0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (19)
  • R50 - R100 (109)
  • R100 - R250 (624)
  • R250 - R500 (784)
  • R500+ (115)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Fiksie

Vlakwater (Afrikaans, Paperback): Ingrid Winterbach Vlakwater (Afrikaans, Paperback)
Ingrid Winterbach
R390 R348 Discovery Miles 3 480 Save R42 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Ná die verbrokkeling van sy verhouding vestig die kunstenaar Niek Steyn hom in Kaapstad. Wanneer een van Marthinus Scheepers se varke in Niek se tuin beland, raak hulle bevriend.

Charelle Koopman, Niek se loseerder, verdwyn eendag, en 'n welaf kunstenaar maak 'n verdagte aanbod op Niek se huis. Op Stellenbosch skryf 'n vrou met 'n haaslip 'n monografie oor die kuns van die Olivier-broers, en word op 'n dag ooggetuie van 'n moord.

Kort hierna nader 'n holwangkêrel haar met 'n vreemde voorstel.

Die Melkweg En Die Miskruier (Afrikaans, Paperback): Jeanette Ferreira Die Melkweg En Die Miskruier (Afrikaans, Paperback)
Jeanette Ferreira
R370 R330 Discovery Miles 3 300 Save R40 (11%) Ships in 5 - 10 working days

In 2020, tien jaar nadat Sabine uit die Laeveld weggesteier het, keer sy terug om nog net een maal weer hulle familieplaas Donkerhoek te sien en ’n neersitplek te soek vir die bondel wat sy al so lank saamdra.

Sy het egter nie ’n telefoonnommer vir die nuwe eienaar nie en Google Maps weet nie van so ’n plek nie.

In tien jaar het die aarde hierlangs geswig voor grondeise en armoede en die media berig van ’n onbekende virus wat reeds dood op die planeet begin saai het.

Dorado (Afrikaans, Paperback): Tom Dreyer Dorado (Afrikaans, Paperback)
Tom Dreyer
R330 R305 Discovery Miles 3 050 Save R25 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Ná sy pa se dood ervaar Gilbert du Toit eienaardige visioene: kontoerlyne van lig en vlietende skole visse. Hierdie gestaltes is boodskappers, meen hy, en besluit om die blinklywe te volg, oor die wye Karoovlaktes, Kaap toe.

Gilbert se pad kruis met dié van die Howlers, ’n trio voormalige tronkvoëls wat met trompet, viool en kitaar deur die platteland toer. Hy kom kleindorpse kroeë teë, en dinosourusparke, en vergesigte wat hy hom tot nou toe skaars kon verbeel. Maar al reis hy hoe ver, die storms van sy verlede woed voort. Kuilsrivier bied ’n tydelike hawe, selfs liefde, maar vir Gilbert is hier geen ontvlugting van ’n dringende en dreigende vraag nie: Is die visse wat hom aandryf deel van groter magte wat sy lot bepaal, of skort daar iets met sy kop?

Tom Dreyer se Dorado is ’n magiese roman, so tergend en onpeilbaar soos die sterrehemel van die Karoo.

Konkel (Afrikaans, Paperback): Pieter Marais Konkel (Afrikaans, Paperback)
Pieter Marais
R333 Discovery Miles 3 330 Ships in 2 - 4 working days
Minder As Niks - Ami Prinsloo: Boek 1 (Afrikaans, Paperback): Irma Venter Minder As Niks - Ami Prinsloo: Boek 1 (Afrikaans, Paperback)
Irma Venter
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Dertig jaar gelede is Johan Botha lewenslank tronk toe gestuur vir die moord op drie tienermeisies. Terminaal siek en pas vrygelaat, vra hy misdaadjoernalis Ami Prinsloo om hom te help om sy onskuld te bewys.

Hoe kan sy nee sê? Dis ’n uitstekende storie. En as ’n voormalige swemkampioen met geraamtes in haar eie kas, weet sy hoe dit voel om als te verloor. Om te sukkel om mense in die oë te kyk. Hoe dit voel as iemand na aan jou vermoor word en te weet dat die skuldige nog op vrye voet is . . .

Oorlewingsgids vir 'n Bedonnerde Diva (Afrikaans, Paperback): Sophia Kapp Oorlewingsgids vir 'n Bedonnerde Diva (Afrikaans, Paperback)
Sophia Kapp 1
R415 Discovery Miles 4 150 Ships in 2 - 4 working days

Dit is Simone se annus horribilis. Op vier en veertig stap sy vir die tweede keer uit n huwelik, bankrot, werkloos, moedeloos, verbrysel. Al wat sy het om van vier en veertig jaar te wys, is n bedenklike verlede, n tienerseun wat skaars met haar praat, en die besef van mislukking en ontoereikendheid wat soos n meulsteen om haar nek hang. Al waarheen sy het om te gaan, is die kleinburgerlike dorp op die Oos-Vrystaatse platteland waar sy grootgeword het, waar haar konserwatiewe ma en konvensionele suster haar gedurig aan haar tekortkominge kan herinner. Rock bottom, dis waar sy is. Maar omdat dit al is wat daar is om te doen, begin sy herbou; aan n loopbaan, n vriendekring, haar verhouding met haar kind, haar verhouding met haar ma. Aan haar vertroue in haarself. Stelselmatig kom daar lig, en sin, en rigting, selfs vir haar. Al waarvoor sy glad nie reg is nie, is Barnard Richter, wat van haar verwag om ten spyte van alles wat sy nie kon vermag nie en alles wat sy nooit sal kan wees nie, weer in die liefde te glo.

Dooiegety (Afrikaans, Paperback): Bets Smith Dooiegety (Afrikaans, Paperback)
Bets Smith
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Geliefde inwoner van ʼn kusdorpie sterf in verdagte omstandighede. Haar vriendin Daleen soek na antwoorde maar ontdek net meer raaisels. Kriptiese waarskuwings en haar dogter se verdwyning suggereer ’n verband tussen die moord en vroeëre tienerverdwynings.

Sluitstuk (Afrikaans, Paperback): Johann Rossouw Sluitstuk (Afrikaans, Paperback)
Johann Rossouw
R300 R277 Discovery Miles 2 770 Save R23 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Drie jaar ná die dood van een van Afrikaans se grootste skrywers kom ’n Nederlandse vrou Suid-Afrika toe om navorsing vir ’n biografie oor sy lewe te doen. Sy besoek die skrywer se voormalige vakleerling om meer oor die enigmatiese figuur vas te stel – bykans dertig jaar nadat die twee mans se weë pynlik geskei het.

Onder die priemende blik van die biograaf lê die vakleerling, eens ’n aspirantskrywer en nou ’n Zen-monnik, sy lewe bloot in die bestek van een nag.

Wie was die groot skrywer werklik? Waarom was die impak van sy kluisenaarsbestaan en sy werk op die jong man so enorm? Hoekom het die skrywer hom na sy eensame sterfbed laat kom? Wat is die ware rede agter die Nederlander se biografie?

Sluitstuk is ’n elegiese roman oor verlange, verlies, wraak en versoening wat die roete na stilte en die skeppingsimpuls oopskryf.

Mispa (Afrikaans, Paperback): Helena Hugo Mispa (Afrikaans, Paperback)
Helena Hugo
R290 R259 Discovery Miles 2 590 Save R31 (11%) In Stock

Die nuutste roman van topverkoperskrywer Helena Hugo. Caroline is maar dertig jaar oud toe sy haar agtste kind in die wêreld bring. Al waarop sy gehoop het was om te sterf. Die kloof tussen haar en Willem is so wyd dit lyk asof hulle mekaar nooit weer sal vind nie. Intussen dan pak die onweerwolke van oorlog op die horison saam. Maar die hoop beskaam nie: Genesing begin by 'n weggooikind en 'n gekneusde veldblom.

Heimwee (Afrikaans, Paperback): Sophia Kapp Heimwee (Afrikaans, Paperback)
Sophia Kapp
R380 R351 Discovery Miles 3 510 Save R29 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Heimwee is die storie van Mart-Mari wat moet terugkeer na die familieplaas sodat sy haar ma kan begrawe en finaal kan afskeid neem van die familie by wie sy nooit tuis gevoel het nie. Maar in ʼn ondeurdagte oomblik betaal sy die knutselaar-nutsman-van-langsaan, Anton Nieuwoudt, om saam te gaan omdat sy vir haar susters gelieg het oor ʼn man in haar lewe.

Gou besef sy dat hy hom nie laat gebruik nie. Hy is die alles-of-niks-tipe, wat haar dwing tot emosionele eerlikheid en die spieël voor haar ophou sodat sy bewus kan word van haar aandeel in haar gekompliseerde familieverhoudinge.

Dit is ook die storie van Liesbet Vermaak wat in die nadraai van die allergrootste vernedering alleen moet omsien na haar broers: Andries, die dromer, en Benna, die kind wat alles verstaan, maar nie met die wêreld kan kontak maak nie. Wat die foto van die soldaat steel sodat sy kan voorgee sy is getroud, maar dan op ʼn dag in Humansburg se hoofstraat opkyk in die helder heuning van Gert Niemand se oë en besef haar leuen het haar ingehaal.

Dis ʼn storie wat strek oor geslagte, van mense wat so seer gekry het dat hulle swerf, maar dis ook ʼn storie van heling. Boweal is dit die storie van moederskap, van die verskriklike prys wat dit soms vra, en van ma's wat bo-oor die ewigheid sal reik om seker te maak hulle kinders is geborge.

1795 (Afrikaans, Paperback): Dan Sleigh 1795 (Afrikaans, Paperback)
Dan Sleigh 3
R465 Discovery Miles 4 650 Ships in 2 - 4 working days

Dit is die winter van 1795. Die Kaap is nog Hollands, maar nie meer vir lank nie. Kommissaris Sluysken, die VOC se hoofamptenaar aan die Kaap, het sy Politieke Raad vir 'n vergadering in die Kasteel byeengebring. Hier sit kolonel Robert Gordon, bevelvoerder van die garnisoen, avonturier en Oranje-man. Ook majoor William van Reede van Oudshoorn, lord Hunsdon, vir wie die land en die dorp sy lewe is; verloor hy dit, word hy niks. Hy is bevelvoerder van 'n korps klerke wat vir hierdie krisis hul penne vir gewere moet inruil. Sluysken lees 'n brief voor van die bevelvoerder van die Engelse vloot by Simonstad wat dreig om sy matrose op die land los te laat. William kyk strak voor hom uit. Hy en kameraad Louis Thibault het reeds 'n krygplan ter tafel gele. Sy hoop is op die binnelanders, eerder as op Gordon se garnisoen – die boere, wat so hard soos hierdie kontinent se klippe is. Tussen Gordon en Van Oudshoorn sal die stryd om die siel van hierdie droewe land besleg word. Of vir ewig bly voortwoed. Dan Sleigh se loopbaan as romansier het in Eilande met die pionierstyd aan die Kaap begin, en in 1795 word 'n sirkelgang van die geskiedenis voltrek, met die laaste Kaapse maande onder die Kompanjiesvlag. Sleigh skryf met 'n onfeilbare aanvoeling vir die konflikte en hartstogte wat die totstandkoming en verval van gemeenskappe onderle, en met 'n verstommende oog vir detail.

Geloof soos 'n Mosterdsaadjie (Afrikaans, Paperback): Helena Hugo Geloof soos 'n Mosterdsaadjie (Afrikaans, Paperback)
Helena Hugo
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Om terug te dink aan sy lewe is soos om ’n boek te lees waarvan daar bladsye uitgeskeur is. Hy onthou party hoofstukke so helder soos vandag, ander so vaag soos drome.

Stories oor sy kleintyd, dié kom van oral af – van sy ma en pa, Safira, ander grootmense en sy boetie, Stephan. Hierdie stories neem hy met ’n knippie sout, glo hy ter wille van die vertellers. Hy is oor die algemeen inskiklik van geaardheid, iemand wat sy kleinkinders ’n people pleaser sou noem. Wat van Afrikaans gaan word, weet hy nie.

Hy en Stephan, het in ’n pastorie grootgeword. Dis ook waar Andreas veronderstel was om die eerste lewenslig te aanskou, op die dubbelbed in die hoofslaapkamer waar hy, soos hy dit later uitgewerk het, waarskynlik ook verwek is. Suster Lenie Joubert, die gemeente se vroedvrou en hul huisdokter, dokter Morrie Jacobs, sou Louisa kom bystaan. Dit sou ’n tuisgeboorte wees, ’n private aangeleentheid in die veiligheid van haar eie huis. Van kleintyd af word Andreas nie net geestelik getoets nie, maar ook fisiek. Sy eie behoeftes en begeertes kry soms die oorhand. Byna te laat besef hy dat hy op ander dinge as geloof gereken het.

Eers dan leer hy om hom geheel en al te onderwerp aan die wil van die Here. Geloof soos ’n mosterdsaadjie, sê Jesus, is al wat jy nodig het.

Misfit - Stories Vannie Anne Kant (Afrikaans, Paperback): Chase Rhys Misfit - Stories Vannie Anne Kant (Afrikaans, Paperback)
Chase Rhys
R275 R246 Discovery Miles 2 460 Save R29 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Misfit bevat verwerkte rubrieke en kortverhale wat oorspronklik in Rapport gepubliseer is. Hierdie stories onnesoek issues van identiteit, seksualitieit, gesinsdinamika ennie daaglikse lewe van mense aan die rand vannie samelewing – die misfists.

Ons leer ken vir Nana, ’n onverwagse geestelike gids (dink Boeddha met geperoxide hare in ’n updo) wat van drag races hou. Daar’s oek stories oor die lockdown-familiebraai oor Zoom, hoe seksualiteit innie bruin gemeenskap navigeer word en hul oupa se twie unsuspecting girlfriends wat by sy begrafnis ankom.

En verhale oor die ervaring van gemarginaliseerde mense van Ocean View en binne die groter samelewing. In hierdie bundel, geskryf in Kaaps, weerklink die outentisiteit en humor waarvoor Chase Rhys bekend is.

Plaas Se Prys (Afrikaans, Paperback): Willemien du Preez Plaas Se Prys (Afrikaans, Paperback)
Willemien du Preez
R382 Discovery Miles 3 820 Ships in 2 - 4 working days

Die verteller en haar man, Liefie, besluit om digby aftrede hulle lewe in die stad agter te laat en ’n plaas naby Greyton te koop. Hulle word verlei deur die blou berge en plattelandse idille. Wanneer hulle eers daar woon, word hulle egter ontnugter deur die werklikheid van die plaaslewe.

Daar is ’n prys te betaal vir die mooi prentjies waarna gehunker word. Gif wat blom, plant, vrug en dier perfek vir die mark laat gedy sodat die landskap sag op die oog val, terwyl die versweë giwwe in die samelewing ook uitgespit word. Die alewige wind en vragmotors wat stof na die huis toe laat waai, teister hulle en stof word amper ’n soort hoofkarakter in die verhaal. Liefie sukkel om die boerdery winsgewend te maak, terwyl die verteller tevergeefs met die bouers stoei om die plaashuis in haar droomhuis te omskep (en tevergeefs skoonmaak aan die stof!).

Die skrywer het ’n uitstekende waarnemingsvermoë en die beskrywing van die swaarkry en gesukkel op die plaas word verweef met ’n fyn sin vir humor. Die leser word ingetrek in die wêreld van die verteller, Liefie en hulle hond, Saar – asook hulle bure en die plaaswerkers.

Die Ballade Van Robbie De Wee - En Ander Verhale (Afrikaans, Paperback): Deon Meyer Die Ballade Van Robbie De Wee - En Ander Verhale (Afrikaans, Paperback)
Deon Meyer 1
R375 R335 Discovery Miles 3 350 Save R40 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Internasionaal gevierde misdaadskrywer Deon Meyer se bundel tydskrifverhale Bottervisse in die jêm het in 1997 verskyn. Nou is dié lekkerleesverhale in ’n splinternuwe, hersiene gedaante te kry, mét vyf verhale wat nog nooit voorheen gebundel is nie, onder andere "Die ballade van Robbie de Wee".

Elke verhaal ontlok ’n gevoel van deernis met die karakters, of ’n uitbundige skaterlag. En die romantiek bly nie agterweë nie.

Van eerste tot laaste krul die leser se tone van pure leesplesier.

Woestynblom (Afrikaans, Paperback): Kristel Loots Woestynblom (Afrikaans, Paperback)
Kristel Loots
R330 R309 Discovery Miles 3 090 Save R21 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Isabella voel nie soos die tradisionele beeldskone heldin wat jy op ’n silwerskerm gaan raaksien nie, want sy is ietwat sag om die kante en haar hare het ’n onbuigbare wil van hul eie. Sy besluit die tyd het aangebreek vir opwinding en avontuur, want sy wil nie meer stry teen die knaende begeerte in haar om skaamteloos aan die ontvangkant van ’n man se hartstogtelike liefde te wees nie.

Sy vlug uit die stad om van haar oorbeskermende ouers weg te kom en asem te skep in die oop ruimtes waar niemand vir haar voorskryf wat om te doen nie. Isabella soek ’n man wat haar voete onder haar gaan uitslaan en sy is vasbeslote om hom te kry. Iemand wat haar gaan liefhê vir wie sy in al haar volrondheid is. Tydens haar soektog ontmoet sy ’n hele paar mans wat nou nie almal eintlik as goeie mans met suiwer intensies beskou kan word nie. En wie is die geheimsinnige man wat oral onverwags opduik en pal op haar spoor bly?

Maar toe gebeur die ondenkbare tydens ’n gesinskrisis wat opduik. Al die geraamtes wat uit die kas begin tuimel dwing Isabella om tot stilstand te kom en die waarheid in die oë te staar. Sommige antwoorde kan ’n vrou net op haar knieë by die Here kry. Hulle sê die waarheid maak vry en die liefde bedek ’n menigte van sondes. Miskien sal die kronkelpaaie van Isabella se lewe haar ook na liefde en vryheid lei sodat selfs ’n verlore woestynblom soos sy kan blom.

Toe Ons In Ghrieshuis Was (Afrikaans, Paperback): Maretha Maartens Toe Ons In Ghrieshuis Was (Afrikaans, Paperback)
Maretha Maartens
R200 R188 Discovery Miles 1 880 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Gaan Kayla se lewe ooit weer oukei wees na Die Ramp?

Die Ramp waarin hulle geliefde huis, Miernes, heeltemal afgebrand het en nou moet haar hele groot gesin in haar pa se ou werkswinkel, Ghrieshuis, gaan bly. Die Ramp waarin haar pa, motorwerktuigkundige en kranige fotograaf, sy sig verloor het en nou nie meer kan werk nie. Die Ramp wat alles verander het.

Maretha Maartens skryf met haar ervare skrywershand ’n deernisvolle verhaal oor verlies, hoop en geloof.

Madame Pylinska En Die Geheim Van Chopin (Afrikaans, Paperback): Eric-Emmanuel Schmitt Madame Pylinska En Die Geheim Van Chopin (Afrikaans, Paperback)
Eric-Emmanuel Schmitt; Translated by Naomi Morgan
R200 R185 Discovery Miles 1 850 Save R15 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Eric-Emmanuel Schmitt is die geliefde skrywer van Oskar en die Pienk Tannie en Monsieur Ibrahim en die Blomme van die Koran. In Madame Pylinska en die Geheim van Chopin vertel Schmitt die vermaaklike en dikwels roerende verhaal van sy lesse by ‘n Poolse klavieronderwyseres, Madame Pylinska.

Sy ‘Saterdae saam met Madame Pylinska’ sluit ook lesse in oor die geskiedenis van Pole en komponiste wat vir die klavier geskryf het, veral Chopin en Liszt. Ander onvergeetlike karakters in die verhaal is Schmitt se Tante Aimée, aan wie hy sy liefde vir die klavier en veral Chopin te danke het, en Madame Pylinska se katte, vernoem na (of geïnkarneer deur?) beroemde Chopinpianiste soos Alfred Cortot, Arthur Rubinstein en Vladimir Horowitz.

Dit is ook die verhaal van Schmitt se ontdekking van waar sy eintlike talent lê: nie by die uitvoering van Chopin nie, maar by die skryf van kortverhale, romans en dramas.

Anderkind (Afrikaans, Paperback): Betsie van Niekerk Anderkind (Afrikaans, Paperback)
Betsie van Niekerk
R235 R210 Discovery Miles 2 100 Save R25 (11%) Ships in 5 - 10 working days

'n Storie oor twee dapper tieners, Johannes en Dina, tydens die dodelike griepepidemie van 1918.

As die enigste oorlewendes uit hul gesinne op twee buurplase in die Sandveld kruis hul paaie met oom Andries, 'n dorpenaar wat ook sy hele gesin verloor het. Tesame met Lya, wat vir Johannes help grootmaak het, durf hulle verskeie aanslae aan - van wilde diere en boewe tot die regering se beleid oor weeskinders en die eienaarskap van plase.

Christine le Roux Keur 9 (Afrikaans, Paperback): Christine le Roux Christine le Roux Keur 9 (Afrikaans, Paperback)
Christine le Roux
R330 R295 Discovery Miles 2 950 Save R35 (11%) In Stock

Hierdie keur bevat drie lekkerlees liefdesverhale deur Christine le Roux: ’n Wêreld sonder hom​, ’n Kwessie van tegniek en Bewys van liefde.

Infanta (Afrikaans, Paperback, TV Uitgawe): Deon Meyer Infanta (Afrikaans, Paperback, TV Uitgawe)
Deon Meyer
R375 R335 Discovery Miles 3 350 Save R40 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Een van Deon Meyer se mees geliefde boeke is nou ook te sien as die TV-reeks Devil’s Peak.

“My naam is Bennie Griessel en ek is ’n alkoholis.”

Om sy lewe terug te kry, moet speurder-inspekteur Bennie Griessel eers vir Artemis keer: die vigilante wat die doodstraf teruggebring het, wat besig is om misdaad teen kinders met ’n lang lem en ’n skrikwekkende meedoënloosheid te wreek.En met die media wat skree, die politici wat druk toepas, ’n span onbeholpe jong speurders en verskeie kollegas wat hom in die rug steek, stel Bennie Griessel ’n lokval.

Maar hy het nie rekening gehou met die liefde van ’n sekswerker vir haar kind, die haat van die Sangrenegra-dwelmkartel en sy eie smagting na die helende kragte van die bottel nie.

Heks (Afrikaans, Paperback): Dibi Breytenbach Heks (Afrikaans, Paperback)
Dibi Breytenbach
R340 R304 Discovery Miles 3 040 Save R36 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Die verteller in Heks vind haar toevlug in sprokies en mites. Terwyl die wêreld die oorlog in Oekraïne op TV-skerms gadeslaan, verdiep sy haar in die mitologie van dié land – ook as skans teen die toenemende vyandelikheid in haar huwelik.

’n Ongeoorloofde verhouding maak ’n besieldheid in haar wakker. Sy beroep haar op dié nuwe krag toe sy van ongerymdhede bewus word by die kosmetiekmaatskappy vir wie sy bemarkingskopie skryf.

Dis tyd om beheer van haar eie verhaal neem.

Bloed van 'n vlinder (Afrikaans, Paperback): Marieta Carrick Bloed van 'n vlinder (Afrikaans, Paperback)
Marieta Carrick 1
R320 R286 Discovery Miles 2 860 Save R34 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Wanneer Suster Libby Lucas by Noordeberg Hospitaal begin werk, hoop sy dat dit vir haar ’n nuwe begin sal wees. En dat sy al haar geheime in die verlede sal kan los.

Maar dan word ’n verpleegsters vermoor – haar lyk in ’n oënskynlike uitbeelding van skoonheid gerangskik.

Skielik voel dit weer asof die onheil Libby agtervolg waar ook al sy gaan. En asof haar verstand met haar begin parte speel.

Loop die moordenaar in die hospitaal rond? En wie stuur dreigende briewe aan Libby oor haar verlede?

Wegkruiper (Afrikaans, Paperback): Christelle Wessels Wegkruiper (Afrikaans, Paperback)
Christelle Wessels
R330 R294 Discovery Miles 2 940 Save R36 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Onheil op Onrus

Iemand speel ’n grusame speletjie op Onrus. ’n Oudonderwyseres word in haar dansateljee vermoor en twee vroue word ontvoer en gemartel.

Kaptein Werner de Wege en adjudant Lisamore Talakase moet ’n legkaart bou om die raaisel op te los, maar die belangrikste stukke speel wegkruipertjie met hulle.

Sal die speurders die moordenaar betyds kan vastrek voor die volgende slagoffer val? En wat het ’n afgetrede onderwyseres, ’n bekende dokter, ’n sukkelende eiendomsagent en ’n boer gemeen?

Wegkruiper, Christelle Wessels se vierde spanningsroman, wys in watter nagmerrie ’n dorp ontaard wanneer die sondes van die verlede ’n gemeenskap inhaal.

Gerugte Van 'n Ontvoering (Afrikaans, Paperback): Chris Karsten Gerugte Van 'n Ontvoering (Afrikaans, Paperback)
Chris Karsten
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Wanneer Harry Grimbeek asemskep tussen sy gevaarlike omswerwinge deur Afrika, kom kuier hy by sy geliefde ma in Johannesburg. Gusta is veral na aan sy hart ná sy pa haar vir ’n jonger pop gelos het. Gelukkig weet Harry sy is veilig daar bo in haar luukse penthouse in Ponte Towers, wat sy deel met ’n erfstuk van groot sentimentele waarde: Jong vrou en boek, geskilder in die veertienhonderds deur die Vlaamse meester Petrus Christus.

Teen die tyd dat Harry in OosAfrika opgespoor word, is sy ma al dae lank dood. Het haar eensame lewe inderdaad vir Gusta tot selfdood gedryf, soos gespekuleer word? En wat het van haar kosbare skildery geword wat uit haar woonplek verdwyn het? Van die oomblik dat hy in sy ma se penthouse instap, kry Harry die reuk van ’n groot gekonkel. En die skuldiges sal aan die pen ry, die hele lot van hulle! Nie eens daai parmantige Ella Neser gaan hom keer nie.

Nog ’n hoogtepunt in Chris Karsten se oeuvre. ’n Vermeende moord, ’n vermeende ontvoering . . .

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
The True Story of Freddie Mercury the…
Victor Rash Hardcover R719 Discovery Miles 7 190
Android Programming For Beginners - The…
Tim Warren Hardcover R549 R503 Discovery Miles 5 030
Chonk and Smol - Puppers, Woofers…
Hardcover R227 Discovery Miles 2 270
Plant Functional Genomics - Methods and…
Jose M Alonso, Anna N Stepanova Hardcover R5,261 Discovery Miles 52 610
Waterboy - Making Sense Of My Son's…
Glynis Horning Paperback R320 R295 Discovery Miles 2 950
Feather Faith - A Cockatiel's…
Bonnie S. Papadatos Hardcover R432 R404 Discovery Miles 4 040
The Science of Armour Materials
Ian Crouch Hardcover R5,338 R4,946 Discovery Miles 49 460
Controlling Epidemics With Mathematical…
Abraham Varghese, Eduardo M. Lacap, Jr., … Hardcover R6,677 Discovery Miles 66 770
Teaching Your Bird to Talk
Diane Grindol Hardcover R666 R605 Discovery Miles 6 050
Global Health Informatics - How…
Heimar Marin, Eduardo Massad, … Paperback R1,872 Discovery Miles 18 720

 

Partners