Dis relevant en vars, dit word oortuigend en eerlik verwoord. Dit
betrek die leser intiem by die pyn van 'n mens wat anders is en die
'regte' ding wil doen; Dit lewer terloops kommentaar op die
samelewing, die kerk en 'n patriargale bestel se persepsie van
vroue wat afwyk van die norm; Die hoofkarakter, Barbette, worstel
met haar seksualiteit. Sy pas nerens in nie. Sy voel geroepe om
predikant te word in 'n era waar vroue nie in die amp toegelaat is
nie. Sy veg teen haar seksuele orientasie en leef selibaat, maar
ontmoet later vir Sonja, haar sielsgenoot. Dit lei tot
skuldgevoelens en vertwyfeling. Hul verhouding kom op die lappe en
Barbette loop haar vas in die vooroordeel en haat van die kerkraad
en Christene wat haar selfweersin laat eskaleer en haar sonder
enige hoop laat.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!