0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (21)
  • R50 - R100 (193)
  • R100 - R250 (657)
  • R250 - R500 (771)
  • R500+ (102)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Fiksie

Hans Hou Bruilof (Afrikaans, Paperback): Rudie van Rensburg Hans Hou Bruilof (Afrikaans, Paperback)
Rudie van Rensburg 1
R285 R255 Discovery Miles 2 550 Save R30 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Wanneer die bejaarde maar onstuitbare Hans besluit om te trou, laat sy aanstaande bruid se ryk familie die troureëlings aan ’n befaamde troubeplanner, Alexander Fokkens, oor. Maar Hans wil keer dat die troue in ’n spektakel ontaard. En gou besef Fokkens dat Hans van Kraaienburg hom nie laat hiet en gebied nie. Toe vriend Vasie boonop ondeurdagte planne beraam om geld te maak uit die onthaal, voel Hans aan sy broek se pype dat die bruilof op ’n ramp afstuur.

Ikarus (Afrikaans, Paperback): Deon Meyer Ikarus (Afrikaans, Paperback)
Deon Meyer 4
R365 R326 Discovery Miles 3 260 Save R39 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Op 17 Desember spoel die lyk van Ernst Richter oop in die duine anderkant Parklands — dié Ernst Richter, berugte internet-entrepreneur, baas van die omstrede webwerf Alibi.co.za wat ’n maand gelede so onverklaarbaar en sensasioneel verdwyn het.

Selfs in normale omstandighede sou die Valke Bennie Griessel en Vaughn Cupido gesukkel het – by Alibi.co.za lieg almal soos tannetrekkers. Maar omstandighede is nie normaal nie. Want Griessel het weer aan die suip gegaan. En Cupido is verlief. Op een van die hoofverdagtes.

En op 24 Desember begin ’n jong wynboer bieg voor ’n advokaat in Kaapstad, wat die hele saak op sy kop keer. Kersfees sal nooit weer dieselfde wees nie.

Sagie Se Storie: 'n Drieluik - Is Sagie / Is Weer Sagie / Sagie Is (Afrikaans, Paperback): Jan van Tonder Sagie Se Storie: 'n Drieluik - Is Sagie / Is Weer Sagie / Sagie Is (Afrikaans, Paperback)
Jan van Tonder
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Die storie van Sagie, seun van die Klein-Karoo, wat oor soveel jare heen in soveel harte gekruip het, word eindelik hier in een band klaar vertel. Van begin tot einde.

Is Sagie het die eerste keer in 1987 verskyn, Is weer Sagie in 2013, en nou, tien jaar later, verskyn die slot in dié besonderse trilogie: Sagie is.

Duiwelsroos (Afrikaans, Paperback): Leon van Nierop Duiwelsroos (Afrikaans, Paperback)
Leon van Nierop
R360 R321 Discovery Miles 3 210 Save R39 (11%) Ships in 5 - 10 working days

’n Orkaan waai privaatspeurder Beer Henning tot op die spogroosplaas Roosbaron. Daar ontdek hy pikswart rose wat ’n dodelike geheim versteek: die duiwelsroos.

Hy ontmoet die eksentrieke eienares van die plaas, Mathilda van Eck. Haar sewentienjarige seun Marnus is presies ’n jaar gelede in verdagte omstandighede dood. Sy huur Beer om uit te vind wat werklik gebeur het.

Beer vermoed Marnus is vermoor en dat die motief reg onder sy neus is. En in so ’n geval is die moordenaar daar op die plaas!

Laaste Kans (Afrikaans, Paperback): Marita van der Vyver Laaste Kans (Afrikaans, Paperback)
Marita van der Vyver
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

’n Groep vriende kom die eerste keer in vyf-en-twintig jaar bymekaar om Adriaan se sewentigste verjaarsdag te vier.

Een vir een maak die gaste hul opwagting by Adriaan en Yvette se strandhuis in die Weskus. Sommige bring hul kinders en die uitbundige gelag van kleinkinders saam. Sedert hulle mekaar laas gesien het, moes party lewensmaats en drome vaarwel groet; ander het nuwe liefde en betekenis gevind. En dan is daar Yvette wat haarself nie sover kan kry om vir almal van háár reis te vertel nie.

Laaste kans is ’n hoogs leesbare roman oor vriendskap wat die tyd deurstaan het. Marita van der Vyver skryf met haar kenmerkende insig en humor oor ontheemde mense, die komplekse verhouding tussen ouer en kind, en die eise wat die tyd aan menswees stel.

Hemel En Aarde En Ons (Afrikaans, Paperback): Zirk van den Berg Hemel En Aarde En Ons (Afrikaans, Paperback)
Zirk van den Berg
R320 R286 Discovery Miles 2 860 Save R34 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Dat die dokter wat mynbaas Hans-Peter Kranz aangestel het al die tyd ’n vrou is, het die dorpenaars op Kolmanskop vroeg in die twintigste eeu heeltemal oorhoops. Dokter Alexandra Stackelberg kom om die x-straalmasjien by die diamantmyn te bedryf – nie bloot om mediese redes nie, maar ook om diamantdiewe vas te trek. Haar werk raak ’n morele dilemma en twee mans ding mee om haar aandag, terwyl oorlogswolke op die horison saampak...

Soos Kolmanskop se mense deur die sand sif na diamante, so sif een van hulle later jare deur herinneringe, op soek na sekerheid en die waarheid agter een van hulle se dood.

Hemel en aarde en ons is ’n whodunit met ’n konsepsuele kinkel, ’n verkenning van identiteit, bewussyn, verwording en vergetelheid.

Die Oseaan Tussenin (Afrikaans, Paperback): Jeanette Stals Die Oseaan Tussenin (Afrikaans, Paperback)
Jeanette Stals
R300 R277 Discovery Miles 2 770 Save R23 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Oorlog verswelg die Boererepubliek. Huise word verwoes, landery word verbrand, en vroue en kinders in konsentrasiekampe aangehou.

Pieter Nel lei ’n kommando bittereinders in ’n desperate opstand teen die Britse ryk. Hulle offer alles op vir ’n vrede wat dalk nooit gaan kom nie, vir ’n huis wat hulle dalk nooit weer gaan sien nie.

Intussen moet Katrina Nel baklei om haarself en hul kinders aan die lewe te hou namate die toestande in die konsentrasiekampe al hoe hagliker word. Hier word haar lewe onlosmaaklik vervleg met dié van die ander vroue, die hanskakies wat die vyand help om die kampe te bestuur, en die Engelse offisier wat haar hart wil wen.

Wag daar lewe of liefde anderkant die oorlog?

Blou Moord (Afrikaans, Paperback): Francois Bloemhof Blou Moord (Afrikaans, Paperback)
Francois Bloemhof
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Maart 1981. Ludo Labuschagne gaan saam met sy ma, haar vriend, oom Dippie, en ’n paar ander na ’n private eilandjie tussen Durban en Madagaskar. Die wegbreek word geborg deur Una Steenkamp, ’n ryk weduwee. Nog voor hulle op die eiland kom, word haar seun Ederik oënskynlik in Durban vermoor. Almal wat hom ken, glo egter Ederik is bloot nog kwaad oor ’n onlangse stryery en dat hy wel daar aangesit sal kom.

Intussen sit Ludo vas op die eiland saam met:
Attie Steenkamp, ’n predikant en Una se swaer
Christoline, die predikant se swaarmoedige vrou
Janneman, hulle seun wat sy been op die grens verloor het
Annetjie, hulle polities bewuste dogter
Toon van der Lugt, ’n selfingenome akteur
Suné Louw, ’n jong meisie wat deur Toon onderhou word
Cor Mocke, ’n ruwe weermagvriend van Ederik
Miguel Pedrito, Una se handyman
Inez, sy vrou en die kok-huishoudster

Dié spul, dertien in totaal, is nie lank op die eiland nie voor iemand sterf. Almal glo egter dit was selfdood – behalwe Ludo. Twee sulke vreemde gebeure kan nie toeval wees nie. Wanneer daar skielik nie meer petrol vir die motorboot is nie én die man wat elke dag van die vasteland af moet kom nie opdaag nie, is dinge vir Ludo duidelik: Hulle is saam met ’n moordenaar op die eiland vasgekeer en daar gaan binnekort nog koppe rol.

Leo (Afrikaans, Paperback): Deon Meyer Leo (Afrikaans, Paperback)
Deon Meyer 3
R375 R175 Discovery Miles 1 750 Save R200 (53%) In Stock

'n Student se dood in die berg by Stellenbosch lyk verdag. 'n Oud-recce vermoor as 'n boodskap. Aan iemand: Hou julle bekke. 'n Korrupte politikus se lyk in die sandkuil van Arabella se sestiende putjie. Met 'n onontsyferbare kode daarby. 'n Mooi veldgids, gewerf as 'n heuningwip vir die grootste dollar-rooftog in die land se geskiedenis. En staatskapers wat elkeen van die ondersoeke saboteer.

Jy't 'n koel kop nodig om dit alles te ontrafel, om die enorme druk te kan hanteer. Jy moet kalm en gefokus en nugter wees. Maar Bennie Griessel se kop is nie koel nie. Hy's bedruk. Bekommerd. Bevrees. Want op 12 Junie moet hy trou, 'n datum wat op hom afkom soos 'n sneltrein. En hy's glad nie reg vir dié ding nie. Dis 'n resep vir 'n ramp.

Griessel en Cupido is terug. Hier kom moeilikheid, GROOT moeilikheid.

Die Oorkant (Afrikaans, Paperback): Annemarie van Niekerk Die Oorkant (Afrikaans, Paperback)
Annemarie van Niekerk
R350 R265 Discovery Miles 2 650 Save R85 (24%) Ships in 5 - 10 working days

Twintig jaar gelede moes Ada haar geboortegrond, Bloukoeniekraal, noodgedwonge verlaat. Nou keer sy terug na die geheime van haar kinderjare wat aan die oewers van die getyrivier lê.

Deur haar skryfwerk probeer Ada die skimme van die verlede tem. Maar hoe word jy vry van ’n verlede wat steeds hier rondspook?

Blomme vir Berdine (Afrikaans, Paperback): Helena Hugo Blomme vir Berdine (Afrikaans, Paperback)
Helena Hugo
R265 R237 Discovery Miles 2 370 Save R28 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Die soen tussen Berdine en Dieter laat Berdine meer deurmekaar as ooit. Intussen kom die Bertha Human-skuiling op dreef en is daar oorgenoeg sake om Berdine en Melanie besig te hou. Melanie vind liefde maar tragedie tref die jong verhouding. Berdine gee al haar aandag aan haar vriendin se gesin, die kinders van die skuiling en haar praktyk. Toe Melanie haar in desperaatheid vra om na haar man en kind om te sien as sy tot sterwe kom, aanvaar sy dit as haar plig. Maar is dit die Here se wil?

Vier Susters (Afrikaans, Paperback): Gerda Taljaard Vier Susters (Afrikaans, Paperback)
Gerda Taljaard
R340 R314 Discovery Miles 3 140 Save R26 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Op Broedersdraai tree vier susters aan vir ’n stille skermutseling. Dit is 1945. In Europa woed die Tweede Wêreldoorlog; in Suid-Afrika die stryd tussen Sap en Nat, tussen die Rooilissies en die Ossewabrandwag.

Ivy, die jongste, smag na ʼn onbevange lewe, ʼn ander werklikheid waarin haar liefde vir ʼn vrou aanvaarbaar sal wees. Sy skaar haar by die Stormjaers wat Smuts en sy oorlog in die wiele probeer ry.

Sophié staan by die regering; haar eggenoot se ambisie en loopbaan hang daarvan af.

Beatrice hunker na haar man, al het sy hom doodgewens.

Terwyl elkeen die struwinge van die tyd aan eie lyf ervaar, is dit Kietie wat verder as haar drie susters sien.

Maar dit is die koms van Domenico Valente, ’n Italiaanse krygsgevangene, wat die spanning op die spits dryf.

Gerda Taljaard se Vier susters is ’n priemende roman wat die tradisies van beide die historiese en die plaasroman omkeer.

Ontvoer (Afrikaans, Paperback): Constant van der Merwe Ontvoer (Afrikaans, Paperback)
Constant van der Merwe
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Ekspolisieman George Ekermans sien hoe ’n meisie in ’n bakkie ingedwing word en hy sit die voertuig onmiddellik agterna.

Die ontvoerder ontglip hom egter en al leidraad is ’n eienaardige goue hangertjie wat die meisie laat val het.

Wanneer George in sy soeke na die meisie te naby aan die waarheid kom, word sy eie lewe en dié van die twee vroue vir wie hy omgee, Elena en Carla, bedreig.

Sal hy die meisie uit die kloue van ’n bose netwerk kan red voordat dit te laat is?

Judaskus (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe): Rudie van Rensburg Judaskus (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe)
Rudie van Rensburg
R355 R317 Discovery Miles 3 170 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Iemand se beendere word gevind op ’n stortingsterrein...

Skielik moet kaptein Kassie Kasselman nuut dink oor moordsake van jare gelede, en die moorde kom vinnig opmekaar. Tussendeur die aantreklike nuwe buurvrou wat Kassie aan die swymel het, en sy enorme posseël-meevaller weens nóg ’n sterfte, moet hy uitwerk waarom ’n geheimsinnige witboordjie-bende van binne uitgeroei word.

Is dit dalk nié doodgewone bende-oorlog soos Kassie se kollegas glo nie? Wie kan die verraaier in hul midde wees − die een met die vlymskerp broodmes?

Elke warm leidraad lewer ’n koue lyk op, en Kassie en Rooi kan nie voorbly nie . . .

Vlug Van Gister (Afrikaans, Paperback): Jan Bonthuys Vlug Van Gister (Afrikaans, Paperback)
Jan Bonthuys
R300 R281 Discovery Miles 2 810 Save R19 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Waarheen vlug jy as huis nie meer huis is nie?

Na jare se afpersing, agterdogtigheid en alkoholmisbruik, slaan Emma se man, Gert, haar byna in die hospitaal in. By hom kan sy nie verder bly nie, dit sal haar lewe kos. Sy vlug vanuit hulle klein myndorpie in Mpumalanga met nie veel meer as die klere aan haar rug nie. Maar waarheen en wat gemaak sonder geld, 'n werk, of familie wat haar kan ondersteun? So kies Emma koers Kaap toe, en bid vir die beste.

Die tog suid is angstig en eensaam, en uiteindelik gee haar motor die gees naby Stilbaai. Nes dit lyk of haar gebede op dowe ore val, kom 'n plaaslike boer, Dewald, tot haar redding. Noodgedwonge nooi hy haar om by hom op die plaas te bly terwyl sy wag vir die kar se herstel. Maar iets skort op Dewald se werf; die plaas boer agteruit, die olyfboorde is oorgroei, en die foto's van hom as gelukkige jonggetroude staan nog die huis vol. Dewald is te jonk om 'n wewenaar te wees, maar dis sy lot in die lewe.

Vir hom bring Emma se aankoms nuwe lig, vir haar kan hy die heenkome wees wat sy nog altyd gesoek het. Maar as hulle die liefde wat tussen hulle ontstaan wil kans gee, gaan albei eers moet vrede maak met die verlede. Want Gert het nog nie vir Emma laat gaan nie, en oudvriendin Julia wil vir Dewald hê, en sal doen wat sy moet om hierdie onverwagse inkommer uit die weg te ruim.

Vlug van gister is 'n hartroerende verhaal van tweede kanse en oorbegin wat lesers weer sal laat glo in ware liefde.

Bloedlelie (Afrikaans, Paperback): Jeanette Ferreira Bloedlelie (Afrikaans, Paperback)
Jeanette Ferreira; Narrated by Veronica Geldenhuys
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

In die somer van 1838 vertrek die Voortrekkerleier Piet Retief en sowat 100 man na die Zoeloekoning Dingaan om oor grond vir die trekkers te onderhandel. In die laer by Doornkop wag sy vrou Magdalena op hulle terugkeer. Die afloop van hierdie sending na Dingaan is wyd opgeteken as die Slag van Bloedrivier.

Byna 180 jaar later is Hanna op soek na wat ook al Magdalena nagelaat het. Vroeg in hierdie soektog loop Hanna haar vas in ’n plaasmoord waarvoor sy nie antwoorde het nie. Bitter min is bekend oor Magdalena en haar lewe ná 1838, buiten haar brief in 1841 aan haar skoonfamilie. In Pietermaritzburg staan haar huisie vandag nog, nou ’n klerewinkel.

Kort voor haar dood in 1854 besoek ’n handelaar haar in Potchefstroom en staan in sy boek ’n paragraaf aan haar af.

Al wat ons het, is vandag en elke mens vertel ’n storie anders. Van ver af is niks soos dit vir ons lyk nie.

“Bloedlelie is ’n merkwaardige en belangrike roman uit die pen van ’n vaardige, gesoute skrywer. Verskriklike en weersinwekkende gebeure sowel as hedendaagse politieke kompleksiteite en strydpunte word met ’n seker hand uitgebeeld. Tegelykertyd is hierdie roman die verhaal van Magdalena Retief, die grootliks onbesonge vrou van Pieter Mauritz Retief.” - Helene de Kock

Bloedspoor (Afrikaans, Paperback): Maria Prinsloo Bloedspoor (Afrikaans, Paperback)
Maria Prinsloo
R235 R217 Discovery Miles 2 170 Save R18 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Irma Mulder is 'n erkende oorlogjoernalis. Sy verhuis terug na Suid Afrika na 'n bomaanval wat die lewe van een van haar kameramanne geëis het. Nou woonagtig in 'n klein toeristedorp, Nelspruit, skryf sy vir die plaaslike koerant.

As joernalis word sy eensklaps by ʼn moord ingesleep. Die moordenaar betrek haar by elke daaropvolgende moord en speel 'n gevaarlike speletjie met haar en die polisie. Hoewel Irma alles in haar vermoë doen om die moordenaar te keer, is sy telkens te laat en raak dinge om haar vinnig donker.

Terwyl die polisie haar onder beskerming sit, weet sy dat hulle haar wil blameer vir die moorde. Ten einde haar eie onskuld te bewys, moet Irma nie net die polisie ontglip nie, maar ook die moordenaar wat haar fyn dophou. Hierdie keer weet sy dat sy nie net die sleutel tot alles is nie, maar ook dat sy die volgende slagoffer moet wees Hoe lank sal dit neem voor sy besef wie die moordenaar is? Gaan sy suksesvol wees om die volgende moord te stop? Sal die polisie daarin slaag om die reeksmoordenaar vas te trek voordat dit te laat is?

Goeie Dood Wat Saggies Byt (Afrikaans, Paperback): Ilse van Staden Goeie Dood Wat Saggies Byt (Afrikaans, Paperback)
Ilse van Staden
R92 Discovery Miles 920 Ships in 6 - 10 working days

Vir Hilda is veeartsenykunde 'n ongemaklike roeping, 'n pynlike passie, 'n tweesnydende swaard. Daar’s die hondekosadvertensie-stertswaaidae, waarop sy met algehele sekerheid weet dat sy 'n positiewe verskil maak. Daar’s egter ook die swart hond dae, die dae wanneer die reuk van bloed en mis en modder soos 'n vel aan haar bly kleef en sy katvoet oor haar skouer bly loer vir die dood wat in haar hande skuil. Moes sy nie maar eerder by prentjies teken gebly het en haar diereliefde op 'n spul troeteldiere uitgestort het nie? Wat sou haar oupa – of haar ma! – van sulke ruggraatlose ambisieloosheid se? As sy nie 'n veearts kan wees nie, wie is sy dan? In Ilse van Staden se meesleurende romandebuut word vrae rondom passie en plig; toewyding en perfeksionisme; idealisme en ontgogeling binne die raamwerk van 'n jong veeaarts se opleiding en toetrede tot die praktyk op onvergeetlike wyse ontbloot.

Afspraak Met Moord - In Die Kake Van Die Krugersdorp-Kultus (Afrikaans, Paperback): Jana Marx Afspraak Met Moord - In Die Kake Van Die Krugersdorp-Kultus (Afrikaans, Paperback)
Jana Marx
R330 R309 Discovery Miles 3 090 Save R21 (6%) Ships in 7 - 11 working days

’n Blik op die binnekring van die Krugersdorp-kultus

“Daar was bloedspatsels oor die koffietafel, die banke en die banke se kussings. Peter en Joan was oortrek van steekwonde in hul rûe, nekke en agterkoppe. Nicholas het sy pa en ma gesigte na onder in ’n bloedbad op die mat in die sitkamer gekry. Hulle het hul hek en huis vir hul moordenaars oopgemaak, want hulle het ’n afspraak met hulle gehad.”

Elf wrede moorde oor ’n tydperk van vier jaar ruk die gemeenskap van Krugersdorp en haal landwyd nuusopskrifte. Eindelik word al hierdie moorde verbind met Cecilia Steyn en haar kultusgroep, Electus per Deus (uitverkies deur God). Lede van die groep aanbid die grond waarop Cecilia loop en sal selfs vir haar moord pleeg.

Die moordenaars is slim, gewone mense – ’n onderwyseres, ’n finansiële makelaar, ’n kind wat tussen die moorde deur steeds ses onderskeidings in matriek behaal en boonop keuring kry om medies te gaan studeer. Hul slagoffers het bloot ’n sake- afspraak nagekom, min wetend dat dít ’n afspraak met die dood was.

Wie is Cecilia Steyn? Hoe kan een mens vyf ander manipuleer om moord te pleeg en namens haar in die hof te lieg? Watter rol het Satanisme gespeel? Hoe ontduik onervare misdadigers die polisie vir so lank?

Jana Marx beantwoord dié en ander vrae in ’n waremisdaad-verhaal wat gelei het tot een van die opspraakwekkendste moordsake in die land se geskiedenis.

Met behulp van onderhoude uit diegene in die binnekring, hofgetuienis en polisiedossiere oor ’n tydperk van vier jaar poog Marx om die publiek se vrae te antwoord en ’n blik te gee op die binnewerkinge van só ’n kultus.

Vlakwater (Afrikaans, Paperback): Ingrid Winterbach Vlakwater (Afrikaans, Paperback)
Ingrid Winterbach
R380 R339 Discovery Miles 3 390 Save R41 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Ná die verbrokkeling van sy verhouding vestig die kunstenaar Niek Steyn hom in Kaapstad. Wanneer een van Marthinus Scheepers se varke in Niek se tuin beland, raak hulle bevriend.

Charelle Koopman, Niek se loseerder, verdwyn eendag, en 'n welaf kunstenaar maak 'n verdagte aanbod op Niek se huis. Op Stellenbosch skryf 'n vrou met 'n haaslip 'n monografie oor die kuns van die Olivier-broers, en word op 'n dag ooggetuie van 'n moord.

Kort hierna nader 'n holwangkêrel haar met 'n vreemde voorstel.

Konkel (Afrikaans, Paperback): Pieter Marais Konkel (Afrikaans, Paperback)
Pieter Marais
R287 Discovery Miles 2 870 Ships in 6 - 10 working days
Die Melkweg En Die Miskruier (Afrikaans, Paperback): Jeanette Ferreira Die Melkweg En Die Miskruier (Afrikaans, Paperback)
Jeanette Ferreira
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

In 2020, tien jaar nadat Sabine uit die Laeveld weggesteier het, keer sy terug om nog net een maal weer hulle familieplaas Donkerhoek te sien en ’n neersitplek te soek vir die bondel wat sy al so lank saamdra.

Sy het egter nie ’n telefoonnommer vir die nuwe eienaar nie en Google Maps weet nie van so ’n plek nie.

In tien jaar het die aarde hierlangs geswig voor grondeise en armoede en die media berig van ’n onbekende virus wat reeds dood op die planeet begin saai het.

Minder As Niks - Ami Prinsloo: Boek 1 (Afrikaans, Paperback): Irma Venter Minder As Niks - Ami Prinsloo: Boek 1 (Afrikaans, Paperback)
Irma Venter
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Dertig jaar gelede is Johan Botha lewenslank tronk toe gestuur vir die moord op drie tienermeisies. Terminaal siek en pas vrygelaat, vra hy misdaadjoernalis Ami Prinsloo om hom te help om sy onskuld te bewys.

Hoe kan sy nee sê? Dis ’n uitstekende storie. En as ’n voormalige swemkampioen met geraamtes in haar eie kas, weet sy hoe dit voel om als te verloor. Om te sukkel om mense in die oë te kyk. Hoe dit voel as iemand na aan jou vermoor word en te weet dat die skuldige nog op vrye voet is . . .

Ballade Van Die Liefde (Afrikaans, Paperback): Mari Roberts Ballade Van Die Liefde (Afrikaans, Paperback)
Mari Roberts
R110 R89 Discovery Miles 890 Save R21 (19%) Ships in 7 - 11 working days

Carli en Ruben ken mekaar al van Graad 1 af. Toe hulle op universiteit trou, is Ruben se ouers hewig daarteen gekant. Ruben verdwyn en Carli vlug, verneder.

Kort daarna ontdek sy sy is swanger. Ses jaar later ontmoet hulle weer toe Ruben die reservaat besoek waar Carli werk. Ruben vind uit hy het ’n dogter en eis dat Carli en hul dogter ‘n vakansie saam met hom in die Kaap deurbring.

Kan hulle mekaar weer leer vertrou?

Dooiegety (Afrikaans, Paperback): Bets Smith Dooiegety (Afrikaans, Paperback)
Bets Smith
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Geliefde inwoner van ʼn kusdorpie sterf in verdagte omstandighede. Haar vriendin Daleen soek na antwoorde maar ontdek net meer raaisels. Kriptiese waarskuwings en haar dogter se verdwyning suggereer ’n verband tussen die moord en vroeëre tienerverdwynings.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Nagreisiger
Leon van Nierop Paperback R240 Discovery Miles 2 400
Kringloop
Bets Smith Paperback R270 R253 Discovery Miles 2 530
Bloedbande
Jeanette Stals Paperback R320 R300 Discovery Miles 3 000
Die Wet Van Gauteng
Hannes Barnard Paperback R340 R304 Discovery Miles 3 040
Kwaaiwater
Irna van Zyl Paperback R350 R312 Discovery Miles 3 120
Polsslag
Marie Lotz Paperback  (1)
R350 R312 Discovery Miles 3 120
Die Verevrou
Jan van Tonder Paperback R350 R312 Discovery Miles 3 120
Die Bewonderaar
Erla-Mari Diedericks Paperback  (1)
R320 R300 Discovery Miles 3 000
Hans 2: Hans Gee Herklaas Horings
Rudie van Rensburg Paperback R285 R255 Discovery Miles 2 550
Die Onsigbare
PJO Jonker Paperback R340 R304 Discovery Miles 3 040

 

Partners