0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (21)
  • R50 - R100 (184)
  • R100 - R250 (649)
  • R250 - R500 (781)
  • R500+ (107)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Fiksie

Reis Deur Die Hart (Afrikaans, Paperback): Leandra Naude Reis Deur Die Hart (Afrikaans, Paperback)
Leandra Naude
R267 Discovery Miles 2 670 Ships in 4 - 6 working days

Liefde en spanning verweef

Arriana, ’n maatskaplike werker, brand uit weens te lang ure se werk asook om die heeltyd met volwassenes en kinders se probleme te doene te kry. Teen die einde van ’n uitmergelende vergadering met die maatskaplike bestuur in die gemeenskap waar sy werk, bedank sy op die ingewing van die oomblik.

’n Vriend reël vir haar werk in Mauritius as ’n kroegdame/kelnerin by ’n eksklusiewe hotel in Mauritius, en binne maande word haar lewe handomkeer verander.

Sy ontmoet die enigmatiese biljoenęr-Ier Finnigian O’Reilly wat met sy sjarme en persoonlikheid haar hart kort voor lank in die palm van sy hand hou. En hy is nie onaangeraak deur Arriana se plat-op-die-aarde-persoonlikheid nie.

Alles is egter nie pluis op die eiland nie. Jong meisies raak die een na die ander weg, en toe Arriana ook ontvoer word, word ’n nes van mensehandel oopgeruk. Gaan Finnigan, die plaaslike polisie en Interpol egter betyds wees om Arriana en die jong meisies se lot te keer?

Sophia se Beskermengel (Afrikaans, Paperback): Malene Breytenbach Sophia se Beskermengel (Afrikaans, Paperback)
Malene Breytenbach
R109 Discovery Miles 1 090 Ships in 5 - 7 working days

Sophia Joubert en haar skoonfamilie is na afloop van die Anglo-Boereoorlog weer vry om terug te keer na die verwoeste familieplaas – sonder vee en sonder kos. Geoffrey Doubell help die Jouberts om weer op hul voete te kom. Dié samaritaan is wel ’n halwe Engelsman, maar elke keer as Geoffrey na haar kyk, bruis Sophia se bloed en word haar wange warm.

Haar eerste liefde lę egter begrawe in die grond van Natal en Sophia is diep gekwes. Sy sien ook in Geoffrey se oë ’n treurigheid wat nie wyk nie. Dié man ken ook verlies. Durf sy nou hoop op ’n tweede liefde? Op geluk by ’n man wat haar kan aanvul en verstaan?

Daar heers egter onheilspellende spanning tussen die Jouberts en die inwoners van die buurplaas. Boonop wonder Sophia of Geoffrey werklik sy lewe met slegs een vrou kan deel, want sy is beslis nie die enigste een wat in hom belangstel nie.

Liefde op Petit Paris (Afrikaans, Paperback): Frenette van Wyk Liefde op Petit Paris (Afrikaans, Paperback)
Frenette van Wyk
R252 Discovery Miles 2 520 Ships in 4 - 6 working days

In die ou Kaap de Goede Hoop stap ’n jongmeisie aan wal ná die vervolging van Protestante in Frankryk. Omdat Royale op die seereis haar ouers verloor het, is sy nou ’n weeskind in ’n land wat sy nog nooit gesien het nie. Die goewerneur wys Aragon as haar voog aan, ook ’n Hugenoot wat vroeër aan die Kaap ’n nuwe begin kom maak het.

Aragon is gekant teen Royale se liefde vir balletdans – dié ydele vermaak wat aan Louis die Veertiende se hof so modieus is – en wil haar nie toelaat om kontak met jongmans te hę nie. Dit is egter nie al wat Royale hinder nie want sy weet nie waarheen met haar romantiese gevoelens vir haar voog nie. Boonop hang die swaard van ’n huwelik met sy neef oor haar kop.

Dit is ook nie net Royale wat besef wat ’n onweerstaanbaar aantreklike man Aragon is nie en die ander vrou, Amalia het ’n dodelike wapen: Die plaas Petit Paris, waarop Aragon boer, behoort aan haar ...

Altyd en Altyd (Afrikaans, Paperback): Thea Holland Altyd en Altyd (Afrikaans, Paperback)
Thea Holland
R262 Discovery Miles 2 620 Ships in 4 - 6 working days

Hierdie omnibus is ’n samestelling van drie van Thea Holland se vorige Romanzas, Doodgewone wonderwerk, ’n Onverstandige vrou en Bruid in blou.

Doodgewone wonderwerk

Elizabeth se erfporsie is daarmee heen en sy moet vir die temperamentele Simon, ’n skrywer, huishou om te oorleef. Dit sukkel maar met die kosmakery. Dalk is ’n huishoudster nie wat hy nodig het nie ...

’n Onverstandige vrou

Toe Jens Nielsen Laetitia destyds nie wou hę nie, het sy die pad gevat en hulle kind alleen kom grootmaak. Nou gaan sy terug Denemarke toe om Dot se pa vir haar te gee. Maar opnuut tuimel haar kaartehuis ineen.

Bruid in blou

Sondagoggend gesels Jess met haar vriendinne oor haar wittebrood wat oor twee weke begin. Haar droomtroue is tot in die fynste besonderhede beplan. Maandagmiddag trou sy in ’n blou rok en met die verkeerde man voor die landdros.

'n Goeie Jaar Vir Rose (Afrikaans, Paperback): Santie van der Merwe 'n Goeie Jaar Vir Rose (Afrikaans, Paperback)
Santie van der Merwe
R300 R281 Discovery Miles 2 810 Save R19 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Hoe oorleef 'n mens tragedie ná tragedie?

Neil Viljee vlug Australië toe ná ʼn tragedie, maar hy kom terug toe sy ma hom laat weet sy pa is terminaal siek: om afskeid te neem en sy ouers by te staan. Dis egter nie sy ma wat hom inwag nie. Hy tref sy pa, ʼn familievriendin en sy niggie se ontwrigte tienerdogter aan, want sy ma is onverwags dood aan ʼn hartaanval.

Neil besef dat hy in Australië net sy vroeëre rouproses uitgestel het, en die verlies aan sy ma dwing hom om die verwoestende gebeurtenis wat hom landuit laat vlug het in oënskou te neem. Karel probeer Neil help midde-in sy eie droefheid en fisieke agteruitgang. Millie skep orde terwyl sy ʼn besluit probeer neem oor haar huwelik wat in gevaar is. Charlie weet dat sy nie terug kan gaan na haar bedenklike huislike omstandighede nie, en sy probeer haar agterstallige skoolwerk inhaal en ʼn toekoms op haar eie karteer.

Elkeen verwerk die geliefde Lea se dood op ʼn eiesoortige manier. Innerlike konflik word na die oppervlak gedwing en geheime en waarhede word ontbloot. Hulle vorm ʼn unieke gesin, wat mekaar dwing tot selfondersoek, maar wat mekaar veral ondersteun en bystaan, en elkeen vind ʼn mate van vrede.

Hierdie is veral 'n storie oor die genesing van ou emosionele wonde. Die manlike hoofkarakters dryf die roman en gee insig in die manlike psige, terwyl die altyd teenwoordige kat in die skrywer se romans (byna soos in die Frans-Joodse kunstenaar Marc Chagall s'n) al sinoniem is met haar werk en al haar handelsmerk geword het.

'n Goeie jaar vir rose is Santie van der Merwe se sewende roman. Die laaste drie boeke wat dit voorafgegaan het, is: Ver in die węreld Kittie, Die einde van die storie en Al wat oorbly.

Papegaaislaai (Afrikaans, Paperback): Theunis Engelbrecht Papegaaislaai (Afrikaans, Paperback)
Theunis Engelbrecht
R231 Discovery Miles 2 310 Ships in 4 - 6 working days

Malletjie en Rocky sit sonder werk en hul geld raak min, so om private speurwerk soos op Cheaters te doen, lyk na ’n blink idee. Wanneer die twee helde begin soek na ’n vermiste Afrikaanse sanger wat onder raaiselagtige omstandighede verdwyn, dans die poppe behoorlik. Hul speurtog strek van Fietas en Hillbrow tot Brakpan en die Bosveld. In die proses krap hulle ’n addernes in die onderwereld van die Afrikaanse musiekbedryf oop. Dan is daar ook nog die gerug dat die wereld na sy maai gaan op 21 Desember 2012. Daar is nog net ses dae oor. Gaan Malletjie en Rocky oorleef in ’n wereld wat mal geraak het? Theunis Engelbrecht se vlymskerp satire Papegaaislaai skud die fondasies van Afrikaanse popkultuur soos goeie rock ’n’ roll.

'n Ballade Vir Nkunzi (Afrikaans, Paperback): Ben Viljoen 'n Ballade Vir Nkunzi (Afrikaans, Paperback)
Ben Viljoen
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

“Weet jy wat is die heel beste van flat rock bottom wees? As jy eers dáár is, kan alles en enigiets jou droom wees.”

Dit was die woorde van Drien Welman aan haar oudste seun Bennie wanneer hulle vir die soveelste keer by die laaste stukkie kos in die huis gekom het.

Bennie neem die leser terug na sy grootwordjare waar die Welman-gesin van nege op Simmer Deep gewoon het – van die middel sestigs tot middel tagtigs. Sy verhouding met sy pa is stormagtig want Bennie koester geen respek of liefde vir hom nie. Bernard Welman is aan die een kant ’n gewelddadige woestaard, alkoholis en ’n wildewragtig lorriedrywer en aan die ander kant ’n talentvolle musikant en sanger in eie reg. Die enigste ding wat die kloof tussen pa en seun soms oorbrug is hul liefde vir musiek.

Ten einde die donker wolk van uiterste armoede en ellendes te oorleef leer Bennie om homself te distansieer en dit stoďsyns te verduur. Hy put krag uit sy ma, ’n trotse vrou, wat deurgaans soos ’n rots onder die aanslae bly staan in ’n poging om die gesin bymekaar te hou.

’n Ballade vir Nkunzi beweeg van die een bisarre situasie na die volgende in ’n kroniek van smart, verraad en ’n goeie skeut galgehumor. Uiteindelik word dit ’n verhaal van triomf van die menslike gees oor verwoestende lewensomstandighede.

Renosterspruit (Afrikaans, Paperback): Leon Cornelius Renosterspruit (Afrikaans, Paperback)
Leon Cornelius
R501 Discovery Miles 5 010 Ships in 18 - 22 working days
Damakesie - ???? (Afrikaans, Paperback): Berhane Gebremariam Damakesie - ዳማከሴ (Afrikaans, Paperback)
Berhane Gebremariam
R614 Discovery Miles 6 140 Ships in 18 - 22 working days
Die Kinders Van Chronos (Afrikaans, Paperback): Pieter Aspe Die Kinders Van Chronos (Afrikaans, Paperback)
Pieter Aspe
R200 R109 Discovery Miles 1 090 Save R91 (45%) Ships in 5 - 7 working days

Van In is terug! Hierdie keer het hy net 'n skeenbeen en sy intuďsie om die donker raaisel mee op te los, maar hy moet gou speel.

Dis nie net sy loopbaan wat op die spel is nie, 'n mooi jong meisie is deur sy toedoen in die booswigte se mag.

Hartedief (Afrikaans, Paperback): Chris Jansen Hartedief (Afrikaans, Paperback)
Chris Jansen
R205 Discovery Miles 2 050 Ships in 18 - 22 working days
Eggo's (Afrikaans, Paperback): Vita du Preez Eggo's (Afrikaans, Paperback)
Vita du Preez
R300 R281 Discovery Miles 2 810 Save R19 (6%) Ships in 7 - 11 working days

'n Deerniswekkende verhaal van twee vroue wat elkeen op hul eie manier weer hul voete vind.

Wanneer Bea Klinge as jong boervrou op Leliepan aan die soom van die Namib aankom, glo sy dat sy hier vir haar, Kurt en hul kinders 'n oase van liefde sal kan skep. Ná 'n skokontdekking meer as vier dekades later kry Bea 'n miniberoerte en beland in 'n koma in die hospitaal.

Haar herstel bring Bea voor nuwe keuses te staan. Sy besef sy het haar vier dogters elkeen op 'n manier gefaal deur by Kurt te staan al het hy hulle hoe verontreg. Moet sy oop kaarte met hulle speel oor die donker geheim wat haar vasgevang gehou het in 'n liefdelose huwelik met 'n man wat haar soos 'n onderdaan behandel? Bowenal moet Bea besluit of sy die kans op geluk waarop sy destyds haar rug gekeer het gaan aangryp en vir een keer in haar lewe gaan doen wat reg is vir haar en nie vir ander nie.

Nel, haar rebelse laatlam, gaan soek haar heil in Johannesburg. Hier word sy as sukkelende aktrise met die donker kant van die vermaaklikheidsbedryf gekonfronteer. Sy raak betrokke in 'n toksiese verhouding met 'n invloedryke filmvervaardiger Buks Bothma en word die slagoffer van date-rape. Nel ontdek ook die skokkende waarheid omtrent haar herkoms.

Lex le Roux, 'n medeakteur en donkieboer bied haar 'n kontrak aan om die gesig te wees van sy velsorgprodukte wat uit donkiemelk vervaardig word. Nel gryp die geleentheid met albei hande aan. Ná die trauma waardeur Nel is, het sy tyd nodig om heel te word. Sy besluit om haar droom na te volg en 'n dramakursus in New York te gaan volg. Mettertyd ervaar sy die vreugde om haar pad boontoe te werk en nie te slaap nie. Sy kry dit reg om aan haarself te bewys dat Nel Klinge sonder hulp sukses kan behaal. Nel besef ook dat haar genesingsproses voltooi is en dat sy reg is vir meer as 'n vriendskapsverhouding met Lex.

Eendag Is Nou (Afrikaans, Paperback): Kristel Loots Eendag Is Nou (Afrikaans, Paperback)
Kristel Loots
R300 R281 Discovery Miles 2 810 Save R19 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Jacomien is moeg vir haar man. Haar lewe lank wag sy op eendag om gelukkig te wees net om te besef dat eendag nie meer op haar wag nie. Eendag is hier - eendag is nou. Eendag is nou.

Prinses in Denim (Afrikaans, Paperback): Juleandre Bianchi Prinses in Denim (Afrikaans, Paperback)
Juleandre Bianchi
R328 Discovery Miles 3 280 Ships in 18 - 22 working days
Halley se Komeet (Afrikaans, Paperback): Hannes Barnard Halley se Komeet (Afrikaans, Paperback)
Hannes Barnard 1
R280 R263 Discovery Miles 2 630 Save R17 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Pete de Lange moet as tiener probeer oorleef in ’n klein Natalse dorpie gedurende die onstuimige tagtigerjare saam met sy nuutgevonde vriende: Petrus en Sarita. In ’n land wat bloei van rassekonflik is dit makliker gesę as gedaan. Pete en sy vriende het ’n wrede misdaad gesien en die skuldige is op hulle spoor. Sal reg en geregtigheid geskied in ’n land wat reeds polities verwronge is?

Die naaimasjien en ander stories (Afrikaans, Paperback): Rachelle Greeff Die naaimasjien en ander stories (Afrikaans, Paperback)
Rachelle Greeff
R72 Discovery Miles 720 Ships in 4 - 6 working days
Die formidabele Ling Ho (Afrikaans, Paperback): Johan Kruger Die formidabele Ling Ho (Afrikaans, Paperback)
Johan Kruger
R241 Discovery Miles 2 410 Ships in 4 - 6 working days

Wanneer kansvatter van formaat Willem Landman sy swart snor opplak en sy satynskoene met die klokkies op die punte aanhet, is hy Ling Ho: opperste towenaar en showman. Van skoolsaal na kerksaal na landbousaal reis Willem, sy assistent en sy kat in hul bakkie, gevolg deur ’n karavaan, gevolg deur ’n Ventertjie, oor die grasvelde van Mpumalanga. Dit is hier waar die klein bende vir Evie en Noah raakloop. In hul biblioteekwa bring die gedemoveerde bibliotekaresse en die drywer van die Travelling Library die geskrewe woord na die mense. Tussen Evie en Willem is daar ’n vonkie, maar daar is ook onweer in die lug. Die storm in aankoms gaan Willem en die meisie in die kis se bloutjie een aand met die saagtriek na kinderspeletjies laat lyk. Johan Kruger steek die draak met allerlei swaarwigtige Suid-Afrikaase werklikhede. Sy satire Die formidabele Ling Ho is soos ’n welkome bui reen oor ’n dor stuk platteland.

Deur die Jare (Afrikaans, Paperback): Marie Meyer Le Hanie Deur die Jare (Afrikaans, Paperback)
Marie Meyer Le Hanie
R213 Discovery Miles 2 130 Ships in 18 - 22 working days
Duistere Jagtog (Afrikaans, Paperback): Leon Cornelius Duistere Jagtog (Afrikaans, Paperback)
Leon Cornelius
R206 Discovery Miles 2 060 Ships in 18 - 22 working days
Die Avonture van Cathrine Kleynhans (Afrikaans, Paperback): Monica Groenewald, Monica M Groenewald Die Avonture van Cathrine Kleynhans (Afrikaans, Paperback)
Monica Groenewald, Monica M Groenewald
R133 Discovery Miles 1 330 Ships in 18 - 22 working days
'n Koue Seisoen (Afrikaans, Paperback): Amanda Pio 'n Koue Seisoen (Afrikaans, Paperback)
Amanda Pio
R385 Discovery Miles 3 850 Ships in 18 - 22 working days
Rooi Jan Alleman (Afrikaans, Hardcover): Francois Loots Rooi Jan Alleman (Afrikaans, Hardcover)
Francois Loots 1
R179 Discovery Miles 1 790 Ships in 4 - 6 working days

Die klein Bram Fischer word gebore uit drome en beelde, met die geloei van Bloemfonteinse osse in die agtergrond. Hy sien die spoke van Paul Kruger en Jopie Fourie, asook die van Hendrik Biebouw, die eerste Afrikaner. In hierdie roman skryf Francois Loots 'n kreatiewe, fiktiewe weergawe van Afrikaner-kommunis en struggle-held Bram Fischer se lewe. Die leser word gedompel in Fischer se leef- en gedagtewereld, in die spanninge en avonture van die jong radikaal. Saam met Fischer, gaan ’n mens ondergronds. Wat is ’n mens se diepste gedagtes wanneer jy jou vermom? Wanneer jy soos 'n verkleurmannetjie in nuwe identiteite moet inglip? Of wanneer jy tronk toe gaan? Na die strome drome, word Fischer geteister deur die demone van absolute eensaamheid. Maar wat deur alles bly staan, is sy onwrikbare liefde teenoor sy beminde Molly, wat hom kom verlos uit sy laaste droom. Soms is dit slegs deur die lens van fiksie wat mens iets van die ware geskiedenis kan agterhaal.

Maar wie snoei die rose in die nag? (Afrikaans, Paperback): Abraham H. de Vriese Maar wie snoei die rose in die nag? (Afrikaans, Paperback)
Abraham H. de Vriese
R82 Discovery Miles 820 Ships in 4 - 6 working days

Abraham de Vries vermom sy ""kontreiverhale"" soms as ""ernstige verhale"" en sy ernstige verhale as kontreiverhale. Vir die toegewyde De Vries-leser maak dit weinig verskil. Maak nie saak … wat die genre eintlik is nie; dis die storie en die vakmanskap wat in beide gevalle primer tel – soos Linda Rode tereg se (n.a.v. van D.H. Lawrence se woorde: “Never trust the artist. Trust the tale”). De Vries se vertroude vertellerstem is byna uniek in Afrikaans – daar is die herkenbare en die realistiese, maar sy verhale word ook gekenmerk deur ’n evokatiewe onuitgesegdheid. ’n Ander kenmerk is sy deernis met die buitestander of die underdog. In hierdie verhale is daar hartseer en humor, lokkende geheime, misterieuse karakters, triekster-elemente. Die eerste verhaal in die bundel, “Agter nege passe”, is as’t ware ’n liefdesverklaring aan die Klein-Karoo!

Liefde Vang sy Baas (Afrikaans, Paperback): Wilmari Jooste Liefde Vang sy Baas (Afrikaans, Paperback)
Wilmari Jooste
R343 Discovery Miles 3 430 Ships in 18 - 22 working days
Emma (Afrikaans, Paperback): Kietz Emma (Afrikaans, Paperback)
Kietz
R307 Discovery Miles 3 070 Ships in 18 - 22 working days
Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Kwaaiwater
Irna van Zyl Paperback R350 R312 Discovery Miles 3 120
Hans 2: Hans Gee Herklaas Horings
Rudie van Rensburg Paperback R285 R255 Discovery Miles 2 550
Op Pad Na Moormansgat - Die Verhaal Van…
Chris Karsten Paperback R350 R312 Discovery Miles 3 120
Bloedbande
Jeanette Stals Paperback R320 R300 Discovery Miles 3 000
Polsslag
Marie Lotz Paperback  (1)
R350 R312 Discovery Miles 3 120
Die Bewonderaar
Erla-Mari Diedericks Paperback  (1)
R320 R300 Discovery Miles 3 000
Opstokers, Fopdossers en Tweegatjakkalse
Herman Lategan Paperback R273 Discovery Miles 2 730
Die Verevrou
Jan van Tonder Paperback R350 R312 Discovery Miles 3 120
Katvis
Annelie Botes Paperback  (1)
R360 R332 Discovery Miles 3 320
Binnerym van Bloed - 'n Outobiografiese…
Antjie Krog Paperback R370 R321 Discovery Miles 3 210

 

Partners