![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Die lyk van Ernst Richter spoel oop in die duine anderkant Parklands - dié Ernst Richter, baas van die omstrede Alibi.co.za, wat 'n maand gelede verdwyn het. Die saak sukkel; boonop het Griessel weer aan die suip gegaan en is Cupido verlief. Dan begin 'n jong wynboer bieg voor 'n advokaat in Kaapstad en keer die hele saak op sy kop . . .
Dit lyk asof kaptein Kassie Kasselman met 'n reeksmoordenaar te kampe het toe Kaapstad se ses en vyftigjarige mans kopskote begin kry. Maar Kassie is nie oortuig die moorde dui nie op iets anders nie . . .
Die oorlog en Gordon Fraser veroorsaak ’n oënskynlik onoorbrugbare kloof tussen Catriona en Rudolf Dreyer. Waar daar kort gelede nog liefde was, lees Catriona haat, afkeer en veragting in sy oë. Hy glo sy was vir sy twee broers se teregstelling verantwoordelik en sy kan hom nie bereik om hom van die teendeel te oortuig nie. Hierdie is die tweede boek in ’n tweeluik na Onder 'n Sterrehemel.
Vic was een van die gevreesde manne wat voor 1994 “ongewenstes” moes “uithaal”. Hierdie opdragmoorde haal hom nou in. En daar bo sit manne uit die ou en die nuwe era wat baie te verloor het.
Gebasseer op ‘n ware verhaal van geloof en oorwinning. As 16-jarige vlug Engela na Bloemfontein, want die leier van die Sataniese Groep 13 wil haar doodmaak. Haar paaie kruis met dié van Pieter, ʼn vriend van haar broer, wat haar aan ʼn bordeel-eienaar uitlewer as betaling vir die geld wat hy hom skuld. Na ʼn haglike en armoedige kinderlewe raak Engela as rebelse tiener deurmekaar met Satanisme, drank en dwelms en word uiteindelik as seksslaaf aangehou. Haar enigste begeerte is om te ontsnap, maar hoe? Elke aand word die klub se deure dig gesluit. Haar laaste kans op vryheid is die jong student, Jacques, wat in die ontvangslokaal van die klub werk. Maar dan verdwyn hy ook uit die prentjie na ʼn raaiselagtige ongeluk in die Drakensberge. Van Skoolbank Tot Bordeelbed is ʼn spanningsroman deur Jaco Hough-Coetzee, gebaseer op die aangrypende lewensverhaal van Elanie Kruger. In die tweede gedeelte van die boek gesels Elanie self met die leser oor haar bittere ervarings. Sy vertel hoe sy haar gevoelens van verlorendheid, alleenheid, pyn en vernedering vanuit ʼn Christelike perspektief leer hanteer het. Sy reik uit na ander gewese seksslagoffers en moedig hulle aan om hul harte uit te stort om emosionele genesing mee te bring. Sy praat oor die krag van vergifnis en aanvaarding, en gee ook lewensbelangrike praktiese wenke aan ouers en kinders.
Met Kamee maak Roela Hattingh haar debuut as kortverhaalskrywer. Die 24 verhale in hierdie bundel fokus op sentrale temas soos verlange, verlies, liefde en begeerte, wraak en menslike broosheid. Hattingh is veral geinteresseerd in aspekte uit die ervaringswereld van vroue, en daarom tref die leser dikwels vroue as sprekers en protagoniste aan. Nietemin vind Hattingh se belesenheid en navorsing neerslag in uiteenlopende situasies en vertellerstemme. Die titel (in Engels: “cameo”) simboliseer verlies, herinnering en verewiging. 'n Waardevolle toevoeging tot die Afrikaanse kortverhaaltradisie in die styl van Henriette Grove en Elise Muller.
Gebaseer op die treffer TV-reeks. Jacques Rynhard, een van die land se
gewildste skrywers, verdwyn op die kruin van sy loopbaan. Joernalis
Carina Human moet uitvind waar hy is, maar meer belangrik, hoekom hy
verdwyn het. Sy krap 'n perdebynes oop van verraad, donker geheime,
moord en mislukte verhoudings.
Rene verdwaal hopeloos oppad na 'n nuwe tuiste en alles loop verkeerd. Haar ou lewe is verby en haar nuwe een verdwyn. Sy sit op die vlak van verlorenheid. Sy beland onverwags terug in haar verlede. Dan maak sy die beste van 'n slegte saak deur die opvoeding wat sy as stiefkind gehad het en probeer om bo uit te kom.
Op 'n kontinent wat ongelooflike rykdom verberg, aanskou Sean Courtney en sy tweelingbroer, Garrick, die eerste lewenslig. Die sorgelose lewe op hul pa se plaas in Natal word egter wreed onderbreek wanneer geweld, begeerte en die noodlot Sean wegruk van alles wat bekend is. Op die Witwatersrand, waar goud pas ontdek is, moet Sean sy pad oopveg na sukses. In die tog om sy fortuin te maak, bou hy ook 'n lewenslange vriendskap, konfronteer sy duiwels en baan sy weg na 'n belowende toekoms. Dan ruk verraad die mat onder sy voete uit en als waaroor hy gewerk het, word skielik van hom af weggeneem. Maar wie nie waag nie, wen nie . . . In die wildernis wag 'n nuwe avontuur. Niks kry hom onder nie - nie 'n verwoede aanval deur 'n olifantbul of die grusame sterftes wat hy moet aanskou nie - en steeds bly Sean droom van 'n gesin en 'n plaas van sy eie. Die dapper jong man wat alles met bloedsweet oorwin, besef egter weldra dat die verlede hom steeds in sy kloue beet het . . . Witwatersrand is the Afrikaans translation of Wilbur's first book - When the Lion Feeds.
François Bloemhof is bekend daarvoor dat hy aanhangers van spanningsverhale telkens gee wat hulle soek – én wat hulle nie kon verwag nie. Met Die vierde stem is dit waarder as ooit. Die storie word vanuit meer as een perspektief vertel. Drie karakters – ’n kantoorwerker, ’n kopdokter en ’n skrywer – beďnvloed mekaar op maniere waarvan hulle onbewus is; die leser weet meer as hulle, hoewel nooit genoeg om te voorspel wat volgende kom nie ... Maar aan wie behoort die vierde stem? Waar kom sy vandaan? Watter rol speel sy in dié gebeurtenisryke intrige, en wat is haar vreeslike oplossing? Dis net ’n paar van die vrae, en die antwoorde is uitklophoue. Aangetrokkenheid en afhanklikheid. Konflik, magspeletjies en die ou-ou stryd tussen haat en liefde. Alles in een sielkundige riller saamgebind met ’n blik op menseverhoudinge wat lesers nie aldag beskore is nie.
Die tragedie wat op Valentynsdag 2013 Reeva Steenkamp se lewe kortgeknip en Oscar Pistorius se status as internasionale sportheld aan skerwe laat spat het, en die ongekende mediadekking van die sensasionele moordverhoor daarna, het verreikende gevolge op vele terreine gehad. Soos nog nooit tevore nie het die kollig geval op fasette wat ons lewens op talle terreine raak: die manier waarop regspleging in Suid-Afrika geskied; hoe sosiale en nuusmedia opinies genereer, beďnvloed en rapporteer; die publiek se obsessie met heldestatus; en die intriges wat van minnaars moordenaars maak. Vir hierdie boek het Ilse Salzwedel deur ’n vloedgolf menings gesif om sin te maak van die Oscar-saak. ’n Fassinerende prentjie ontvou waarin sleutelaspekte ontleed word, soos die belang van forensiese besonderhede, die kundigheid van polisie- en regsbeamptes, die rol van die staat en die verdediging in die hof, die effek van mediadekking op die publiek se persepsies, en nog meer. In die toeganklike, nugtere en nie-sensasionele styl waarvoor dié gerespekteerde joernalis bekend is, vra die skrywer: watter lesse hou ’n tragedie soos hierdie in vir vandag se samelewing?
Vuurtoringwagter Hannes Harker word met sy vrou na ’n afgeleё eiland verplaas. Hy ontdek iets wat lank in die toring weggesteek was wat hom sy balans laat verloor, en hy val. In die hospitaal vertel hy met rukke en stote aan verpleegsuster Rika sy lewensverhaal – van sy ma se geheimsinnige dood, van sy onbeheerbare jong vrou, Aletta, en van die verlate eiland waar net die vuurtoringwagters en ghwanowerkers woon. Dié twee groepe leef saam maar tog ook streng apart op een van die onherbergsaamste plekke op aarde. Met die aankoms van ’n karakter uit Aletta se verlede kom haar eie geheime onvermydelik aan die lig, net soos die pruttende spanning en onregte wat die ghwanowerkers so lank verduur het tot uitbarsting kom in ’n enkele, skokkende gebeurtenis. Die Bewaker is die verhaal van twee geslagte vuurtoringwagters – mans verbete in hulle plig, en vroue wat saam met hulle in skrikwekkende afsondering leef. Dit is geskryf in die kenmerkende meevoerende styl waarvoor Marguerite Poland so bekend is, nou vir die eerste keer in Afrikaans. ’n Roman oor die krag van geheime, die krag van die liefde en die krag van stories.
Kruispad is die kern van Deon Opperman se groot TV-trilogie oor die Afrikaner se pad in Suid-Afrika. Dit beeld presies uit waar die groot verandering gekom en hoe die Afrikaner daarop gereageer het. Die roman wentel om Sophia en Mariana, die twee dogters van ’n welgestelde boer, Soois van Rooyen, en sy vrou, Mart. Sophia is met die skatryk FG van den Berg getroud en Mariana met die arm, bekrompe Andries Landman. Terwyl FG en Andries albei hul ekonomiese status ná die verkiesing van 27 April 1994 verloor, sit hul onderskeie seuns, Klein FG en Henk, met die nalatenskap van apartheid. Kruispad belig nie net die snykant van apartheid fel nie, maar boor ook diep in die problematiek waarmee die Afrikaner in die jare negentig moes worstel en toon hoeveel inbors en karakter dit verg om die juk van die verlede af te skud.
In hierdie bloemlesing ontvou die wonderwereld van mites oor verskeie kulture en grense heen. In Die ding in die riete ontmoet ons opnuut die bose slang in die Skeppingsverhaal, maak ons kennis met die Khoisan se waterslang en al sy seksuele en lyflike konnotasies en leer ken ons die Chinese uitbeelding van Kwan-Yin, ‘n slang van wysheid. Om nie van die meerminne en ander wonderbaarlike wesens ‘n woord te rep nie. Antjie Krog se: “Ek het die stories absoluut boeiend gevind en agtergekom ek sit vasgenael terwyl ek elke een van hulle lees. Die een is werklik so goed soos die ander en ek dink dit is ‘n wonderlike skat wat hier bymekaargemaak is. Ongelooflik dat al die stories so goed is.”
Helena Verbloem, leksikograaf van beroep, gaan na Durban as projek-assistent van 'n man wat alle woorde byeen probeer bring wat in onbruik geraak het in Afrikaans. Dan word daar by haar tuinwoonstel ingebreek en haar geliefde skulpe word gesteel. Die verhaal ontvou rondom die soektog na die gesteelde skulpe. Hierdie soeke raak verweef en verstrengel met die taalbewaringsprojek, die mense wat sy daar leer ken en met haar algemene besinning oor haar lewe - herinneringe aan haar familie, verlore minnaars en liefdes, verliese wat sy gely het. Ek weet wat 'n terapeut sal se. Agter elke verlies le 'n vroeer verlies. Die verlies van my skulpe is 'n voorwendsel ('n jakkalsdraai, 'n verbloeming en bewimpeling) 'n poging van die geslepe psige om die vroeer, pynlike verlies te verdoesel.
Pragtige Nelia word deur sakeman Boris de Beuck verkrag. Maar skielik is daar sprake van 'n video wat glo bewys dat Nelia vrywillig betrokke was. Woedend besef sy dat magtige Magda, Boris se ma, agter die skerms konkel. Nelia neem reg in eie hande en as IT-spermuur spesialis, sit sy met 'n dodelike troefkaart. Ook kry sy hulp van vreemdeling Retief Boshoff wat vermoed dat haar saak verband hou met 'n voorval uit die tweede Vryheidsoorlog, 111 jaar gelede. Moeksie, Retief se grootouma, was toe ook 'n slagoffer van 'n verkragting. En die verdagte? Sep de Beuck, Boris se grootoupa. Om alles te kroon, was Sep 'n joiner wat openlik met Kakie geheul het. Maar daar's 'n kinkel. 'n Kakie-soldaat was daardie stormagtige nag ook op die plaas en Moeksie kon nie haar aanvaller eien nie. Al wat sy in die weerlig kon sien, was iets soos 'n geboortevlek op die man se maag. Op soek na die man met die vlek, delf Retief en Nelia diep in die twee families se voorgeskiedenis; vanaf die oorlog in 1902, via die gewapende stryd van Umkhonto We Sizwe in die 70's, tot en met die Kerkstraat-bomaanval in 1983. Retief skryf verbete aan sy familiegeskiedenis, onder andere oor die Boshoffs se eed om wraak op die De Beucks te neem. Nelia besef Retief sit in sy eie manuskrip vasgevang en vermoed dat dit die einste eed is wat hom so in die verlede hou. Daarenteen het Nelia, as weggooikind, geen idee wie haar voorsate is nie. Eers huiwer sy om saam met Retief te werk, maar besef dan dat haar herkoms met die van die Boshoffs verstrengel mag wees. In Retief se manuskrip, ontmoet Nelia vir Aletta, Retief se ander grootouma. Hierdie beeldskone Boervrou kon nooit die Boer se uiteindelike oorgawe aanvaar nie en trap gevolglik 'n bloedspoor deur die verhaal. Meegevoer, besluit Nelia dat 'n stryd soos Aletta s'n nooit verby kan wees nie. Sy sit dan die oorlog eienhandig voort en wel met virus-aanvalle via die internet. Haar wapen is haar eie vernuf asook eMajuba, 'n digitale oorlogmasjien wat sy tyd ver vooruit is. Onvermydelik loop dinge uit op 'n dodelike konfrontasie, maar ook volg 'n wrede ontnugtering as die draer van die vlek uiteindelik ontbloot word.
Eendag, lank gelede toe klokbroeke soos kleefplastiek aan ordentlike jong mans se lywe geklou het en Abba Springbokradio aan die brand gesing het, het Boet Beauman die mooie Maria in Barcelona ontmoet. Nou, byna vyf en dertig jaar later, regeer Boet die Beauman sy vrou en die drie produkte van hul huwelik met ’n arm wat maklik draai vanuit sy Italiaanse teelmaatskappy se besturende direkteurstoel.
“Want swart en droef, die hoogste troef . . . oor al wat roer, is Skoppensboer” – die laaste woorde wat Skoppensboer se slagoffers hoor voor hy hulle “uitvee”. Want as hy van iemand ontslae raak, is dit asof hulle nooit bestaan het nie. En dus weet niemand wie Skoppensboer werklik is nie. Daarom word Rex Reynecke se hulp ingeroep. Sy opdrag: infiltreer die onderwereld van georganiseerde misdaad en stel vas wie Skoppensboer is. Maar in hierdie onderwereld is vertroue ? luukse wat niemand kan bekostig nie. Want almal het geraamtes in die kas. Soos Niel Campher, wat slegs sy samewerking gee om die Valke van sy rug af te hou. En wat is die beeldskone Alicia Vermeulen se geraamtes? Want die laaste ding wat Rex in sy omstandighede kan bekostig, is om op ? prostituut verlief te raak.
Vir die gebruikers van die webwerf Fermata.com is selfmoordvideo’s iets om gedeel en gevier te word – die mees egte ervaring wat hulle kan beleef, en ook wat hulle kan skep. Daniel Roberts, eienaar en bestuurder van die besonder gewilde webwerf, verkoop dit ook so aan sy gebruikers, maar wanneer hy vir die eerste maal in die openbaar oor Fermata.com praat op ’n televisiekletsprogram, gee dit aanleiding tot ’n reeks verstommende gebeure wat nie net sy lewe nie maar ook die van Megan Oosthuyzen (belowende joernalis en jong ma), Chris Grobler (geskeide polisiebeampte wie se oorlede dogter ’n Fermata-bydraer was) en Simon Potgieter (student aan Oxford wat met ontgogeling op talle vlakke worstel) onherroeplik verander . . . en in minstens een geval beeindig. ’n Donker, meesleurende tragikomedie. Dit is Henry Jack Cloete – skrywer, joernalis en musikant – se eerste roman.
"As ek terugkom sal ek weer voorbeeldige Lize wees. Almal se staatmaker. Ek glo dat U my die bietjie vryheid gun." Met hierdie gebed roep Lize Lategan haar goeie Christelike opvoeding vaarwel. Sy is op 'n vliegtuig onderweg na Engeland vir die werksgeleentheid van haar lewe. Skaars een uur in die vreemde raak sy, jonk en onervare, egter hals oor kop verlief op haar gasheer, die nimlike Conrad Buckle. Sy het geen weerstand teen sy aanraking nie. Lize kies 'n afdraaipad en swenk met elke nuwe ondeurdagte besluit verder en verder weg van God en van die Lize wat sy eenmaal was. In die euforiese maalkolk van begeerte sien sy nie die waarskuwingstekens raak nie: Conrad bestel haar kos, kies haar klere en neem beheer van elke aspek van haar lewe. Maar sy laat hom begaan. Sy het hom mos lief. Totdat Conrad een aand sy hand vir haar lig en Lize se lewe onherroepelik verander...Afdraaipad is Elaine Marais se derde roman. Dit volg op haar debuutroman, Liefde vir Lienke, en haar tweede roman, Koesterkind. Elaine Marais kan beskou word as Suid-Afrika se eie Francine Rivers. Haar boeke is gemik op vroue wat al die veersagte tinteling van die liefde ervaar het, maar ook die wanhoop ken van onbeantwoorde liefde. |
![]() ![]() You may like...
Disciple - Walking With God
Rorisang Thandekiso, Nkhensani Manabe
Paperback
![]()
Financial and Macroeconomic…
Francis X. Diebold, Kamil Yilmaz
Hardcover
R3,790
Discovery Miles 37 900
Sustainable Polylactide-Based Blends
Suprakas Sinha Ray, Ritima Banerjee
Paperback
R5,217
Discovery Miles 52 170
|