0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (21)
  • R50 - R100 (186)
  • R100 - R250 (677)
  • R250 - R500 (775)
  • R500+ (103)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Fiksie

Sonde Met Die Bure (Afrikaans, Paperback): C. J. Langenhoven Sonde Met Die Bure (Afrikaans, Paperback)
C. J. Langenhoven
R167 Discovery Miles 1 670 Ships in 6 - 10 working days

Sagmoedige Neelsie ly onder die bure – en Vroutjie se alewige behoefte om die bure uit te stof. Hierdie keer gaan dit om ’n vakansiehuis en ’n motorkar. Maar o, die onkoste ... Op die ingewing van die oomblik skaf hy ’n oudsirkusolifant aan – ook bekend as Herrie – en ’n trem wat al beter dae gesien het, en siedaar: ’n vakansiehuis op wiele! Met Vroulief en Engela en haar menigte koffers aan sy sy, neem Neelsie die geweste op horings. (So ’n trem kan nogal verwoesting saai as dit aan ’n eiesinnige olifant vasgeketting word ...) En so eindig die trek in Meiringspoort, waar vele ander avonture vir hulle wag, voor deputasies vanaf beide Oudtshoorn en Prins Albert Neelsie met vreemdsoortige eerbewyse om die hals val.

Gert Garries - 'n Baaisiekel Blues (Afrikaans, Paperback): Pieter Fourie Gert Garries - 'n Baaisiekel Blues (Afrikaans, Paperback)
Pieter Fourie
R188 Discovery Miles 1 880 Ships in 6 - 10 working days

Gert Garries: ’n Baaisiekel-babelas word in 2002 by die KKNK opgevoer en gee vleis aan ’n karakter uit Etienne Leroux se roman Magersfontein, O Magersfontein! Die plaaswerker Gert Garries ry vir drie dae met die verbrande liggaam van sy kind op sy fiets rond. Hy wil ’n doodsertifikaat bekom, ’n voorvereiste voordat hy die kind kan begrawe. Weens sy velkleur word hy egter deur die burokrate van bakboord na stuurboord gestuur. Na sy ontmoeting met Le Grange, ’n empatiese verkeersbeampte, ontstaan ’n sonderlinge verhouding tussen hulle. Hierdie verhouding suggereer ’n beter toekoms en menslike identiteit vir Gert, terwyl die kind simbool word van ’n bitter en wrang verlede. Eindelik begrawe Gert sy kind saam met die room van die Engelse.

Die gehoor volg Gert Garries op sy drie dae lange fietsrit en beleef saam met hom ’n prutpot van emosies.

Die drama word gepubliseer in 2019 as Gert Garries: ‘n Baaisiekel-blues.

Voetspore in Die Kalahari (Afrikaans, Paperback): Willem D. Kotze Voetspore in Die Kalahari (Afrikaans, Paperback)
Willem D. Kotze
R177 Discovery Miles 1 770 Ships in 6 - 10 working days

Voetspore in die Kalahari is ’n ware Afrika-verhaal, gewortel in die harde werklikheid van die Kalahari: weergaloos mooi maar ook meedoenloos wreed. Dis 'n teks ryk aan herinneringe aan ’n ongerepte wereld en ’n harde maar avontuurlike leefwyse wat min mense beskore is. Die skrywer gaan terug na sy eerste herinneringe, meer as vyftig jaar gelede, en sy moeder se vroee dood weens malaria. Uiteindelik maak ’n bestiering dit vir die jong seun moontlik om na die hoerskool op Swakopmund te gaan, en so begin sy spore wegdraai van die rooiduinwereld met sy wuiwende blinkaargras en groot kameeldoringbome.

Seouless Night (Afrikaans, Hardcover): Lee Reilly Seouless Night (Afrikaans, Hardcover)
Lee Reilly
R866 Discovery Miles 8 660 Ships in 10 - 15 working days
Buys - 'n Grensroman (Afrikaans, Paperback): Willem Anker Buys - 'n Grensroman (Afrikaans, Paperback)
Willem Anker 1
R330 Discovery Miles 3 300 Ships in 4 - 6 working days

Coenraad de Buys was die gevaarlikste man in die Kolonie. Op agtjarige ouderdom het hy sy eerste grens oorgesteek en sy ouerhuis agtergelaat. Van die Langkloof swerf Buys – oftewel Khula, Koning van die Basters, veelwywer - deur die onrustige landskap van die laat sewentienhonderds. Hy bly anderkant die Vis by Xhosa-opperhoof Ngqika, wat soos sy seun is. Hy bly by die Tamboekies; in die republiek van Graaff-Reinet; op die trekpad. Oral trek hy saam met en sonder Maria, Nombini, Elizabeth en ander vroue. Oral verwek hy kinders; oral sluit ander rowers en weglopers by hom aan –’n ganske Buysvolk. Hy sterf teen die oewer van die Limpopo. Maar Buys is nie dood nie.

Recce - Kleinspan-operasies agter vyandelike linies (Afrikaans, Paperback): Koos Stadler Recce - Kleinspan-operasies agter vyandelike linies (Afrikaans, Paperback)
Koos Stadler
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Uit die aard van hul hoogs geheime werk heers groot geheimsinnigheid oor die Recce's, maar nou het een van hulle - Koos Stadler - sy ervarings neergepen. Die boek bied 'n onthullende blik op die lewe van 'n Recce, op hul amper bomenslike fisieke vermoens en kameraderie. Verwag naelbyt-aksie en dramatiese verhale.

Onsigbaar (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe): Deon Meyer Onsigbaar (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe)
Deon Meyer
R365 R326 Discovery Miles 3 260 Save R39 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Lemmer se Eerste Algemene Wet: Moenie betrokke raak nie. Hy pas dit veral toe in sy werk as vryskut-lyfwag by Body Armour, waar hy laag af is op die pryslys, want hy’s die een met die kriminele rekord, die gebrekkige sosiale vaardighede en die baie kort humeur. Wanneer die mooi, ryk Emma le Roux hom huur en begin vertel van onwaarskynlike bedreigings en ’n broer wat sy vas glo ná twintig jaar soos ’n Lasarus uit die dood uit opgestaan het, stof hy ook ’n ander ou Wet af: Moenie klein vroue vertrou nie. Maar wat, welvarende mense lieg en as dit ál gevaar is wat hy moet hanteer, dan vat hy die geld, baie dankie. Daarom vlieg hy op 26 Desember saam met haar Laeveld toe – en só begin ’n koorsagtige tog deur ’n wêreld van gierigheid en korrupsie, ekologiese stryde en sameswerings . . . en moord. In ’n lokval skiet hulle boonop vir Emma. Lemmer het nog nooit as ’n lyfwag gefaal nie, en om sy vyande te identifiseer gaan lewensgevaarlik wees, want hul ontmaskering gaan internasionale implikasies hê. Maar Lemmer is siek en sat daarvoor om onsigbaar te wees. Iemand moet betaal – en hy gaan nie rus voor dié rekening nie vereffen is nie.

Die Beweging Van Bloed (Afrikaans, Paperback): Pieter Stoffberg Die Beweging Van Bloed (Afrikaans, Paperback)
Pieter Stoffberg
R320 R286 Discovery Miles 2 860 Save R34 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Professor Nino Everhard word op sy kombuisvloer wakker met bloed oral. Iemand het ingebreek en hom en sy vrou, Willemien, aangeval, maar niks gesteel nie. Wat wou die aanvaller hê? Nino weet dit was nie toeval nie. Hy is uitgekies. Iemand wou vir hom ’n boodskap stuur. Op sy speurtog na antwoorde lei die leidrade hom op ’n kronkelpad deur sy verlede na die skadukant van die samelewing. Elke tree nader aan die waarheid is ook ’n tree nader aan lewensgevaar. Sal Nino die antwoorde kry waarna hy soek? En hoeveel van sy eie duiwels gaan hom langs die pad inhaal? Die beweging van bloed is ’n naelbytspanningsverhaal wat jou laat raai tot die einde.

In Die Laksman Se Skoot (Afrikaans, Paperback): Chris Marnewick In Die Laksman Se Skoot (Afrikaans, Paperback)
Chris Marnewick 1
R261 Discovery Miles 2 610 Ships in 6 - 10 working days

Dit is 1987 en die 19-jarige Leon Labuschagne is ’n tronkbewaarder by Pretoria Sentraal Gevangenis en werk bedags as laksman. Hy word in hegtenis geneem vir die moord op sewe lede van die Diepsloot-karatespan na ’n voorval van padwoede. Hierdie moorde vind plaas op die laaste dag van ’n uitmergelende paar dae waarin hy 32 mans gehang het, 21 in die voorafgaande 72 uur. Die verantwoordelikheid val op sy “hotshot” prokureur, Johann Weber SC, om met ’n verdediging vorendag te kom wat sy kliënt van die galg sal red – hierdie keer as ’n gevangene wat teregstaan op moord. Hy stel ondersoek in na die 32 mans wat gehang is (werklike gevalle in die SA regsgeskiedenis). En dis hierdie SA geskiedenis wat Chris Marnewick in sy boek inwerk. Weber is ’n driftige teenstander van die doodstraf, en kom algaande agter onder watter traumatiese omstandighede die jong Leon elke dag gewerk het in Pretoria se berugte tronk: hy het oor die jare vriende geword met die gevangenes terwyl hy uiteindelik ook deel moes wees van hulle teregstelling. Soos die hofverrigtinge vorder, bied dit aan Johann die kans om die hele stelsel van halsmoorde onder verhoor te neem. Hy vra die vraag: Hoe kan iemand ’n dubbele rol van vriend en laksman speel, as ’t ware die herder en ook die wagter wees?

Die tyd van die klippe (Afrikaans, Paperback): Doc Immelman Die tyd van die klippe (Afrikaans, Paperback)
Doc Immelman
R203 Discovery Miles 2 030 Ships in 6 - 10 working days

Markus Dreyer was veertien dae op pad uit die suide waar sy ouers vermoor is, en in die Oppermans se groot voorkamer moet hy hoor dat sy oom, die enigste familie wat hy oorhet, 'n perd gesteel en verdwyn het. Toe Opperman, die jagkoning onder die Angolaboere, hoor dat Markus ook gejag het, besluit hy dat Markus moet bly. Miskien was dit die meisie met die koperbruin hare wat vir hom die deur van Opperman se huis oopgemaak het, wat Markus laat besluit om dan wel te bly. Miskien is dit net van nie weet waarheen verder nie? In elk geval sien hy die jagekspedisie saam met haar pa die kans om te verdien en weer selfstandig te raak. Hy het nie besef dat dit nie slegs 'n kwessie is van olifante doodskiet nie. Hy moet nog agterkom watter houvas Opperman op sy jagters het, en party van die teenkanting teen hom het hy nog glad nie verstaan nie.

Sindikaat (Afrikaans, Paperback): Annerle Barnard Sindikaat (Afrikaans, Paperback)
Annerle Barnard
R255 R228 Discovery Miles 2 280 Save R27 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Sindikaat is ’n avontuurverhaal waarin drie vriende se lewens omvergegooi word wanneer die hoofkarakter, Paul, per ongeluk op onwettige smokkelgoed afkom. Hulle paaie kruis met die van die Chinese mafia. Die verhaal begin in Bloemfontein, waarvandaan Paul en sy vriende saam met sy lyfwag, Bossie, deur drie Afrikalande reis om van die moorddadige Chinese bende te vlug. Tydens hul reis deur Zimbabwe, Zambië en Namibië word hul lewe gereeld bedreig. Spannende aksietonele laat die adrenalien behoorlik pomp. Tussendeur al die aksie moet Paul, Karlien en Adriaan die uitdagings en probleme waarmee tieners daagliks worstel, oorkom. Seksualiteit, liefde, vriendskap en lojaliteit word op die manier by die aksie betrek in hierdie verhaal waarin die goeie die bose oorwin en geregtigheid seëvier.

Klikbek (Afrikaans, Paperback): Sidney Gilroy Klikbek (Afrikaans, Paperback)
Sidney Gilroy
R320 R286 Discovery Miles 2 860 Save R34 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Speurder Sollie Mtembu lê snags wakker oor of sy salaris ooit sy vrou se ambisies sal ewenaar. Maar in Oktober verdwyn 'n ou vriend van die polisiekommisaris en hy word opdrag gegee om dié “verdwyning” te ondersoek. Kort ná hy in Rhynveld arriveer verander die oënskynlike ontvoering in ’n moordsaak en Sollie moet sy vrese opsy skuif sodat sy speurvernuf kan seëvier. 

Die Kinders van Spookwerwe (Afrikaans, Paperback): Lize Albertyn-du Toit Die Kinders van Spookwerwe (Afrikaans, Paperback)
Lize Albertyn-du Toit
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

“Pappa, die sterre is dieselfde hier.”

Milano Kaliempie is Mieta en Hennerik se enigste vlaktekuiken op die plaas Spookwerwe in die dorre Bo-Karoo. Hul buurman, Geelsuiker, leer Milano die geheime van die veld, ook jakkalsjag, en op die werf is dit Mieta wat soggens douvoordag brood inknie en die hartklop van hul bestaan is.

Dis wanneer juffrou Meintjies die dag met haar wit karretjie by die huis aankom, dat die hol kol op Mieta se maag kom sit. Want Milano was dan net die een dag laat vir skool. Maar juffrou Meintjies het ander nuus. Dis Geelsuiker wat raad gee:

“Jy moet nou gaan doen wat die regte ding is, Mieta. Daardie klong,” en hy wys na waar Milano die perd inspan, “vat nou die grootpad. Moenie hom in ’n klein kampie ingekeer hou nie.”

Die kinders van Spookwerwe is ’n roman wat soos die vaal stof van die Bo-Karoo oral inkruipplek kry en diep in jou hart kom lê. Dis ’n roman oor ma-wees, oor grootword, en oor verliese. Maar ook van weer vol word.

Die stormsee swyg (Afrikaans, Paperback): Annemarie J. Pieterse Die stormsee swyg (Afrikaans, Paperback)
Annemarie J. Pieterse
R10 Discovery Miles 100 Ships in 5 - 10 working days

Helmuth Gunther, die aantreklike baas van Gunther en Vennote, styg met sy Cessna net buite Reniersburg in die Karoo op. Hy is opgewonde om 'n grondtransaksie in die Weskus te gaan beklink. 'n Verskriklike windstorm laat sy vliegtuig egter neerstort in 'n bloekombos. Die harde kopstamp wat Gunther opdoen, vlek die donker gange van sy jarelange geheueverlies oop. 'n Dramatiese reddingspoging laat hom in Reniersburg se hospitaal uit sy bewustelose toestand wakker word waar sy staatmakersekretaresse, Lanie de Wet hom besoek. Langs Gunther se hospitaalbed loop sy haar egter vas in allerhande onthoubeelde wat by Helmuth begin opkom en sy begin besef...die man op wie sy verlief is, is dalk iemand anders. In hierdie tyd is inspekteur Leander Fourie, die nuwe bevelvoerder van Kransbaai se polisiestasie, juis besig om al die onafgehandelde dossiere van sy voorganger, deur te werk. Toe die briewetas van Helmuth Gunther uit die Cessnawrak gehaal word en sy identiteit plus 'n vroeere foto van hom daarin gekry word, wek dit die speurinstink by inspekteur Fourie teen 'n spoed op. Want in een van die onafgehandelde dossiere le daar 'n identiese foto wat net 'n jonger weergawe is van die bloekombos se slagoffer. Dis egter 'n foto sonder die wondmerke aan die gesig en onder 'n ander naam. Hoe onvoorspelbaar, hoe diep en hoe lank kan 'n stormsee sy geheime bewaar?

Joan of Arc, vol.1 - The Authorized Uniform Edition (Afrikaans, Hardcover): Samuel Clemens, Mark Twain Joan of Arc, vol.1 - The Authorized Uniform Edition (Afrikaans, Hardcover)
Samuel Clemens, Mark Twain
R750 Discovery Miles 7 500 Ships in 18 - 22 working days

This fictionalized "biography" told by an intimate companion of Joan of Arc was thought by Mark Twain to be his finest work. It was hugely popular in its time, and while the tastes of subsequent generations may have elevated HUCKLEBERRY FINN and THE MYSTERIOUS STRANGER to a higher level, JOAN OF ARC still remains one of Twain's most colorful and passionately-imagined books.

'n Bekkersdal-marathon - en ander voorkamerstories (Afrikaans, Paperback): Herman Charles Bosman 'n Bekkersdal-marathon - en ander voorkamerstories (Afrikaans, Paperback)
Herman Charles Bosman 1
R203 Discovery Miles 2 030 Ships in 6 - 10 working days

Jurie Steyn het 'n probleem. Nie net moet hy 'n bestaan probeer voer uit boerdery in die Marico nie, maar boonop dien sy voorkamer as die Drogevlei-poskantoor – en Jurie as die posmeester. "Tussen posorders en bloutong weet ek nie watter werk die ergste is nie. Ek moet wa-ghries op my muilkar smeer en seelwas op die possak sit. Partykeer raak ek deurmekaar. Eendag gaan ek nog 'n inkomsteseel op my hotkantmuil plak en die Bekkersdal-possak met 'n halfmaan en 'n streep brandmerk. Dan sal daar moeilikheid wees," se Jurie. "Met my hotmuil, bedoel ek." Elke week kom die halfdowe Oupa Bekker, At Naude (wat 'n draadloos besit), buurman Gysbert van Tonder, die berese Johnny Coen, wat eens op 'n tyd 'n railway shunter op Ottoshoop was, en ander kleurryke karakters in Jurie Steyn se voorkamer bymekaar om te wag vir die Goewermentlorrie van Bekkersdal, wat hul pos en melkkanne moet bring. Sake van die dag word druk bespreek, en die gesprekke waartoe dit lei, is gewoonlik skreeusnaaks. Herman Charles Bosman het in die laaste 18 maande van sy lewe sowat 80 stories vir die reeks In the Voorkamer in die nuusblad The Forum geskryf. Bosman het dit self bestempel as die beste werk wat hy ooit gelewer het. 'n Bekkersdal-marathon en ander voorkamerstories volg op die sukses van In die withaak se skadu, die eerste Afrikaanse versameling Oom Schalk Lourens-stories.

Fees Van Die Ongenooides (Afrikaans, Paperback, 2nd ed): P.G. du Plessis Fees Van Die Ongenooides (Afrikaans, Paperback, 2nd ed)
P.G. du Plessis 3
R310 R277 Discovery Miles 2 770 Save R33 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Dit is die jaar 1901. Die son het gesak oor 'n verskroeide landskap, en die landskap verwelkom die duister. Die doringdraad en tentrye van die konsentrasiekamp is nog net 'n swart vlek op die vlakte. En aan die rand hiervan gloei 'n tent soos 'n lantern. Diegene wat vanuit die duister na hierdie tent sou staar, sou teen die helder tentdoek die silhoeet sien van 'n man wat oor die klawerbord van 'n klavier buig. Die een wat vanuit die nag sou kyk, sou ook op die kampbed die regop gestalte van 'n sittende vrou kon uitmaak. Diegene wat vanuit die kamp sou luister, hulle wat nie reeds volledig deur die stryd tussen lewe en dood ingeneem is nie, sou dalk agter die onbeholpe klavierspel van die man die vergeefse smagting hoor, agter die wankelende note die stilte wat groter is as enige geluid. Jare later buig majoor Philip Brooks in 'n biblioteek oor 'n vergelende foto. En hy probeer vasstel wat dit is wat hy op daardie foto sien. Hy probeer onthou wat gebeur het. Dit was hy in daardie tent. Die vrou op die bed was die mooiste vrou wat hy nog gesien het. Die klavier het gekom uit haar huis, een van die plaashuise wat sy soldate afgebrand het. Nou probeer hy kyk met die oog van Joey Drew, die skeeloog sukkelaar van Somerset, Engeland, wat die foto’s geneem het. Hy kyk na ’n foto van ’n vrou met ’n baba in haar arms. Hy weet wat die pa van die kind nie geweet het toe hý die foto gesien het nie, dat die kind dood was. Dat hy een van die duisende slagoffers van die konsentrasiekampe was. Hy kyk na ’n familiefoto van die Van Wyks, en nog een keer, voordat die vergetelheid so koud soos die graf self oor alle geheue sak, probeer hy deur Joey se foto’s die verhaal van die Van Wyks agterhaal.

Wonderdade Van Staal Burger En Ander Stories (Afrikaans, Paperback): Fanus Rautenbach Wonderdade Van Staal Burger En Ander Stories (Afrikaans, Paperback)
Fanus Rautenbach
R188 Discovery Miles 1 880 Ships in 6 - 10 working days

Staal Burger – baasspeurder en minnaar van formaat – is altyd onberispelik geklee in 'n aandpak, met 'n swart strikdassie lyk asof dit op sy haelwit hemp geverf is. Nie ’n haartjie is uit sy plek uit nie, en sy bruingebrande gesig verraai ’n gesonde buitelewe. Suid-Afrika se 007? Watwou! Hy's dapperder as 007! In hierdie tweede bundel met Staal Burger-stories hanteer die superheld verskeie netelige sake: bedreiging van die nasionale sport, ’n prima donna wat vals sing, verlee doedies en diamante wat dodelik is. ’n Bonus in hierdie bundel is ander stories uit Fanus se pen, oor babas en bikini’s, die man met die motors en Vader Jors.

Israel-reeks 10: Ter wille van die vaders (Zechut Avot) (Afrikaans, Paperback): Marzanne Leroux-Van Der Boon Israel-reeks 10: Ter wille van die vaders (Zechut Avot) (Afrikaans, Paperback)
Marzanne Leroux-Van Der Boon
R310 R277 Discovery Miles 2 770 Save R33 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Henok kry ’n verrassing wanneer sy vrou in Israel kom kuier. Re’uven se pyn oor sy eersgeborene se dood lê nog vlak. Dit laat Marc wonder of hy Adonai nog sal kan liefhê as dit hom sou tref. Hy voel verskeur tussen sy gesin en sy ma met haar eie hartseer in Suid-Afrika. Tog vind hy troos in die wete dat Adonai se weë ver bo ons verstand verhewe is.

Sielsmokkelaar (Afrikaans, Paperback): Leon van Nierop Sielsmokkelaar (Afrikaans, Paperback)
Leon van Nierop
R240 Discovery Miles 2 400 Ships in 6 - 10 working days

Ramon Fraser is al sy hele lewe lank 'n uitgeworpene. Sy ma vlug met hom vandat hy kan onthou. Sy is 'n fortuinverteller, maar weier om sý toekoms te lees. Tot op die verskriklike dag toe die mantelman hulle inhaal ...

Ramon moet weer vlug en beland op 'n plaas met wuiwende grasvelde, Boesmangrotte en poue wat se angsgille die dood nader roep; die poue met die sterte wat bestaan uit duisende oë wat na hom kyk. Iewers in daardie oë sien hy die mantelman wat die niemandsland tussen hemel en hel oppas en verlore siele vir ewig daar opsluit. Hy wink Ramon om deel te word van sy donkerte, moord en waansin.

En so begin die stryd tussen die mantelman en die seun wat die Sielsmokkelaar genoem word. Hy wat siele tussen die hede en ewigheid vervoer, en wie se eie siel as losprys gebruik word om die donker ryk te oorwin.

Skepelinge: Aanloop tot 'n roman (Afrikaans, Paperback): Karel Schoeman Skepelinge: Aanloop tot 'n roman (Afrikaans, Paperback)
Karel Schoeman
R385 R344 Discovery Miles 3 440 Save R41 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Skepelinge is ’n impressionistiese betragting van die vroeë koloniale tydperk in die Suid-Afrikaanse geskiedenis, gebaseer op Schoeman se kennis van die VOC- tyd en meer spesifiek die skeepvaart. Self het die skrywer dit beskryf as ’n ‘hibriede skepping . . . wat in laaste instansie beoordeel moet word as produk van die skeppende verbeelding eerder as van navorsing’.

Tydens die boekstawing van die duisende skepelinge wat oor die eeue heen na die Kaap van Storms gereis en onderweg ook omgekom het, verweef Schoeman literêre stemme soos dié van Eliot, Auden, Eybers en Melville in Moby Dick met dokumente uit die oorspronklike dagboeke van die 1600’s en 1700’s, soos Van Riebeeck se Dagregister, Peter Kolb se noukeurige beskrywings van die Kaap en ander reisjoernale en geskiedkundige werke van die era.

Dit is geskiedskrywing soos geen ander Suid-Afrikaanse skrywer dit nog kon vermag nie. Skepelinge is ’n unieke nalatenskap – veral waar ‘oorsprong’ nou meer as ooit vantevore ondersoek word.

'n Lyf Onthou (Afrikaans, Paperback): Riette Rust 'n Lyf Onthou (Afrikaans, Paperback)
Riette Rust
R78 Discovery Miles 780 Ships in 6 - 10 working days

Met die lyf en lyflike begeertes as fokuspunt, slaag Riette Rust daarin om die versplintering van die openbare en geheime lewens van gewone mense na vore te bring. Die literator Marius Crous se oor die bundel: Soos die titel van hierdie versameling kortverhale reeds suggereer, gaan die leser hier te doen kry met verhale oor die liggaam en belewenisse van die liggaam. En die leser word inderdaad nie teleurgestel met die aanbod nie. Dit is geile verhale oor die liggaam, die erotiek en die sluimerende wellus. Goeie verhale. Goedgeskrewe en onderhoudend.

Van Ruacana Tot Rosh Pinah (Afrikaans, Paperback): Doc Immelman Van Ruacana Tot Rosh Pinah (Afrikaans, Paperback)
Doc Immelman
R177 Discovery Miles 1 770 Ships in 6 - 10 working days

In hierdie versameling vermaaklike rubrieke skryf Doc Immelman oor 'n wonderlike wereld van kameeldorings, rooi duine, leeus, narras, mahangu, kampvure en biltong. Terwyl hy met heimwee terugdink aan die ou Suidwes, kosbare raad aan jagters gee, sonderlinge karakters in herinnering roep en die natuurskoon van Suidelike Afrika op treffende wyse besing, skiet sy rubrieke nie aan humor te kort nie. Soos wanneer hy plaashekke dokumenteer en bevind dat die welbekende – en welgehate – konsertinahek, oftewel die smoelslaner, deur die duiwel geprakseer en deur Saddam Hoessein geïmplementeer is om die siele van goeie Christenmense te versondig. Maar met baie dinge het Doc Immelman vrede. 'Net solank die jagseisoen in die winter open en die kabeljou volgende naweek begin loop.'

Debora Gaan Huis Toe (Afrikaans, Paperback): Helene De Kock Debora Gaan Huis Toe (Afrikaans, Paperback)
Helene De Kock
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

In die opvolg op Debora en seuns is die fokus weer die lief en leed van die Schlagerfeldts. Dis nou die 1960’s, en die hoofkarakter is Debora se kleindogter, ook ’n Debora. Die 27-jarige dokter kom terug na die Oos-Vrystaat om by haar pa in sy praktyk aan te sluit. Maar dan ontmoet sy dr Tristan Murray en al haar voorgenome drome stort ineen. Sy volg haar neef na Londen om haar wonde te lek, en vind dat die pad van verlore liefde na geluk deur gevaar en hartseer lei.

Ware Spookverhale Van Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback): Daniel Lotter Ware Spookverhale Van Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Daniel Lotter 1
R261 Discovery Miles 2 610 Ships in 6 - 10 working days

Dit spook beslis al sedert die oertyd in Suid-Afrika, maar die skrywer begin sy hervertelling van dosyne ware spookverhale met ’n vreemde voorval in November 1653 op ’n seilskippie in Tafelbaai, die eerste opgetekende geval.

Die magdom ware stories is tematies ingedeel volgens die soort verskynsel, van verjaarspoke, saampraatspoke en tydspronge, tot spookmotors, spookdiere, voorbodes en sieners.

Die verteltrant is lig en gemaklik met skeute humor, soos net Daniël Lötter kan.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Kwaaiwater
Irna van Zyl Paperback R350 R312 Discovery Miles 3 120
Opstokers, Fopdossers en Tweegatjakkalse
Herman Lategan Paperback R273 Discovery Miles 2 730
Kringloop
Bets Smith Paperback R270 R253 Discovery Miles 2 530
Die Verevrou
Jan van Tonder Paperback R350 R312 Discovery Miles 3 120
Op Pad Na Moormansgat - Die Verhaal Van…
Chris Karsten Paperback R350 R312 Discovery Miles 3 120
Binnerym van Bloed - 'n Outobiografiese…
Antjie Krog Paperback R370 R321 Discovery Miles 3 210
Polsslag
Marie Lotz Paperback  (1)
R350 R312 Discovery Miles 3 120
Koors
Deon Meyer Paperback  (4)
R365 R326 Discovery Miles 3 260
Doolhof
Rudie van Rensburg Paperback R355 R317 Discovery Miles 3 170
Roman
Cas Wepener Paperback R307 Discovery Miles 3 070

 

Partners