In die vroee oggendure van 15 Maart 1901 word Salome de Waal wakker
gemaak deur ’n dringende klop aan haar kamervenster. Dit is die
Boereverkenner Hans van Zyl wat wegkruipplek soek van sy
Kakie-agtervolgers. Hans, ’n ou vriend van Salome se verwonde broer
Piet, word Salome se enigste kontak met die Boere op die slagveld.
Hoe moet sy die opwinding verstaan wat Hans se besoeke elke
donkermaan meebring? Sy is immers getroud, al beskou sy haar man,
Albert, as ’n verraaier omdat hy vir die Britse besettingsmag werk.
Dan is daar ook die sjarmante maj. Bruce Symington, wat betower
word deur Salome se skoonheid en haar andersheid. Salome raak net
so verstrengel in die spioenasienetwerk in Pretoria as in haar eie
verwarde gevoelens, haar pligsbesef en haar politieke oortuigings.
Eers wanneer sy as hulpverpleegster in die Irene-konsentrasiekamp
gaan werk, word die oorlog vir haar werklikheid en neem sake ’n
verloop wat sy nie kon voorsien het nie.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!