0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (26)
  • R50 - R100 (113)
  • R100 - R250 (409)
  • R250 - R500 (838)
  • R500+ (83)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Fiksie

Die Waterding (Afrikaans, Paperback, 2nd edition): Francois Bloemhof Die Waterding (Afrikaans, Paperback, 2nd edition)
Francois Bloemhof
R142 Discovery Miles 1 420 Ships in 2 - 4 working days

Dit is weer vakansie op Bloubaai. Maar die sorgvrye tydjie loop ontsettend verkeerd vir Stefan en Lana – en hulle moet baie vinnig antwoorde op 'n paar tergende vrae vind. Wat steek die vervalle ou houthuis aan die voet van die krans weg? Wat het die vrou op die strand so bang gemaak? Wat is die geheimsinnige Bart se rol in die gebeure? En wat is die raaisel van die Ding? Lekker spannende storie vol bloedstollende kinkels. Ouer, trae lesers sal dit ook geniet. Die derde boek van agt in Francois Bloemhof se Rillers-reeks

7 Dae (Afrikaans, Paperback): Deon Meyer 7 Dae (Afrikaans, Paperback)
Deon Meyer
R346 Discovery Miles 3 460 Ships in 2 - 4 working days

Ek sal elke dag 'n poliesman skiet, tot julle die moordenaar van Hanneke Sloet aankla. So lui die dreigbrief aan die SAPS. En dan begin die jagtog. Bennie Griessel is die een wat die dossier moet heropen. Die saak is 40 dae oud, die spoor is koud. Daar's geen motief nie, geen leidrade nie, net 'n reeks naakfoto's, 'n hoogs ingewikkelde saketransaksie, en onmenslike druk van topbestuur, die media en die meedoenlose, onpeilbare sluipskutter. En deur dit alles moet Griessel sy nuwe vriendin, die sangeres Alexa Barnard, weghou van die bottel voor haar groot terugkeer-konsert, sy seun keer om nie skandes te maak nie, sy kollegas weerhou daarvan om die ondersoek te kelder, en sy eie, verterende lus vir die helende kragte van drank in toom probeer hou. Sewe dae van hel.

Nuwe Drome (Afrikaans, Paperback): Cecilia Nortje Nuwe Drome (Afrikaans, Paperback)
Cecilia Nortje
R310 Discovery Miles 3 100 Ships in 2 - 4 working days

Cecilia Nortjé se eerste omnibus!

Cecilia Nortjé is bekend vir die diepte in haar romanses, en die eg menslike verhoudings tussen die karakters.

Hierdie omnibus is ’n samestelling van drie van Cecilia se vorige Romanzas, Die weddenskap, Toekomsbelofte en Net ’n stukkie papier.

Die weddenskap:
Sy’s uit die staanspoor teë op Bret de Koning. Hy’s ryk, báie ryk. En Sam kén rykes. Sy’t haar stel met hulle deeglik afgetrap

Teen haar sin doen sy die smeeysterwerk vir die restourasie van Koningskop. Sy’t die geld dringend nodig, maar nie Bret se onuitstaanbare inmenging nie.

Toe hy met die belaglike weddenskap vorendag kom, laat sy haar intrek. Uit pure hardkoppigheid. As hy haar wil oortuig van die voordele van geld, sal hy moet mooi dink. ’n Besoek aan ’n eksotiese eiland sal haar nie oortuig nie.

Maar hoe kan sy hóm oortuig? En wat het haar besiel om haar eie sukkelende smeeysterbesigheid op die spel te plaas?

Toekomsbelofte:
Katja hoef nie daarvan oortuig te word dat sy die vurige maar jonger Isao liefhet nie. Wat sy nie weet nie, is of die vyf jaar ouderdomsverskil tussen hulle ’n gesamentlike toekoms onmoontlik maak. Ja, en hoe gemaak met die groenoogmonster op haar skouer? Sy weet immers wat ’n mooi jong meisie aan haar eksman gedoen het.

Vir eers moet Katja in elk geval konsentreer op die nuwe klerereeks wat sy op die mark bring. Gelukkig is sukses iets wat soet op die tong lê. Maar o, daardie man wat sê hoe lief hy haar het …

Of is kennis en vertroue – en veral opregte liefde – groter as vyf jaar?

Net ’n stukkie papier:
Pippa kan nie glo sy het uiteindelik ’n vaste werk as spabestuurder by ’n luukse oord nie. Uiteindelik kan sy as alleenma vir haar seuntjie sorg. Maar haar droom eindig toe sy besef die oord se eienaar is die man wat vyf jaar gelede soos ’n groot speld verdwyn het met haar casinogeld in sy rekening en haar hart in sy hande.

Nee, sy wil hom beslis nie terughê nie. Sy wil net haar geld terughê en haar werk behou. Maar hoekom verafsku sy hom nie? Hy is immers ’n deurtrapte skelm.

Eienaardig dat hy haar met soveel afsku bejeën – sy was immers nie die een wat verdwyn het nie?

Die naaimasjien en ander stories (Afrikaans, Paperback): Rachelle Greeff Die naaimasjien en ander stories (Afrikaans, Paperback)
Rachelle Greeff
R124 Discovery Miles 1 240 Ships in 2 - 4 working days
Stoffel: die beste stories (Afrikaans, Paperback): Christiaan Bakkes Stoffel: die beste stories (Afrikaans, Paperback)
Christiaan Bakkes
R135 Discovery Miles 1 350 Ships in 2 - 4 working days

Met Stoffel: die beste stories, bring Human & Rousseau Christiaan Bakkes se beste Afrikaanse verhale byeen in 'n nuwe bundel. Hier val die klem op Bakkes se "Stoffel"-stories: verhale waarin Bakkes as Stoffel Mathysen figureer, maar wat op ware gebeure gebaseer is. In sy kenmerkende styl verken Bakkes – gesogte wildbewaarder en gerekende safarigids – wildernisse en vlaktes met eerlikheid en 'n fyn sin vir humor. 'n Keur uit die skrywer se oeuvre, geskik vir gesoute sowel as nuwe Bakkes-lesers.

Lelies vir Louisa (Afrikaans, Paperback): Rosita Oberholster Lelies vir Louisa (Afrikaans, Paperback)
Rosita Oberholster
R310 Discovery Miles 3 100 Ships in 2 - 4 working days

Kan ’n saffier mens na jou herkoms lei?

Lesers het Louisa in Rose vir Roselle leer ken as die ongehude ma wat in sak en as onverwags op La Roseraie aankom, en dadelik deur almal as familie aanvaar word.

In Lelies vir Louisa worstel Louisa met die groot vraag oor haar herkoms. Sy is as baba op ’n kinderhuisstoep gelos met ’n saffier wat per ongeluk laat val is. Die saffier lei haar uiteindelik na die buurplaas La Montagne maar die antwoorde kom nie maklik nie. Intussen floreer haar loopbaan as fotograaf en sy word ’n pos aangebied op Liberté waar haar en Liam se paaie kruis. Hy is aanvanklik nors en ongeskik, maar stelselmatig sien Louisa ’n ander kant van hom, veral as hy met haar dogtertjie Rose speel.

Vrede (Afrikaans, Paperback): Jeff Nesbit Vrede (Afrikaans, Paperback)
Jeff Nesbit
R208 Discovery Miles 2 080 Ships in 2 - 4 working days

In hierdie eerste boek in die Owerhede en Magte reeks, het Israel pas Iran se kernfasiliteite aangeval, wat 'n reeks rampspoedige gebeure wêreldwyd tot gevolg kan hê. Sal leiers en die 'sout van die aarde', groot en klein, in staat wees om in te gryp voordat die gebeure heeltemal buite beheer raak? Nash Lee, 'n NRO entrepreneur is vasberade om ‘n verskil te maak deur sy wêreldwye ivillage netwerk.

Kim Grace, 'n kernwetenskaplike wat gevange gehou word in Noord-Korea se geheime Kamp 16, weet die waarheid oor die vernietigende tegnologie wat sy help ontwikkel het. Anshel Gould, die briljante stafhoof by die Withuis, het ‘n radikale vredesplan geskep, gebaseer op die lank vergete voorstel van die VN aan Palestina na die tweede wêreldoorlog. Maar is daar ‘n manier om die onkeerbare te keer? Wat Iran, Israel en Noord-Korea, en ander owerhede en magte volgende besluit kan lei tot die volgende globale konfrontasie...

Die Owerhede en Magte reeks is gebaseer op breedvoerige navorsing oor die komende globale konflik rondom Israel en die leiers wat binnekort belangrike rolle in hierdie stryd gaan vertolk. Hierdie reeks konfronteer ook die grootse uitdaging van die Christelike kerk van vandag: die kerk se historiese rol as 'sout van die aarde', om die planeet te bewaar van korrupsie tydens kritieke oomblikke in wêreldgeskiedenis.

Toring se Baai (Afrikaans, Paperback): E. Kotze Toring se Baai (Afrikaans, Paperback)
E. Kotze
R370 Discovery Miles 3 700 Ships in 2 - 4 working days

Toring le langs die Weskus, 'n afgelee gehuggie waar 'n hand vol bewoners sukkel-sukkel 'n bestaan probeer maak. Dis midde-in die Tweede Wereldoorlog en tye is swaar. 'n Verwoestende storm wat twee dae en nagte duur vernietig die kreeffabriek en jettie heeltemal en alles moet van nuuts af opgerig word. Min weet die drie steunpilare op die dorp, Smittie Steyn, Kerneels Koch en Ockert Blankenberg, dat die storm 'n nuwe era op Toring ingelei het, dat hul Toring nooit meer sal wees soos dit was nie. 'n Roman - die eerste ooit - deur die befaamde kortverhaalskrywer E. Kotze.

Skadumagte (Afrikaans, Paperback): Malene Breytenbach Skadumagte (Afrikaans, Paperback)
Malene Breytenbach
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

’n Jong, roekelose joernalis ondersoek die moord van ’n regter. Dit lei haar na oud-Recces met griewe, oorlewingskampe, ’n geheime organisasie genaamd Die Beskermers, wraak, intimidasie en verskeie moorde.

Maar wie snoei die rose in die nag? (Afrikaans, Paperback): Abraham H. de Vriese Maar wie snoei die rose in die nag? (Afrikaans, Paperback)
Abraham H. de Vriese
R124 Discovery Miles 1 240 Ships in 2 - 4 working days

Abraham de Vries vermom sy ""kontreiverhale"" soms as ""ernstige verhale"" en sy ernstige verhale as kontreiverhale. Vir die toegewyde De Vries-leser maak dit weinig verskil. Maak nie saak … wat die genre eintlik is nie; dis die storie en die vakmanskap wat in beide gevalle primer tel – soos Linda Rode tereg se (n.a.v. van D.H. Lawrence se woorde: “Never trust the artist. Trust the tale”). De Vries se vertroude vertellerstem is byna uniek in Afrikaans – daar is die herkenbare en die realistiese, maar sy verhale word ook gekenmerk deur ’n evokatiewe onuitgesegdheid. ’n Ander kenmerk is sy deernis met die buitestander of die underdog. In hierdie verhale is daar hartseer en humor, lokkende geheime, misterieuse karakters, triekster-elemente. Die eerste verhaal in die bundel, “Agter nege passe”, is as’t ware ’n liefdesverklaring aan die Klein-Karoo!

Glas (Afrikaans, Paperback): J.M. Gilfillan Glas (Afrikaans, Paperback)
J.M. Gilfillan
R190 Discovery Miles 1 900 Ships in 2 - 4 working days
Philida  - 'n Slaweroman (Afrikaans, Hardcover): Andre P. Brink Philida - 'n Slaweroman (Afrikaans, Hardcover)
Andre P. Brink
R394 Discovery Miles 3 940 Ships in 2 - 4 working days

Philida is gebaseer op historiese werklikheid en sluit wat tema en tydperk betref aan by een van Brink se vroeër romans, Houd-den-bek. Philida was ’n slavin wat tussen 1820 en 1835 op die plaas Zandvliet in die Drakenstein-distrik gewoon het. (Die plaas wat vandag bekend is as Solms Delta). Sy het ’n paar kinders gehad by Frans, die seun van Cornelis Brink, die eienaar van die plaas. Maar toe besluit Cornelis dat Frans met die dogter van ’n ryk Kaapse familie moet trou en dat dit beter is om Philida en haar kinders te verkoop.

Die roman begin waar Philida by die drostdy op Stellenbosch ’n klag teen haar baas gaan lê, ongehoorde optrede vir ’n slawevrou, optrede wat haar duur te staan kom: Philida en haar kinders word in 1833 deur Brink op ’n slaweveiling op Worcester verkoop. Die Britse regering stel kort daarna die slawe vry, maar Philida is vir vier jaar by haar nuwe eienaar, Meester de la Bat, ingeboek.

Die swaarkry en vernedering van baie jare het Philida egter gebrei en op ’n dag eien sy vir haarself vryheid toe. Saam met die Moslem-slaaf, Labyn, trek sy deur die barre Karoo na die verre Gariep – “die grote Gariep: hy is die hele land en die hele wêreld …die rivier in onse binneste. My Gariep…” dink Philida. “Hier in sy nabyte is ons almal saam.”

Philida is ’n versetsroman – maar dit is ook ’n bevrydingsroman. Dit demonstreer wat vryheid beteken, en óók wat aan die kern van baasskap lê. En alhoewel daar onthutsende tonele is, is daar ook oomblikke van teerheid en humor. En boweal, die stem van ’n meesterverteller.

’n Interessante aspek van die roman is dat Brink gebruik maak van geskiedkundige feite wat een van sy voorsate insluit.

Bloedlyn (Afrikaans, Paperback): Madelein Rust Bloedlyn (Afrikaans, Paperback)
Madelein Rust 1
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die privaat ondersoeker Renata Malan worstel steeds met die feit dat haar oupa en pa moordenaars is. Te meer omdat haar stiefpa, ’n sielkundige, in sy ondersoek na hierdie geval byna bo twyfel bewys het kinders erf hulle voorgeslagte se bose gene.

Renata bevind haar in ’n benouende posisie toe haar pa al hoe sterker verdink word van die reeksmoorde wat sy en haar kollega ondersoek. Hoewel die doodstraf destyds oor haar pa uitgespreek is, het hy op pad na sy teregstelling ontsnap en nou lyk dit of hy veel nader aan Renata woon en leef as wat sy gedink het. Eers wanneer hy agter tralies is, sal sy met haar lewe kan aangaan. Wel, in die sin dat sy dan sal kan bewys sy wil hom uit die samelewing verwyder.

Maar is die reeksmoordenaar inderdaad haar pa? En as dit nie is nie, hoekom kry Renata telkens ’n boodskap daaroor en waarom word die slagoffers op sulke strategiese plekke gevind?

'n Pawpaw Vir My Darling (Afrikaans, Paperback, 2nd ed): Jeanne Goosen 'n Pawpaw Vir My Darling (Afrikaans, Paperback, 2nd ed)
Jeanne Goosen
R221 Discovery Miles 2 210 Ships in 2 - 4 working days

Die rand val en Damnville se honde is op No Name Brand. Solly Kramer's lewer nie meer af nie en die gholfbolposbus is vol rekenings. Mabeline Beeslaer is geretrench en soek vergetelheid in 'n Loslyf op die stoep. Mignon, die Woterkloofpoedel, word deur die noodlot in Frik du Preezstraat uitgespoeg en word deel van die bestaanstryd van betaaldag tot betaaldag. Maar dan kom Tango du Toit met sy wit suit en laat die mense weer van voor af droom en hoop.

Die wrak by Skua (Afrikaans, Paperback): Jan Scholtz Die wrak by Skua (Afrikaans, Paperback)
Jan Scholtz
R136 Discovery Miles 1 360 Ships in 2 - 4 working days
Die Kaapse Rebel (Afrikaans, Hardcover, 2nd): Adriaan Roodt Die Kaapse Rebel (Afrikaans, Hardcover, 2nd)
Adriaan Roodt
R370 Discovery Miles 3 700 Ships in 2 - 4 working days
Asbesmiddag (Afrikaans, Paperback): Etienne Van Heerden Asbesmiddag (Afrikaans, Paperback)
Etienne Van Heerden
R442 Discovery Miles 4 420 Ships in 2 - 4 working days
Spektakels En Mirakels (Afrikaans, Book): Rachelle Greeff Spektakels En Mirakels (Afrikaans, Book)
Rachelle Greeff
R124 Discovery Miles 1 240 Ships in 2 - 4 working days
Nuwe Stories (Afrikaans, Paperback): Nuwe Stories (Afrikaans, Paperback)
R140 R109 Discovery Miles 1 090 Save R31 (22%) Ships in 5 - 7 working days

Die beste 21 verhale uit die inskrywings vir Human & Rousseau se Nuwe Stories-kortverhaalwedstryd vir skrywers onder dertig. In hierdie bundel kan jy die pols van 'n nuwe generasie Afrikaanse skrywers voel. Die verhale dek die hele spektrum: die alledaagse tot die bonatuurlike; drama, humor en tragedie; liefde, seks, familiesake en natuurlik die lewe en die dood. Die bydraers is Alettie van der Heever, Alida Eloff, Armand Fourie, Bibi Slippers, Carla van Eck, Carolyn Meads, Charl Bezuidenhout, Christina van Deventer, Constant van Graan, Donovan Greeff, Henali Kuit, Janice Keogh, Lezandra Thiart, Madre Roothman, Marni Bonthuys, Nina Botes, Phillip Brand, Trish Goosen, Wilken Calitz and Willim Welsyn.

Madefu se Veldmanewales - Boek 4 (Afrikaans, Paperback): Sybie Kleynhans Madefu se Veldmanewales - Boek 4 (Afrikaans, Paperback)
Sybie Kleynhans
R391 Discovery Miles 3 910 Ships in 10 - 15 working days
Twee vroue (Afrikaans, Paperback): Elsa Joubert Twee vroue (Afrikaans, Paperback)
Elsa Joubert
R400 Discovery Miles 4 000 Ships in 2 - 4 working days

In Pampas reis Elvira vroeg in die vorige eeu na Argentinie, waar sy in aanraking kom met vreemde mense en 'n vreemde landskap. Die ruimte van die vlakte wat haar alkante omring, die roerende glinstering van die skuinsgewaaide gras, vul haar oe, haar kop, haar hande, haar lyf. In afsondering, haar eensaamheid ver sterk deur 'n liefdelose huwelik, word sy gekonfronteer met die grense in haarself, kom sy te staan voor die beperkinge van haar menslikheid en worstel sy met die onherroeplikheid van haar keuse. In Klooster vertrek Helena saam met drie mans op 'n soektog na 'n verlore manuskrip. Maar tussen die bonkige mure van 'n massiewe vesting en teen die hange van 'n berg wat uitstyg bo die wye woestynlandskap, onderneem sy haar eie ontdekkingstog - 'n fisieke en spirituele reis, gevoer tot 'n evokatiewe hoogtepunt.

Die Ryk Van Die Rawe (Afrikaans, Paperback, 1st Ed.): Jaco Fouche Die Ryk Van Die Rawe (Afrikaans, Paperback, 1st Ed.)
Jaco Fouche
R184 Discovery Miles 1 840 Ships in 2 - 4 working days
Herinnering Aan Agnes (Afrikaans, Paperback): Louis Kruger Herinnering Aan Agnes (Afrikaans, Paperback)
Louis Kruger
R160 Discovery Miles 1 600 Ships in 2 - 4 working days
Plaasmoord (Afrikaans, Paperback): Karin Brynard Plaasmoord (Afrikaans, Paperback)
Karin Brynard
R532 Discovery Miles 5 320 Ships in 2 - 4 working days

Universiteit van Johannesburg Debuutprys vir Skeppende Skryfkuns (2010) M-Net Letterkundetoekenning in die rolprentkategorie (2010) Inspekteur Albertus Beeslaar het genoeg gehad van die brutaliteit van misdaad in Johannesburg. Hy kom soek rus en vrede op ’n klein dorpie aan die rand van die Kalahari, waar hy ’n nuwe veediefstal-eenheid op die been moet bring. Dan word ’n grusame dubbele moord op ’n plaas gepleeg. Gou kry Beeslaar egter met veel meer as ’n “gewone plaasmoord” te doen. Hy word gekonfronteer met ’n koelbloedige veediefstalsindikaat, Afrika-towerkuns, ’n ou grondeis in ‘n plofbare politieke klimaat wat deur ’n regse wit vigilantegroep uitgebuit word. En dit is maar net die begin. ’n Naelkou-misdaadroman met ’n nuwe, eg Suid-Afrikaanse speurheld. Plaasmoord is in Nederlands vertaal as Moord op Huilwater.

Die Ou Vrou en die Priester en Ander Verhale (Afrikaans, Paperback): Cecile Cilliers Die Ou Vrou en die Priester en Ander Verhale (Afrikaans, Paperback)
Cecile Cilliers
R274 Discovery Miles 2 740 Ships in 2 - 4 working days

Van 1981 tot 2014 skryf Cecile Cilliers rubrieke vir Beeld, De Kat en Sa​rie. Deur die jare het sy etlike bydraes vir verskillende bundels gemaak, maar Die ou vrou en die priester is haar eerste eie kortverhaalbundel. Verskeie klassieke temas word onder die loep geneem: dit wat in 'n huwelik ongesê bly tussen man en vrou, die verwikkelde band tussen ma en dogter, die oorweldigende blindheid van 'n eerste liefde, en bowenal die uitdagings van oud word.

Die verhale spreek tot 'n breë gehoor. Baie leesbaar, met 'n diep menslikheid wat uit die stories straal.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Xploreit Map of Counties Mayo and Sligo…
Sheet map, folded R547 Discovery Miles 5 470
Easter Game Pin Tail On Bunny
R76 Discovery Miles 760
Kattemaai 1: Die Bure Se Nuwe Dogter
Betsie Vos Paperback R160 R150 Discovery Miles 1 500
The West Highland Way (Footprint Map…
Sheet map, folded R340 Discovery Miles 3 400
Jazz Guitar Chord-Melody Course
Jody Fisher Paperback R757 R682 Discovery Miles 6 820
Guitar Tablature Manuscript Paper…
Hal Leonard Publishing Corporation Spiral bound R248 Discovery Miles 2 480
How To Play Electric Guitar - Your Step…
Howexpert Hardcover R809 Discovery Miles 8 090
Cape Town Cycle Tour: 40 Years - The…
Tim Brink Paperback  (4)
R55 R51 Discovery Miles 510
The Charnwood Round Walk - a Map-guide…
Heather MacDermid Paperback R150 Discovery Miles 1 500
Walks Around Ullswater - Haweswater…
Sheet map, folded R212 Discovery Miles 2 120

 

Partners