Vuurklip is Marie Heese, skrywer van die bekende Die uurwerk
kantel, se eerste Afrikaanse roman in 30 jaar. (Tyd van beslissing
het in 1983 verskyn.) ’n Magiese roman oor die lotgevalle van die
Land- en die Seestamme aan die suidkus van Afrika 100 000 jaar
gelede. Dis Ama se storie, jongvrou wat wil Storievrou en
Moetievrou word, soos die ouvrou Maouma. Maar eers moet sy vrou
word – die bloedgebed en die Eerste Ingaan beleef. Wie gaan haar
herdman wees? Waarheen verdwyn sy skielik? Dis ook die storie van
’n magstryd; wie gaan Hoofman-owerste van al die Seestamme word? En
dis die storie van die mensheid se oorlewingstryd, want die
omgewing kan nie meer almal voed nie. Kan hulle beter gereedskap
maak? Durf hulle ’n groot taboe breek om te kan voortleef?
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!