0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (21)
  • R50 - R100 (186)
  • R100 - R250 (677)
  • R250 - R500 (775)
  • R500+ (103)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Fiksie

Kristalvlakte (Afrikaans, Paperback): Amy Jephta Kristalvlakte (Afrikaans, Paperback)
Amy Jephta
R260 R232 Discovery Miles 2 320 Save R28 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Uit die flenters van oorloë smous Priscilla vir haar en haar familie ? lewe aanmekaar. Die gemeenskap bloei op die snypunt van politieke ordes, bendebase en godsdiensleiers. Somsisdaar eilandjies vrede,soosin enige goeieoorlog. Maar oorlog is soosliefde: dit sal ? pad vind. En solank die bloeddruk klop, sal Priscilla se smokkelhandel oorleef, in die kantlyn van die geskiedenis. Amy Jephta se epiese teaterstuk vertel die verhaal van ? gemeenskap, ? verhaal veel groter as dié van individuele karakters. Hierdie herwerking van Bertholt Brecht seMutter Courage und ihre Kinderbied geen eenvoudige antwoorde nie, maar vlek ? sosiale werklikheid oop tot op die been.

Die Videodief En Ander Kort Stories (Afrikaans, Paperback): Bertie Cloete Die Videodief En Ander Kort Stories (Afrikaans, Paperback)
Bertie Cloete
R156 Discovery Miles 1 560 Ships in 6 - 10 working days
Manaka - Plek van die horings (Afrikaans, Paperback): Pieter Pieterse Manaka - Plek van die horings (Afrikaans, Paperback)
Pieter Pieterse
R300 R268 Discovery Miles 2 680 Save R32 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Pieterse se nagelate roman speel af in die hart van Afrika. Sy kenmerkende humor loop hand aan hand met erns en besinning. Die reis begin in 1871 wanneer Dennis Chipman by Algoabaai aan wal gaan. Met sy agtpondergeweer en sy Ierse terrier trek hy saam met transportryers noordwaarts. Teen die Zambezi draai hy wes om die kronkels en stroomversnellings te verken. Waar die Zambezi sy boggel maak, is dit nog eens noordwaarts deur die oewerruigtes. Vier geslagte later maak sy naamgenoot weer kamp aan die Zambezi, by Manaka – Plek van die Horings. Maar die sendelinge maak ook op Manaka aanspraak – en almal moet nog verby die khuta kom – in tonele waarin Pieterse se humor opnuut sy lesers se harte steel. Nie ver van Manaka af nie, haak die vierde Chipman se boot in Liabwa la Twelve vas. In die meesterlike ontknoping en slottonele loop die Chipmans en die Mulambwas se paaie na meer as 'n eeu weer saam. Pieter Pieterse se reis het op 17 Maart 2002 geeindig toe hy grusaam om die lewe gebring is in die land wat hy geken en liefgehad het. Sy gedagtes dwaal oor die stil water van die Zambezi ver onder hom.

The Art of Change (Afrikaans, Hardcover): Kelly Andria The Art of Change (Afrikaans, Hardcover)
Kelly Andria
R593 Discovery Miles 5 930 Ships in 10 - 15 working days
Donkerdrif (Afrikaans, Paperback): Deon Meyer Donkerdrif (Afrikaans, Paperback)
Deon Meyer 3
R375 R335 Discovery Miles 3 350 Save R40 (11%) Ships in 5 - 10 working days

’n Koelbloedige moord by die Kaapse Waterfront. Wat dalk verband hou met geheimsinnige briewe wat geskorste luitenante Bennie Griessel en Vaughn Cupido ontvang het.

Maar eers moet Bennie-hulle op Stellenbosch soek na ’n verdwene student, en die spoor vat van die eiendomsagent wat die kooptransaksie van Donkerdrif, korporatiewe swendelaar Jasper Boonstra se peperduur wynplaas, behartig het.

Stadigaan besef die speurders al hul ondersoeke het ’n gemene deler: die donkerste drif, gierigheid.

Mevrou Skaap, die piekniek en die koek (Afrikaans, Hardcover): Mevrou Skaap, die piekniek en die koek (Afrikaans, Hardcover)
R68 Discovery Miles 680 Ships in 6 - 10 working days
Wonderboom (Afrikaans, Paperback): Lien Botha Wonderboom (Afrikaans, Paperback)
Lien Botha
R340 R304 Discovery Miles 3 040 Save R36 (11%) Ships in 5 - 10 working days

In die Wes-Kaap sit tiran Albino X op sy Vergelegen-troon. Magriet Vos moet uit sy strik ontsnap, terwyl sy ook probeer ontkom aan haar erger-wordende geheueverlies. In die postapokaliptiese Suid-Afrika van die nabye toekoms moet Magriet haar pad deur die distopiese binneland baan na familie in die noorde, voor demensie haar verswelg. 'n Liriese literere debuut, met as deel van die verhaal fototekste deur die skrywer, 'n baie bekende fotograaf.

Versamelde Boesmanstories 1 (Afrikaans, Paperback): G.R. von Wielligh Versamelde Boesmanstories 1 (Afrikaans, Paperback)
G.R. von Wielligh
R157 Discovery Miles 1 570 Ships in 4 - 6 working days

G.R. von Wielligh (1859–1932) het Boesmanstories versamel om kampvure in die Karoo, dit opgeteken en in vier dele gepubliseer. In hierdie publikasie word Boesmanstories Deel I: mitologie en legendes, en Boesmanstories Deel II: Dierestories en ander verhale, 90 jaar na die oorspronklike verskyning in een deel in eietydse Afrikaans heruitgegee. Daar word vertel hoe reen deur die reenbees gemaak word, hoe fonteinwater ontstaan het deur die groot waterslang met die blink steen op sy kop en hoe die dood deur ’n haas in die wereld gekom het. Stories oor Leeu, Wolf en Jakkals is ook volop en daar word vertel waarom Skilpad en Slang broers is.

'n Biologieklas En Ander Kort Stories (Afrikaans, Paperback): Bertie Cloete 'n Biologieklas En Ander Kort Stories (Afrikaans, Paperback)
Bertie Cloete
R156 Discovery Miles 1 560 Ships in 6 - 10 working days

Stories word daagliks van een person na ‘n ander oorgedra. Dit is ‘n natuurlike deel van mense se sosiale omgang met mekaar.

“Stories word aan kinders vertel om lewenslesse oor te dra, en vriende vertel vir mekaar stories om mekaar te vermaak, of om inligting oor te dra. Die vertelling van verhale is dus ‘n belangrike deel van menslike interaksie. “Vertel stories waar dit nodig is. Dit voed die mens se siel. Ons het partykeer elkeen net ‘n goeie storie nodig.

Donker Bloeisel (Afrikaans, Paperback): Jacques Le Roux Donker Bloeisel (Afrikaans, Paperback)
Jacques Le Roux
R241 Discovery Miles 2 410 Ships in 4 - 6 working days

Ben se ma sterf toe sy hom as jong seun seun uit 'n vuur red. Dit leit tot verdere spanning in sy reeds moeilike verhouding met sy pa. Ben se broer, die windmakerige Andries, word sy pa se gunsteling. Andries pleeg later op 'n bisarre wyse selfmoord tydens 'n veldslag in die Anglo-Boereoorog. In 'n poging om sy broer te red word Ben gewond, en deur die Britte gevange geneem.

Ben ontmoet die pragtige verpleegsuster, Kate, in die hospitaal op Deelfontein. Hy raak verlief op haar, maar Kate het egter 'n donker geheim: morfienverslawing. Na vele probleme en omswerwinge, vind Ben onder valse voorwendsels verblyf in Montagu waar hy vir Kate wag. Hier ontmoet hy vir Helen, wie se man 'n Kaapse rebel was en wat ook na St. Helena verban was. Hy begin 'n vriendskap met Helen en gou is daar verwikkelinge.

Intussen probeer Ben en sy pa elk op sy eie manier ook om hul verhouding te red en leer baie lewenslesse in die proses. Hierdie verhaal spreek tema's van swaarkry en verlies aan, maar ook van hoop en die krag van liefde.

Reisgenote (Afrikaans, Paperback): Joanita Erasmus-Alt Reisgenote (Afrikaans, Paperback)
Joanita Erasmus-Alt
R157 Discovery Miles 1 570 Ships in 4 - 6 working days

Reisgenote bevat ʼn keur uit die kortverhaalbundel, Die reisgenoot, wat oorspronklik in 2013 ingedien is as kreatiewe komponent van ʼn meestersgraadstudie aan die Universiteit van die Vrystaat (onder leiding van prof HP van Coller).

As simboliese “reisgenote” is enkele gedigte getoonset wat tematies aansluit by Joanita se eie verhale. Die “reisgenote” is tematies van aard, maar ook in die gesprek tussen tekste, musikale werke en die kunstenaars wat betrokke was by die projek.

Diereplaas (Afrikaans, Paperback): George Orwell Diereplaas (Afrikaans, Paperback)
George Orwell
R156 Discovery Miles 1 560 Ships in 6 - 10 working days
Jo En Sue - Maanschijnbaai 1 (Afrikaans, Paperback): Chanette Paul Jo En Sue - Maanschijnbaai 1 (Afrikaans, Paperback)
Chanette Paul
R350 R280 Discovery Miles 2 800 Save R70 (20%) Ships in 7 - 11 working days

Ontmoet die Calitze: vier uiteenlopende vroue, elkeen in ’n ander lewensfase, elkeen met haar eie geite en ’n verlede – met ’n hoofletter V. Die Maanschijnbaaiers sit behoorlik regop toe die Calitz-vroue die dorpie in oorlede Casper se pienk Cadillac binnevaar. As dit maar al was. Casper het egter sy afskuwelike turkoois kasarm ook aan hulle bemaak.

Die Maanschijnbaaiers glo dit moet platgeslaan word, maar vir die Calitze kan dit dalk net uitkoms bied. As hulle die kasarm leefbaar maak, kan hulle dalk die onlangse verlede ontvlug. Jo kan 'n verhouding wat haar finansieel en emosioneel geruïneer het, verwerk. Sue kan ontsnap aan al haar eks-lovers. Nan kan oor die skok kom dat sy afgelê is. En Jeannie kan wegkom van die Maidens of Sappho.

Maar op Maanschijnbaai haal die verre verlede hulle in. Want daar is iemand wat reken Casper se erfenis kom die “Calitz-slette” nie toe nie.

Nicky & Lou - 46 Stories (Afrikaans, English, Paperback): Nataniel Nicky & Lou - 46 Stories (Afrikaans, English, Paperback)
Nataniel
R295 R264 Discovery Miles 2 640 Save R31 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Nataniel se jongste bundel is 'n keuse van 46 stories (15 in Engels en 31 in Afrikaans) uit sy verhoogproduksies sedert 2007, onder meer uit Predicting Snow, Men who Fly, Egg Whites and Angel Food, Coronation, Cathedral, Knowing your Microwave and other Magical Moments, Combat. Magiese vertellings oor ons absurde wereld: die vreemdheid maar ook die bekendheid daarvan. 'n Meesterstorieverteller.

Dryfveer (Afrikaans, Paperback): Tinus Viviers Dryfveer (Afrikaans, Paperback)
Tinus Viviers
R240 Discovery Miles 2 400 Ships in 6 - 10 working days

Wat is dit wat mense dryf om daardie fyn lyn tussen reg en verkeer doortesteek, welwetende dat hulle in die proses oor die krans gaan ry? Die karakters in Dryfveer is geen uitsondering nie.

'm Mpumalanga Wholesale Supplies spesialis word vermoor en Karl-Jan Schoeman ontbloot bedrog. Beleef die spanning saam met hom, Eileen Wessels wat die rekenaarskelm moet soek en kaptein Marcus Dube wat die kriminele ondersoek na die moord en 'n ontvoering lei.

Voeg hierby ʼn sluimerende romanse, 'n listige vrou wat bedreig voel, en die vonke spat.

Die Meesterstuk (Afrikaans, Paperback): Francine Rivers Die Meesterstuk (Afrikaans, Paperback)
Francine Rivers
R300 R276 Discovery Miles 2 760 Save R24 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Roman Velasco is ’n suksesvolle Los Angeles-kunstenaar wat oënskynlik alles het wat sy hart begeer – ʼn groot herehuis, geld, vroue en roem. Slegs Grace Moore, sy teësinnige nuwe assistent, weet hoe min hy regtig het. Maar Grace weet nie hoe haar baas in die geheim met sy duiwels stoei nie: deur geboue te teiken as die Bird, ’n berugte maar ongeïdentifiseerde graffiti-kunstenaar – ’n alter ego wat Roman se loopbaan kan verwoes en hom in die tronk kan laat beland.

Soos Roman worstel Grace ook met spoke en geheime van haar eie. Ná ’n rampspoedige huwelik haar lewe totaal van koers afgegooi het, het sy besluit dat liefde nooit weer haar drome sal kniehalter nie. Maar soos sy die enigmatiese man agter die reputasie leer ken, is dit asof hulle gebroke stukke stadig inmekaar begin pas ... totdat iets onverwags gebeur wat die verloop van hulle verhouding – en albei se lewe – onherroeplik verander.

Die meesterstuk is ʼn splinternuwe roman deur bekroonde New York Times-topverkoper-outeur Francine Rivers wat jou herinner dat genade selfs die mees gebroke persoon in ’n onvolmaakte tog ongelooflike meesterstuk kan verander.

Skattejag En Skadukante (Afrikaans, Paperback): Malene Breytenbach Skattejag En Skadukante (Afrikaans, Paperback)
Malene Breytenbach
R110 R89 Discovery Miles 890 Save R21 (19%) Ships in 7 - 11 working days

Elara Steyn, ’n navorser aan Stellenbosch Universiteit, besoek Kaap Nyala waar die marine-argeoloog Rowan Carter se duikspan die skeepswrak Eclipse verken. Die span hoop om die kroon van Almani in die wrak te vind.

Elara en Rowan voel aangetrokke tot mekaar, maar albei het bagasie. Die soektog verloop ook nie sonder probleme nie. Smokkelaars soek die kroon vir ’n ryk versamelaar en daar is ’n verraaier in Rowan se span. Al die drama vertroebel die water vir Rowan en Elara.

Sal die liefde oorwin?

Rookskerm (Afrikaans, Paperback): Joubert Odendaal Rookskerm (Afrikaans, Paperback)
Joubert Odendaal
R220 R203 Discovery Miles 2 030 Save R17 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Wouter Wessels praktiseer as prokureur vanuit ’n omskepte woonhuis in ‘n voorstad van Pretoria. Na ‘n reeks terugslae in sy lewe, is beide sy regsloopbaan en persoonlike lewe weer besig om op koers te kom. Totdat daar op ’n gewone werksdag ‘n skynbaar gewone klient by sy praktyk instap.

Sy het egter nie die deursnee regsprobleem nie. Nadat hy haar begin bystaan, kom hy onverwags op ’n katnes van bedrog en swendelary af waarby hooggeplaastes en invloedrykes betrokke is. Skielik bars alle hel rondom hom los en sy lewe is in gevaar.

Hy betrek spoedig ’n vriendin, wat ’n joernalis by ’n dagblad is, asook ’n eksentrieke forensiese wetenskaplike om hom by te staan om dié bedrogspul te probeer ontrafel. Hy het egter nie die luukse van tyd nie, en boonop verdwyn sy sleutelgetuie skielik spoorloos.

Net Ek (Afrikaans, Paperback): Zinet Oosthuizen Net Ek (Afrikaans, Paperback)
Zinet Oosthuizen
R110 R89 Discovery Miles 890 Save R21 (19%) Ships in 7 - 11 working days

Daar is niks wat Leola so ontstel soos bedrog nie, en as dit nie was dat Wian haar vooraf van haar voete af geswiep het nie, sou sy hom baie moeiliker vergewe het toe hy haar werk as veearts in Bloubosch kom oorneem.

Toe Wian se erfhuis in ’n bosbrand vernietig word, nooi Leola hom om tydelik by haar in te trek.

Gou besef sy die “saamblyery” is glad nie goed vir haar siel, verstand of hart nie.

Innie Shadows (Afrikaans, Paperback): Olivia M. Coetzee Innie Shadows (Afrikaans, Paperback)
Olivia M. Coetzee
R260 R240 Discovery Miles 2 400 Save R20 (8%) Ships in 5 - 10 working days

A page turning, gender and genre-bending novel set on the Cape Flats; a story of people who live in a place of violence which involves drugs, corrupt clergy, queerness, friendships - and how these survive in a society that is dysfunctional due to historical social problems; very much a novel of now, the 21st century.

A book that will change the literary landscape of this country.

Wild Klop Die Liefde (Afrikaans, Paperback): Frida Z. Wild Klop Die Liefde (Afrikaans, Paperback)
Frida Z.
R110 R89 Discovery Miles 890 Save R21 (19%) Ships in 7 - 11 working days

Dr. Emma Retief, ’n wildsveearts, moet haarself in ’n manswêreld bewys. Sy koop ’n praktyk in haar tuisdorp, maar is nie voorbereid op die aantrekkingskrag tussen haar en haar buurman, Regardt, nie.

Regardt het ’n reputasie as rokjagter, daarom bepaal hy hom nou by sy plaas en sy werk om wildstropers te stop. Hy glo hy kan dit beter as Emma doen en hulle stamp koppe. Emma begin ook twyfel aan Regardt se integriteit te midde van die wildsmokkelary.

Gaan hulle die afstand tussen hulle kan oorbrug?

Die Lysie-man (Afrikaans, Paperback): Salma Swanepoel Die Lysie-man (Afrikaans, Paperback)
Salma Swanepoel
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Louisa het ’n lysie met die eienskappe van haar droomman. Vir daardie man bid en wag sy.

Haar mede-onderwyser, Bernard, het nie donker hare en blou oë soos Louisa se droomman nie. Boonop loop hy ná ’n slegte ervaring maar lig vir meisies.

Toe hulle saam op ’n skooltoer na die Karoo gaan, leer Bernard en Louisa mekaar werklik ken. Louisa leer gou die liefde steur hom nie aan lysies nie.

Nou moet sy kies tussen haar lysie-man en haar hart.

'n Skatkis vol drome (Afrikaans, Paperback): Corne van Rooyen 'n Skatkis vol drome (Afrikaans, Paperback)
Corne van Rooyen
R110 R89 Discovery Miles 890 Save R21 (19%) Ships in 7 - 11 working days

Harriët se droom is om die beste kleremaakster in die Kaap te word. Maar haar droom lê aan skerwe toe haar dobbelverslaafde pa haar aan ’n dobbelb aas beloof om sy skuld af te betaal.

Haar lewe verander onherroeplik toe die skatryk Jurgens Hendrikssen tot haar redding kom met ’n vreemde huweliksaanbod.

Harriët se droom om topkleremaakster te word kry weer vlerke.

Kan sy dit waag om ook te droom dat haar liefde beantwoord sal word?

Man met 'n Plan (Afrikaans, Paperback): Elize Davies Man met 'n Plan (Afrikaans, Paperback)
Elize Davies
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Steffi trou met Dawid sodat sy haar erfgeld kan kry. Dis veronderstel om net ’n huwelik in naam te wees, maar op ’n vakansie saam met haar pa op Kreta, moet sy en Dawid tot haar skok ’n bed deel.

Boonop soen Dawid haar skielik ty dig en ontydig en wil nie aan sy kant van die bed bly nie. As sy moet eerlik wees, sy ook nie.

Maar die nagmerries uit haar kinder dae pla nog steeds. En wat van Henko, die vriend uit haar verlede?

In 'n sprokie verweef (Afrikaans, Paperback): Rina Cilliers In 'n sprokie verweef (Afrikaans, Paperback)
Rina Cilliers
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Alichi, ’n kunswewer, moet nuwe verblyf soek, maar haar weefgetou is te groot vir ’n plek in die stad. Sy vind uitkoms op ’n plaas waar sy deel kan wees van ’n opheffingsprojek om plaaswerkers se vrouens op te lei in die weefkuns. Haar nuwe lewe tussen die Kleinrivierber ge word gekompliseer deur haar baas, Wikus, ’n gesogt e vrygesel. Hy kom tot haar redding wanneer sy bergop stap en v erdwaal. Sy wil nie los drade hê wat haar nuwe sprokieslewe gaan bederf nie en hulle besluit om uiteindelik dinge uit te praat. Sal sy hom met haar hart kan vertrou?

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Bloedbande
Jeanette Stals Paperback R320 R300 Discovery Miles 3 000
Katvis
Annelie Botes Paperback  (1)
R360 R332 Discovery Miles 3 320
Kwaaiwater
Irna van Zyl Paperback R350 R312 Discovery Miles 3 120
25 Trappe Na Benede
Madelein Rust Paperback R320 R300 Discovery Miles 3 000
Moederland
Madelein Rust Paperback R350 R312 Discovery Miles 3 120
Opstokers, Fopdossers en Tweegatjakkalse
Herman Lategan Paperback R273 Discovery Miles 2 730
Polsslag
Marie Lotz Paperback  (1)
R350 R312 Discovery Miles 3 120
Die Verevrou
Jan van Tonder Paperback R350 R312 Discovery Miles 3 120
Die Bewonderaar
Erla-Mari Diedericks Paperback  (1)
R320 R300 Discovery Miles 3 000
Die verdwyning van Mina Afrika
Zuretha Roos Paperback R315 Discovery Miles 3 150

 

Partners