![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Die ekspedisie beweeg deur ’n deel van Zoeloeland wat nog ongerep en vol gevare is. Hy beleef hoe Siba die hoofindoena en sy Zoeloekrygers die magtige buffel, leeu en renoster baasraak met hul assegaaie en slim aanvalstaktiek. Sy paaie kruis met die sluwe toordokter Sontaba en sy handlanger Jalimane en hy maak ook kennis met die reusewaterdier, die onanabahule, wat in die diep, donker kuile skuilhou. Tydens hierdie onvergeetlike avontuur ontwikkel vriendskappe en wedersydse respek tussen die jagter en Siba en sy krygers. Hy kry ook ’n insiggewende blik op ’n Zoeloekultuur en -gewoontes wat reeds begin verdwyn. Later ontmoet die jagter Nobiyane, ’n ou Zoeloefilosoof, wat hom, deur sy wedervaringe met hom te deel, vaderlik tot by “die groot spore” lei – daar waar die lewe sin kry.
Magdaleen Verster probeer die stukke van haar lewe optel na die dood van haar tweelingsuster, Misha. Wanneer sy ’n onwaarskynlike vriendskap smee met haar eksentrieke buurman, die wetenskaplike Darius Achenbach, bevind sy haar in die opwindende maar omstrede węreld van stamselnavorsing. Asof Misha haar aksies vanuit die dood rig, vind gematigde Magdaleen dat sy skielik bereid is om groot risiko’s te neem. Sy kan haar suster nie terugbring nie, tog kan sy moontlik ’n verskil aan ander se lewens maak. Wat begin as ’n onbaatsugtige projek, vang haar gou vas in geheime bedrywighede waarvan sy min verstaan. Wie is so angstig om Darius se navorsing te ontspoor? Of wil hulle dit dalk vir hulself toeëien? Alles kom teen ’n prys. En soms is die prys van een mens se lewe ’n ander mens se dood.
Lady Die het huisvesting gevind in die ruďne van ’n kerk, in ‘n
stadsbuurt genaamd Simoelégri. Baie vlugtelinge het hier opgeëindig, ná
eers die virus en toe nog rampe tot sosiale onrus gelei het. In ander
dele van die land is daar nog ’n mate van orde, maar nie in Simoelégri
nie. In Simoelégri is jou beste vriend die straat se dwelmhandelaar, en
jou enigste bron van hitte 'n konkavuur. Oral loop die gerugte van
groter onrus en geweld.
Nie net ontglip die gevreesde maanhaar Tom se jaggeweer keer op keer op onverklaarbare wyse nie – ook in die Stroebel-huishouding draai die duiwel rond en tart Tom se verlede hom telkens in die gestalte van beeldskone Maria Stroebel, wie se huwelik duidelik wankel onder die druk van die boerdery. Hoewel die plaasvoorman, Adolf Freimut, skynbaar die leisels stewig vashou, is daar iets verdag omtrent die arrogante jong Duitser – en ook oom Wolfgang se sekretaresse, June Crosby, blyk ’n slinkse geaardheid agter haar bril en bolla te verberg. Boonop is Theresa Stroebel lank nie meer die rabbedoe-tiener wat Tom van sy vorige besoeke onthou nie, maar ’n sjarmante jong dame met ’n uitgesproke wil … Is die mensvreterleeu werklik die bron van die spanning tussen die Stroebels – of die rookskerm waaragter groter kwaad gestook word? En sal Tom daarin slaag om die dreigende krisis suksesvol af te weer?
Twee broers, seuns van ’n skatryk volstruisboer, wil vir beeldskone Margaretha hę. Sy kies Michael, die erfgenaam, en John gaan veg in die Boereoorlog. Later stort die veremark in duie en hulle is bankrot. Margaretha kry die geleentheid om te wys dat sy nie net ’n mooi gesig het nie.
Die Prins-egpaar aanvaar die jong Delmarie Kemp met ope arms nadat sy in haar matriekjaar wees gelaat word. Sy word deel van hul familie en doen alles in haar vermoë om eendag onafhanklik te wees. Waarmee sy egter nie tred hou nie, is die feit dat die hart hom nie laat voorskryf nie. Deur die loop van jare het die Prins-boeties ontwikkel in aantreklike, selfversekerde jong mans, en tydens ’n gesinsvakansie by die see ontdek Delmarie dat sy in diep-diep moeilikheid is. Dit is immers een van haar “broers” teen wie sy haar hart moet staal, en sy moet probeer kophou om nie die grense van haar aanneemfamilie se lojaliteit te oorskry en hul vertroue in haar te skaad nie. Want hoe sal sy haar tweede stel ouers teleurstel as sy vir hulle moet vertel wat in haar hart brand? Veral as die gevoelens vir iemand is wat, deur die węreld en haar aanneemouers gesien, veronderstel is om haar broer te wees? ’n Broer wat dit ook telkemale duidelik gemaak het dat hy haar nie in die familie wil hę nie!
Lisette Posthimus, talentvolle balletdanseres, is gewoond aan koerantopskrifte waarin haar talent besing word. Die euforie word wreed onderbreek wanneer sy die rol waarin sy 'n pas de deux saam met 'n węreldberoemde balletdanser sou dans, met 'n onderduimse gekonkel verloor. Dan moet die dansteater sy deure sluit weens die negatiewe nadraai wat die Covid-pandemie op die kultuurwęreld het. Drie jaar se verblyf in Londen moet sy uit eindelik in 'n enkele tas pak. Op die nippertjie kry sy 'n tydelike pos as aupair in Spanje by 'n Suid-Afrikaanse familie. Hier loop sy haar vas in 'n uiters aantreklike man met 'n verlede wat by hom spook , sy niggie wat aan 'n persoonlikheidsteuring ly, en sy sjarmante neef. Lisette word gekonfronteer met haar eie onvermoëns en geneigdheid om eerder te vlug as om te veg. In 'n omgewing waar vurige flamenco-musiek en -danse in die sigeuners se bloed ingebore word, dans ook sy uiteindelik die tango: Die dans van die liefde.
Toemaar, jou dag sal kom . . . Dis die woorde wat Diana Botha, wynmaker van die spoglandgoed Soeterwijn, help om staande te bly en telkens weer die lewe met nuwe ywer aan te pak. As jong meisie erf sy die las vir ’n skande vir iets waaraan sy geen skuld het nie. Dit pla haar tot ’n studiebeurs haar help om haar passie vir wynmaak te laat ontluik. Maar in die Boland leer sy opnuut dat vooroordeel steeds stewig in die mensdom sit.
Hierdie klassieke roman van die befaamde Franse skrywer Albert Camus handel oor die lotgevalle van ’n klompie mense wat in die Algerynse stad Oran vasgekeer word wanneer builepes daar uitbreek. Die hoofkarakter, dr. Bernard Rieux, word die eerste keer bewus van iets buitengewoons wanneer groot klompe rotte vrek in die woonstelgebou waar hy bly. Gaandeweg word hy al meer by die behandeling van die siekes betrek en word hy toeskouer van hoe verskillende mense reageer wanneer toestande al hagliker en benouender word. Sy band met ander mense, soos die toeris Tarrou, die joernalis Rambert en die staatsamptenaar Grand word deur hulle betrokkenheid by die verloop van die pes versterk, terwyl hulle na die sluiting van die stadspoorte al hoe meer bewus word van hulle afsondering en die afwesigheid van geliefdes. Camus se roman is al gelees as allegorie van die besetting van Frankryk gedurende die Tweede Wereldoorlog en die pes kan beskou word as enige bedreiging vir menslike vryheid. Die bedreiging van 'n epidemie soos vigs verleen aan hierdie roman besondere relevansie vir Suid-Afrikaanse lesers.
Dokter Stella Swift is sedert haar tienerjare heimlik verlief op Arend Barnard. Dit blyk dat hy so min as moontlik met dié rykmanskind en haar gesin te doen wil hę. Jare later is Stella ’n gekwalifiseerde algemene praktisyn en Arend is die donkerkop narkotiseur wat steeds oorloop van ambisie. Asof hy iets het om aan die węreld – en mense soos Stella se gesin – te bewys. Stella wil op haar eie voete staan en so gou moontlik onafhanklik van die Swift-miljoene funksioneer. Ongelukkig tref die een na die ander terugslag dan haar gesin. Haar jarelange vriend, Tiaan Rademeyer, glo dat hy en Stella bymekaar hoort. Boonop is daar ’n vasberade fisioterapeut wat haar oë én drome op Arend gevestig het. Het die noodlot net besluit die twee dokters se lewenspaaie mag nooit kruis nie, of kan hulle te midde van al die chaos en teleurstelling steeds vrede en geluk in mekaar se arms vind?
Huilboek is Hattingh se eerste boek in negentien jaar. Dit is ’n verweefde teks wat afspeel tussen die hier van Nieu-Seeland en die verlede van Ryk se kinderjare in die 1960’s aan die Oosrand. Wie wás die kind op die stoep saam met sy ma en pa en ouma en boeties en Outa Toon? En wie was Outa Toon, van wie ons slegs die skouer en rug sien op ’n foto met pa en seuns? Die man wat vir Ryk gesę het, “Jy is mos die een met die hart.”? Huilboek is ’n kragtoer.
Dit is die hemelgod, Xamab, se voorvinger wat vir ons wys om om te draai. ”Miskien moes Johan en Bulman na Kalimbo se profetiese woorde geluister het voordat hulle Kowares saam met hul Amerikaanse vriende aangedurf het. Vandat Jack, ’n fotograaf, en sy geselskap op Kowares aankom, tref die een ongeluk na die ander die groep. Gelukkig is Johan en Bulman ervare jagters en natuurkenners en kan hulle op die spoorsnyer, Kalimbo, se fyn gehoor en kennis van die veld en diere staatmaak. Maar is dit genoeg om hulle teen die ongenaakbare Afrika te beskerm? Boonop is die pragtige Penny, Jack se dogter, in ’n baie moeilike situasie. Want hoe verduidelik sy aan Bulman dat haar hart aan Johan behoort? En sal Johan ooit sy swerwershart ten volle vir haar oopmaak? Waar ver winde waai vertel die verhaal van ’n klein groepie mense wat deur hul ontmoeting met mekaar vir ’n kort rukkie van die groot eensaamheid kan ontsnap, maar uiteindelik leer dat Afrika altyd die laaste se het.
Met die publikasie van Die wegraak van Frans Joosten (2004) begewe Barend hom op die gebied van die geskiedenis. Dit is die verhaal van die moord op Frans Joosten waarvoor sy vrou en twee slawe gevonnis word tot verwurging, blakering, empalering en geledebraking. Die verhaal is ook van belang vanwee die rasse- en maatskaplike implikasies daarvan deurdat Maria Joosten, 'n nooi Mouton van Hugenote-afkoms, 'n intieme verhouding met een van die slawe gehad het. Die verhaal van Joosten se verdwyning en die eindelike ontdekking van die waarheid word feitelik oorgedra en maak van die werk 'n boeiende historiese dokument.
Wanneer Kassie Kasselman die verdwyning van 'n ekskollega begin
ondersoek, is dit duidelik dat hier meer as net 'n dwelmverwante
verdwyning skuil. Hoe lyk dit dan of dit verband hou met die ontvoering
wat sy kollega Rooi Els se vrou se werkplek getref het?
Privaat speurder Zeus van Wyngaardt sou nooit kon droom dat ’n godin soos Diana Engelbrecht (sy naam is Zeus, hy ken godinne) op ’n dag by sy gehawende kantoor in Springs sou instap nie. Haar opdrag: Vind die vermiste Esias Kok. Zeus besef gou agter elke storie is daar baie stories, en dié godin is dalk nie wat sy voorgee om te wees nie. Soos wat hy elke spoor begin volg, vervaag die grense tussen die reële en die digitale węreld, oortreder en slagoffer, skuld en onskuld … In hierdie aweregse roman vervleg Julio Agrella die lewens van uiteenlopende karakters op vindingryke wyse. Dit wat agter die geslote deure van die armstes tot die rykstes in die samelewing gebeur, wys dat misbruik en geweld nie onderskeid tref nie. ’n Boek wat die leser sal skok, sal laat lag met die donker humor daarvan, en aan die raai sal hou tot die einde.
Stoffel Gieljam is ’n man met ’n grief, en sy grief is van so ’n aard dat hy hom nou maar tot die boekewęreld wend in ’n poging om sy saak te lug, met sy neef Neelsie wat omsien na dinge soos spelling en ander sulke modegoed. En Neelsie help nou maar want hy skuld sy oom ’n sommetjie geld. Stoffel het ’n appeltjie te skil met die dorpse mense – heidense Nattes deur die bank – wat hulself Engels hou en dan ’n man se lewe versuur met belaglikhede soos dokters wat jou net dood wil hę. Om nie eers te praat van buurmanne soos Makpaatrie en die voormalige Koos van der Byl (nou Jiems Wénderbaail) nie. Maar Stoffel is reg vir hulle – gee hom net ’n tafel, ’n gehoor en ’n dop, en hy sal hulle ’n ding of twee vertel ...
Die Kameraadskap van die Ring is uiteengedryf. Party berei hulle
sonder hoop voor vir oorlog teen die oeroue boosheid van Sauron.
Ander kry te kampe met die verraderlikheid van die towenaar
Saruman. Slegs Frodo en Sam bly oor om die vervloekte Ring van Mag
na Mordor – die donker koninkryk waar Sauron heers – te neem en te
vernietig. |
![]() ![]() You may like...
Africa Solo - My World Record Race From…
Mark Beaumont
Paperback
![]()
General Relativity - The Theoretical…
Leonard. Susskind, Andre Cabannes
Hardcover
Soliton Equations and Their…
Fritz Gesztesy, Helge Holden, …
Hardcover
R3,988
Discovery Miles 39 880
|