As skoolkind was Carli dolverlief op haar ouer broer se vriend Rudolph
Beyers. Hoekom het sy haar dan so skaamteloos gedra toe hy by die
maskerbal vir haar matriekafskeid opgedaag het? En het hy haar agter
haar masker herken?
Rudolph het nog altyd ’n sagte plekkie vir Carli gehad, al het sy as
kind soos ’n stertjie al agter die groot seuns aangetou. Wanneer hul
paaie agt jaar later weer kruis, woon en werk Rudolph oorsee en Carli
is verloof aan Louis.
Gaan sy ter wille van haar gesin se behoud met Louis trou en haar in ’n
liefdelose huwelik begewe? Of gaan sy alles op die spel plaas vir die
hartebreker wat haar knieë al van kindsbeen af lam maak?
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!