“Pappa, die sterre is dieselfde hier.”
Milano Kaliempie is Mieta en Hennerik se enigste vlaktekuiken op die plaas
Spookwerwe in die dorre Bo-Karoo. Hul buurman, Geelsuiker, leer Milano die
geheime van die veld, ook jakkalsjag, en op die werf is dit Mieta wat soggens
douvoordag brood inknie en die hartklop van hul bestaan is.
Dis wanneer juffrou Meintjies die dag met haar wit karretjie by die huis aankom,
dat die hol kol op Mieta se maag kom sit. Want Milano was dan net die een dag
laat vir skool. Maar juffrou Meintjies het ander nuus. Dis Geelsuiker wat raad gee:
“Jy moet nou gaan doen wat die regte ding is, Mieta. Daardie klong,” en hy wys
na waar Milano die perd inspan, “vat nou die grootpad. Moenie hom in ’n klein
kampie ingekeer hou nie.”
Die kinders van Spookwerwe is ’n roman wat soos die vaal stof van die Bo-Karoo
oral inkruipplek kry en diep in jou hart kom lê. Dis ’n roman oor ma-wees, oor
grootword, en oor verliese. Maar ook van weer vol word.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!