![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
IN
Die Oog is ’n bonatuurlike riller gemeng met ’n goeie dosis tongin-die-kies humor, ’n tikkie geskiedenis, ’n titseltjie romanse, ’n knippie filosofie en ’n sterk geur van misterie … ’n donker avontuurverhaal vol goedige, doodernstige draakstekery. Alles is nie pluis in Donkerstroom nie. Die inwoners van hierdie afgesonderde dorpie se daaglikse lewe word gekenmerk deur bygeloof en sinistere rituele wat ontstaan het met ’n gelofte wat ’n groep verhongerde trekkers toentertyd gemaak het. En nou woel die hele dorp in die greep van iets wat onder in Donkerstroom se water ronddraai. Die onderliggende spanning in die gemeenskap word op ’n spits gedryf en dinge begin roer in die verlore vallei wanneer ’n waterinspekteur uit Johannesburg tydens ’n fratsongeluk vermis raak. Sy kollega, Stefan die wetenskaplike, sou eerder graag wou vlug. Zadie, sy vuurvreter van ’n assistent, se aspirasies om ondersoekende joernalis te speel, kry egter die oorhand. Of miskien is dit die wulpse Ismérie en die melankoliese Lorelei wat Stefan se gewone koelkop besluitneming beduiwel terwyl hulle al dieper in ’n spiraal van geweld ingetrek word …
Dokter Madeline du Bois se man verkul haar met ʼn verpleegster en sy besluit om die huwelik te beëindig. Sy doen aansoek vir ʼn pos in die Kaap by die nuwe Jonkershoek-kliniek buite Stellenbosch waar sy die eienaar, dokter Brian Thompson, ontmoet. Madeline voel dadelik sterk aangetrokke tot Brian, al is sy nou versigtig vir mans. Brian reken hy rou nog oor sy oorlede vrou, maar besef ook dat hy Madeline nie kan weerstaan nie. Nie een van die twee beoog weer ʼn verhouding nie, maar hulle kan ook nie die aantrekkingskrag tussen hulle ignoreer nie. Sal hulle die vele uitdagings kan oorwin en toelaat dat die liefde ou wonde genees?
Die volmaakte prentjie van Wendy se lewe spat aan skerwe toe haar verloofde erken hy is lief vir ’n ander man. Op die ingewing van die oomblik besluit sy om as skoonheidsdeskundige op ’n passasierskip te gaan werk, al is sy as fisioterapeut gekwalifiseer, in die hoop om van alles en almal te vergeet.
Die verhaal neem die leser van grootwordjare op die platteland tot 'n verblyf in Rusland waar die heldin steeds nie inpas nie. Die lemming word gebruik as 'n metafoor vir blinde menslike konformisme onder druk van groepe en opvoedkundige instellings. Die leser sal die heerlike, absurde humor geniet. Sowel die ou as die nuwe Suid-Afrika loop onder skerp kommentaar deur.
Vandat Emily kan onthou, droom sy oor haar troudag: die ring, die rok,
die onthaal, die blomme. Sy het ook ’n lysie met die presiese vereistes
vir haar trouman gemaak. En Ryno Henning, hoe knieëknakkend sexy hy ook
al mag wees, voldoen nie aan ’n enkele een van hierdie vereistes nie.
Die stomende drome wat sy snags oor hom droom, sal dus net by drome bly.
Toe Alan Sutherland en sy broers by haar blommewinkel inbars, vervies Corinne Hansen haar dadelik vir die Skot. Hy mag dalk dodelik aantreklik wees, maar hoe durf hy vir haar sê sy is nie sy tipe nie? Sy sal hom eenvoudig ’n les moet leer... As mede-eienaar van ’n groot maatskappy, is Alan nie net op soek na ’n trouvrou nie, maar ook ’n sakevennoot: Iemand wat stemmig is, gedienstig is, die pad vir hom gelyk kan maak. Met haar vreemde klere, ritse armbande en vurigheid is Corinne allesbehalwe stemmig. Sal Alan sy kop volg en aanhou soek na die vrou wat netjies by sy planne inpas of sal hy swig voor dít wat sy hart wil hê?
Dit is 'n jaar na die Anglo-Boereoorlog, en in die middel van 'n sirkus-arena in die Amerikaanse hartland staan 'n man in wat later jare as die tipiese drag van Boerekrygers herken sou word: breerandhoed, onderbaadjie, bandelier, kamaste. Hy het 'n druipsnor en bokbaardjie, wakker oe en 'n lang, reguit neusbrug. Hy kondig die vertoning met 'n paradegrondstem aan: "Ladies and gentleman, the Battle of Paardeberg!" Agter die skerms gee die sirkusbaas die teken en die donderslae van kanonvuur laat die gehoor na hul ore gryp, die arena word gevul met rook, gille en die tap-tap van geweervuur. Die man in die middel van die arena is Ben Viljoen, generaal Ben Viljoen. 'n Jaar tevore was hy nog een van die Boeremagte se knapste bevelvoerders. Die sirkusbaas agter die skerms is ene Frank Fillis, 'n impresario van wereldformaat. Sonja Loots se roman is die verhaal van oud-Boerestryders se deelname aan Fillis se sirkus – enersyds die verhaal van mense wat van hul ergste trauma 'n sirkus gemaak het; andersyds die verhaal van iemand wat weet hoe om die mens se aptyt vir skouspelagtige geweld uit te buit.
Clayton kom steel Lida se hart in 'n oogwink. Dit was nie veronderstel om te gebeur nie. Sy wou dit beslis nie hê nie, maar hy het haar lewe binnegeval, gevoelens in haar aangesteek wat sy gedink het sy nooit weer sal ervaar nie, en 'n passie aangevuur wat sy nooit geweet het bestaan nie. As die huidige MotoGP-wêreldkampioen, leef Clayton permanent op die dun rand van adrenalien. Of dit nou óp of áf van die baan is, alles wat hy wil hê is reeds syne: sukses, gewillige vroue, en al die media-aandag wat 'n sportster van kan droom. Hy het alles, behalwe vir Lida. Sý is die uitsondering, want vir die eerste keer val 'n vrou nie voor sy voete nie. Hul chemie is onmiskenbaar. Hul aantrekkingskrag is magneties. Maar vir Lida bly Clayton te veel van 'n risiko. Al probleem is dat daar iets aan Clayton is waarvan sy nie kan, of wíl, wegloop nie. Myne stel die leser bloot aan die opwindende wêreld van MotoGP Dit is die derde titel in die nuwe Romanza Stoom afdeling wat fokus op warmer liefdestonele vir lesers wat meer erotiese liefdesverhale verkies.
|
You may like...
Numerical Methods in Environmental Data…
Moses Eterigho Emetere
Paperback
R2,428
Discovery Miles 24 280
Optimal Inventory Control and Management…
Mandeep Mittal, Nita H. Shah
Hardcover
R4,316
Discovery Miles 43 160
Process Automation Strategy in Services…
Bharati Mohapatra, Sanjana Mohapatra, …
Hardcover
R2,788
Discovery Miles 27 880
Innovative Research Methodologies in…
Luiz Moutinho, Mladen Sokele
Hardcover
R3,104
Discovery Miles 31 040
Extending the Horizons: Advances in…
Edward K. Baker, Anito Joseph, …
Hardcover
R2,685
Discovery Miles 26 850
|