Karl Kielblock het verskeie boeke geskryf, waaronder die Lafras
Cuyper-reeks baie bekend is en wyd versamel word. Dit handel oor
seeavonture in diens van twee oorlogvoerende moondhede vroeg in die
19de eeu. Hierdie is die eerste boek in die reeks. Die boeke is
propvol opwinding, spanning en avontuur! Op sestienjarige leeftyd
bevind Lafras Cuyper hom alleen in 'n vyandige wereld. Eers het sy
ouers gesterf in die pokkiesepidemie wat die Kaap in 1796 getref
het en daarna kom sy voog ook te sterwe. Op 'n dag versteek hy hom
op 'n uitgaande skip en begin onwetend op die wyse 'n nuwe lewe -
'n lewe van ontbering en ysere dissipline, maar ook 'n lewe van
avontuur! As Hollander staan hy eintlik buite die stryd tussen
Engelse en Franse, maar hy het geen keuse nie. Hy het sy vryheid in
Tafelbaai agtergelaat. Lafras Cuyper het egter 'n besonderse gawe:
Buitengewone gesigsvermoe. En so 'n man kan besonder nuttig wees by
die hantering van 'n skeepskanon. Lafras beleef in 'n kort tyd
swaarkry, opwinding, gevaar en vrees – en word selfs die held van
meer as een veldslag. Die verhaal van Lafras Cuyper is op feite
gebaseer.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!