![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
Ontmoet van ons land se dapperste helde! Ontmoet ’n paar van die dapperste Suid-Afrikaanse helde! Ontdek hoe emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu ons reënboognasie geïnspireer het, vind meer uit oor die dapper helde van die Laingsburg-vloed, maak kennis met Wollie, ’n klein brakkie met ’n groot hart, en lees die ongelooflike lewensverhaal van Enoch Sontonga, wie se hartslied vandag nog in ons land se volkslied voortleef. Hierdie boek bevat ses verstommende ware heldeverhale: 1. ’n Klein brakkie met ’n groot hart Wollie was ’n hawelose Maltese poedeltjie met ’n groot hart – en hy het dit reggekry om ’n man se lewe te red. 2. ’n Reënboog vir Laingsburg In 1981 het vreeslike vloedwaters Laingsburg getref, en die heldedade van daardie dag leef vandag nog voort. 3. Desmond Tutu Desmond Tutu was ’n arm klein seuntjie wat later een van die grootste leiers in ons land se geskiedenis geword het. 4. Kaalvoet deur ’n oorlog Ontmoet ’n dapper seuntjie wat al die pad van die Vrystaat na die Kaap gestap het om sy ouers tydens die Anglo-Boereoorlog op te spoor. 5. Enoch Sontonga, ’n man met ’n lied in sy hart Die inspirerende lewensverhaal van die man wat “Nkosi sikelel’ iAfrika” geskryf het. 6. Die lang pad van Emilie Lehn Ontdek die verstommende verhaal van Emilie Lehn, wat as ’n slavin in Kaapstad gebore is. Die stories word op ’n toeganklike manier met eenvoudige taalgebruik vertel sodat beginnerlesers dit maklik self kan baasraak!
oe arriveer kort voor die draaipunt van die millennium in New York. Tot sy verbasing wag Nina hom by die backpackers in. Nina, wat nooit eintlik Joe se iets was nie. Nie rêrig nie. Hy ontmoet ook vir Michael, ’n verloopte Suid-Afrikaanse Jood met absurde drome vir homself en sy lendelam fiets. O, en dan is daar Elrike, wat Joe se gedagtes lees nog voordat hy hulle kan bedink. Dié drietal word die spil waarom alles draai in Wat het geword van Dinsdag?. Dis ’n roman wat verdigsel en waarheid vervleg, nes die kunswerke van twyfelagtige waarde wat Joe produseer. Enersyds is die roman ’n terugblik op drie onstuimige dekades in Johannesburg, en andersyds ’n verhaal van een man se leuens wat hom inhaal – oor sy kleintyd, oor drome van roem wat hy skaars kan onthou, maar bowenal oor Nina. ’n Fyn afgeronde, skerpsinnige roman oor selfontdekking, heimwee en verlies.
Bailey Kellerman verlaat Suid-Afrika finaal ná nog ’n liefdesteleurstelling deur haar eerste liefde, Adam. Hulle het ’n aan-en-af-verhouding sedert hulle jong dae, maar Adam verneuk haar gereeld en kom nie tot trou nie. In London trou sy met ’n Fransman, maar word ook deur hom in die steek gelaat. Terwyl sy oorsee is, word haar ouers wreed in hul huis in Johannesburg tydens ’n rooftog vermoor. Haar broer, Zak, daag woedend by haar huis op en dring daarop aan dat sy terugkom Suid-Afrika toe. Hy verwyt haar ook dat sy nie by die begrafnis was nie, min wetend wat haar omstandighede daardie tyd was. Sewe maande later is Bailey terug in Suid-Afrika, maar iewers is daar ’n slang in die gras. Hoekom het haar pa nie die kluis tydens die rooftog vir die rowers oopgemaak nie? Wat is in die toegesluite kluis? En gaan Adam weer amok in haar lewe kom maak?
Keira en die mense van Walkers Village leer ons dat elke mens 'n kans het om oor te begin. Dat elke mens die reg het om oor te begin. Vir die inwoners van Walkers Village is Keira se manier van dinge doen aanvanklik baie vreemd en ongehoord. Maar Keira verstaan dat regte mense regte probleme het. En ook dat regte mense soms so 'n bietjie hulp nodig het om die regte probleme op te los. Al klink dit aanvanklik vreemd en ongehoord. Saam met Keira leer ons om te verstaan dat die lewe nie altyd regverdig is nie. Dat goeie mense se paaie soms met donker siele se paaie kruis. Dat ons nie altyd kan kies wie ons pad kruis nie, maar dat ons wel kan kies hoe ons daai pad van ons stap. Want hoe jy jou pad stap, is wat saak maak. Nie hoe jy jou storie vertel nie.
Op Dinsdag 5 Desember 2017 was die Steinhoff-groep nog R199 miljard werd. Vier en twintig uur later is meer as R160 miljard daarvan uitgewis. Die Steinhoff-sakeryk, wat oor 20 jaar tot ’n internasionale sakereus opgebou is, het oornag verkrummel. Markus Jooste, Steinhoff se flambojante grootbaas, het per SMS bedank en vlug sedertdien van die een na die ander geraamte wat uit sy kas val: tientalle spoghuise vir ’n blonde minnares, resiesperde, bewerings van bedrog en ’n blinkswart Jaguar vir ’n ou universiteitskoshuis. Wat presies het hier gebeur? Wie het wat geweet? Wat is Steinhoff, wie is Markus Jooste en wat het dit met die sogenaamde Stellenbosch-mafia te doen? Hoe pas Christo Wiese, Shoprite en Pepkor in en waarheen is die pensionarisse se geld? Die bekende sakeskrywer James-Brent Styan beantwoord dié en ander vrae in hierdie verstommende verhaal van die grootste finansiële ineenstoring in die geskiedenis van Suid-Afrika. Deur onderhoude met betroubare bronne, inligting uit vertroulike dokumente en in- dieptenavorsing oor Steinhoff se geskiedenis, onthul hy dít wat die groep oor jare probeer wegsteek het. Steinhoff en die Stellenbosse Boys is ’n boeiende sakeriller wat nog dekades lank in sowel raadsale as sitkamers oorvertel sal word.
Katelknaap vir Carlien Weduwee Carlien Arendse het mans afgesweer. Vir die afgelope tien jaar is sy dolgelukkig om alleen te wees met haar werk as Streekhoflanddros om haar besig te hou. Totdat sy een oggend gaan draf en letterlik in 'n blonde adonis vashardloop wat haar lewe onherroeplik verander. Te midde van die skindertonge op die dorp, vind Carlien uit dat liefde hom nie deur die ouderdom laat voorskryf nie. Gogga op ’n Harley Superintendent Karen Visser moet ten spyte van die vooroordele teenoor haar voorkoms, diamantsmokkelaars vastrek in die Noord Kaap. Waarmee sy nie rekening gehou het nie, is die uitwerking wat die rooikop Dewald en sy dogtertjie Amalia op haar hart sou hê. Tussen haar eie leuens en bedrog vind Karen uit dat die hart hom nie so maklik om die bos laat lei nie.
Inspekteur Conrad Dorfling is terug! Isa Konrad laat die sonderlinge speurder van Karibib, Conrad Dorfling, weer krap waar daar ’n lyk is. Sommer gou-gou ontdek Dorfling twee goed, nee drie: - Die lyk is oud. Dit gaan moeite kos om uit te vind wat aangaan. - Alet Gouws is terug in Karibib. Hoekom weet hy nie, maar hy is nie seker dat dit goeie nuus is nie. - Die hele polisiestasie weet skynbaar van sy en Alet se afskeidsoen … Conrad weet nie wie se lyk dit is nie, maar hy is dankbaar dat dit ’n geraamte is, ’n doodloopsaak dus. Hy kan nie twee moorde in twee weke onder sy neus laat gebeur nie. En boonop krap Alet se teenwoordigheid hom om. Hy het regtig gedink daardie soen was vaarwel. Sy is ’n mooi vrou en Con se vorige huwelik het rampspoedige gevolge gehad ... Alet het per ongeluk ’n getuie in sy vorige moordsaak geword. Namibië is nie haar wêreld nie, haar lewe en haar man is in Kaapstad. Hoekom het sy skielik teruggekom Karibib toe? Alet het hom laat glo sy was op pad om van haar man te skei. Intussen warm sy doodloopsaak op. Binnekort is hulle op soek na ’n tweede lyk, en binne in sy eie lyf bewe die geraamtes in hulle kaste.
In die loop van 1876 kom verskeie groepe Transvalers by die samevloei van die Krokodil- en Maricoriviere aan met die idee om na Damaraland te trek. Om daar te kom, moet hulle ’n stuk waterlose Kalahari, bekend as die Dors, oorsteek. Maar die magstryd tussen die voormanne van elke groep om die hoofleier van die trek te wees laat die trek op 'n ramp afstuur, lank voor hulle die Dorsland binnegaan.
‘Met die middagson kom die lugspieëlings wat aan die vallei sy naam gegee het: Deception Valley. Dan skuil alles wat asemhaal in die koelte van ’n matjarra, rug na die wind gedraai. In die lang geelwit gras lê die leeus uitgestrek en slaap. Net die vlakvarke draf stertorent nader vir ’n modderbad.’ Annelize Slabbert was ’n joernalis in Johannesburg en haar man, Gerard, ’n apteker. Stedelinge. Toe word hulle moeg vir die lewe in die stad, die spitsverkeer, die gebrek aan stilte en sterre. En hulle volg die krom wandelpad na Die Droom van ’n landelike idille met skape en groen gras. Tot, uiteindelik, in die son en sand van die Sentraal-Kalahari in Botswana waar hulle ’n vierster-lodge bestuur. Wat kan dan nou verkeerd loop? 'n Ware verhaal, uitstekend vertel, skreeusnaaks en aangrypend.
In 1991 rapporteer doktor Joseph Opperman aan staatspresident FW de
Klerk dat Suid-Afrika se kernarsenaal vernietig is. Vyf-en-twintig
jaar later word Opperman vermoor. Die gru-moord plaas die
ondersoekers op die spoor van die Pelindaba Protokol.
Hierdie omnibus is ’n samestelling van drie van Madelie Human se vorige Romanzas, Terug na jou, Kolwyntjie en Altyd die strooimeisie. Terug na jou: Jare gelede het Mercia haar liefde vrygelaat, soos mens ’n boemerang van jou af weggooi. Nes die boemerang het haar liefde nou na haar toe teruggekeer. Sal sy hierdie keer daarin slaag om dit vas te hou en vir altyd te koester? Kolwyntjie: Die tweelingdokters in die spreekkamers reg langs Melani se nuwe besigheid is albei ewe sjarmant. Dis egter Lourens wat haar hart verower, maar hy wil verder studeer en het nie tyd vir ’n verhouding nie ... Altyd die strooimeisie: Meyer Malan steel Zoë se hart met die eerste oogopslag, maar hoe kan sy hom liefhê as hy juis een van die bevoorregtes is wat op haar pa se erfplaas grootgeword het. Kan sy die familie vertel wie sy werklik is?
Leon van Nierop se blitsverkoper Plesierengel verskyn twintig jaar gelede en dit is in hierdie boek waar duisende lesers vir Tristan Hansen ontmoet, ’n engel van plesier, ’n manlike prostituut waarvoor Johannesburg se rykste vroue duisende rande betaal. Dit is egter nie die volle verhaal nie: hoe het die enigmatiese Tristan tot hier gekom? In Katelknaap kry die leser ’n blik op die vroue wat hom gevorm het en van genot geleer het. Veral saam met een vrou, ver weg in Positano, ’n dorpie in Italië, kon hy hom loswikkel van die beklemming van sy konserwatiewe ma wat hom ná sy pa se selfmoord alleen grootmaak. Maar dit was ook nie die laaste beklemming nie. Op die vooraand van Tristan se 27ste verjaardag vind ons hom in sy luukse dakwoonstel in Maboneng, onrustig ná ’n vreemde foonoproep vol dreigende stilte. Terwyl hy kan voel hoe hy deur ’n verkyker dopgehou word en dat die afloerder met iets anders as begeerte na hom kyk, reik sy herinneringe terug na gelukkiger dae in Positano, en na sy opleiding in die kuns van liefdemaak.
Hierdie is ’n mega-omnibus van Marijke Greeff se vorige Kaapse liefdesverhale bestaande uit Esmeralde, Seerower vir Shakira en Markies vir Melesinda. Esmeralde: By haar agtiende verjaarsdagbal ontmoet Esmeralde die baie aantreklike René Courtelle. Hulle is dadelik aangetrokke tot mekaar, maar René is ’n getroude man. Wat Esmeralde egter nie weet nie, is dat hy baie ongelukkig getroud is met ’n erg ontroue vrou wat met iemand konkel om al die Courtelle-skatte in die hande te kry. Seerower vir Shakira: In ’n dobbelspel word Shakira deur haar pa aan die gevreesde seerower Raoul Monserat verpand. Op sy skip word hulle in die eg verbind. Sy verafsku hom, maar een of ander tyd gaan hy sy huweliksregte opeis. Markies vir Melesinda: Dis die geheimsinnige Nagvalk wat Melesinda se gedagtes sedert haar aankoms in Frankryk vollê. Maar met die markies Beaumont du Brecy moet sy trou. Beau ontken die Nagvalk se bestaan, al red hy Melesinda keer op keer.
Twaalf ongelooflike vroue wat ’n verskil maak tussen die bendes, die werkloosheid en die koeëls. Atlantis is steeds die verlore stad, maar hierdie twaalf vroue se verhale inspireer. Hulle het besluit om nie moed op te gee nie. Hulle stories is dié van moed, optimisme en inspirasie. Dit is ’n moetlees vir almal wat glo dat liefde en geloof ’n verskil kán maak. Atlantis aan die Weskus was die breinkind van ’n vorige regering se “desentralisasiebeleid” – maar is tans die toonvenster van ontheemding. Uit hierdie wanhoop, brand dié twaalf vroue se stories soos fakkelligte in ’n lang, donker nag. Hulle is: Francis Brown, Mary-Ann Cedras, Chrissie Cloete, Mandy Jonker, Christine Lewis, Sylvia Losper, Lenie Maya, Carol Muller, Sillene Oppel, Olivia Pharo, Mary Tenggren en Rachael Watson.
In hierdie bundel sal jy vergeefs soek na voorspelbaarheid. Want die liefde het vele gesigte, en nie almal is mooi nie. Kerneels Breytenbach, Christine Barkhuizen Le-Roux, Erika Murray-Theron, Helene de Kock, Keina Swart, Jaco Jacobs en vele meer skryf oor die liefde in al sy vele gedaantes: moederliefde, onvoorwaardelike liefde, gewelddadige liefde, verbode liefde, erotiese liefde, liefde tot die dood toe ... Want die liefde verdra alles, maar die liefde het dikwels tande.
Die briljante chirurg Geert Bouwman kom by die Mediclinic op Stellenbosch locum. Teatersuster Naomi Roux is glad nie ingenome met die idee dat sy ’n oog oor sy doen en late moet hou terwyl hy in sy tante se huis woon nie. Sy huur tog net die woonstel en ateljee by tant Merel. Maar Geert en Naomi is gedurig in mekaar se geselskap en hulle werk goed saam. Hoe kan sy onbetrokke staan teenoor ’n man soos dokter Geert Bouwman?
MacKenzie skep goeie aantreklike en intelligente vir-altyd-helde vir haar blog. Maar in haar wêreld is hierdie mans so skaars soos hoendertande ... Of so dink sy totdat sy Scheepers Rossouw in die stempuntry ontmoet.
Mia se redakteur vra haar om die Man van die maand-rubriek oor Luc Raath te skryf. Hier is haar kans om die pos as rubriekskrywer te verdien en niks mag verkeerd loop nie. Maar een kyk in Luc se groen oë en sy weet hier is moeilikheid.
Die toenemende hoe smokkelhandel in dwelms, veral na en van Suid-Afrika, het INTERPOL genoop om druk toe te pas op die SA-Regering om met hul saam te werk om dit te bekamp. Selfs die hoof van Nasionale Intelegensie se vrou word aangekeer en gevonnis vir dwelmhandel. Ten einde daadwerklik op te tree, besluit die Suid-Afrikaanse President om ‘n geheime organisasie met uitgesoekte spanlede te skep om te help om die netwerke van die smokkelaars binne te sypel. ’n Organisasie soortgelyk aan MI6 van Britanje. Die ondergrondse organisasie en lede sal slegs aan hom, ‘n Minister en ‘n paar uitgelese Parlementslede bekend wees. So word Skarlaken gebore – ‘n man met vele talente en gesigte. Sy opdrag is om geld rond te strooi om sy weg oop te koop na die binnekringe van dwelmsmouse. Skarlaken het Carte Blanche en bewys hy was die regte keuse. Skarlaken word toegerus met alles wat nodig is om die smokkelaars vas te vat; selfs ‘n lisensie om moord te pleeg. Met meer as een identiteit laat elkeen van sy aliasse die poppe behoorlik Rock en Roll! ‘n Aksiebelaaide roman met baie kinkels wat haarfyn uitgewerk is; relevant vir die huidige dwelm situasie in Suid-Afrika waar daar daagliks dwelm verwante moorde deur bendelede gepleeg word.
Hier is 'n versameling gewaagde reddings vol drama en gevaar, ter viering van die NSRI se 50ste herdenking. Die stories, wat alles dek van brandende skepe tot haai-aanvalle, van sinkende vistreilers tot hallusinerende vissermanne, gaan oor die mens se konstante stryd teen sommige van die gevaarlikste vaarwaters op aarde. Dit sluit die storie in wat tot die stigting van die NSRI gelei het. |
You may like...
Talking To Strangers - What We Should…
Malcolm Gladwell
Paperback
(2)
Entrepreneurship and Small Business…
Ge Chiloane-Tsoka, E.M. Rankhumise
Paperback
(2)R656 Discovery Miles 6 560
The Shepherd And The Beast - The Hero's…
Tramayne Monaghan
Paperback
Human Resource Management In South…
Surette Warnich, Michael R. Carrell, …
Paperback
R1,068
Discovery Miles 10 680
Entrepreneurship & New Venture…
I. van Aardt, S. Bezuidenhoudt
Paperback
|