Die skrywers het saamgespan om 'n insiggewende verhaal te skep wat
die delikate verhouding tussen 'n ma en haar dogter skets. Die twee
lewe in limbo in hul rykmanswereld teen die hange van Tafelberg, in
'n huis wat hulle besig is om te vergroen. Die ma verdryf haar tyd
as lewensmentor saam met haar poedel en katelknaap. Die dogter is
'n jong entrepreneur wat haar winste gebruik en die land volrits om
opbouende praatjies oor straatkinders te lewer. Iets moet gebeur,
iets moet verander, maar terwyl hulle wag, durf hulle die lewe aan
in ’n waas van alkohol, voortdurend gewapen met 'n fles vodka in
die sak. Die situasies waarin die twee beland, is tegelyk
skreeusnaaks en hartverskeurend.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!