander in ’n misdaadtoneel.

Bianca probeer haarself as verdagte uitskakel en die regte boosdoener aan die kaak stel, maar dit veroorsaak ’n hele reeks onvoorsiene gebeure . . .  

Dié spanningsvolle en skerpsinnige intrige is boonop propvol kwinkslae én ontluikende romanse.

Die DJ (Afrikaans, Paperback): Simon Bruinders Die DJ (Afrikaans, Paperback)
Simon Bruinders
R175 R162 Discovery Miles 1 620 Save R13 (7%) Ships in 5 - 10 working days

'n Seun word groot in die platteland waar die lewe hemel is, totdat sy pa sterf. Hy word weggeskeur van Zoar en verhuis na Mitchells Plein waar hy kennis maak met sy passie (DJ) maar ook verstrengel raak in dwelms. Hy vind bevryding en word 'n suksesvolle DJ. Hierdie boek vertel aan tieners dat daar hoop is, al is die lewe hel. Hierdie boek bied regte hoop aan duisende dwelm verslaafde Suid-Afrikaners.

Skoenlapper (Afrikaans, Paperback): Irma Venter Skoenlapper (Afrikaans, Paperback)
Irma Venter
R320 R286 Discovery Miles 2 860 Save R34 (11%) In Stock

Alex het 'n teorie oor chaos. Waar hy ookal gaan, volg dit hom. Dis hoekom hy joernalis geword het en hom nou in Tanzanie bevind. By 'n troue iewers tussen Dar es Salaam en Arusha ontmoet Alex vir Ranna, 'n vryskutfotograaf met 'n bos swart krulhare, 'n t-hemp wat se Dr. Seuss is altyd reg, en 'n verlede waaroor sy nie praat nie. Alex wat lankal nie meer in Die Liefde glo nie, weet: dit is hoe dit voel. Maar dan haal die chaos hom in. Eers begin dit onophoudelik reen en paaie en dorpies spoel weg. En dan, wanneer die lyk van 'n Amerikaanse IT-biljoener op ’n strand uitspoel, word dit duidelik dat Ranna met rede haar verlede probeer begrawe. Waarom anders stel die polisie skielik in haar belang?

Draairivier (Afrikaans, Paperback): Engela Ovies Draairivier (Afrikaans, Paperback)
Engela Ovies
R299 R267 Discovery Miles 2 670 Save R32 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Draairivier, Engela Ovies se debuutroman, is ’n deernisvolle verhaal oor familie, vriendskap, liefde en vergifnis. 

Die twaalf - 21.12.2012 Die tyd raak min (Afrikaans, Paperback): William Gladstone Die twaalf - 21.12.2012 Die tyd raak min (Afrikaans, Paperback)
William Gladstone
R10 Discovery Miles 100 Ships in 5 - 10 working days
Rooisand - Die verhaal van Dirk Aruseb en die Bondelswarts (Afrikaans, Paperback): Jeremy Vearey Rooisand - Die verhaal van Dirk Aruseb en die Bondelswarts (Afrikaans, Paperback)
Jeremy Vearey
R360 R321 Discovery Miles 3 210 Save R39 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Dirk Aruseb was sewentien toe Abraham Morris hom uit die Pella-weeshuis kom haal het om by die Bondelswarts aan te sluit. By Schansvlakte begin die eerste van Dirk se lewenslesse: wees nederig, geduldig, en genadig. Vind jou eland, tem jou janfiskaal.

Rooisand speel af in Namaland – van Duits-Suidwes-Afrika tot die Kaapkolonie – vanaf 1904 tot 1922. Dit is ’n epiese oorlogsroman wat strek van Tsumeb tot Upington, van Windhuk se interneringskampe tot die droë rivierlope van die Visrivier.

Kronkelpad (Afrikaans, Paperback, Heruitgawe): Irma Joubert Kronkelpad (Afrikaans, Paperback, Heruitgawe)
Irma Joubert
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

’n Deernisvolle roman oor die kronkelpaaie van die lewe en die liefde. Marco Romanelli, ’n Italianer wat in ’n konsentrasiekamp was, gaan woon in 1948 om gesondheidsredes in die Bosveld. Daar ontmoet hy vir dr. Lettie Viljoen. Die liefde blom tussen hulle . . . maar dan breek die polio-epidemie van die jare vyftig uit.

Drome het ook Asem (Afrikaans, Paperback): Helene De Kock Drome het ook Asem (Afrikaans, Paperback)
Helene De Kock
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Duncan Weston, eienaar van Soeterwijn, voel of hy uit homself kan stap. Hoe kan ’n mens alles hê en tog voel asof jy niks het nie?  ’n Vakansie weg van sy alledaagse roetine is wat hy nodig het. In Rome wag Isabel Haasen hom by die lughawe in. Ondanks haar kil houding voel Duncan intuïtief tuis in haar geselskap, maar daar is iets wat sy  wegsteek . . .

Drome het ook asem se karakters en intrige beloof om lesers te boei en te betower. ’n Fyn genuanseerde verhoudingsroman vir volwassenes.

Sewe-en-Veertig (Afrikaans, Paperback): Irma Venter Sewe-en-Veertig (Afrikaans, Paperback)
Irma Venter
R320 R286 Discovery Miles 2 860 Save R34 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Sarah Fourie kry halfvier op ’n koue wintersoggend ’n oproep van Mosela Mosholi, ’n ou vriendin uit haar tronkdae. Sarah moet nóú kom, Kaapstad toe. Datameester Mosi se rekenaars voorspel ’n vierde moord op ’n toeris binne die volgende paar dae en Sarah met haar kuberkrakerkennis moet kom help.

Sarah kan nie nee sê nie. Sy ken Mosi al jare lank, en haar skuld is groot. Sy sleep haarself uit die bed, gryp ’n oornagsak, en bel vir Jaap. Want Jaap Reyneke moet saam – sy jare as polisieman is al raad wat sy het indien ’n moordenaar in die moederstad skuil.

Dit is ’n onvoorspelbare, donker Kaapstad wat op Jaap en Sarah wag. ’n Stad waarin misdadigers die toutjies trek, waar hommeltuie bokant jou stilweg tred hou van goeie én minder goeie dade, en toeriste salig onbewus is van dit wat in Clifton en Kampsbaai broei.

Nog ’n verbluffende roman deur die meester-krimiskrywer Irma Venter.

Cara (Afrikaans, Paperback): Helena Hugo Cara (Afrikaans, Paperback)
Helena Hugo
R320 R286 Discovery Miles 2 860 Save R34 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Cara is ná twee wêreldoorloë eindelik op pad terug na haar geboorteland. Sy is destyds wettig deur die Du Toits aangeneem en sy en Clarabelle het  saam grootgeword. Na haar weggaan het die twee gereeld gekorrespondeer, maar later het die oorlog tussenbeide gekom. Sy word goed ontvang en almal is begaan oor haar welstand, maar sy bly verward en eensaam. Vir haar voel dit soms of sy vir die res van haar lewe op reis sal wees. Het sy eindelik haar bestemming bereik? Tyd sal wel leer.

Weg is nie 'n plek nie (Afrikaans, Paperback): Santie van der Merwe Weg is nie 'n plek nie (Afrikaans, Paperback)
Santie van der Merwe
R290 R259 Discovery Miles 2 590 Save R31 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Natasja bevind haar vroegoggend op die snelweg, tien ure noord van Kaapstad. Al haar besittings is agter in die kar en sy sweer sy sit haar voete nooit weer naby Johnny nie. Eers nadat sy op die N18 afgedraai het, onthou Natasja: George, haar pa se boesemvriend, woon nog op Lelievlei. Miskien moet sy gaan aanklop?

In dié aangrypende roman herinner die skrywer ons hoe die liefde ons almal raak. En soms skenk die heelal vir jou ’n beskermengel wanneer jy dit die nodigste het.

Die Rooi Angelier (Afrikaans, Paperback): Eleanor Baker, Alex Muller Die Rooi Angelier (Afrikaans, Paperback)
Eleanor Baker, Alex Muller
R270 R241 Discovery Miles 2 410 Save R29 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Speurder Adriaan Kruger is op die spoor van ’n moordenaar wat só pynlik netjies te werk gaan dat hy oënskynlik geen leidrade agterlaat nie. Boonop lyk dit asof die moordenaar doelbewus kat-en-muis met hom speel. Sal hy die moordenaar kan vastrek voordat dié weer toeslaan?

Dié senutergende misdaadondersoek waarin Adriaan gewikkel is, sal die leser aan die raai hou tot en met die heel laaste bladsy.

Haas en Harriët (Afrikaans, Paperback): Susan Coetzer Haas en Harriët (Afrikaans, Paperback)
Susan Coetzer
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Mila Verster is ’n suksesvolle entrepreneur in haar vyftigs. Haar dogter, Tami, word eersdaags agttien, en Mila is gereed vir ’n nuwe hoofstuk. Wanneer Tami een middag spoorloos verdwyn, word Mila genoop om die sluier oor die verlede te lig, die gebeure te herbesoek en te ontrafel. Maar al genees tyd sommige wonde, bly die letsels rou en die pad na vergifnis kom teen ’n prys.

Haas en Harriët is ’n hartroerende roman oor onvolmaakte ouerskap.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Shattered not Broken - Like the Phoenix…
Clarice Hampton Jenkins Hardcover R767 Discovery Miles 7 670
Linguanomics - What is the Market…
Gabrielle Hogan-Brun Hardcover R2,361 Discovery Miles 23 610
Grief Speak
Mari Nardolillo-Dias Hardcover R776 Discovery Miles 7 760
The Signs - The New Science of How to…
Tara Swart Paperback R440 R393 Discovery Miles 3 930
Dead Men Still Snore
Tammy Tyree Paperback R588 Discovery Miles 5 880
Daring to Dance Again
Judith K Sabbert Hardcover R499 Discovery Miles 4 990
Childhood Bilingualism - Aspects of…
Peter Homel, Michael Palij, … Hardcover R1,307 Discovery Miles 13 070
Paths to Post-Nationalism - A Critical…
Monica Heller Hardcover R1,908 Discovery Miles 19 080
Bilingualism - Basic Principles
Hugo Baetens Beardsmore Paperback R1,554 R804 Discovery Miles 8 040
Immigrant Children Learning Dutch…
Rene Appel Hardcover R3,334 Discovery Miles 33 340

 

Partners