0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (22)
  • R50 - R100 (154)
  • R100 - R250 (500)
  • R250 - R500 (781)
  • R500+ (125)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Fiksie

Hart Onder Arres (Afrikaans, Paperback): Judy Troskie Hart Onder Arres (Afrikaans, Paperback)
Judy Troskie
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Joernalis Cecile se humeur is net so warm soos haar vlamrooi hare en kaptein Ruan de Wet laat dit elke keer opvlam. Cecile is nuut by die plaaslike koerant en niks gaan haar keer om die scoop te kry oor die diefstal van die blou diamante nie.

Dit plaas haar egter direk in die spervuur. En dan dreig haar hart boonop om sag te word om Ruan.

Gaan hy haar hart kan vasboei of gaan sy weereens eerder vlug as veg?

Sondebok (Afrikaans, Paperback): Irma Venter Sondebok (Afrikaans, Paperback)
Irma Venter
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Adriana vra Ranna en Alex om onder die dekmantel van joernalistiek die storie van ’n jong vrou onder haar beskerming te ondersoek. Dit bring hulle op die spoor van ’n ou misdaad – die verdwyning van ’n talentvolle jong kunstenaar wat in haar matriekjaar spoorloos verdwyn het. Die meisie se destydse kêrel en haar kunsonderwyser is verdink, maar die saak is nooit opgelos nie. ’n Foto van die meisie naby ’n aborsiekliniek in Johannesburg speel ’n kardinale rol. In die foto kyk sy oor haar skouer, asof sy bang is sy word agtervolg. Alex dek ook ’n storie oor ’n jong onwettige immigrant wat van vervolging in sy eie land gevlug het om ’n nuwe lewe in Suid­Afrika te maak. Maar xenofobie dreig om sy drome te verwoes. AJ Williams is op dertig kaptein in die polisie, maar sy veg om die stereotipering te oorkom wat haar bruin vel en geslag ontlok. ’n Foto van Ranna in Pretoria sit AJ op dié se spoor.

Verlief op die Hartebreker (Afrikaans, Paperback): Elize Davies Verlief op die Hartebreker (Afrikaans, Paperback)
Elize Davies
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

As skoolkind was Carli dolverlief op haar ouer broer se vriend Rudolph Beyers. Hoekom het sy haar dan so skaamteloos gedra toe hy by die maskerbal vir haar matriekafskeid opgedaag het? En het hy haar agter haar masker herken?

Rudolph het nog altyd ’n sagte plekkie vir Carli gehad, al het sy as kind soos ’n stertjie al agter die groot seuns aangetou. Wanneer hul paaie agt jaar later weer kruis, woon en werk Rudolph oorsee en Carli is verloof aan Louis.

Gaan sy ter wille van haar gesin se behoud met Louis trou en haar in ’n liefdelose huwelik begewe? Of gaan sy alles op die spel plaas vir die hartebreker wat haar knieë al van kindsbeen af lam maak?

Versamelaar Van Verlore Drome (Afrikaans, Paperback): Frenette van Wyk Versamelaar Van Verlore Drome (Afrikaans, Paperback)
Frenette van Wyk
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Lyra en Andante is in Venesië in die Karnavaltyd, op soek na waardevolle antieke items wat vir hulle nie net estetiese of geskiedkundige waarde het nie, maar ook persoonlike en sentimentele betekenis het.

Hulle soektog lewer egter raaisels en probleme op wat konflik tussen hulle veroorsaak, geheime wat hulle verhouding affekteer, en antwoorde wat hulle albei seermaak.

Sal begrip en vergifnis genoeg wees om hulle liefde vir mekaar te red?

Die tyd van die klippe (Afrikaans, Paperback): Doc Immelman Die tyd van die klippe (Afrikaans, Paperback)
Doc Immelman
R203 Discovery Miles 2 030 Ships in 4 - 8 working days

Markus Dreyer was veertien dae op pad uit die suide waar sy ouers vermoor is, en in die Oppermans se groot voorkamer moet hy hoor dat sy oom, die enigste familie wat hy oorhet, 'n perd gesteel en verdwyn het. Toe Opperman, die jagkoning onder die Angolaboere, hoor dat Markus ook gejag het, besluit hy dat Markus moet bly. Miskien was dit die meisie met die koperbruin hare wat vir hom die deur van Opperman se huis oopgemaak het, wat Markus laat besluit om dan wel te bly. Miskien is dit net van nie weet waarheen verder nie? In elk geval sien hy die jagekspedisie saam met haar pa die kans om te verdien en weer selfstandig te raak. Hy het nie besef dat dit nie slegs 'n kwessie is van olifante doodskiet nie. Hy moet nog agterkom watter houvas Opperman op sy jagters het, en party van die teenkanting teen hom het hy nog glad nie verstaan nie.

Liefde in die Lug (Afrikaans, Paperback): Alma Carstens Liefde in die Lug (Afrikaans, Paperback)
Alma Carstens
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Vir Armin en Gia is dit liefde met die eerste oogopslag toe hulle op ’n vlug tussen Dub ai en Londen ontmoet, maar die noodlot gryp in. Toe hulle mekaar vyf jaar later weer op ’n vlug raakloop, is Gia getroud.

Byna drie jaar later kruis hulle paaie weer en alhoewel Gia intussen geskei is, is Ar min nou verloof. Sal die vonk tussen hulle dié keer behoorlik ontvlam? En wat van die geheim wat Gia tenalle koste van Armin wil weerhou?

Wat Die Hart Wil Hê (Afrikaans, Paperback): Alta Steyn Wat Die Hart Wil Hê (Afrikaans, Paperback)
Alta Steyn
R110 R86 Discovery Miles 860 Save R24 (22%) Ships in 7 - 11 working days

Ná ’n nag van passie het Jacqueline en Boshoff hul harte op mekaar verloor, maar haar noodgedwonge leuens oor haar verlede het hulle uitmekaar gedwing.

Dan besoek Jacqueline ’n gewilde wynplaas om ’n artikel na te vors, net om uit te vind Boshoff is mede-eienaar. Boshoff maak asof hy haar nie ken nie en dan hoor sy dat hy boonop verloof is. Jacqueline moet veg teen haar eie gevoelens en Boshoff se giftige verloofde.

Gaan Jacqueline en Boshoff mekaar weer vind?

'n Jetski vir twee (Afrikaans, Paperback): Ilze Beukes 'n Jetski vir twee (Afrikaans, Paperback)
Ilze Beukes
R110 R95 Discovery Miles 950 Save R15 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Met haar prokureur se hulp, vind Lizzy onder ’n nuwe identiteit ’n toevlug op ’n plaas by die see. Daar versorg sy die visser shuisies en bly naweke in die eienaar, Reuben, se huis terwyl hy in Mauritius is.

Alles gaan goed, tot Reuben een nag onv erwags opdaag en Lizzy hom vir ’n inbreker aansien en haar self verdedig.

Reuben is kalm, onder steunend en dierbaar. Hy maak haar deurmekaar, al sê hy hy wil ook nooit trou nie. Gaan haar hart dié keer selfs seerder kry as voorheen?

Koning se Wingerd (Afrikaans, Paperback, 3de Uitgawe): F.A. Venter Koning se Wingerd (Afrikaans, Paperback, 3de Uitgawe)
F.A. Venter
R375 R352 Discovery Miles 3 520 Save R23 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Moet Agab getrou bly aan die ou lsraelitiese waardes, of kan hy sy vrou volg die afvallige tydsgees in? Teenoor lsebel staan die profetiese figuur van Elia - wat die droogte oor Israel voorspel, die profete van Baal in 'n tweestryd op Karmelberg verneder, en uiteindelik die finale doemwoord oor Agab en sy huis uitspreek. Daar is ook die verhaal van Nabot,wat nie bereid om te erken dat God die God van alle mense is nie. En van die liefde van Johanan vir Ada, die dogter van hul dienskneg.

Die Wêreld van Charlie Oeng - 'n Roman (Afrikaans, Paperback): Etienne Van Heerden Die Wêreld van Charlie Oeng - 'n Roman (Afrikaans, Paperback)
Etienne Van Heerden
R445 R417 Discovery Miles 4 170 Save R28 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Tian Killian se ouers is voor sy oë vermoor, die aand van die vuurwerke op Slootplaas. Nou reis hy, Amsterdam toe en na Kowloon, oral op die spoor van Charlie Oeng, oftewel Koekepan, oftewel Gelatenheid, oftewel Sjinees. Eens op ’n tyd ’n onbeduidende Hollywood-ekstra, maar ’n hoofrolspeler in Tian se wêreld. Hoe harder Tian probeer om die pyn wat hom sedert sy jeug vergesel, te verstaan, hoe tergender word die vraag: Waar eindig die Sjinees se skuld en waar begin sy éie aanspreeklikheid?

’n Ryke verskeidenheid karakters bevolk dié ambisieuse verhaal, van die Sjinese matriarg Ouma Voetjies in Amsterdam tot die blinde siener Ouma Ogies in die Oos-Kaap, van Cor van Gogh, hy met die kleinood in die koker, tot die enigmatiese, naamlose “Sy” . . .

Die wêreld van Charlie Oeng staan in die tradisie van breedopgesette vertellings met veelvuldige verhaallyne en uitgebreide agtergrondbeskrywings. Feit en verdigsel is sjarmant verweef in hierdie verbluffende roman.

Onvoorwaardelike Liefde (Afrikaans, Paperback): Renda de Waal-Fourie Onvoorwaardelike Liefde (Afrikaans, Paperback)
Renda de Waal-Fourie
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Op haar man se begrafnis hoor Danika Rivers iemand sê sy moes van haar man se bedrog geweet het. Sy en haar sesjarige dogtertjie word met skuld en skande agtergelaat.

Ses maande later ontmoet sy die man wat haar so vinnig veroordeel het. Stadigaan gee Dewald de Koning haar weer die selfvertroue om die wêreld in die oë te kyk.

Probeer Dewald net vergoed vir sy kras woorde van maande gelede? Of het hy regtig lief geword vir haar?

Toorberg (Afrikaans, Paperback): Etienne Van Heerden Toorberg (Afrikaans, Paperback)
Etienne Van Heerden
R370 R347 Discovery Miles 3 470 Save R23 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Dit was nog nie behoorlik dag nie toe Kaatjie Danster, haastig op pad Halte toe, die kind van die weemoed in die voetpaadjie voor haar gewaar. Tjoepstil het hy gestaan en luister na die wind. Sy het dadelik geweet: Druppeltjie du Pisanie, kind van Waterwyser du Pisanie en KensTillie Moolman, het die lewe vir die dood verruil. Maar hoe Druppeltjie onder in die boorgat beland het, dit weet niemand nie. En die af-arm magistraat wat nou, veertien maande later, kom ondersoek instel na die oorsaak van sy dood, torring verniet aan dinge wat verby is. Want Toorberg se mense – die lewendes en die dooies – ken van geheime wegbere. Net oor een ding het magistraat van der Ligt dit reg: hoe meer getuies daar is, hoe verder wyk die waarheid.

Zip! (Afrikaans, Paperback): Nataniel Zip! (Afrikaans, Paperback)
Nataniel 1
R365 R342 Discovery Miles 3 420 Save R23 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Nataniel is weer op sy stukke. 41 magiese nuwe stories in Afrikaans en Engels, uit sy mees onlangse verhoogproduksies landswyd. Tegelyk absurd en tog so herkenbaar Suid-Afrikaans. Soos in Nicky & Lou, en sy jongste blitsverkoper 150 stories, is die verhale in Zip! spitsvondig en baie snaaks, en tog ook so wys. Hoe skryf hy op een plek: “As mense na jou staar of jou nie aanvaar nie, is dit heeltemal in die haak. Solank hulle vir jou hande klap.” 27 stories is in Afrikaans, en 14 in Engels.

Mal Oor Jou (Afrikaans, Paperback): E L Bester Mal Oor Jou (Afrikaans, Paperback)
E L Bester
R110 R86 Discovery Miles 860 Save R24 (22%) Ships in 7 - 11 working days

Ná haar man se dood kruip Issa Joubert weg in haar groentetuin op die erf langsaan. Hier kan sy haar tyd neem om te genees van die onreg en seer.

Tot ’n ontwikkelaar besluit hy wil ook die erf hê. Richter Human is Issa heeltyd een stappie vooruit, maak haar deurmekaar en erken sy trek hom aan.

Hy druk al die regte knoppies, maar kan sy hom vertrou? Is hy te goed om waar te wees, of kan hulle saam geluk vind?

In die Hart van Lente (Afrikaans, Paperback): Felicia Snyman In die Hart van Lente (Afrikaans, Paperback)
Felicia Snyman
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Lente is verloof aan die aantreklike Herman Pretorius, maar sy weet haar hart behoort eintlik aan haar gevaarlike en stormagtige jeugliefde, Stander Gerber. Hy is egter verantwoordelik vir die dood van hul goeie vriend en die letsel in haar nek…

Stander stoei steeds met skuldgevoelens oor destyds, maar sy liefde vir Lente brand al hoe sterker.

Sal hulle die spoke van die verlede kan verjaag of gaan hulle die maklike roete kies en met ’n hart vol letsels wegstap?

'n Noodvlug vir Rusty (Afrikaans, Paperback): Jaco Versfeld 'n Noodvlug vir Rusty (Afrikaans, Paperback)
Jaco Versfeld
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Nadine Bester is ’n traumasuster op lugambulanse. Toe haar seun gedragsprobleme toon, stel die laer skool se jeugwerker, Rusty, voor dat Nadine w eer begin uitgaan.

Haar seun hou egter glad nie v an haar nuwe kêrel nie. Daarby verhuur haar ma die tuinwoonstel op hulle er f aan Rusty en nou is die jeugwerker onder haar neus en kom telkens tot haar redding.

Kan Rusty haar seun help om Nadine se nuwe liefde te aanvaar?

Of is die aantreklike rooikop jeugwerker juis die probleem?

Ons Skulde (Afrikaans, Paperback): P.P. Fourie Ons Skulde (Afrikaans, Paperback)
P.P. Fourie
R360 R337 Discovery Miles 3 370 Save R23 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Emma reis na Clarens om haar man se as te strooi. Terwyl sy by tante Vera tuisgaan, daag ’n geheimsinnige koevert op waarvan die inhoud Vera angsbevange maak. Dit blyk dat sy jaarliks anoniem só gedreig word voordat daar op iets wat vir haar kosbaar is toegeslaan word.

Wie koester ’n wrok teen Vera? Waarom? Sal Emma antwoorde vind voordat die teisteraar se wraak toeneem?

Met die spannende ontrafeling van ’n skrikwekkende raaisel word temas van skuld, straf, boetedoening en vergifnis ondersoek.

Haar Grootmensliefde (Afrikaans, Paperback): Cynthia Robertson Haar Grootmensliefde (Afrikaans, Paperback)
Cynthia Robertson
R110 R95 Discovery Miles 950 Save R15 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Juta Enslin is ’n spor tredakteur en aan oefen verslaaf. Tot meningitis haar by die dood laat omdraai en haar gehoor en balans aantas. Sy is skielik van almal om haar af hanklik en voel sy het alles verloor.

Dan ontmoet sy vir Logan Duiguid, ’n Skotse fisioterapeut, wat haar help om haar balans te herwin en weer te begin lewe. Sy raak hopeloos verlief op Logan, maar hy het ’n lieflike meisie.

Juta besef Logan is haar groot liefde, maar kan sy haar eie geluk opgee ter wille van syne?

Boere-Aspoester (Afrikaans, Paperback): Beatrix Smith Boere-Aspoester (Afrikaans, Paperback)
Beatrix Smith
R110 R86 Discovery Miles 860 Save R24 (22%) Ships in 7 - 11 working days

Alinda is vasbeslote om haar sterfbedbelofte aan haar ma na te kom voor sy trou. Maar watter man sal sewe jaar vir haar wag, soos Jakob vir Ragel?

Dieselfde dag waarop sy haar ontroue aanstaande die deur wys, steel ’n Gautenger haar parkeerplek. Alinda besluit net daar om mans die rug te keer.

Toe dit blyk die Gaut enger is haar buur man se kleinseun Harry, spat die vonke behoorlik tussen hulle. Sal Harry Alinda kan oortuig hy is ’n man soos Jakob?

Waarom die Boere die oorlog verloor het (Afrikaans, Hardcover): Leopold Scholtz Waarom die Boere die oorlog verloor het (Afrikaans, Hardcover)
Leopold Scholtz
R203 Discovery Miles 2 030 Ships in 4 - 8 working days

Die geykte antwoord, dat die Britte baie sterker as die Boere was, het die historikus nie tevrede gestel nie. Aan Britse kant is die strategiese en operasionele denke van die opperbevel al volledig beskryf. Die teorie van die krygswetenskap het intussen soveel ontwikkel dat die gebeure van 1899-1902 vandag in baie beter perspektief geplaas kan word. Aan Boerekant is die strategiese, taktiese en operasionele denke van die Boeregeneraals nog nooit volledig ondersoek nie. In hierdie werk van Scholtz word die strategiese en operasionele hoofmomente van die oorlog in die lig van die moderne krygswetenskap ontleed en 'n antwoord verstrek op die eenvoudige vraag waarom die Boere die oorlog verloor het.

Die Kleur van Passie (Afrikaans, Paperback): Santi Neven Die Kleur van Passie (Afrikaans, Paperback)
Santi Neven
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Toe Cérie Château Monet erf, besluit sy om daar te bly. Hier is sy geliefd en haar geheim is veilig. Arthur Arenberg, ’n welgestelde hertog en Cérie se lojale jeugvriend, is bereid om met Cérie trou om haar teen haar pa te beskerm.

Warrick is op sy gelukkigste op sy ouers se wildsplaas in Suid-Afrika. In Frankryk vir ’n kursus, lei ’n motorongeluk hom na Cérie se deur.

Waar lê Cérie se toekoms? In Frankryk as Arthur se vrou of in haar geboorteland saam met Warrick?

Daar Is Net Een Jy (Afrikaans, Paperback): Zinet Oosthuizen Daar Is Net Een Jy (Afrikaans, Paperback)
Zinet Oosthuizen
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Diana en Gerhard deel dieselfde droom, maar dit is beslis nie een wat hulle saam kan uitleef nie. Dit is óf die een óf die ander se droom wat gaan realiseer.

Hulle is albei doelgerig en vasbeslote in hul soeke na sukses. Sake word bemoeilik toe hulle hul harte onherroeplik op mekaar verloor.

Hoe gaan hulle die groeiende passie tussen hulle keer? En wie se drome gaan op die ou einde aan skerwe lê?

Diagnose - Hart Verloor (Afrikaans, Paperback): Madgda Schmidt Diagnose - Hart Verloor (Afrikaans, Paperback)
Madgda Schmidt
R110 R95 Discovery Miles 950 Save R15 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Retha Malan sien dokter Isak Vermeulen die eerste keer toe hy ontstoke uit haar dosent se spreekkamer storm en haar amper onderstebo loop. Hy hoor lat er dat sy hom ’n brombeer noem!

Soos hulle mekaar leer ken, besef hulle hulle is geesgenote en Isak begin selfs praat van trou. Dan sien Isak vir Retha in ’n vurige omhelsing met ’n ander man. Hy konfronteer haar en sy sien sy gebrek aan vertroue onvergeeflik.

Sal liefde en vergifnis dié struikelblokke kan oorwin?

'n Dagreis Ver (Afrikaans, Paperback): Zarine Roodt 'n Dagreis Ver (Afrikaans, Paperback)
Zarine Roodt
R275 R254 Discovery Miles 2 540 Save R21 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Zarine Roodt besluit om die Camino Portugués te stap as aanloop tot haar sestigste verjaardag. Maar om dít te kan doen, moet sy eers haar lewenslange patroon van fisieke onaktiwiteit takel.

Tot haar ontnugtering is die Camino nie van begin tot einde die salige en spirituele ervaring wat sy in die vooruitsig gestel het nie.

Maar tog… eers na afloop van die Camino besef sy hoe haar staptog vorm aangeneem het en dat dít ’n psigiese rigtingwyser is: "Vir my is daar maar net één pad, en dis die een wat ek self moet vind."

Hemel Op Aarde (Afrikaans, Paperback): Salma Swanepoel Hemel Op Aarde (Afrikaans, Paperback)
Salma Swanepoel
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Celeste is die jongste kind en voel haar familie onderskat haar. Toe sy hoor van ’n pos by ’n seunskoshuis op die kleinhoewe Hemel-op-aarde wat dringend gevul moet word, gryp sy die geleentheid aan.Maar die aantreklike Arno Hougaard meng met haar werk in en laat haar aan haar vermoëns twyfel. Haar vriendinne beskou hom as ’n vangs, maar in haar oë is hy sommer net ’n pyn. Gaan Celeste haar voete en liefde kan vind?

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Marketing Management - A South African…
M C Cant, C. H. van Heerden Paperback R653 R603 Discovery Miles 6 030
Conversations with Silence
Sally Longley Hardcover R936 R803 Discovery Miles 8 030
Sweat Scale Sell - Build Your Business…
Pavlo Phitidis Paperback R320 R290 Discovery Miles 2 900
Developing Sanity in Human Affairs
Robert P. Holston, Susan Kodish Hardcover R2,839 Discovery Miles 28 390
Life in Motion - An Unlikely Ballerina
Misty Copeland Paperback R473 R443 Discovery Miles 4 430
Fundamentals Of Sales And Marketing
Mike Du Toit Paperback R550 R520 Discovery Miles 5 200
E-Commerce In South Africa
Adheesh Budree Paperback R445 Discovery Miles 4 450
Conversations with God Book 3 - Let's…
Matthew Robert Payne Hardcover R630 Discovery Miles 6 300
Sales Management
L. Erwee, M C Cant Paperback R385 Discovery Miles 3 850
Praying Like Monks, Living Like Fools…
Tyler Staton Paperback R480 R414 Discovery Miles 4 140

 

Partners