Hans van Kraaienburg, verlosser van die inwoners van Huis
Madeliefie (2017 se Hans steek die Rubicon oor), is óp van al hul
klagtes. Noudat hul drakoniese matrone iets van die verlede is, is
daar steeds etlike klein probleempies wat Hans as beheerraadslid
moet oplos – en dít met gans te min geld in die kietie. Wanneer sy
vriend Vasie hom dus nooi vir ’n vakansietjie op Hermanus, as
huisgaste van dié se neef Herklaas, is Hans maar te gretig om sy
safaripakke te pak.
Op Hermanus gekom, vind die twee dat Herklaas in die sop is: sy
blyplek staan net mooi op die plek wat die Overstrand se rykste
skobbejak, Grond Graaffwater, geoogmerk het vir sy enorme nuwe
hotel – maar Herklaas wil nié verkoop nie. Wanneer Grond en sy
kriminele handlangers hardhandig raak, tree Hans tot die stryd toe –
Herklaas moet ’n stel horings kry, en vir Grond trompop loop!
Hans steek die Rubicon oor was ’n topverkoper, veral na voorlesing
op RSG. Hans se tweede avontuur gaan lesers net so laat kraai van
die lag.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!