0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (22)
  • R50 - R100 (143)
  • R100 - R250 (581)
  • R250 - R500 (804)
  • R500+ (125)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Fiksie

Tussen Stasies (Afrikaans, Paperback): Irma Joubert Tussen Stasies (Afrikaans, Paperback)
Irma Joubert
R350 R328 Discovery Miles 3 280 Save R22 (6%) Ships in 7 - 11 working days

As ’n Duitse wesie kom Gretl ná die Tweede Wêreldoorlog Suid-Afrika toe. Vir haar oorlewing, het Jakób Kowalski besluit. Maar net Jakób ken haar groot geheim, kan dalk die vuur in haar drome verstaan. En help heelmaak.

Stillewe (Afrikaans, Paperback): Marie Spruyt Stillewe (Afrikaans, Paperback)
Marie Spruyt
R300 R281 Discovery Miles 2 810 Save R19 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die ware betekenis van la dolce vita ...

In ’n skoendoos vol papiere wat Lizette de Klerk by haar bejaarde ma kry, ontdek sy ’n brief van haar oupa. Dié versoek dat ’n bedrag geld aan die Italiaanse De Lucas-gesin betaal word. Haar oupa het gedurende die Tweede Wêreldoorlog in Italië geveg en is daar gewond. Presies wat tussen haar oupa en die De Lucas-gesin gebeur het, is nie duidelik nie, maar dit stuur Lizette op ’n speurtog na Italië. Hier onthul die geskiedenis van oupa Isak se verbintenis met Isabella De Lucas sigself soos ’n skildery, laag-op-laag en ontroerend mooi.

In Italië, aan huis van haar galante gasheer, die kunsprofessor en kunstenaar Alphonso Lombardi, leer Lizette die ware betekenis van la dolce vita ken.

The Heart Knows No Colour (Afrikaans, Paperback, Illustrated Ed): Praba Moodley The Heart Knows No Colour (Afrikaans, Paperback, Illustrated Ed)
Praba Moodley
R401 Discovery Miles 4 010 Ships in 12 - 19 working days

The story is set in Natal at the turn of the 20th century , when Sita and her family arrive from India to build a new life in South Africa, not suspecting what lies in store for them. Working as indentured labourers on a sugar-cane plantation, life is hard – but for Sita, it is also filled with the joys of growing up, first love and the dawning of passion. Defying tradition, the young girl becomes enmeshed in a forbidden love affair with Albert, the English brother-in-law of the estate owner. Unwillingly at first, Sita is forced into a marriage of her parents' choosing – but her secret passion never dies… Years later, when she has settled into marriage and motherhood, Albert returns, and Sita must grapple with her feelings again. The Heart Has No Colour also delves into the criminal underworld of turn-of-the-century Durban. Entwined in Sita's story is the tale of Gopi, her older brother, who comes to ruin in the seedy gambling dens of the big city. Sita's large, loving, emotional family is portrayed in intimate detail. The story traces their fortunes and misfortunes into the next generation, when Geeta and Sita's children grow to adulthood, and each in their own way reaps the consequences of their parents' actions.

Annabella (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe): Chanette Paul Annabella (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe)
Chanette Paul
R280 R263 Discovery Miles 2 630 Save R17 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Annabella (1922/1923, Tamara se oudste dogter) het die verkryging van vrouestemreg as tema. Die vraag hier is: Wat gebeur as 'n vrou twee groot passies in haar lewe het - stemreg vir vroue en haar musiekstudies - én sy moet kies tussen twee uiteenlopende mans?

Die een is in 'n posisie om die saak van stemreg te bevorder en die ander een is 'n briljante violis wat haar hart in die holte van sy hand hou, maar vrede het met vrouestemreg.

Blom in die Hare (Afrikaans, Paperback): Kristel Loots Blom in die Hare (Afrikaans, Paperback)
Kristel Loots
R280 R263 Discovery Miles 2 630 Save R17 (6%) Ships in 7 - 11 working days

In haar grootwordjare in die laat tagtigs dra vroue skreeuhelder neonkleure, skouerkussings en groot hare. Maar nie háár aanneemma nie en ook nie Kaila sélf nie. Sy skáám haar!

Haar ma is kerklik en koeklik en oorgewig en nie regtig lief vir haar nie.

Kaila word bespot en leer verwerping ken op vele vlakke.

Daar is ’n gevaarlike, verbode aantrekkingskrag tussen haar en haar Wiskunde-onderwyser. Sal hy die liefde van haar lewe wees?

Ná ’n motorongeluk wat ernstige letsels laat, verdwyn Kaila se ma spoorloos. Die onsekerheid en verlange spook lank daarna nog by haar.

As enkelouer stort sy jare later al haar liefde uit op haar seun, Sebastian. As hy tog net nie bevriend was met Bertina, die wildewragtige dogter van Max Viljoen, nie! Toe Bertina swanger raak, staan Kaila se seun se toekomsdrome gevaar om verpletter te word. Wat gemaak met die swangerskap wat soveel mense se lewe in skerwe laat spat? Max is vasbeslote dat sy dogter nie alleen met die baba in die arms gaan bly staan nie terwyl Kaila haar seun wil beskerm. Eintlik het Kaila en Max mekaar nodig, maar Kaila se hart breek wanneer sy die pyn in haar jong seun se oë sien.

En Kaila weet, sy weet, ’n mens het meer nodig as ’n blom in jou hare om gelukkig te wees.

Bek Sonder Brieke (Afrikaans, Paperback): Elias P. Nel Bek Sonder Brieke (Afrikaans, Paperback)
Elias P. Nel
R59 Discovery Miles 590 Ships in 4 - 8 working days

In hierdie vertellinge is oom Goliat Tross, oftewel oom Gollie of kortweg sommer oom Goltros aan die woord. Hy het heelwat te se oor die eienaardige mense van Verneukpan en die eienaardighede wat hulle doen en se. Daar is stories oor oom Goltros se ontmoetings met spoke, die moelikheid wat hy as "outerlink op die banke" met verkeerde mense het, mouters wat gaan staan of te vinnig ry, en dan is daar nog die drank ook. So vertel hy van ou Hans Arnols: "Onbruikbare mens as daar al ooit een gewees'it. Hy't mos van jongsdae af die probleempie mettie drank saam. En hoe ouerter hy raak hoe erger raak die affering. Smaak my hy was oppe kol ok amper uit sy vrou uit oor diese drinkery." Nel skryf hier in die dialek van die mense van Verneukpan in die Noord-Kaap, wat met sy eiesoortige uitdrukkings en woordeskat op sigself die boek lesenswaardig maak.

Stroomop (Afrikaans, Paperback): Adeline Radloff Stroomop (Afrikaans, Paperback)
Adeline Radloff
R158 Discovery Miles 1 580 Ships in 5 - 7 working days

Vyf Gautengse vroue swem stroomop deur die lewe. Hulle kom uit baie verskillende wêrelde: Daar’s 'n uitgebrande chirurg, 'n bedroefde tipe A-prokureur, haar opstandige studentedogter, 'n oorgewig, oorstelpte huisvrou en ma van drie, en 'n vreesbevange jong data-analis in haar liefde verlaat. Hulle beland saam in groepsterapie vir die traumas wat die lewe hulle onlangs opgelê het, en deel van die terapie is 'n river rafting-ekskursie op die woeste Oranjerivier. Wanneer hul manlike gids daar in groot moeilikheid beland, moet dié vyf diep verskillende vroue saamspan, verby hul eie probleme en struwelinge kyk en die gevaarwaters sónder hul gids aandurf – of hy, en hulle, oorleef dalk nie.

'n Bemagtigende vroue-avontuur oor spanwerk, volharding en jou eie ding met oortuiging doen, deur die span van Pad na jou hart en Vir altyd.

Die gelyknamige rolprent met Donnalee Roberts in een van die hoofrolle begin 9de Augustus* landwyd draai.

Droomvanger (Afrikaans, Paperback): Chanette Paul Droomvanger (Afrikaans, Paperback)
Chanette Paul
R390 R366 Discovery Miles 3 660 Save R24 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die mistigheid is klam en koel en dwarrel in vlae teen haar vel. Sy sak weg daarin. Los daarin op. Die mis rol nog digter teen haar aan, begin haar versmoor. Sy asem die digte klamheid hortend in. Nou is dit ook binne-in haar. Sy stoei vir asem ... Die droomwip moes haar drome verklaar, maar sy weet steeds nie wat hulle inhou nie. Die runesteen moet haar beskerm, maar die eerste aand op die plaas in die Maluti's is daar ʼn moord. Die antieke manuskrip kan dalk haar toekoms verseker ... as sy oorleef.

Meer As Blomme (Afrikaans, Paperback): Ilde Grove Meer As Blomme (Afrikaans, Paperback)
Ilde Grove
R100 R90 Discovery Miles 900 Save R10 (10%) In Stock

Sy liefde is soos die eerste lenteblom.

Mia se gunstelingmens is haar ouma en haar gunstelingplek is haar ouma se blommewinkel, Die geel katstert. Daarom sal sy enigiets doen om te verhoed dat die nuwe indringer, sexy Emil Mühlbacher, die plek toemaak. Hy kan dreig, skreeu, vlei; niks gaan haar oortuig nie.

Sy is bestand teen mans met geheime ná Jacques se verraad. Emil is wel nie 'n hartelose sakeman nie; hy het ʼn sagte kant maar ʼn troebel verlede. Hy het nie per toeval in dié pragtige dorpie kom bly nie. Mia moet ʼn plan maak om die winkel te red én sy moet haar hart beskerm. Hoe moeilik kan dit nou wees?

Die verhaal handel oor hoe gemeenskappe in klein dorpies laer trek wanneer daar moeilikheid is. Die bykarakters is heerlik driedimensioneel, wat sorg vir ʼn genotvolle leeservaring.

Web van Liefde (Afrikaans, Paperback): Rykie Roux Web van Liefde (Afrikaans, Paperback)
Rykie Roux
R380 R356 Discovery Miles 3 560 Save R24 (6%) In Stock

Web van liefde is ñ samestelling van Rykie Roux se vorige Romanzas - Mariek en die magnaat; Satynprinses & Naweekbruid.

Lang Pad Onnetoe (Afrikaans, Paperback): Jason Reynolds Lang Pad Onnetoe (Afrikaans, Paperback)
Jason Reynolds
R270 Discovery Miles 2 700 Ships in 2 - 4 working days

Een van die mees bekroonde internasionale jeugromans wat die afgelope tyd verskyn het, is nou in Afrikaans beskikbaar (Oorspronklike titel: Long way down).

Jy het net sestig naelbyt-sekondes om die belangrikste besluit van jou lewe te neem.

Will is vyftien jaar oud. Hy het 'n pistool. Sy broer Shawn is pas vermoor. En Will ken die reëls. Jy huil nie. Jy dra nie stories aan nie. Jy neem wraak. Dit is waarheen Will op pad is, met die pistool agter by sy jean ingedruk, die pistool wat sy broer s'n was. Hy klim in die hysbak, sewende vloer, vasbeslote. Hy weet wie se bloed hy soek.

Of weet hy regtig?

Die hele pad ondertoe, terwyl die hysbak op elke vloer stilhou, klim verskillende mense wat iets met die geweld in sy buurt te doen het op die hysbak. Elkeen van hulle vertel vir Will dele van 'n groter storie as die een wat hy dink hy ken …

Hierdie woedende, verbluffend briljante jeugroman word in kort, vurige staccato versvorm vertel om 'n rou, eerlike blik op vuurwapengeweld te bied, soos net Jason Reynolds dit kan doen - en dit is nou boonop fantasties in Afrikaans vertaal deur die bekroonde skrywer en digter Nathan Trantraal, wat dit vir Suid-Afrikaanse lesers so aktueel en herkenbaar soos vanoggend se koerantopskrifte maak.

Dieretuin (Afrikaans, Paperback): Francois Bloemhof Dieretuin (Afrikaans, Paperback)
Francois Bloemhof
R377 Discovery Miles 3 770 Ships in 2 - 4 working days

Carl Lourens keer terug na Kaapstad se Noordelike Voorstede om sy jonger broer te red uit die kloue van Die Dieretuin:

Maxie Tredoux, die vrou met die styfgetrekte gesig

haar seun Leo met sy liefde vir geweld

en haar dogter Mandie met die speelse, onrustige geaardheid.

Niks gaan maklik en eenvoudig wees nie, besef Carl toe hy by die Tredoux se nuwe onheilighede ingeruk word. En dinge raak self snog erger toe die meisie op wie hy verlief is ook by die spel betrokke raak.

Die Duiwel Maak My Hart So Seer (Afrikaans, Paperback): Francois Bloemhof Die Duiwel Maak My Hart So Seer (Afrikaans, Paperback)
Francois Bloemhof
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Kom ons breek die reëls van misdaadfiksie.

Dis 1981 en die maand is Januarie.

Wie is so duiwels om die Van Biljons so te teister? Dit is soos die plae van Egipte – maar het reeds met die eersgeborene se dood begín. Dis ’n hartseer saak. ’n Saak van gebed. En dit is ’n saak vir Ludo Labuschagne, die anti-held (hy is ook anti-werk en anti-verantwoordelikheid) wat uiteindelik sy doel in die lewe vind: om raaisels op te klaar.

Weg met gewone polisieprosedures. Weg met forensiese toetse, selfone, die internet, CCTV-kameras, GPS en die ander dinge wat regte speurwerk vervang het.

Weg met alles wat jy geleer het om te verwag ...

Lyfskap - Erotiese Kortverhale (Afrikaans, Paperback): Sophia Kapp Lyfskap - Erotiese Kortverhale (Afrikaans, Paperback)
Sophia Kapp; Edited by Leonie van Rensburg
R300 R281 Discovery Miles 2 810 Save R19 (6%) Ships in 7 - 11 working days

“Liefde, welke soort ookal, kom nooit alleen nie.”

’n Versamel erotiese verhale oor die liefde, wellus, genot, soete verleiding, passie, honger en vlamvat. Deur skrywers soos Maya Fowler, Joan Hambidge, Zirk van den Berg, Fanie Viljoen, Riana Scheepers, Jan Vermeulen, Irna van Zyl, Hans Pienaar, Marion Erskine, Leon van Nierop en Kerneels Breytenbach.

Monstersaad (Afrikaans, Paperback): Madelein Rust Monstersaad (Afrikaans, Paperback)
Madelein Rust 1
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Renata, ’n forensiese sielkundige, ondersoek ’n saak waarin ’n sestienjarige meisie gesterf het: volgens die polisie was dit selfmoord en volgens die oorledene se familie was dit nie. Renata glo laasgenoemde maar sy het bewyse daarvoor nodig.

Ter Wille Van Jou (Afrikaans, Paperback): Magdaleen Walters Ter Wille Van Jou (Afrikaans, Paperback)
Magdaleen Walters
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Geboei aan die verlede ...

Christoff de Lange is ’n lid van die polisie se taakmageenheid. Hy word valslik van dwelmhandel aangekla en kry drie jaar tronkstraf. Hy spandeer elke sent wat hy het op regshulp om sy onskuld te probeer bewys, maar as hy uiteindelik ’n kwytskelding kry, is hy steeds nie nader aan die waarheid as die dag waarop hy gearresteer is nie. Hy is sinies, bitter en werkloos.

Met die hulp van oom Bertie, ’n afgetrede sersant en sy vriend, vind hy ’n werk en ’n plek om te woon in Stoffel Myburgh se houtwerkfabriek op ’n kleinhoewe buite Johannesburg.

Juanita, Stoffel se dogter wat ook daar werk, is minder entoesiasties oor haar pa se besluit. Daar is absoluut geen plek in haar lewe vir gevangenes of Lotharios nie. Buitendien dra sy swaar aan haar eie bagasie. Totdat sy die verlede kan vergeet en skielik nie ’n toekoms sonder hom kan voorstel nie ...

Pelgrimshoop (Afrikaans, Paperback): Ronel Nel Pelgrimshoop (Afrikaans, Paperback)
Ronel Nel
R215 Discovery Miles 2 150 Ships in 2 - 4 working days

Op Pelgrimshoop, 'n weggesteekte dorpie in die voue van die Laeveld, waar die vlaktes wemel van skaap, gras en die oudste klipformasies in Suid-Afrika, daar vind Hannah de Witt haar voete weer na 'n verbryselende verhouding wat sy agterlaat in Pretoria. Ongeag die feit dat haar student, Elias Bart, die knorrige boer van Bartelheim, die man wat 'die ding het met die perde', aanvanklik nie wil saamwerk met waarvoor hy haar laat kom het nie: Om hom verder te kom leer. Die legendariese fete tussen Vliet Vorster, sy 4-manbende, en Bart dreig boonop om in 'n volskaalse konflik te ontaard want Vorster haat die 'bontspul' op Bartelheim. Vliet Vorster, voorste boer en burgemeester, wat elke Saterdagaand Die Oog leegdrink en Sondag voor in die kerkgestoeltes sit. Ondanks die dorp se opstand oor Hannah en haar skrywerbroer Abram se teenwoordigheid in die omgewing, die atmosfeer op die plaas wat maar styf is en Hannah se onwillige student groei die waarheid, teerheid en nederigheid - en Hannah leer 'n ander Elias ken.

Koeëlreën - Ballistiek van wapens, bloedspatsels en wonde (Afrikaans, Paperback): Japie Bogaards, Wollie Wolmarans Koeëlreën - Ballistiek van wapens, bloedspatsels en wonde (Afrikaans, Paperback)
Japie Bogaards, Wollie Wolmarans
R270 Discovery Miles 2 700 Ships in 2 - 4 working days

Die forensiese wetenskap het in die afgelope dekades indrukwekkend ontwikkel. Ballistiek sluit in: die identifikasie van vuurwapens, bloedspatselpatrone en die aard van die wonde veroorsaak. Dikwels is die oplossings egter te laat. Die afsluiting wat dit bring vir die agtergeblewenes, te min.

Moord Op Karibib - Karibib: Boek 1 (Afrikaans, Paperback): Isa Konrad Moord Op Karibib - Karibib: Boek 1 (Afrikaans, Paperback)
Isa Konrad
R342 Discovery Miles 3 420 Ships in 2 - 4 working days

Die aand toe Alet op Karibib aankom, bereik haar lewe ‘n nuwe laagtepunt. Daar was ‘n paar. Haar pa se siekte, haar loopbaan wat agterweë gebly het, nog ‘n mislukte verhouding. Dis moord om weer haar pad te vind. Letterlik.

Deborah (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe): Chanette Paul Deborah (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe)
Chanette Paul
R280 R263 Discovery Miles 2 630 Save R17 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Deborah (1923/1924, Tamara se middelste dogter) is 'n buitengewoon slim vrou met 'n passie vir argeologie.

Hoe kry 'n vrou dit in daardie jare reg om op 'n argeologiese terrein aanvaar te word en wat gemaak as sy vermoed dat die man wat sy liefhet argeologiese skatte steel en verkwansel vir eie gewin?

Kroniek Van Donkerhoek - die verhaal van 'n plaas gedurende Apartheid en daarna (Afrikaans, Paperback, 2nd ed.): Kees Van... Kroniek Van Donkerhoek - die verhaal van 'n plaas gedurende Apartheid en daarna (Afrikaans, Paperback, 2nd ed.)
Kees Van Dijkhorst
R393 R373 Discovery Miles 3 730 Save R20 (5%) Ships in 10 - 15 working days

Die end van die twintigste eeu het die einde gesien van wat breedweg genoem word die apartheidsbestel. Vir die Afrikanervolk was dit traumaties. Baie is landuit. Van die agtergeblewenes het skepties-gelate die nuwe bestel aanvaar en gewerk aan 'n nuwe verhouding met hul swart landgenote. Ander kon die verandering nie hanteer nie en het verbitterd oor die gewaande volksverraad en die nuwe onregte bly broei. Soos 'n sluimerende vulkaan. Die foutlyne het families, vriende en rassegroepe onheelbaar verdeel. Die roman KRONIEK VAN DONKERHOEK is die verhaal van die Vorsters en hul erfplaas oor meer as twee dekades met die oorgang van apartheid na demokrasie. Inherent goeie mense, wie se sienings en vooroordele onvermydelik tot konflik en uiteindelike ondergang lei. Die platorand van Mpumalanga met sy deinserige vergesigte, wuiwende grashalms, suisende denne, bosbrande en veediefstal is die agtergrond waarteen vals grondeise en 'n stryd om besitreg lei tot rassetwis en moord. Die patriarg Jaap Vorster kan hom nie versoen nie met die smaad die familie aangedoen deur sy seun Pieter, wat trou met Johanna Dlamini, dogter van die voorman. Gelok deur 'n bosbrand word Jaap vermoor deur die voorman se seun, 'n opgeleide kader. Pieter neem die bosbouboerdery oor en word onregverdig veroordeel vir die moord op sy vrou se ander broer. Voortvlugtig vir die gereg probeer Pieter sy vrou oortuig van sy onskuld. Knaend op die spoor bly inspekteur Khumalo wat die skandvlek van die ontsnapping wil uitwis en eers in die Appelhof teenoor die voortvlugtige te staan kom. Die sittings van die Rondgaande Hof te Piet Retief en die Appelhof in Bloemfontein word met fyn insig uitgebeeld en die strydende regslui met 'n tikkie humor geskets. Die aksievolle spanningsroman het as somber agtergrondmusiek die veelkantige onoplosbare grondkwessie.

Dollars Eventualis - Ware Verhale Rondom 'n Regspraktyk (Afrikaans, Paperback): Nico Van Rensburg Dollars Eventualis - Ware Verhale Rondom 'n Regspraktyk (Afrikaans, Paperback)
Nico Van Rensburg
R298 Discovery Miles 2 980 Ships in 2 - 4 working days

AFRIKAANS – ware lewensketse van gebeure met gewone mense wat noodgedwonge in die regswêreld van prokureurs en howe beland. Treffend vertel deur ‘n ervare en ingeligte prokureur.
DIE REG EN WETTE – is op almal se lippe, veral ná die hofsaak van Oscar Pretorius en die Konstitusionele Hofuitspraak oor Nkandla.
RAAK HUMOR – ironiese en humoristiese, dog skreeusnaakse insidente van gebeure met gewone en soms stukkende mense.
Die SKRYWER – ’n ervare prokureur wat betrokke is by nasionale Grondreg- wetgewings. Sy loopbaan word gekenmerk deur sy passie vir die behoeftiges en mense in nood.
WARE STORIES – in en om die Hof, wat die volle spektrum van die reg dek – mense se eerlike foute en ander se oneerlike sette om die Hof te probeer bewimpel.
BELEEF – agter die kostelike stories die skerp denke van ’n mentor wat die leser saamneem en kritieke regsbegrippe leer begryp.

Dollars Eventualis is lekkerlees-stories vir mense van alle soorte, van 18-81 jaar:

  • Kostelike leesstof vir dié wat die wet ken.
  • Kragtige leesstof vir dié wat in die wet belangstel.
  • Kosbare leesstof vir dié wat die wet nodig het.
Skaduself (Afrikaans, Paperback): Paula Marais Skaduself (Afrikaans, Paperback)
Paula Marais
R309 Discovery Miles 3 090 Ships in 2 - 4 working days

Geen ma is perfek nie . . . In die tronk het ek baie tyd om te dink, en ek het nie altyd beheer oor waarheen my gedagtes dwaal nie. 'n Groot deel van die tyd dink ek teen wil en dank aan Clay: hoe lief ek hom gehad het, die foute wat ek gemaak het. So baie foute! My dogters. My seuntjie Joe. Maar my gedagtes is nie altyd helder nie. Ek dink deur gaas, deur filters. Om minuut na minuut, sekonde na sekonde toegesluit te wees het my laat besef dat ek al my hele lewe in 'n newel slyt. Party dae is daar 'n dik swart gordyn voor my, en net wanneer ek dit regkry om dit oop te trek sodat 'n klein bietjie lig inkom, val die gordyn weer toe en is ek weer in die donker. Die meeste mense wil weet wanneer alles begin het, en soms wonder ek ook. Thea Middleton is agter tralies vir 'n ondenkbare misdaad. Soos wat sy, haar man Clay en haar oudste dogter Sanusha hul stukkende lewens probeer heelmaak, vorm hul individuele verhale die stukke van 'n tragiese legkaart wat ewig by hulle sal spook.

Tuisland (Afrikaans, Paperback): Karin Brynard Tuisland (Afrikaans, Paperback)
Karin Brynard 2
R557 R515 Discovery Miles 5 150 Save R42 (8%) In Stock

Kaptein Albertus Beeslaar het genoeg gehad van die platteland. Hy het pas sy bedanking ingedien, maar word vir een laaste sending die Kalahari in gestuur. Die dood van 'n San-leier en klagtes van polisiegeweld word sy missie. Op die rand van die Kgalagadi-oorgrenspark, waar die laaste afstammelinge van die Kalahari-San in 'n wildernis van sand en Kalahari-leeus woon, loop hy hom in 'n bynes vas. Die brutale aanval op 'n Duitse toeris ontketen 'n rits gebeure wat 'n multimiljoenrandse projek vir die San kan verongeluk. En dan val die volgende dooie. Beeslaar kry 'n nuwe kollega, kolonel Koekoes Mentoor, 'n hardekwas rissiepit wat saam met hom deur 'n doolhof van politiek, mites en moord moet stap. Gelyktydig moet Kytie Rooi, skoonmaakster by 'n luukse gastehuis op Upington, die Kalahari in vlug met 'n vreemde straatkindjie aan die hand. Met die romans Plaasmoord en Onse vaders het Karin Brynard haar reputasie as een van Suid-Afrika se gewildste misdaadskrywers gevestig. In haar derde roman kom haar karakters te staan voor groter uitdagings as ooit te vore.

Slim Leuens (Afrikaans, Paperback): Lien Roux-de Jager Slim Leuens (Afrikaans, Paperback)
Lien Roux-de Jager
R270 Discovery Miles 2 700 Ships in 2 - 4 working days

Die briljante poligrafis Kalli Krynauw is deel van Special Intelligence Services se span. Hulle is op die spoor van ’n reeksmoordenaar wat tot die uiterste gaan om sy slagoffers te skend voor hy hulle om die lewe bring. Kalli het goeie rede om te vermoed die reeksmoordenaar is deel van SIS se ondersoekspan want hy stuur selfs e-posse om hulle in kennis te stel dat hy op die hoogte van elke beweging van SIS is. Maar wie in die span kan dit wees? Daar is ten minste drie moontlikhede.

En, net so erg, die skisofreen wat ’n obsessie gehad het om Kalli dood te maak, bevind hom glad nie meer permanent in ’n Kaapse inrigting soos sy destyds ingelig is nie. Trouens, hy woon nou in ’n nabygeleë buurt.

Intussen word dit tyd vir Kalli en haar Brink se troue wat nou al hoe lank uitgestel word. Op wat hulle troudag sou wees, het hulle egter allesbehalwe ’n huwelik om te vier ...

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Women of the Sacred Groves - Divine…
Susan Sered Hardcover R2,982 Discovery Miles 29 820
Integrated Silicon Optoelectronics
Horst Zimmermann Hardcover R4,426 Discovery Miles 44 260
Plato's Socratic Conversations - Drama…
Michael C. Stokes Hardcover R6,830 Discovery Miles 68 300
The Synagogue in America - A Short…
Marc Lee Raphael Hardcover R1,117 Discovery Miles 11 170
Europe's American Revolution
S. Newman Hardcover R1,512 Discovery Miles 15 120
Advances in Efficiency and Productivity
Juan Aparicio, C.A. Knox Lovell, … Hardcover R7,530 Discovery Miles 75 300
Digital Information Culture - The…
Luke Tredinnick Paperback R1,220 Discovery Miles 12 200
Portfolio Analytics - An Introduction to…
Wolfgang Marty Hardcover R2,493 Discovery Miles 24 930
Social Information Retrieval Systems…
Dion Goh, Schubert Foo Hardcover R4,987 Discovery Miles 49 870
Singing God's Words - The Performance of…
Jeffrey Summit Hardcover R3,985 Discovery Miles 39 850

 

Partners