’n Groep vriende kom die eerste keer in vyf-en-twintig jaar bymekaar
om Adriaan se sewentigste verjaarsdag te vier.
Een vir een maak die
gaste hul opwagting by Adriaan en Yvette se strandhuis in die
Weskus. Sommige bring hul kinders en die uitbundige gelag van
kleinkinders saam. Sedert hulle mekaar laas gesien het, moes party
lewensmaats en drome vaarwel groet; ander het nuwe liefde en
betekenis gevind. En dan is daar Yvette wat haarself nie sover kan
kry om vir almal van háár reis te vertel nie.
Laaste kans is ’n hoogs leesbare roman oor vriendskap wat die tyd
deurstaan het. Marita van der Vyver skryf met haar kenmerkende
insig en humor oor ontheemde mense, die komplekse verhouding
tussen ouer en kind, en die eise wat die tyd aan menswees stel.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!