Met sy drie televisiereekse Arende I, II en III het Paul C Venter
van Afrikaanse televisie se grootste suksesse ooit geskryf. Die
rebellie van Sloet Steenkamp is die vierde Arende-avontuur, en die
eerste een wat Paul C Venter spesiaal as boek geskryf het. Wat as
die dramatiese avonture van Sloet Steenkamp en ander bannelinge op
die eiland St Helena begin het, het na 'n spannende trek Duitswes
toe en 'n bloedige stryd teen Hendrik Witbooi se Namas, by die
stilte van 'n waterput ten einde geloop. Maar nou kom daar weer 'n
oorlog. Vir Sloet en sy mense is dit die begin van 'n nuwe, epiese
stryd om oorlewing teen die agtergrond van 'n genadelose woestyn.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!