In 1991 rapporteer doktor Joseph Opperman aan staatspresident FW de
Klerk dat Suid-Afrika se kernarsenaal vernietig is. Vyf-en-twintig
jaar later word Opperman vermoor. Die gru-moord plaas die
ondersoekers op die spoor van die Pelindaba Protokol.
Johannes Moller en Aleana Opperman, beide agente van verskillende
inligtings organisasies, smee kragte saam met adjudant Jabu Mkize
van die Valke in ‘n wedloop om die bes bewaarde geheim in
Suid-Afrika te ontrafel. Die bloedspoor van die Jihadiste lei hulle
in ‘n verbete stryd om te verhoed dat die geheim van die protokol,
in die hande van ekstremiste val.
Inam ul Haq, leier van die ekstremiste groep Al’ aswad al’
Afriqiu, is toenemend vasbeslote om die gehate Infadel te vernietig
in die heilige oorlog in Sirië en Irak. Vanuit Istanbul tot die
Kalahari, oor Rottnest eiland in Australë tot ‘n skeepsvraghouer
vol ivoor in Maputo, beloof dié spanningsverhaal om die leser te
bind, van begin tot einde.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!