![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
“As ’n boom in ’n bos val, en niemand is daar om dit te hoor nie, maak dit nog steeds ’n geluid?” lui die reeds geykte gesegde. As ek nie ’n naam het nie, bestaan ek dan werklik? Wie is ek sonder die mense wat my definieer? As ek anders optree as wat verwag word – is dit ek wat verkeerd is, of die verwagting? Dis van die vrae wat Ilse van Staden sonder pretensie en met fyn aanvoeling vir karakter in Tafel Vir Twee ondersoek. Kind of volwassene, oud of jonk, man of vrou – Ilse van Staden loop ’n geloofwaardige entjie in elk van haar karakters se skoene en leer ken langs die pad die broosheid van menswees, maar ook die mistieke verwondering wat in die alledaagse opgesluit lê.
Flora Beukes woon saam met haar pa Frans, ma Siena en drie jonger sibbe op die Myburghs se plaas, Vlakpoort, ’n klipgooi ver van Keimoes. Siena is bekommerd oor Frans wat te veel tyd oor naweke saam met hul buurman, Jan Olyn, langs die bierpotte deurbring en dan laataand besope soos ’n besetene kom moles maak by hulle rietdakhuis. Tydens die Kersvakansie van 1982, terwyl Siena besig is om planne te maak om van Frans te skei, word die gesin onvermydelik en tragies uitmekaar geruk. Flora voel verantwoordelik vir haar jonger broers en suster se welstand, maar in die herberg op Doringvlei word die kinders se lewens verder omvergegooi wanneer hulle van mekaar geskei word. Flora, Engela Ovies se tweede roman, is ’n hartroerende verhaal oor ’n dapper twaalfjarige se liefde vir haar sibbe en die opofferings langs die pad om haar ma se droom te laat waar word. Eerlik, deernisvol en opreg soos die oop vlaktes van die Noord-Kaap.
Charles Oertel bevind hom in ’n netelige posisie. Hy is ’n skatryk Vrystaatse boer en het sentimente jeens beide magte wat tydens die Anglo-Boereoorlog slaags raak. Bothma se noukeurige navorsing oor hierdie invloedryke man en sy nasate se lotgevalle tydens en na die oorlog bevestig geboekstaafde kennis maar bied ook nuwe inligting. Daarbenewens is dit ’n boeiende menslike verhaal wat die leser tot nadenke stem. Sou dit anders verloop het as dit nie vir die oorlog was nie? Keer die mens nie die punt van die punt van die swaard self op sy hart nie? Punt van die swaard was in 2005 op die kortlys vir die Louis Hiemstra-prys vir niefiksie.
Hermans is aangewys as Nederland se grootste skrywer van die 20ste eeu. Nooit Meer Slaap Nie is een van sy beroemdste romans en steeds ‘n treffer. Dit gaan om ‘n student se spannende en selfs lewensgevaarlike navorsingstog in die nagenoeg onbewoonde Finnmark, die noordelikste gebied van Noorweë. Hy slaag mettertyd daarin om die vernaamste fisieke struikelblokke te oorwin, maar die noodlot en ironie bly op sy spoor. Die boek neem die leser na een van die onherbergsaamste gebiede op aarde asook na onverkende vlakke van die menslike gees waar vrae veel magtiger is as oplossings. Dit is ‘n toeganklike roman met diepte, vir die fynproewer.
In die Oos-Kaapse veld maak ’n skrywer haar in sy verbeelding staan: Vir Decima – ’n formidabele swartrenosterkoei. Haar dogter, Tandeka, is dragtig, en die handvol renosters sien uit na die kalf se koms in die lente. Maar vir Decima is daar vrees wat met elke volmaan in haar opwel. Sy kan steeds die gebeure onthou wat haar baie seisoene vantevore wees gelaat het. Al werkend aan Decima se verhaal, is Eben. Hy vra: Hoe skryf mens oor hierdie dier as gevoelvolle wese? Deel van die storie is die verskillende karakters wat ’n impak op die lot van die renosters het: stropers, hul kliënte, beoefenaars van tradisionele medisyne, ook die bewaarders. En tussendeur is daar Eben se brose ma wat in die land agtergebly het. Soos hy sy weg vind deur die bladsye van sy manuskrip, is dit die stem van Decima wat die suiwerste in sy gedagtes klink. Eben Venter se boek kombineer outofiksie, fabel, ’n speurverhaal en die wetenskap, en is ’n dringende pleidooi vir die bewaring van een van die wêreld se megaherbivore. Decima is ’n elegiese werk vir baie stemme waarin die skrywer die aard van verlies in sy vele gestaltes besing en besweer.
Johan Fourie skryf onderhoudend en met eerlikheid en passie oor die wereld van die stroper - mense wat gevorderde tegnologie, helikopters en groot geld inspan van hul duistere motiewe. Sy deeglike kennis van die veld, natuur en taktiek wat die stropers gebruik, dra daartoe by dat hy die leser 'n naelbytervaring gee oor 'n saak wat elke Suid-Afrikaner na aan die hart behoort te le. Die leser is telkens saam met die spesiale magte bly oor hul suksesse, maar is ook saam met hulle ontsteld wanneer hul nog 'n renoster verloor. Johan Fourie slaag daarin om die strategiee van die wildstropers, asook die pogings om hulle uit te oorle op 'n spannende wyse aan die leser voor te hou, sonder om hom te ontstel, maar terselfdertyd die leser skerp onder die indruk te bring tot watter uiterstes die stropers sal gaan.
Bykans dertig jaar was die verteller veldwagter in Namibie. Hy het ’n obsessie gehad met die wilde, ongetemde Afrika waar ’n mens ongebonde kan lewe. Maar intussen het die wildernisse waarin hy geswerf het, begin verander. As safarigids was hy deel van hierdie verandering. Hy het wilde plekke help toeganklik maak vir mense. Saam met daardie mense het stropers gekom. In Plunderwoestyn word vertel oor die stryd teen stropers in Namibie en is gebaseer op Christiaan Bakkes se lewe.
Vyf vooraanstaande sakemanne van Pretoria word koelbloedig met hul eie
jagwapens vermoor.
In Die honger hart moet Julia Naude haar peetpa se ongewone voorwaarde behou om die plaas, wat sy saam met die plaasbestuurder geerf het, te beskerm. In Deel van die pakket staan Gita van Duinen op die drumpel van ’n nuwe lewe, maar meer veranderinge le voor. In Verskuilde liefde, keer dr. Edmund Wiese terug uit die buiteland. Hy moet vrede maak met die lee kol wat sy broer, Fanie, agtergelaat het. En drie weke later maak hy ’n onverwagse ontdekking wat sy prioriteite verander.
In die vroee oggendure van 15 Maart 1901 word Salome de Waal wakker gemaak deur ’n dringende klop aan haar kamervenster. Dit is die Boereverkenner Hans van Zyl wat wegkruipplek soek van sy Kakie-agtervolgers. Hans, ’n ou vriend van Salome se verwonde broer Piet, word Salome se enigste kontak met die Boere op die slagveld. Hoe moet sy die opwinding verstaan wat Hans se besoeke elke donkermaan meebring? Sy is immers getroud, al beskou sy haar man, Albert, as ’n verraaier omdat hy vir die Britse besettingsmag werk. Dan is daar ook die sjarmante maj. Bruce Symington, wat betower word deur Salome se skoonheid en haar andersheid. Salome raak net so verstrengel in die spioenasienetwerk in Pretoria as in haar eie verwarde gevoelens, haar pligsbesef en haar politieke oortuigings. Eers wanneer sy as hulpverpleegster in die Irene-konsentrasiekamp gaan werk, word die oorlog vir haar werklikheid en neem sake ’n verloop wat sy nie kon voorsien het nie.
Berdine se lewe in Johannesburg is vir goed verby, en die verbintenis met haar familie en vriende wat sy jare lank verwaarloos het, is aan die herstel. Haar ouma Bertha se nalatenskap van diensbaarheid en naasteliefde staan voorop vir Berdine en haar droom om ’n kliniek op te rig om die armes gratis te bedien gaan nie om eie eer nie. Dit gebeur nie oornag nie en ten spyte van haar nuutgevonde geloof pak die twyfel en mismoedigheid haar beet. Berdine loop ook ’n pad met Tiekie en haar babadogtertjie en sy kuier weer by Bekkie. Sy leer die vernames van die dorp ken wat hul naaste met onselfsugtige liefde dien. Dieter Daneel is steeds aan die voorpunt van omtrent elke bedrywigheid en met die naamgee-seremonie, toe die skuiling aan Bertha Human opgedra word ter waardering van haar jare lange diens aan die dorp en sy mense, word die wêreld onderstebo gekeer en Berdine weereens voor ’n keuse gestel.
Een middag terwyl Carmi Molenaar, ’n eerstejaarstudent op
Potchefstroom, diep ingedagte op haar fiets ry, kruis haar pad met dié
van Herman Hattingh. Al het hierdie senior regstudent al die eienskappe
van ’n droomman, laat Carmi se verantwoordelikhede min tyd of
ruimte vir romanse.
In Plek van die bittermaan besluit die beeldskone Tessa, ’n
ongetroude enkelma, om met haar seuntjie stad toe te vlug waar sy
“anoniem” sal kan wees. Maar dis nie nie so maklik nie en sy word
voor hartverskeurende keuses gestel.
’n Deernisvolle roman oor die kronkelpaaie van die lewe en die liefde.
Marco Romanelli, ’n Italianer wat in ’n konsentrasiekamp was, gaan woon
in 1948 om gesondheidsredes in die Bosveld. Daar ontmoet hy vir dr.
Lettie Viljoen. Die liefde blom tussen hulle . . . maar dan breek
die polio-epidemie van die jare vyftig uit.
Keur 10 van dié gewilde liefdesverhaalskrywer sluit drie
bekoorlike verhale in: Die glasappel is ’n heerlike roman
waarin humor en eksentrisiteit sjarmant verweef is.
Het Heiberg. Die weggooikind wat Verlangekraal se naam sou verewig. Sy
het dit gewaag om in opstand te kom teen ’n rigiede skoolsisteem wat
geen rebelsheid of individualiteit sou duld nie. Net meneer Doep het
tussen haar en die verderflike skoolhoof meneer Erlank gestaan.
Speurder Adriaan Kruger is op die spoor van ’n moordenaar wat só pynlik
netjies te werk gaan dat hy oënskynlik geen leidrade agterlaat nie.
Boonop lyk dit asof die moordenaar doelbewus kat-en-muis met hom speel.
Sal hy die moordenaar kan vastrek voordat dié weer toeslaan?
Mila Verster is ’n suksesvolle entrepreneur in haar vyftigs. Haar
dogter, Tami, word eersdaags agttien, en Mila is gereed vir ’n nuwe
hoofstuk. Wanneer Tami een middag spoorloos verdwyn, word Mila genoop
om die sluier oor die verlede te lig, die gebeure te herbesoek en te
ontrafel. Maar al genees tyd sommige wonde, bly die letsels rou en die
pad na vergifnis kom teen ’n prys.
Is jy orraait, Elizabeth? is ’n verhaal oor drie vroue wat dekades lank
bevriend is en elkeen met hulle eie persoonlike probleme en
gesinskwessies worstel. Dit is ’n roman wat diep menslike ervarings en
die kompleksiteit van interpersoonlike verhoudings ondersoek.
"Die teenwoordigheid van die Chinese in Steynshoop het die dorp
die afgelope paar jaar ingrypend verander.
Op 25 is Rebecca Fagan in besit van 'n regsgraad, 'n rugsak, 'n groot
mond en baie guts. Sy het twee jaar lank druiwe gepluk in
Frankryk, in Italië op 'n olyfplaas gewerk en in Duitsland was sy 'n
kelner. Maar nou is sy terug in Suid Afrika en sy soek 'n “regte”
werk. Toe sy hoor dat Julian Hoffman, derde geslag erfgenaam van
‘n multibiljoenrand-maatskappy, op soek is na 'n persoonlike assistent,
besluit sy om aansoek te doen. Wie nie waag nie, sal nie wen nie,
is haar leuse.
Sarah Fourie kry halfvier op ’n koue wintersoggend ’n oproep van Mosela Mosholi, ’n ou vriendin uit haar tronkdae. Sarah moet nóú kom, Kaapstad toe. Datameester Mosi se rekenaars voorspel ’n vierde moord op ’n toeris binne die volgende paar dae en Sarah met haar kuberkrakerkennis moet kom help. Sarah kan nie nee sê nie. Sy ken Mosi al jare lank, en haar skuld is groot. Sy sleep haarself uit die bed, gryp ’n oornagsak, en bel vir Jaap. Want Jaap Reyneke moet saam – sy jare as polisieman is al raad wat sy het indien ’n moordenaar in die moederstad skuil. Dit is ’n onvoorspelbare, donker Kaapstad wat op Jaap en Sarah wag. ’n Stad waarin misdadigers die toutjies trek, waar hommeltuie bokant jou stilweg tred hou van goeie én minder goeie dade, en toeriste salig onbewus is van dit wat in Clifton en Kampsbaai broei. Nog ’n verbluffende roman deur die meester-krimiskrywer Irma Venter.
Boelie is mister Fourie se oudste seun en erfgenaam; Pérsomi is die
bywonerskind. Maar Pérsomi is slim en het haar intelligensie
waarskynlik van haar onbekende biologiese pa geërf. Sy presteer op
skool en bekwaam haar as prokureur.
Twyfelbos is ’n meesleurende historiese roman wat afspeel in die
Overberge in die vroeë agtienhonderds.
Ná ’n meteoriet op ’n plattelandse dorp neerstort, kom soek ’n komponis
inspirasie vir die klankbaan van ’n wetenskapsfiksiefliek. Hy loseer by
’n astronoom wat navorsing oor gravitasiekolke doen. Haar agtjarige
seun praat nie. |
![]() ![]() You may like...
Chaos in Classical and Quantum Mechanics
Martin C. Gutzwiller
Hardcover
R4,679
Discovery Miles 46 790
|