Abraham de Vries vermom sy ""kontreiverhale"" soms as ""ernstige
verhale"" en sy ernstige verhale as kontreiverhale. Vir die
toegewyde De Vries-leser maak dit weinig verskil. Maak nie saak …
wat die genre eintlik is nie; dis die storie en die vakmanskap wat
in beide gevalle primer tel – soos Linda Rode tereg se (n.a.v. van
D.H. Lawrence se woorde: “Never trust the artist. Trust the tale”).
De Vries se vertroude vertellerstem is byna uniek in Afrikaans –
daar is die herkenbare en die realistiese, maar sy verhale word ook
gekenmerk deur ’n evokatiewe onuitgesegdheid. ’n Ander kenmerk is
sy deernis met die buitestander of die underdog. In hierdie verhale
is daar hartseer en humor, lokkende geheime, misterieuse karakters,
triekster-elemente. Die eerste verhaal in die bundel, “Agter nege
passe”, is as’t ware ’n liefdesverklaring aan die Klein-Karoo!
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!