![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
Nataniel is weer op sy stukke. 41 magiese nuwe stories in Afrikaans en Engels, uit sy mees onlangse verhoogproduksies landswyd. Tegelyk absurd en tog so herkenbaar Suid-Afrikaans. Soos in Nicky & Lou, en sy jongste blitsverkoper 150 stories, is die verhale in Zip! spitsvondig en baie snaaks, en tog ook so wys. Hoe skryf hy op een plek: “As mense na jou staar of jou nie aanvaar nie, is dit heeltemal in die haak. Solank hulle vir jou hande klap.” 27 stories is in Afrikaans, en 14 in Engels.
'n Houtkapper met 'n rustelose siel. 'n Legendariese olifantbul wat losbreek van sy trop . . . In die groen skemerwereld van die Outeniekwa loop hulle kringpaaie. Saul Barnard, deur sy mense verwerp en deur gewetenlose houtkopers tot kneg verneder; Oupoot, eindeloos agtervolg deur jagters. 'n Man en sy dier-broer - saamgegooi in 'n ongerepte oerbos, wat stuk vir stuk deur gouddelwers, boskappers en ander uitroeiers vernietig word."
Speursersant Mthembu se huwelik lê aan skerwe. Nyandi het die kinders gevat en is sak en pak terug Lesotho toe. Terwyl Parkwegstasie se ace-speurder in ’n gastehuis in Bloemfontein wakker lê en tob oor sy aandeel, brand Xanadu-galery, tuiste van die wêreldberoemde SA kunstenaar Aretha Hattingh, tot op die grond af. Haar oeuvre ’n hoop as. En in die middel van die ruïne: die oorskot van ’n vrou, vermoedelik dié van Aretha. In Parys ontmoet Sollie ’n hand vol verdagtes: ’n kunsagent, ’n prokureur, ’n slagter, ’n bouer en ’n koerier. Voeg hierby ’n venynige aanneemkind, ’n jaloerse, skatryk eksman, die dorp se sprankelvrou én ’n stasiebevelvoerder wat die septer na haar eie reëls en tyd swaai, en jy het die wenresep vir ’n intrige gevul met hoogdrama. Is dit moord? Selfdood? Of bloot ’n fratsongeluk? Sollie geniet reeds groot aftrek onder Afrikaase lesers. En Vlam, die nuwe roman deur Gilroy, beloof om soos sy vorige twee krimi’s te boei en te vermaak tot op die laaste bladsy.
Geboortereg se tema handel oor die feit dat elke baba die reg het tot ouers, twee oumas en oupas. Ruan die hoofkarakter se grootouers aan vaderskant weier om hom te aanvaar as hul kleinkind. Ruan word groot by sy ma en haar man, wat nie die grootouers se seun is nie. Albei sy ouers sterf. Ruan ontmoet twee vroue tot wie hy aangetrokke voel. Die verhaal stel die leser bekend aan die families en stories van die twee vroue. Die boek is geskik vir manlike en vroulike lesers.
Hoe dans jy as die lied in jou hart stil geraak het?
Stories word daagliks van een person na ‘n ander oorgedra. Dit is ‘n natuurlike deel van mense se sosiale omgang met mekaar. “Stories word aan kinders vertel om lewenslesse oor te dra, en vriende vertel vir mekaar stories om mekaar te vermaak, of om inligting oor te dra. Die vertelling van verhale is dus ‘n belangrike deel van menslike interaksie. “Vertel stories waar dit nodig is. Dit voed die mens se siel. Ons het partykeer elkeen net ‘n goeie storie nodig.
Stoffel Gieljam is ’n man met ’n grief, en sy grief is van so ’n aard dat hy hom nou maar tot die boekewêreld wend in ’n poging om sy saak te lug, met sy neef Neelsie wat omsien na dinge soos spelling en ander sulke modegoed. En Neelsie help nou maar want hy skuld sy oom ’n sommetjie geld. Stoffel het ’n appeltjie te skil met die dorpse mense – heidense Nattes deur die bank – wat hulself Engels hou en dan ’n man se lewe versuur met belaglikhede soos dokters wat jou net dood wil hê. Om nie eers te praat van buurmanne soos Makpaatrie en die voormalige Koos van der Byl (nou Jiems Wénderbaail) nie. Maar Stoffel is reg vir hulle – gee hom net ’n tafel, ’n gehoor en ’n dop, en hy sal hulle ’n ding of twee vertel ...
Dan Sleigh se jongste manuskrip handel oor die lewe se ewige dans met die dood - alle lewe, ook die lewe van die skryfkuns. Die protagonis, Koos van der Merwe, was eens een van Goeie Hoop Uitgewers se topskrywers, en dit is waarom 'n woonstel in Bay View Villas aan hom toegeken is, op 'n verdieping wat die uitgewery reserveer vir die skrywers van topverkopers. Maar die muse het Koos verlaat. Jare reeds wag sy uitgewer vergeefs op nuwe werk uit die pen wat voorheen die kasregisters laat klingel het. Die uitgewery se geduld het opgeraak; Koos mag net in die woonstel aanbly as hy produktief is. In 'n bestel waarin kommersiele sukses die hoogste waarde is, is daar in elk geval nie plek vir iemand wat so verstok in sy wee is en so wars van alles wat progressief en modieus is nie. Die uitgewery speel sy troefkaart: Carelina van der Merwe is een van die inspirerendste redakteurs, en as sy nie nuwe lewe in Koos se loopbaan kan blaas nie sal niemand nie. Carelina waai soos 'n stormsterk suidooster by Koos se woonstel in. Hy gooi wal, hy skerm, hy vlug . . . maar uiteindelik begin hy vertel wat dit is wat die donker kolk in hom uitgeruk het waarin alle kreatiewe energie verdwyn. En al vertellende word sy skermutseling 'n dans. Dit is uiteindelik weer die dans met die muse, maar noodwendig weer die lewe-dood-dans, die dans van die lewe.
The story is set in Natal at the turn of the 20th century , when Sita and her family arrive from India to build a new life in South Africa, not suspecting what lies in store for them. Working as indentured labourers on a sugar-cane plantation, life is hard – but for Sita, it is also filled with the joys of growing up, first love and the dawning of passion. Defying tradition, the young girl becomes enmeshed in a forbidden love affair with Albert, the English brother-in-law of the estate owner. Unwillingly at first, Sita is forced into a marriage of her parents' choosing – but her secret passion never dies… Years later, when she has settled into marriage and motherhood, Albert returns, and Sita must grapple with her feelings again. The Heart Has No Colour also delves into the criminal underworld of turn-of-the-century Durban. Entwined in Sita's story is the tale of Gopi, her older brother, who comes to ruin in the seedy gambling dens of the big city. Sita's large, loving, emotional family is portrayed in intimate detail. The story traces their fortunes and misfortunes into the next generation, when Geeta and Sita's children grow to adulthood, and each in their own way reaps the consequences of their parents' actions.
Met hierdie klassieke verhaal oor die lewe van ’n mossiegemeenskap skep Hickey ’n werk vir oud en jonk. Kuif Kwaster en sy familie – ’n voorbeeldige en vername mossiegesin in die bodorp – neem die leser op ’n reis wat nie vir mense beskore is nie. Saam met Skeel At en Kuif verdedig lesers die mossie-eer teen die wraaksugtige en rebelse Beatnik-bende; en saam met Meks en Maja word daar vir die mannetjies in die bodorp flikkers gegooi. Oor die ontstaan van hierdie uitmuntende werk skryf Hickey: “Gedurende April 1961 het ek by my skryftafel gesit. Deur die oop venster kyk ek na die doen en late van ’n elftal mossies. Hulle is bra baie vir ’n enkele gesin, maar daar is tog ’n intimiteit wat die indruk skep dat hulle meer is as terloopse kennisse. Die groepie is verteenwoordigend van enige gemeenskap (daardie vaal, verkeerdeveer-wyfietjie lyk juis soos ’n skinderbek!) met die goeies en die minder goeies …” Die sukses van hierdie eiesoortige werk kan gemeet word aan die feit dat die boek vanaf 1961 drie-en-twintig keer herdruk is.
Dis iewers in die nabye toekoms. Kolonel “Rooipiet” Moolman se lieflingprojek is die jaarlikse Versoeningsfeesopvoering, ’n eietydse weergawe van die Slag van Bloedrivier, wat by ’n inryteater boop Welkom se mynhoop gehou word. Enkele seisoene tevore is ’n merkwaardige vonds gemaak: ’n koperplaatfoto wat tydens die destydse veldslag geneem is . . en dit wys drie engele teen die oggendmis! Net daar besluit Rooipiet dat die engele deel moet word van sy toneelstuk. Die neerdaal van die engele word die hoogtepunt van die opvoering, en vanjaar is daar ’n spesiale engel wat almal se asem wegslaan. Rooipiet is heimlik verlief op haar. Toe sy egter tydens die kleedrepetisie oënskynlik vermoor word en die koperplaatfoto boonop verdwyn, word Rooipiet se kultuurryk tot in die fondamente geskud. En hiervandaan raak die intrige net méér interessant. Weerlose meganika is ’n heerlik aweregse roman, sowel ryke verbeeldingsvlug as skerp satire.
Twee gewese speurders word koelbloedig langs 'n plaasdam afgemaai. En Kassie en Rooi moet die moordsaak oorneem by 'n uitgedunde Paarlse speurspan wat al 'n week lank daarmee kleitrap. Met die ooglopendste aspekte van die ondersoek reeds afgehandel, voel dit vir Kassie of hulle 'n saak erf waarvan die karkas klaar skoon gevreet is. Kassie bevraagteken egter die Paarliete se afleiding dat diefstal die motief vir die moorde was. Wanneer hy en Rooi ander moontlikhede ondersoek, begin dinge doller as kopaf raak. Geraamtes uit die verlede, 'n oud-lid van die Brixtonse Moord en Roof-eenheid, 'n leier van 'n eens berugte tronkbende, en 'n swendelaar wat die grootste maatskappy-gekonkel sedert Steinhoff orkestreer, sorg vir talle vrae waarvan die Spookeenheid-speurders probeer sin maak. En sit daar dalk iemand anders agter die man wat die sneller getrek het? Om sake vir Kassie te vererger, beleef hy 'n yslike persoonlike krisis wat hy nie weet hóé om te hanteer of op te los nie.
Konrad werk vir DMK, 'n Duitse vervaardigingsonderneming in Darmstadt. Hy ontvang opdrag om as deel van 'n vakansiereis in sy Heimat (tuisland), 'n voorlopige ondersoek na twee moontlike investeringsgeleenthede te doen. Hy en sy vier metgeselle beleef 'n nostalgie-belaaide reis deur Suid-Afrika. Hy ontmoet verteenwoordigers van die San en Khoen-Khoen gemeenskappe. Die besonderse natuurskoon en die interessante geskiedenis van sy geboorteland, beïndruk hom weereens. Sy belangstelling in gholf en stoomlokomotiewe dra by tot 'n genotvolle reis. Daarby is een van sy reisgenote 'n aantreklike mediese dokter en sy skep vir hom 'n liefdesdilemma, want tuis het hy reeds iemand. Die projek neem 'n onverwagse wending. By sy terugkeer in Darmstadt wag daar verrassings uit sy verlede. Hy moet 'n kopskuif asook moeilike besluite maak.
Griet skryf 'n sprokie is die verhaal van Griet Swart, wat deur die traumas van miskrame, kindersterfte en egskeiding gedryf word tot die punt waar sy een aand haar kop in 'n gasoond druk. 'n Dooie kakkerlak in de oond red haar, want vir die res van die aand maak sy oond skoon. As terapie raak haar shrink haar aan om oor haar ervarings te skryf. En só kry die storie van Griet gestalte, 'n storie van seerkry en woede, maar verlig deur haar onvernietigbare sin vir humor.
Die kortverhale in Maansiek verken 'n wye register: die Rooms-Katolieke geloof, charismatiese aanbidding, Afrika-mistiek, erotiek en moederskap, konflik tussen ras en geslag en sosiale status, spanning tussen die hede en die historiese, die sienlike en die onsienlike. As basis vir sommige verhale dien 'n nugter koerantberig of tydskrifartikel uit vervloe dekades wat binne die verhaalkonteks tegelyk humoristies en ontstellend is. Ander is gegrond op minder bekende aspekte van bekende figure of vertellings van onbekende vroue met uiteenlopende agtergronde.
Kontreigeskiedenis het so gewild geword dat die lesers daarvan lank nie meer beperk is tot inwoners van die gebied waaroor dit handel nie. Namas, Oorlams, Basters, Boere, sendelinge, handelaars, Duitse boere en koloniale amptenare het van die 1700’s af tot aan die begin van die twintigste eeu ’n tuiste gevind in die Karasstreek in die suide van Namibië. Tot nou toe het niemand hulle geskiedenis opgeteken nie. Môrewind oor die Karasberge is hulle lang vergete storie, opgeteken deur ’n gesaghebbende en gesoute historikus.
Wat gebeur eintlik wanneer reisigers mekaar raakloop, maar dalk miskyk? Kry hulle dan ’n tweede kans om weer te begin of het die noodlot altyd die oorhand? Die verhaal speel af in die wêreld van Marleen, ’n jong vrou wat snags deur “verdwaaldes” wakker gehou word. Gideon, die blinde man wat die toekoms in visioene sien, is sentraal in Marleen se lewe, maar net sy weet dit. Wat kan Gideon haar oor die “verdwaaldes” vertel en wat weet hy wat sy nie weet nie? Wat vir sommige mense vreemd is, is vir ander deel van die lewe. ’n Siener wat in geheimsinnige wêrelde leef en wat lig en insigte kan bring vir die wat soek na antwoorde, sal dalk verstaan wat ná die dood met die agtergeblewenes gebeur. Hy weet ook wat word van die wat die oorgang na die ewige lig moet maak. Marleen sal doodeenvoudig met hom moet gaan praat, maar sy vrees vir dit wat hy weet. Soms is dit moeilik om die werklikheid van drome te onderskei.
Hoe toets jy die staal van 'n man wat jou beeldskone dogter van jou af wil wegneem? In hierdie roman word die leser op reis geneem deur Angola se jagvelde, op soek na 'n reuse-olifantbul – maar dis meer as 'n dramatiese jagtog. Avontuur, romantiek en manlike drif, Namibie se ruimtes – dit is die kombinasie waarmee Doc Immelman se vreeslose skrywershand dekades al sy meer as 30 000 lesers gevange hou. Self ’n jagter, skryf Immelman uit eerstehandse ervaring. In sy romans bly die harde verlatenheid van die land noordwes van Suid-Afrika ’n werklikheid.
James se tantes, tannie Spyker en tannie Spons, skel hom gedurig uit. Hulle slaan hom en laat hom honger ly en maak sy lewe 'n nagmerrie. As 'n kwaai ontsnapte renoster sy ouers net nie opgeëet het nie, sou hy nooit in hierdie gemors beland het nie. Maar eendag ontmoet hy 'n geheimsinnige ou mannetjie wat vir hom 'n sak vol krokodiltonge met towerkrag gee - en so begin die avontuur van sy drome. Nuwe uitgawes herdenk Roald Dahl se 100ste verjaardag in 2016.
As jy ’n ryk man is wat al jou gesinslede in ’n motorongeluk verloor, behalwe jou beeldskone dogter ... Hoe toets jy die staal van die man wat haar van jou af wil wegneem?
Dis relevant en vars, dit word oortuigend en eerlik verwoord. Dit betrek die leser intiem by die pyn van 'n mens wat anders is en die 'regte' ding wil doen; Dit lewer terloops kommentaar op die samelewing, die kerk en 'n patriargale bestel se persepsie van vroue wat afwyk van die norm; Die hoofkarakter, Barbette, worstel met haar seksualiteit. Sy pas nerens in nie. Sy voel geroepe om predikant te word in 'n era waar vroue nie in die amp toegelaat is nie. Sy veg teen haar seksuele orientasie en leef selibaat, maar ontmoet later vir Sonja, haar sielsgenoot. Dit lei tot skuldgevoelens en vertwyfeling. Hul verhouding kom op die lappe en Barbette loop haar vas in die vooroordeel en haat van die kerkraad en Christene wat haar selfweersin laat eskaleer en haar sonder enige hoop laat. |
You may like...
Energy Efficient High Performance…
Jawad Haj-Yahya, Avi Mendelson, …
Hardcover
R3,742
Discovery Miles 37 420
Performing Internal Audit Engagements
P. Coetzee, R. du Bruyn, …
Paperback
(1)R756 Discovery Miles 7 560
|