|
Books > Afrikaans > Fiksie
36-jarige Paul du Toit, 'n geheime agent in die Weermag tydens die
laaste jare van wit oorheerste Suid Afrika, glo hy het sy
gewelddadige lewe agtergelaat. Totdat omstandighede hom dwing om
voor die Waarheids-en-Versoeningskommissie aansoek te doen vir
amnestie oor die dood van twee antiapartheidsaktiviste. Hy verloor
beide sy werk en sy vrou. Hartgebroke en met swak vooruitsigte op
werk, weet Paul hy het 'n uitgeworpene geword. Toe hy uitvind
Louise het na Londen gegaan, volg hy haar soontoe om haar te
probeer ompraat om terug te kom. Dit laat hom nadink oor sy verlede
en sy skuld. Swerwend deur 'n ongenaakbare stad, dink Paul na oor
sy verlede en sy skuld - iets wat hy sedert die dood van die
aktiviste vermy het. Die waarheid is egter ewe ontwykend as Louise,
sy vrou, en dit word vir hom 'n pynlike reis in homself. Hy raak
betrokke by 'n gewelddadige konflik met twee Londense kriminele.
Weer eens staan hy voor 'n morele toets - 'n toets waarin hy al
voorheen gefaal het. Wanneer hy na Suid-Afrika terugkeer, besoek hy
die familie van die gestorwe aktiviste om sy skuld te bely. Hy vind
ook uit dat selfs hy nie die volle waarheid ken van wat gebeur het
nie. Nou moet hy besluit of sy toekoms in Suid-Afrika le of in die
Verenigde Koninkryk, by Louise of by Monica, 'n Tsjeggiese meisie
by wie hy romanties betrokke geraak het.
In hierdie nuutste roman word die stroewe regstelsel teenoor die
metafisiese wereld geplaas. Dit handel oor drie vroue ('n regter,
'n skoonmaker en 'n advokaat) wat binne die strak parameters van 'n
regspraktyk soos wafferse hekse met ou resepte van alchemiste en
die geheime uit die titel van die skepping speel. Die verhaal
ondersoek die skeppingskrag van woorde en hoe die karakters deur
taalgebruik hul woorde laat transponeer in werklikheid en so
verantwoordelik raak vir hul eie en ander se noodlot. Die verhaal
is deurspek met surrealisme, galge humor en 'n blik op fragiele
mense. Daar is liefde en verraad, die ontmaskering van alles wat
hoog en verhewe lyk en die slotsom dat sinloosheid die
hoofkarakters dryf om na wysheid te streef en dat wysheid hulle
uiteindelik weer met sinloosheid konfronteer.
Lees bietjie van Ou Jors se reusagtige "Large Black"- vark wat deur
'n agterbakse smous ontvoer word. Of van die
banger-vir-'n-slang-as-die-duiwel-vir-'n-sluipsteen-oubaas wat
gepik word waar geen man gepik wil wees nie. En pink 'n traan weg
wanneer daar vertel word van Simba, die hondmak leeu wat in ieder
en elkeen se hart gekruip het. Want hier is padkos te kus en te
keur - sielevoedsel vir een en almal - wat jou sal laat wens dat
die lekkerlees nooit einde sal kry nie.
Die deurlopende tema in hierdie tien verhale is verwondering: met
die landskappe van Suid-Afrika, Noord-Amerika en Frankryk; oor die
reuse rob wat op onverklaarbare wyse op 'n Kaapstadse strand
uitgespoel het; met die smaak van 'n geheimsinnige sampioen wat
iewers in Frankryk groei. Die verhale illustreer uiteindelik 'n
reeks komplekse menslike emosies wat telkens lei tot daardie een
moment waarna 'n mens se lewe onherroeplik verander, wanneer dinge
nooit weer dieselfde sal wees nie.
'n Misterieuse roman met sterk Gotiese elemente - Pippa, 'n jong,
onervare en effens wereldvreemde vrouestudent, word heimlik deur 'n
aantreklike ouer man bewonder en agtervolg. In 'n waas van
romantiek voer hy haar tydens 'n donderstorm na sy kasteelagtige
huis buite die stad, waar hy haar so vaardig verlei dat sy voorts
nie die werklikheid heeltemal van die droom kan onderskei nie. Die
uiteinde is dat sy nie weer teruggaan na die studentehuis waar sy
en twee vriendinne woon nie, en ook die "die blonde man sonder
naam" wat soos 'n bewaarengel oor haar waak, begin vermy. Want gou
ruk die "die donker God" (soos Pippa en haar vriendinne na Alex
verwys) se besitlikheid en jaloesie hand uit. Tot so 'n mate dat hy
haar soms te lyf gaan of in sy huis opsluit. Uiteindelik trou Alex
met Pippa en word daar 'n baba gebore ('n wonderlik musikaal
begaafde dogtertjie), maar die tragiese einde, wat van vroeg af
gesuggereer word deur die broeiende gevoel binne en buite die
verhouding, volg onafwendbaar - Alex bring eers sy eksotiese kok
uit Zanzibar en dan homself om die lewe. Die roman het 'n byna
hipnotiese uitwerking op die leser - met ekonomie van beskrywing
word 'n sprokiesagtige dog herkenbaar moderne werklikheid geskep.
Tegelyktertyd word 'n donker aura rondom die romantiek en erotiek,
vermeng met geweld, uitgebou.
Die almanak in die kombuis kondig die lente aan, maar al wat Hester
Human raaksien, is stof en bourommel. 'n Dump, verwyt sy Andre,
haar argitekman. Dit was sy idee, sy projek vir hulle Jaar in
Provence. Die droom het in 'n nagmerrie ontaard toe haar vyfjarige
dogtertjie, Manon, noodlottig gewond is tydens 'n skietvoorval in
Kaapstad - enkele weke voor hulle vertrek na Frankyk. En so sukkel
elkeen in die vreemde met sy eie swaarkry - Emile - haar
dertienjarige seun - smelt al meer weg in die dik klipmure van die
huis, om so min as moontlik moeite vir enigiemand te wees. Die koue
Europese winter vra groot aanpassings - om blerrie handskoene soos
'n meisiekind te dra, om met 'n paar Franse woorde 'n
internasionale skool in Avignon by te woon. Maar die moeilikste is
om met die selfverwyt saam te leef dat hy nie sy sussie beskerm het
teen die aanvallers nie. Andre stort al sy energie in die
restourasieprojek en sak al dieper weg tussen die sakke sement,
vragte vloerteëls, skroewe en spykers en planke en pype. En Hester?
Sy word al stiller en meer afwesig. Haar enigste twee
gespreksgenote is Manon, haar vyfjarige lieflingkind, wat nog net
in haar gedagtes voortleef. En Myriam Soro van die Demokratiese
Republiek van Kongo vir wie sy briewe skryf. Van haar het Hester in
'n Franse koerant gelees. Die foto vertoon 'n jong gesig, maar
swart gate waar haar oe moes wees. Barbaars, het die media dit
uitbasuin, dat sy haar twee dogters vermoor het toe sy nie langer
vir hulle kon sorg nie. Maar in die gedeelde hartseer vind Hester
verligting. Dink aan Myriam, se sy vir haarself. Dink aan Myriam
Soro en tel jou seeninge. Jy sit miskien in 'n hool van 'n huis,
slaap op die vloer en stik aan stof as jy koffie drink. Maar jy kan
hier uitloop as jy wil. G'n tralies om jou te keer nie.
Both funny and terrible, magical and grimly realistic, this is a
coming of age novel about a young boy living in a railway
settlement in Durban in the mid-sixties. Its narrator,
thirteen-year-old Timus, is part of a large family who struggles to
make ends meet, and where the father's obsession with the church
has distressing consequences. As the youngest member of his family,
he is cocooned in his own world and lags behind his peer group when
it comes to the sweet and dark things in life. Although the life he
observes around him is often sad and disturbing, the narration is
suffused with a sense of wonder and has an emotional resonance that
touches the reader's heart.
'n Donker wereld van dwelms, 'n lewe in die strate, dwelmsindikate
en die tronk. Dit is 'n lewe wat maar alte bekend is aan Rocher.
Die lewe het hom mishandel. Hy moes staande bly deur sy ouers se
egskeiding, vyf stiefpa's en seksuele molestering. Rocher het
homself oortuig dwelms is sy enigste troos, sy enigste liefde. Tog
is Die beste ding since popcorn 'n verhaal van hoop, oorwinning en
verlossing. Deur Jesus se bloed en God se onbeperkte genade en
liefde word Rocher bevry van sy verslawing, maar eers nadat hy die
diepste duisternis oorleef het: Pollsmoor-gevangenis.
In Verhale uit 'n koel voorhuis bundel Abraham H. de Vries sy
voorkeurverhale uit die eerste Klein Karoo-bundels. Die resultaat
is 'n bundel met die verskeidenheid van temas en afwisseling van
vertelstyle waarvoor De Vries bekend is. Die verhale wat hierin
opgeneem is strek vanaf die vermaaklike vertellings oor Stanley en
die koei wat so sleg gegly en so komieklik loop sit het (wat ook
deur David Kramer getoonset is) tot die makabere fantasie in “Die
gusooi”; die mengsel van fantasie en geloof in “Skoenemaker, diepe
water”, die spookverhaal in “Die swart hond van Bruidegomsdraai” en
die jeugherinnering van “In ’n koel voorhuis”.
Konstant Wasserman se pad loop dood. Sy mense met hul verstarde
lewens en hul aansprake dryf hom tot raserny, dryf hom die land
uit: Australie toe. In Sydney leer hy kook in 'n restaurant en vind
hy vrye geeste wat hom verstaan. Die liefde, in 'n smeulende
gedaante, terg sy sinne. Hy is vry. Tot die vreemde blou merke op
sy bene begin uitslaan en hy begin siek word. Die toetse is
positief, en hy moet klaarmaak, vrede maak. In 'n beheerste proses
van heroise afmetings konfronteer Konstant, en le hy af - elke
vriendskap en verwantskap, sy sinnelike liefde vir die lewe, en in
'n geinspireerde deurgang, uiteindelik die lewe self.
Die skrywer herskep die alledaagshede wat elke huisvrou en ma sal
herken: hoe vind jy balans tussen die verpligtinge van man en
kinders en die eise wat daar aan 'n predikantsvrou gestel word?
Veral as jy boonop 'n drang het om skrywer te word. Maar dan kry
die vertelling 'n meevoerende krag wanneer ernstige krisisse
opduik: Haar man kry 'n senuwee-ineenstorting. Meer nog: Haar
skoondogter oorleef 'n ernstige motorongeluk, maar doen permanente
fisiese en psigiese letsels op. En sy, die skrywer, is midde-in
haar mees ambisieuse skryfprojek ooit. Hier bereik haar
eg-menselike verhaal 'n besondere diepte- en hoogtepunt: 'n
dieptepunt van smart, maar ook 'n hoogtepunt van kreatiwiteit.
Kort stories vir lang ure bevat 'n dertigtal stories uit die
skrywer se Rapport-rubrieke. Dis 'n titel wat jy lees om die genot
daarvan, 'n titel wat jou laat met die naklank van warmte, egtheid
en pret. Moet vir aanstellerighed en lus vir lag. Verstaan jy die
liefde en ken jy 'n twakstories as jy hom hoor.
Die verteller, Chris Retief, is 'n rustelose jong surfer wat
probeer sin maak uit Londen en sy ervarings op Bali. Na Bali kom
soek hy werk in Londen en bly hy saam met sy ou vriend, Mossie, en
'n paar ander Suid-Afrikaners. Die ontstellende drome wat hom
teister, laat die leser vermoed dat daar iets in Bali gebeur het
wat hy nog nie kon verwerk nie. Tussen werk soek, uithelp in 'n
kroeg en tripping deur, neem dit 'n ruk voordat hy sy voete vind.
Maar, sy vriendskap met Aimee, die Mexikaansie meisie wat hy leer
ken, en sy vriend Priester, wat ook Londen toe kom, bring
verandering en dryf dinge geleidelik tot op die spits.
Met bydraes van skrywers soos Alex Muller, Herman Wasserman, Tom
Dreyer, Piet Haasbroek, Chanette Paul, Deon Meyer, Annamarie
Marais, Johan van Lill, Emile Joubert, Corlia Fourie en Francois
Bloemhof kan hierdie titel nie anders wees nie as
spanningsleesgenot van uitstaande gehalte. Die samesteller en
redakteur slaag daarin om leserbetrokkenheid van meet af aan te
bewerkstellig, en die verhaalinhoude voorsien in die leser se
verwagtinge van werklikheidsgetrouheid en onverwagse ontknopings.
Ruben Olivier se lewe is besig om uitmekaar te val. Sy vrou is
dood. Die biblioteek wat die passie van sy lewe was, het hom 'n
pakket aangebied om plek te maak vir 'n jong swart opvolger. Een
van sy seuns het klaar die land verlaat en die tweede staan op
vertrek. Sy beste vriend is sinneloos vermoor. Sy hede word deur
drie figure oorheers. Daar is sy huishoudster, Magrieta, wat hom
nie toelaat om te vergeet van die werklike wereld rondom sy soliede
ou huis in Nuweland nie. Daar is Antje van Bengale, 'n jong
slawemeisie wat drie eeue gelede tereggestel is en nou nog in die
huis bly spook. En dan is daar Tessa, wat een nag uit die reen
opdaag op soek na blyplek en soos 'n donker maan die landskap van
sy lewe belig met die teenstrydige onthullinge uit haar verlede en
die uitdaging van haar troebel seksualiteit.
|
|