![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Dis 1814 in Carlisle, Engeland, en die lewe het min genade vir ’n
werkersklasvrou. Edith Maberry is dus verbaas toe Lewis Bloodsworth vir
haar in die bresse tree in die kroeg waar sy werk.
Nielsen BookData Bookseller's Choice-prys (2005) Sy het haarself Stom Anna genoem. Omdat sy aan iemand kon vertel van dit wat tussen haar en haar stiefpa plaasgevind het nie. Nie aan haar ma nie, nie aan haar beste vriendin nie, en selfs nie aan haar eie pa nie. Dit is 'n verhaal wat sy nou eers, jare later, kan uitskryf. Nou eers kan sy die swye verbreek oor hoe haar stiefpa haar diepste menswees aangetas het. En hoe sy uiteindelik anderkant uitgekom het. Dis ek, Anna is gebaseer op 'n ware verhaal en is ook in Engels beskikbaar as It's me, Anna. Elbie Lotter is 'n skuilnaam.
Die verklaring van oorlog teen Nazi-Duitsland deur die
Smuts-regering ruk ? Afrikanerfamilie uiteen: Die wedywering tussen
twee Vrystaatse broers neem dodelike afmetings aan wanneer
sjarmante Pierre die romantiese keuse maak en by die lugmag in
Noord-Afrika aansluit, en Jan, sy ewe aantreklike jonger broer, die
eed van die militante vleuel van die Ossewa-Brandwag aflê: ? eed
wat net deur die dood verbreek kan word.
Die kortverhale in Maansiek verken 'n wye register: die Rooms-Katolieke geloof, charismatiese aanbidding, Afrika-mistiek, erotiek en moederskap, konflik tussen ras en geslag en sosiale status, spanning tussen die hede en die historiese, die sienlike en die onsienlike. As basis vir sommige verhale dien 'n nugter koerantberig of tydskrifartikel uit vervloe dekades wat binne die verhaalkonteks tegelyk humoristies en ontstellend is. Ander is gegrond op minder bekende aspekte van bekende figure of vertellings van onbekende vroue met uiteenlopende agtergronde.
Lisa vlug van haar gewelddadige, dwelmverslaafde kerel en begin 'n nuwe semester by die Elizabeth Galloway skool vir modeontwerp in Stellenbosch. Daar ontmoet sy weer vir Estian, met sy onweerstaanbare blou oe. Maar Lisa kan net nie nou by iemand betrokke raak nie, want al waaraan sy kan dink is die geheim wat sy wegsteek . . .Hierdie romantiese reeks met heelwat avontuur, aksie en hartstog sal lesers vasgevang hou tot die laaste bladsy!
Dinge ontrafel vinnig wanneer iemand speuradjudant Storm van der Merwe se ma voor ’n trein op Paddington-stasie instamp. Storm moet Londen toe, al is sy tot oor haar ore met ’n moordsaak: Beebee Bukelwa Babu, befaamde Suid-Afrikaanse modeontwerper, lê leweloos in ’n luukse hotel op Hermanus. Hande om Storm te help met die ondersoek ná Beebee se dood is min, want protesaksie lê die dorp lam. Boonop sweep ’n charismatiese profeet die skare op tot ’n histerie. Storm besef gou nie net haar ma se lewe is in gevaar nie. Sy is ook ’n teiken. Intussen probeer haar ekskollega, Andreas Moerdyk, nou ’n privaat speurder, om ’n skaars rooi diamant van onskatbare waarde op te spoor. Van Londen se donker strate tot Antwerpen se diamantebeurs, van Port Nolloth se verlate kuslyn tot Storm se geliefde Hermanus, ontvou die storie in Irna van Zyl se derde misdaadroman teen die pas van ’n sneltrein.
James se tantes, tannie Spyker en tannie Spons, skel hom gedurig uit. Hulle slaan hom en laat hom honger ly en maak sy lewe 'n nagmerrie. As 'n kwaai ontsnapte renoster sy ouers net nie opgeëet het nie, sou hy nooit in hierdie gemors beland het nie. Maar eendag ontmoet hy 'n geheimsinnige ou mannetjie wat vir hom 'n sak vol krokodiltonge met towerkrag gee - en so begin die avontuur van sy drome. Nuwe uitgawes herdenk Roald Dahl se 100ste verjaardag in 2016.
"Stick with me, baby. Ek kan nie belowe dat ek jou famous sal maak nie. Maar jy sal fun he langs die pad. "Met die woorde lei die mooi, rebelse Dalena haar nuwe vriendin, Mart, 'n wereld in waaroor ordentlike tienermeisies net in die donker fluister. So begin 'n inisiasieproses wat met opwinding, maar ook met ontnugtering en pyn gepaard gaan. Die dinge van 'n kind is ’n onthutsende eerlike boek oor die begin van vrouwees, en die verlies van onskuld op seksuele, politieke en morele vlak.
In Gif vind die geheime patrone van die natuur neerslag in die mens se persoonlike stryd om oorlewing en begrip. Die hoofkarakter in hierdie roman gaan 'n weddenskap van 'n honderdduisend rand aan vir 'n wedren te perd oor 'n honderd myl; sonder reels, sonder beperkinge. Gaandeweg word dit duidelik: gif kan net met gif besweer word.
Kontreigeskiedenis het so gewild geword dat die lesers daarvan lank nie meer beperk is tot inwoners van die gebied waaroor dit handel nie. Namas, Oorlams, Basters, Boere, sendelinge, handelaars, Duitse boere en koloniale amptenare het van die 1700’s af tot aan die begin van die twintigste eeu ’n tuiste gevind in die Karasstreek in die suide van Namibië. Tot nou toe het niemand hulle geskiedenis opgeteken nie. Môrewind oor die Karasberge is hulle lang vergete storie, opgeteken deur ’n gesaghebbende en gesoute historikus.
Blouwillem is vir heelwat koerantlesers sinoniem met Maandagoggend. Hierdie hoogs vermaaklike bundel is 'n tweede versameling van Blouwillem se tong-in-die-kies wyshede. Blouwillem neem in Willer Blouwillestories onder andere seerowers onder die loep, hy besin oor Charlize se lewensverhaal, munt die Groot Vier en identifiseer Daai Kyk. Origens bied hierdie bundel waardevolle wenke vir diegene wat ’n leerlingbestuurderslisensie moet bekom – en nee, ’n pedofiel is nie ’n onderwyskwalifikasie nie....
Reisgenote bevat ʼn keur uit die kortverhaalbundel, Die reisgenoot, wat oorspronklik in 2013 ingedien is as kreatiewe komponent van ʼn meestersgraadstudie aan die Universiteit van die Vrystaat (onder leiding van prof HP van Coller). As simboliese “reisgenote” is enkele gedigte getoonset wat tematies aansluit by Joanita se eie verhale. Die “reisgenote” is tematies van aard, maar ook in die gesprek tussen tekste, musikale werke en die kunstenaars wat betrokke was by die projek.
’n Reeksmoordenaar jag by stormweer, en Rooi en Kassie moet hom vastrek. Die Hartedief kom met moord weg, en dan is Kassie se volle aandag ook nie eintlik by die saak nie, want hy is smoorverlief op ’n aanvallige mede-seëlversamelaar. Vlerksleep is nie vir sissies nie. Om sake vir hom en Rooi te vererger word hul baas daarvan verdink dat sy hul ondersoek in die wiele ry, en Kassie moet haar onskuld bewys. Intussen word Kaapse vroue vermoor wanneer daar onweer broei.
Dis relevant en vars, dit word oortuigend en eerlik verwoord. Dit betrek die leser intiem by die pyn van 'n mens wat anders is en die 'regte' ding wil doen; Dit lewer terloops kommentaar op die samelewing, die kerk en 'n patriargale bestel se persepsie van vroue wat afwyk van die norm; Die hoofkarakter, Barbette, worstel met haar seksualiteit. Sy pas nerens in nie. Sy voel geroepe om predikant te word in 'n era waar vroue nie in die amp toegelaat is nie. Sy veg teen haar seksuele orientasie en leef selibaat, maar ontmoet later vir Sonja, haar sielsgenoot. Dit lei tot skuldgevoelens en vertwyfeling. Hul verhouding kom op die lappe en Barbette loop haar vas in die vooroordeel en haat van die kerkraad en Christene wat haar selfweersin laat eskaleer en haar sonder enige hoop laat.
’n Meesleurende roman oor ’n verbode passie en ’n politieke intrige. Dis gebaseer op ’n werklike historiese insident, en die gevolge daarvan: Die ontmoeting in 1940 tussen Dr DF Malan en ‘n Duitse spioen, mev Thyra Denk. Nou, in 1946, kry Dieter Bergman, ’n senior polisieman, instruksies om mev Denk per trein van Windhoek na Kaapstad te vergesel, waar sy voor ’n Gekose Komitee van die Parlement moet getuig. As daar bewys kan word dat Malan met die Nazi’s meegewerk het tydens die Tweede Wereldoorlog, kan hy van hoogverraad aangekla word en sal dit die einde van sy politieke loopbaan beteken. Tydens die lang reis per trein ontstaan daar ‘n verhouding tussen Bergman en die beeldskone spioen. Op die trein is egter ook ene adv Doerkstra. Sy missie: hy moet die spioen in die geheim te sien kry en haar oorrreed om nie met haar getuienis Malan se loopbaan te vernietig nie...
Deidre Anker se lewe raak verstrengel met die van ’n bende van vyf seuns wat berug is vir die lewensgevaarlike en ekstreme stunts wat hulle uitvoer en video's daarvan op youtube post. Deur haar ontstuimige verhouding met Louw, begin sy die Branderjaers se geheime ontrafel - soos die feit dat hulle Bloedskuld moet betaal deur dit uit te baklei in die Kring se arena. Daar is ’n prys om te betaal as jy met ’n Branderjaer deurmekaar raak . . .
Nadat Ella Neser as moordspeurder uit die polisie bedank het, het sy op plesierbote in die Karibiese See gaan werk. Toe kom die virus, en sy is verplig om na SuidAfrika te repatrieer. Nou sit sy sonder werk en sonder toekoms. Sy word gevra om 'n private ondersoek te loods op die dorpie Osspruit in Mpumalanga. Vier jong manne het oënskynlik besluit om voor en tydens die inperkingstyd weg te loop, maar meer sinistere gebeure word agter hulle verdwynings vermoed . . . Die aksie speel binne vier dae in Julie af, tydens die grendeltyd. Hoe dieper Ella begin krap, hoe meer besef sy daar is 'n gewetenlose brein wat agteraf konkel met die steenkoollorries na Eskom as rookskerm. Ella is genoodsaak om haar eie intuïsie te vertrou ten einde by die waarheid uit te kom – maar dit gebeur nie sonder verdere hikke en bloedlating nie. Man uit die dode verskyn as krimivervolgverhaal op Netwerk24 en daarna in boekvorm by H&R. Dit speel af net voor die aanvang van Die versoeking van Thomas Maas.
Vier ouens, ‘n meisie in ‘n kortbroek en ‘n man in ‘n rok – so kan die hoofkarakters in die boek opgesom word. Husky en sy drie vriende is na hul Graad 12 eindeksamen op pad na ‘n Karooplaas, Blouwater, vir ‘n heerlike vakansie van niksdoen en kuier. Die plaas behoort aan een van die vriende se pa, een van die rykste mense in die land. Langs die pad laai hulle ‘n pragtige, blonde ryloper op, ‘n meisie met ‘n verlede en ‘n .38-rewolwer in haar handsak. Sy aanvaar die uitnodiging om saam op Blouwater te gaan uitspan, min wetend dat sy in doodsgevaar gaan beland. Op die plaas stuur alles egter op ‘n afgryslike bloedbad af. Onverklaarbare gebeurtenisse, ‘n waansinnige pastoor met sy lang swart gewaad, ‘n kerkie, grafstene, kraaie en ‘n bejaarde gravin met haar haelgeweer skep ‘n atmosfeer van spanning, misterie en Gotiek. Blouwater sal nooit weer dieselfde wees nie. Jonk en oud sal hierdie spanningsverhaal geniet met ‘n ontknoping aan die einde wat die leser uitasem sal laat.
Op die oog af is dié roman ’n storie oor ’n goeie dokter en ’n slegte polisieman. Want ’n bosluisbyt aan die polisieman Frans Schuin lei onverwags tot ’n tydperk van verwarring by die plattelandse dokter Gustav van Aardt. Van Aardt is een van die volrondste personasies wat in baie jare in ’n Afrikaanse roman na vore getree het, en wat so heerlik is van sy uitbeelding is dat hy so nugter as ’n feilbare, onsekere volwassene geskets word. Die leser sien deur Van Aardt se oë - maar soos ons mettertyd agterkom, is daar nie werklik uitsluitsel oor die dinge wát hy sien nie. Is dit drogbeelde of werklike visuele waarnemings? En gaan hy mettertyd vrede maak met sy plek op die aarde? Die titel van dié fassinerende roman deur die skrywer van Kamphoer kan op baie dinge slaan; onder meer op die verlies van alle sekerheid, selfs op die kleinste vlak. Dit sê eindelik baie oor die transformasie wat Suid-Afrika besig is om te ondergaan, uit die oogpunt van ’n hoogs gekultiveerde wit man.
In Julie 1905 kry Siegfried Bock van die Kaiserliche Landespolizei te kampe met ’n plaaslike boer se grudood, spoke uit sy verlede en ’n Berlynse besoeker wat ’n dodelike wrok koester. Hy worstel met Duits-Suidwes-Afrika se onstuimige politiek en ongenaakbare natuur. As hy geregtigheid wil laat seëvier, moet hy dít, asook strominge in sy eie gemoed, te bowe kom. 'Tweegevreet bied, soos sy voorganger, Die vertes in, spanning én stof tot nadenke.
Hulle't 'n bees gesteel by die wit man Rabie. Die bees se naam was Rooiland. Hulle't vir Rooiland geslag en feesgevier. Hulle drink uit die horings: Kilikijan die bloed, Nongoloza die gal. Toe maak hulle 'n print van die wet op die vel. Op die vel van Rooiland. Daai's die wet. En daai wet het even survive die dag toe die hemel en die aarde geskeur het – toe Kilikijan die klipwette stukkend gegooi het en die 27’s een pad geloop het en die 28’s ’n ander pad. 'n Tronksel. Vier gevangenes. 'n Vloeibare, ongevormde wereld. 'n Ritueel van bloed en offergawes. 'n Alledaagse geval van tronkgeweld wolk uit tot ’n konflik oor dinge wat van universele belang is.
Kassie het geglo sy speurderdae is getel ná die Medusa-pedofielsaak, en sy hartaanval. Maar ses maande tuis bring perspektief – hy is ’n speurder in murg en been. Terug by die Spookeenheid word hy en kollega Rooi Els dadelik by die diep kant ingegooi: Hulle moet ’n reeksverkragter vastrek – een wat sy slagoffers met ’n brandyster merk. 'Is die skuldige die man wat beskryf word as “’n weerwolf met die sperm van ’n wildehond”? Of lê die antwoord by die spesifieke merk wat hy op sy slagoffers laat? |
![]() ![]() You may like...
|