’n Swaargewonde Jannes word bewus van die teenwoordigheid van engele om hom. Hy onthou die nag van sy geboorte, die begin van sy lewensverhaal...
Jannes Hoop word armoedig op die Eiland groot. Hy ervaar alles met verwondering: die natuur, die tye saam met sy geliefde Myrte langs die rivier, sy verhouding met sy seuntjie Bas en met God.
\’n Yslike dam en besproeiingskema word beplan en daar loop gerugte rond dat die Eiland oorstroom gaan word wanneer die dam voltooi is. Die geheimsinnige Tempelliers spoor die Eilanders aan tot verset. Jannes, onskuldig en op soek na ’n eie waarheid, word in die maalkolk van geweld ingetrek.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!