0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (21)
  • R50 - R100 (186)
  • R100 - R250 (676)
  • R250 - R500 (772)
  • R500+ (104)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Fiksie

Om 'n Lewe Te Red (Afrikaans, Paperback): Om 'n Lewe Te Red (Afrikaans, Paperback)
R136 Discovery Miles 1 360 Ships in 4 - 6 working days
Kruispunt (Afrikaans, Paperback): P.J. Haasbroek Kruispunt (Afrikaans, Paperback)
P.J. Haasbroek
R220 Discovery Miles 2 200 Ships in 4 - 6 working days

Hierdie vyfde bundel kortverhale deur Haasbroek verskyn meer as 20 jaar na sy vorige bundel. Maar alhoewel sommige van die verhale herinner aan die macho-styl van sy vroeere werk, is die verhale in Kruispunt meestal meer deernisvol en menslik. Die milieu van die verhale is telkens oorlogsgebiede of die jagveld of 'n plaasomgewing. En dit is 'n treffende uitbeelding van sowel die mens se duister psige as sy weerloosheid. Die onderliggende tema is geweld - soms brutaal, soms pynlik, maar altyd openbarend. Die geografiese afwisseling waarbinne die verhale afspeel, gee aan die bundel 'n globale kyk op die menslike natuur, in Afrika en in Europa. Mens en natuur staan in 'n aanvullende verhouding binne elke verhaal. Haasbroek se nuwe bundel is ’n welkome toevoeging tot sy werk, en ook tot die Afrikaanse verhaalkuns.

Donatello En Volksie (Afrikaans, Paperback): Marion Erskine Donatello En Volksie (Afrikaans, Paperback)
Marion Erskine
R231 Discovery Miles 2 310 Ships in 4 - 6 working days

Op Oukersaand sit Zoe Zietsman stoksiel alleen voor haar rekenaar. Sy het niemand nie - selfs nie eers 'n hond waarmee sy kan cuddle nie. En cuddle is volgens Zoe 'n 'verdomde basic human right'. Vanaand is die aand, besluit sy terwyl sy as 'Volksie' op www.matchmate inlog. . . So ontmoet sy vir Donatello, die advokaat wat sy klerekas colour code en net suiwer Afrikaans praat. Zoe, daarenteen, mix haar taal, ry nog met haar Vespa en leef vir joga. Wanneer Donatello en Volksie (oftewel Anton en Zoe) mekaar uiteindelik in die vlees ontmoet, is die gevolge sowel katastrofies as skreeusnaaks.

Hippokrates, Sammtliche Werke, Volume 1 (Afrikaans, Paperback): Hippocrates Hippokrates, Sammtliche Werke, Volume 1 (Afrikaans, Paperback)
Hippocrates
R816 Discovery Miles 8 160 Ships in 18 - 22 working days

This is an EXACT reproduction of a book published before 1923. This IS NOT an OCR'd book with strange characters, introduced typographical errors, and jumbled words. This book may have occasional imperfections such as missing or blurred pages, poor pictures, errant marks, etc. that were either part of the original artifact, or were introduced by the scanning process. We believe this work is culturally important, and despite the imperfections, have elected to bring it back into print as part of our continuing commitment to the preservation of printed works worldwide. We appreciate your understanding of the imperfections in the preservation process, and hope you enjoy this valuable book.

Koos Meyer: Lag-lag 'n Legende - Soos Oorvertel Deur Deon Van Zyl (Afrikaans, Paperback): Deon Van Zyl Koos Meyer: Lag-lag 'n Legende - Soos Oorvertel Deur Deon Van Zyl (Afrikaans, Paperback)
Deon Van Zyl
R210 Discovery Miles 2 100 Ships in 4 - 6 working days

Koos Meyer is ‘n legende. Op laerskool reeds was hy ‘n entrepreneur met die aardigste geldmaakplanne. As nie-studerende student op Stellenbosch het hy roem verwerf as poetsbakker en kansvatter. En as joernalis, prospekteerder, grootwildjagter, matroos, hotelbestuurder, wildbewaarder en toespraakmaker het hy hom onderskei deur sy ongewone manier van doen.

Hy het nooit nodig gehad om snaaks te wees nie; hy was dit net. Met verborge agter die plesierige masker ‘n diepte waarvan min weet. Hier is bekende en minder bekende Koos-stories – nostagiese plesier vir tydgenote van hom, en ‘n aansteeklike kennismaking vir jonger lesers.

Soos Ollie Viljoen sê: “Daar is net één Koos Meyer.”

Dis koue kos, skat (Afrikaans, Paperback): Marita van der Vyver Dis koue kos, skat (Afrikaans, Paperback)
Marita van der Vyver
R189 Discovery Miles 1 890 Ships in 4 - 6 working days

Marita van der Vyver se jongste is die vertroude gehalte in 'n splinternuwe gedaante - dis 'n briefroman! Dis Koue Kos, Skat is die briewe en e-pos van 'n vrou in haar liefde verlaat; dit is briewe wat gil van woede, pleit om begrip en skreeu om wraak. Die verhaal ontvou in korrespondensie wat oor 'n dekade geskryf is - aan 'n ontroue man en vriendinne. Clara Brand se man, Bernard, verlaat haar vir Anais, een van Clara se beste vriendinne. Die briewe wys die verskeie 'stasies' van Clara se herstelproses: woede, aanvaarding, nuwe vryheid, herstel van haar sekslewe, hernieude bande met haar eks-man, die deurlopende poging om haar kinders normaal groot te maak. Uiteindelik eindig Bernard se tweede huwelik ook op die rotse (nie deur Clara se toedoen nie), en wanneer hy weer tot haar toenadering soek, besef sy dat sy uiteindelik finaal van hom verlos is, en as gewone vriendin saam met hom sal kan aansit vir 'n ete. Dis Koue Kos, Skat is 'n vreeslose ontboeseming; dit is slim, genuanseerd en gesofistikeerd. Dit is 'n eerlike, lewensgetroue en verkwiklike uitbeelding van Graham Greense se uitspraak: 'We do not have to win the battle of the sexes, we merely have to survive it.'

In Landsbelang (Afrikaans, Paperback): Quintus van der Merwe In Landsbelang (Afrikaans, Paperback)
Quintus van der Merwe
R215 Discovery Miles 2 150 Ships in 4 - 6 working days

Na twee jaar gevangenisskap in Togo weens wapensmokkelary word Johan Castelyn onverwags vrygelaat - op voorwaarde dat hy as diplomaat in Parys op die nuwe ambassadeur, Nerine Cloete, sal spioeneer. Kort voor haar aanstelling was Nerine, 'n lid van die opposisie, op die punt om 'n wapenskandaal oop te vlek. Nou moet sy egter buite partyverband optree - en Johan is daar om seker te maak dit gebeur.

Teferet Yisra'el - Die Roem Van Israel (Afrikaans, Paperback): Marzanne Leroux-Van Der Boon Teferet Yisra'el - Die Roem Van Israel (Afrikaans, Paperback)
Marzanne Leroux-Van Der Boon
R168 Discovery Miles 1 680 Ships in 4 - 6 working days

Die bekende hoofkarakters uit die vorige boeke in Marzanne Leroux-Van der Boon se gewilde Israel-reeks word weer in hulle geliefde land blootgestel aan die geweld van stedelike terreur en die vyandigheid van die omringende nie-Joodse lande. Aan die drama van onderlinge menseverhoudinge ontbreek dit ook nie wanneer Marc weer opgeroep word, hierdie keer vir militere diens in Gasa, sy ma 'n slagoffer word van Suid-Afrika se eie geweld – die misdaadprobleem, en Marc sy jeugliefde Nicola weer ontmoet. Boonop maak Henok Kabungu 'n verrassende ontdekkin wat hom in konflik bring met sy blanke vrou, en ou Zvi, 'n Holocaust-oorlewende, se skokkende herinneringe aan die Shoah laat die leser algaande besef waarom die Israeli's so verbete vasklou aan hulle beloofde land.

Piet Kokkewiet, Kokkewiet - 'n Ben Lindemann Omnibus (Afrikaans, Paperback): Ben Lindemann Piet Kokkewiet, Kokkewiet - 'n Ben Lindemann Omnibus (Afrikaans, Paperback)
Ben Lindemann
R183 Discovery Miles 1 830 Ships in 4 - 6 working days
Reen Oor Die Serengeti (Afrikaans, Paperback): Connie Luyt Reen Oor Die Serengeti (Afrikaans, Paperback)
Connie Luyt
R204 Discovery Miles 2 040 Ships in 4 - 6 working days

In hierdie tweede, roman, keer Connie Luyt terug na Oos-Afrika. Gretchen Schmidt besoek die Serengeti om die man te sien wat indirek verantwoordelik was vir haar dogter se dood. Maar sy vlug ook van haar verlede in die Stasi-beheerde Oos-Berlyn. Haar Afrikaner-oupa het eens op die Serengeti-vlakte geboer, en sy hoop om hier antwoorde en berusting te vind.

Op die toneel - Stories, reise, stemme (Afrikaans, Paperback): Dana Snyman Op die toneel - Stories, reise, stemme (Afrikaans, Paperback)
Dana Snyman
R346 Discovery Miles 3 460 Ships in 4 - 6 working days

n Veertigtal stories deur een van ons gewildste skrywers. Stories met humor en met droefheid, van dinge wat verander het en dinge wat dieselfde bly, oor families en oor vreemdelinge. Die mens is die storie, die storie is die mens, het Dana, self-erkende storiesmous, by geleentheid gese. En soos by sy eerste twee bundels, Uit die binneland en Anderkant die scrap, gee sy jongste versameling stories weer 'n deernisvolle blik op mense: gewone mense en al hul dinge, mense in dorpe en stede en afgelee streke. Dit is baasverteller en veelbekroonde joernalis Dana Snyman se geheim, sy respek vir en simpatie met mense. En die gevoel van hoop waarmee sy stories die leser laat.

Die Rebellie Van Sloet Ateenkamp (Afrikaans, Paperback): Paul C. Venter Die Rebellie Van Sloet Ateenkamp (Afrikaans, Paperback)
Paul C. Venter
R189 Discovery Miles 1 890 Ships in 4 - 6 working days

Met sy drie televisiereekse Arende I, II en III het Paul C Venter van Afrikaanse televisie se grootste suksesse ooit geskryf. Die rebellie van Sloet Steenkamp is die vierde Arende-avontuur, en die eerste een wat Paul C Venter spesiaal as boek geskryf het. Wat as die dramatiese avonture van Sloet Steenkamp en ander bannelinge op die eiland St Helena begin het, het na 'n spannende trek Duitswes toe en 'n bloedige stryd teen Hendrik Witbooi se Namas, by die stilte van 'n waterput ten einde geloop. Maar nou kom daar weer 'n oorlog. Vir Sloet en sy mense is dit die begin van 'n nuwe, epiese stryd om oorlewing teen die agtergrond van 'n genadelose woestyn.

Bottelnek (Afrikaans, Paperback): Piet Steyn Bottelnek (Afrikaans, Paperback)
Piet Steyn
R252 Discovery Miles 2 520 Ships in 4 - 6 working days

Toe die son een oggend taaierig loskom uit die greep van Goudveldse mynhope, skop Joe Smit sy slaapkamerdeur oop, stap tot by die dubbelbed waar twee figure vervaard probeer orent kom en trek die sneller van sy 9 mm Astra twee keer. Hy klim in sy ou Mazda en ry noord, weg van die plek waar alles vir hom begin en geeindig het, en terug in sy verlede in. In die tweede sup. Pine Pienaar-misterie vermeng Piet Steyn twee van die stormagtigste plaaslike werklikhede, 'n mynersbestaan en die Johannesburgse onderwereld, in 'n intrige wat lesers nagte lank sal laat rondrol.

Skadumagte (Afrikaans, Paperback): Malene Breytenbach Skadumagte (Afrikaans, Paperback)
Malene Breytenbach
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

’n Jong, roekelose joernalis ondersoek die moord van ’n regter. Dit lei haar na oud-Recces met griewe, oorlewingskampe, ’n geheime organisasie genaamd Die Beskermers, wraak, intimidasie en verskeie moorde.

Verbeel Jou (Afrikaans, Paperback): Abraham H. De Vries Verbeel Jou (Afrikaans, Paperback)
Abraham H. De Vries
R215 Discovery Miles 2 150 Ships in 4 - 6 working days
Sarie 40 Flitsverhale (Afrikaans, Paperback): Andre le Roux Sarie 40 Flitsverhale (Afrikaans, Paperback)
Andre le Roux
R204 Discovery Miles 2 040 Ships in 4 - 6 working days

Oor die afgelope twee jaar het daar maandeliks 'n flitsverhaal verskyn in SARIE. Bekende skrywers is genader om 'n kontemporere goed-voel-verhaal vir die moderne vrou te skryf. Dit gee 'n blik op 'n Lewensoomblik, prettig of aangrypend, wat dikwels ons hele lewe beinvloed of verander. Dis 'n flitslig wat vir 'n oomblik aangeskakel word, byna dadelik weer af. In hierdie bundel is veertig van hierdie flitsverhale byeengebring vir SARIE se sestigste verjaarsdag in Junie 2009. Lees 'n paar van die stories deur bekende skrywers soos: Koos Kombuis, Amanda Strydom, Anna-Mart van der Merwe, en Neels van Jaarsveld.

Fanus Onthou En Sebastian Lag in Die Mou (Afrikaans, Paperback): Fanus Rautenbach Fanus Onthou En Sebastian Lag in Die Mou (Afrikaans, Paperback)
Fanus Rautenbach
R178 Discovery Miles 1 780 Ships in 4 - 6 working days

Hoe weet jy watter een van die klomp kom die middag huis toe na jou toe? Ek weet nie, want hy is nie een mens nie; hy is 'n hele opvoering. So vertel Fanus se Vroutjie-Douwtjie by geleentheid van hom in 'n onderhoud. Toe hy aan hierdie onthouboek begin werk, skep Fanus vir homself 'n kloon. Die noem hy Sebastian. Sebastian weet alles van Fanus, ook daardie dinge wat hy nie oor homself wil weet of vertel nie. Om Fanus van te veel beskeidenheid te beskuldig sou wees om oor hom te lieg, maar windgat is hy nou darem ook nie.

Die eerste lewe van Adamastor (Afrikaans, Paperback): Andre P. Brink Die eerste lewe van Adamastor (Afrikaans, Paperback)
Andre P. Brink
R138 Discovery Miles 1 380 Ships in 4 - 6 working days
Die 18-44-trilogie (Afrikaans, Paperback): Etienne Leroux Die 18-44-trilogie (Afrikaans, Paperback)
Etienne Leroux
R637 Discovery Miles 6 370 Ships in 18 - 22 working days
Die No. 1 Vrouespeuragentskap (Afrikaans, Paperback): Alexander McCall Smith Die No. 1 Vrouespeuragentskap (Afrikaans, Paperback)
Alexander McCall Smith; Translated by E. Du Toit
R167 Discovery Miles 1 670 Ships in 4 - 6 working days

Die No. 1-Vrouespeuragentskap is die Afrikaanse vertaling van die eerste titel in hierdie wêreldbekende reeks oor Precious Ramotswe, Botswana se voorste en enigste privaat speurder.

Hierdie onwaarskynlike heldin spesialiseer in vermiste eggenote, eiewys dogters, bedrieërs en swendelaars.

Om Na 'n Wit Plafon Te Staar (Afrikaans, Paperback): Jaco Kirsten Om Na 'n Wit Plafon Te Staar (Afrikaans, Paperback)
Jaco Kirsten
R204 Discovery Miles 2 040 Ships in 4 - 6 working days

Lourens Erasmus, gefrustreerde motorjoernalis in sy laat 30’s, se paaie kruis toevallig met dié van boekeredakteur wat hom verkeerdelik aansien vir ‘n kollega van haar – een wat kan skryf. Kort voor lank dink sy hy is die “nuwe Afrikaanse stem” wat haar loopbaan – en reputasie – weer nuwe stukrag kan gee. Teen die tyd dat sy haar fout agterkom, is dit te laat. Daarom volhard sy met die geskeide, drinkende, polities-inkorrekte Lourens.

Maar hy verras haar deur vorendag te kom met ‘n roman oor ‘n Stellenbosse mediese professor wat toevallig ‘n middel ontdek wat mense in staat stel om swart te word. Die boek verwek opspraak en groot konsternasie onder sy polities korrekte kollegas.

En so onderneem Lourens nie net ‘n reis op soek na ‘n voltooide roman nie, maar ook na homself en sy plek in sy geboorteland...

In Limbo (Afrikaans, Paperback): Jackie Nagtegaal, Reinet Nagtegaal In Limbo (Afrikaans, Paperback)
Jackie Nagtegaal, Reinet Nagtegaal
R198 Discovery Miles 1 980 Ships in 4 - 6 working days

Die skrywers het saamgespan om 'n insiggewende verhaal te skep wat die delikate verhouding tussen 'n ma en haar dogter skets. Die twee lewe in limbo in hul rykmanswereld teen die hange van Tafelberg, in 'n huis wat hulle besig is om te vergroen. Die ma verdryf haar tyd as lewensmentor saam met haar poedel en katelknaap. Die dogter is 'n jong entrepreneur wat haar winste gebruik en die land volrits om opbouende praatjies oor straatkinders te lewer. Iets moet gebeur, iets moet verander, maar terwyl hulle wag, durf hulle die lewe aan in ’n waas van alkohol, voortdurend gewapen met 'n fles vodka in die sak. Die situasies waarin die twee beland, is tegelyk skreeusnaaks en hartverskeurend.

Anderkant Pontenilo (Afrikaans): Irma Joubert Anderkant Pontenilo (Afrikaans)
Irma Joubert
R586 Discovery Miles 5 860 Ships in 18 - 22 working days

Die Tweede Wereldoorlog verdeel nie net die wereld nie, maar ook gesinne. In die Fourie-huishouding staan Pa by Hertzog wat neutraal wil bly, Oupa by Smuts wat tot die oorlog toetree en die seuns by Malan wat die oorlog teestaan. Binne hierdie milieu maak ons kennis met De Wet en Klara, Gerbrand en Christine – jongmense met drome en aspirasies wat elkeen op ‘n unieke manier deur die oorlog beinvloed word. En in ‘n klein Italiaanse dorpie woon die beeldhouer Guiseppe Romanelli en sy seuns. Ook Don Veneto en sy pragtige dogter Gina. Die dorpsmense het van altyd af geweet dat sy en Antonio, Guiseppe se een seun, vir mekaar bestem was; die twee raak spoedig verloof. Antonio word opgeroep om in Noord-Afrika te gaan veg, maar hy word ‘n krygsgevangene en beland op die Fouries se Bosvelplaas in Suid-Afrika waar hy klipwerk doen. En hier ontmoet hy vir Klara, ‘n meisie wat ‘n vriend en geesgenoot word... ‘n Eg menslike verhaal wat met insig en begrip uitbeeld dat oorlog almal raak. En dat die brue wat ons bou soms ‘n opdraand pad aan die anderkant het.

Deuskant Die Groot Gariep (Afrikaans, Paperback): Thomas Deacon Deuskant Die Groot Gariep (Afrikaans, Paperback)
Thomas Deacon
R152 Discovery Miles 1 520 Ships in 4 - 6 working days
Wederkoms - Die Lewe En Geskiedenis Van Jannes Hoop (Afrikaans, Paperback): Louis Kruger Wederkoms - Die Lewe En Geskiedenis Van Jannes Hoop (Afrikaans, Paperback)
Louis Kruger
R204 Discovery Miles 2 040 Ships in 4 - 6 working days

’n Swaargewonde Jannes word bewus van die teenwoordigheid van engele om hom. Hy onthou die nag van sy geboorte, die begin van sy lewensverhaal...

Jannes Hoop word armoedig op die Eiland groot. Hy ervaar alles met verwondering: die natuur, die tye saam met sy geliefde Myrte langs die rivier, sy verhouding met sy seuntjie Bas en met God.

\’n Yslike dam en besproeiingskema word beplan en daar loop gerugte rond dat die Eiland oorstroom gaan word wanneer die dam voltooi is. Die geheimsinnige Tempelliers spoor die Eilanders aan tot verset. Jannes, onskuldig en op soek na ’n eie waarheid, word in die maalkolk van geweld ingetrek.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Freddie Mercury in New York Don't Stop…
Thor Arnold, Lee Nolan Hardcover R1,061 Discovery Miles 10 610
The Life and Letters of Washington…
Pierre Munroe Irving Paperback R640 Discovery Miles 6 400
The Forbidden Fruit
Sarah Luiz Hardcover R880 R792 Discovery Miles 7 920
The Making of a Woman - From the Inside…
Jewels, Marlayna Glynn Hardcover R731 Discovery Miles 7 310
Sol Plaatje's Mhudi - History…
Sabata-Mpho Mokae, Brian Willan Paperback R330 R305 Discovery Miles 3 050
The Life of Samuel Johnson - Including a…
James Boswell Paperback R569 Discovery Miles 5 690
The Life of Samuel Johnson - Including a…
James Boswell Paperback R570 Discovery Miles 5 700
Koning Eenoog - 'n Migranteverhaal
Toef Jaeger Paperback R110 Discovery Miles 1 100
Autobiography of an Androgyne
Earl Lind Hardcover R886 Discovery Miles 8 860
Can Themba - The Making And Breaking Of…
Siphiwo Mahala Paperback R420 R388 Discovery Miles 3 880

 

Partners