Vir Hilda is veeartsenykunde 'n ongemaklike roeping, 'n pynlike
passie, 'n tweesnydende swaard. Daar’s die
hondekosadvertensie-stertswaaidae, waarop sy met algehele sekerheid
weet dat sy 'n positiewe verskil maak. Daar’s egter ook die swart
hond dae, die dae wanneer die reuk van bloed en mis en modder soos
'n vel aan haar bly kleef en sy katvoet oor haar skouer bly loer
vir die dood wat in haar hande skuil. Moes sy nie maar eerder by
prentjies teken gebly het en haar diereliefde op 'n spul
troeteldiere uitgestort het nie? Wat sou haar oupa – of haar ma! –
van sulke ruggraatlose ambisieloosheid se? As sy nie 'n veearts kan
wees nie, wie is sy dan? In Ilse van Staden se meesleurende
romandebuut word vrae rondom passie en plig; toewyding en
perfeksionisme; idealisme en ontgogeling binne die raamwerk van 'n
jong veeaarts se opleiding en toetrede tot die praktyk op
onvergeetlike wyse ontbloot.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!