![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
Die aangrypende verhaal van pyn en genesing na die dood van twee broers enkele jare na mekaar word deur hul ma in die derde persoon vertel. So probeer sy (die vrou) afstand van die pynlike gebeure verkry. Dit verleen 'n meer dramatiese impak aan die gebeure, hoewel dit 'n oormaat rou emosie voorkom. Dit word 'n hoendervleis-kry-ervaring om saam met die skrywer die wagtyd in 'n trauma-saal by Tygerberghospitaal deur te maak, of die soektog na 'n vermiste kind op see. Dit lees byna soos fiksie, 'n spanningsverhaal. Maar wat dit uitlig bo die gewone, is die gestroopte styl, die Christelike hoop daarin, die simboliek, die skrynende humor, die gedigte en die terapeutiese krag vir lesers wat hul eie smart leer verwerk deur te identifiseer met die verteller.
Plekkie in die son, dis al wat Karen Viljoen vra. Maar die pragtige donkerkop is melaats verklaar … Die oordeel dryf haar uit haar huis, haar droomhuwelik met Otto, haar baba – tot in Genadendal, inrigting vir melaatses. Kan Otto se liefde die vuurproef deurstaan? Daar is Beatrice, en die wette van die natuur. Selfs al word Karen dalk eendag genees verklaar, sal die gemeenskap haar nie maar weer verwerp nie? Eenmaal melaats, altyd melaats. In Genadendal, en by ’n simpatieke dr. Tertius Louw, vind Karen God se genade is tog genoeg – ook vir melaatses. Maar waar is haar eie plekkie in die son?
Die woordeboek se die erotiek gaan oor al die verskynsels en gevoelens van "sinlike" liefde, en oor die kuns "om lief te he". Die erotiek was nog altyd met ons en sal altyd met ons wees – nie net in die slaapkamer nie, maar ook in vele mooi dinge in die wereld om ons: 'n Rodin-beeldhouwerk, 'n Picasso-skildery, 'n Dvorak-simfonie, 'n Zeferelli-rolprent, 'n Ferrari-ontwerp of Alexander McQueen-tabberd... Maar erotiek het nie altyd met die liefde te make nie. Soms is dit sinloos, sedeloos, waansinnig en onsinnig ... Erotiek hoef nie noodwendig sag, pienk en romanties te wees nie. In Afrikaans het ons al bundels gehad wat die onderwerp aanraak - dink maar aan Lyfspel/Body Play (1994), Rachelle Greeff se versameling erotiese verhale deur vroue; Johann de Lange en Antjie Krog se bundel Die dye trek die dye aan (1998), en meer onlangs was daar Maanvrug en Slavin deur Annelise. Maar die tyd is ryp vir 'n vars blik op die erotiek in Afrikaans. Tafelberg het die omvangrykste bundel oor die erotiek bedink: Bloots bevat verhale van ou hande en nuwe stemme; digters, joernaliste, skrywers, sangers, sakemense, sosiale vlinders, sekskatjies, tuiniers, politici, komediante, kosmense, kerkmense, kunstenaars, kommentators, ekonome, en regisseurs. Daar's ma's en pa's, oumas en oupas, weduwees en wewenaars, ougetroudes, geskeides, alleenlopers. Van hulle is bekend, ander minder bekend. Bloots is lyfliteratuur uit die boonste rakke.
Wanneer Lance Covington 'n baba op die agtersitplek van sy motor vind, besef hy onmiddellik wie se kind dit is – dis die pasgebore baba van 'n meisie wat verslaaf is aan tik. Hy het Jordan net probeer help, maar toe hy weer sien, word hy gearresteer en van ontvoering aangekla! Sy ma, Barbara, vra speurder Kent Harlan om hulle te help, want hy het hulle destyds gehelp om sy suster, Emily, op te spoor. So word hulle in 'n wereld van dwelmmisbruik en mensehandel gedompel. Kan Kent vir Lance help? En wat van Jordan en haar baba – of is dit reeds te laat vir hulle?
Die goue vlinder: Ramiro de Gouveia, trotse miljoener-hertog, is vasbeslote om die wilde Janet Hartman te tem. Maar die goue vlinder is allermins van plan om haar te laat vang en toespin in 'n kokon van adellike Portugese tradisies. Op die tropiese Mosambiekse paradys Espino raak hartstog egter 'n vlam wat 'n vlinder se vlerkies kan skroei . . Son op die horizon: Kort na haar aankoms op die eiland San Di Rago verloor die talentvolle musiekstudent Verena Kestell haar sig in 'n motorongeluk. aar vriendin se ouers dring aan dat sy by hulle bly om aan te sterk, en haar pad kruis onvermydelik et die van die hooghartige hertog Duarte di Rago, aan wie die eiland behoort. Hy is oortuig dat sy die vrou vir hom is, maar hoe kan sy haar gevoel vertrou as sy in die duister moet rondtas, en boonop nog steeds droom van die aantreklike donkerkopman wat sy net vlugtig gesien het onderweg na die eiland? Haar naam was Marina Neser: 'Ons Portugese se liefde is net so fel en onblusbaar soos ons haat." Aan Ricardo Mendoca se waarskuwing, reeds met hul eerste ontmoeting, steur Marina Neser haar min. Maar dit was voordat sy Ricardo se neef, die aantreklike marques De Conna, ontmoet het – 'n streng aristokraat wat nog nooit die lokstem van die liefde gehoor het nie.
'Oom Vossie Vertel . . .' Kinderboekreeks Rooster verloor sy kraai 'n Aangrypende storie van getroue ou Rooster, spoghaan van Rusplaas, wat skielik nie meer kan kraai nie. Dit veroorsaak probleme vir al die plaasbewoners. Boer het geen ander keuse as om Rooster dorp toe te stuur na Tannie Anita toe nie. By Tant Lette van die buurplaas, koop hy vir Naas, die jong windbolhaan, wat Rooster se skoene moet volstaan op Rusplaas. 'n Taak waarin Saar, die hoofhen, Naas in moet skool. 'n Lekkerlees storie vir die jongspan, maar die ouergarde sal ook daarmee kan identifiseer.
In Rista ontmoet die hoofkarakter vir Pieter, 'n prokureur wat op haar verlief raak. Sy voel egter nie dieselfde oor hom nie, en hy probeer selfmoord pleeg. Pieter se broer Chris sweer dadelik wraak teen die meisie wat vir sy broer se ongeluk verantwoordelik is. Maar dan raak ook hy verlief op Rista. In Die eerste skakel raak Tobie verlief op die skone Amanda. Daar is net een groot probleem, en dis dat die pragtige Amanda verlief en verloof is aan Vic, 'n aspirantpredikant ... En in Die Rooikop van Sonnerus raak Elise Veldman, vurige rooikoponderwyseres, se liefde vir Armand van Rijn, aantreklike nuwe eienaar van haar ouers se buurplaas, allesoorheersend. Sy word egter getreiter deur sy reputasie as 'n Don Juan wat met al wat meisie is flankeer.
Die een kenmerk wat die meeste geweldsmisdadigers en bendelede in gemeen het, is dat hulle in huise grootgeword het waar daar nie 'n sterk, manlike rolmodel was nie. 'n Tyd Vir Vasberadenheid deur Randy Alcorn is die inspirerende verhaal van elkedagse helde - polisiebeamptes Adam Mitchell, Nathan Hayes, Shane Fuller en David Thomson - verbonde aan die Dougherty-distrik se Sheriff-departement. Sterk manne wat daagliks met bendelede en geweldsmisdadigers te doen kry, maar tuis die moeilikste werk op aarde doen - pa-wees. Wanneer 'n tragedie hulle tref, begin hierdie mans worstel met hul hoop, hul vrese, hul geloof en hul vaderskap. Kan 'n nuutgevonde dringendheid hierdie pa's help om nader aan God te kom en ook nader aan hulle kinders? 'n Tyd Vir Vasberadenheid is 'n boek wat 'n langdurige impak op gesinne sal hê.
Dit is nie 'n gewone lewensverhaal die nie. Jy as leser word geneem op 'n begeleide toer deur die diepste tonnels van dominee Klasie se binneste. Daar deel jy die gedagtestrome wat niemand tot dusver kon ken nie; daar bevind jy jou saam met "oom Klasie" in 'n nuwe oorlogsone: "Dikwels is dit angs wat in ons lewe oorneem. Angs vir verlies … Dan ontspring emosies wat vir ons laat voel dat God ver is, iewers daar bo en ons hieronder alleen en vergete" Klasie is tegelyk 'n geestelike leier, wat daagliks die saak onstuimig met God moet uitklaar, hy kan nie anders nie. Om verlies gelowig te hanteer, is nie gebruikersvriendelik nie. Jy moet jou siel skoonskraap, maar juis so kry God opnuut kans om jou innerlik te lei om grense oor te steek, verby die oorlogwrakke vorentoe. Hierdie innerlike grensoorlog gee ons 'n kyk in die hart van die mense wat agterbly – wat die verlies moet hanteer. Uiteindelik besef 'n mens: Klasie Steenkamp se storie is die van almal wat verlies ervaar het – die dood, siekte of onmag weens skielike werkloosheid. Dit kan ook jou storie wees.
'n Verhaal wat in die Klein-Karoo afspeel - op die oog af eenvoudig, maar diep-menslik, 'n verhaal wat elke leser se hart sal raak. Die jong man Sagie boer saam met sy pa op 'n plasie in die Dwarsriviervallei en is skaars bewus van die dinge waaroor die meeste ander mense hulle normaalweg bekommer, hy leef gewoon soos sy oe sien en sy lyf voel. Sy vriendskap met Ansie, die dogter van die nuwe bure, laat hom die wonder van die liefde ervaar. Maar wanneer die werklikheid dit verbreek, het hy geen verweer nie.
Ek sal elke dag 'n poliesman skiet, tot julle die moordenaar van Hanneke Sloet aankla. So lui die dreigbrief aan die SAPS. En dan begin die jagtog. Bennie Griessel is die een wat die dossier moet heropen. Die saak is 40 dae oud, die spoor is koud. Daar's geen motief nie, geen leidrade nie, net 'n reeks naakfoto's, 'n hoogs ingewikkelde saketransaksie, en onmenslike druk van topbestuur, die media en die meedoenlose, onpeilbare sluipskutter. En deur dit alles moet Griessel sy nuwe vriendin, die sangeres Alexa Barnard, weghou van die bottel voor haar groot terugkeer-konsert, sy seun keer om nie skandes te maak nie, sy kollegas weerhou daarvan om die ondersoek te kelder, en sy eie, verterende lus vir die helende kragte van drank in toom probeer hou. Sewe dae van hel.
Beate is die alleenerfgenaam van 'n sakeryk na haar pa se noodlottige motorongeluk. Maar sy kan nie toegee aan die liefde wat soos volmaan op haar lewenshorison kom hang nie - sy gaan nie lank genoeg lewe nie.
Die hoofkarakter van Net 'n lewe laat 'n dagboek na waarin sy lakonies, sinies en snaaks probeer sin maak van haar lewe. Sy is tegelyk donker, grappig, robuust, boheems; hierdie sonderlinge girl van Pretoria wat nie 'n wag voor haar mond kan hou nie. Mettertyd word sy die stem van almal wat te midde van die heersende politieke woesteny hulle eie lewenstryd stry. Net 'n lewe, speel in die sosio-politieke arena van die laaste vyftig jaar af en is ’n politieke satire met sterk feministiese inslag, maar dit preek nooit nie.
In 'Lied van die Isar' gaan kuier Tillie by haar familie in Duitsland. Daar ontmoet sy die aantreklike baron Ludwig Krafft wat halsoorkop verlief raak op haar. Hulle trou, maar spoedig vind sy daar is diegene wat hulle daarop toespits om haar en haar huwelik te vernietig. In 'Kringloop van die lewe' sukkel Rina om te kies tussen die jong dokter Riaan Jonker en die Italianer Toni Sardinni, die man van wie sy kort tevore weggevlug het omdat hy haar wou dwing om met hom te trou. Wanneer sy haar keuse maak, is daar verreikende gevolge... En in 'Immer lente' verloor Jeanette haar hart aan die seun van haar werkgewer. Hulle trou, maar deur die toedoen van Jeanette se skoonma word daar 'n wig tussen man en vrou ingedryf. Die dag toe Jeanette agterkom dat sy swanger is, is ook die dag dat sy Theo verlaat. Kan hul huwelik nog gered word?
In Die wingerd sal weer bot bly Juliétte aan as wynmaker nadat sy van die plaaseienaar se onstandvastige seun Bertus geskei het. Ná ’n paar jaar keer Bertus se broer, Conrad, terug van oorsee om die bestuur van die plaas oor te neem. Daar ís ’n romantiese vonk tussen haar en Conrad, al ontken sy dit ook, maar daar is gerugte dat Conrad met die geitjie van ’n Susan gaan trou . . . In Liefde is ’n kleur sukkel Emma lank ná haar egskeiding steeds om haar lewe in orde te kry. ’n Vakansie in die Alpe bring egter nie rus vir haar siel nie, want daar loop sy haar vas in nie minder nie as drié mans wat almal haar hartsnare roer. Hoe gaan sy dié keuse maak? En in Brug van woorde is Magriet ’n aantreklike vrou wat alles het waarvan sy kan droom. Maar pleks van tevrede te wees, is sy sielsongelukkig, want haar huwelik ly onder haar man se sukses. Sy begin navorsing doen vir ’n artikel oor Afrikaanse internet-kletskamers, en ontmoet ’n baie gawe kletsmaat, ’n man wat haar só goed verstaan . . .
In Eiland van geheime beland kinderoppasser Marne op Flaminke-eiland. Dis 'n eiland vol tergende geheime, maar ook liefdesmoontlikhede, want sy moet kies tussen twee interessante mans. In Reenboog van jou hart is Lanja ontnugter deur die liefde. Dan ontmoet sy die skugter argitek Rosseau, en hulle word dadelik vriende. Maar wat voer sy besonder aantreklike broer, Benno, in die mou? Is hy die gewetenlose rokjagter wat almal se hy is? En in Bittersoet verlange dring Leandri se ryk ouma daarop aan dat sy verloof moet raak aan hul huisvriend Mauritz. Maar Leandri vermoed hy's eintlik verlief op haar vriendin Anina. Net toe kom 'n geheimsinnige vreemdeling by hul huis aan...
Daar heers paniek en chaos in die toeristestad Brugge wanneer dit deur ’n reeks skynbaar losstaande misdade geteister word. Tussen die persoonlike besittings van ’n vermoorde Duitse sakeman word ’n vreemde foto van die madonnabeeld van Michelangelo gevind. ’n Bom verniel ’n rukkie later die standbeeld van die digter Guido Gezelle. Dit word ’n uiters moeilike opdrag vir kommissaris Pieter van In wat in hierdie warboel van misdade na die motiewe en oortreders moet soek. Wat het Michelangelo se madonna te doen met die naderende samesmelting van twee toeroperateurs? Wat is die verband tussen ’n onopgeloste bomaanval in 1967 en die skat van die Nibelungen? Die waarheid agter dié feite is gruweliker as wat enigeen kon vermoed.
In hierdie eerste boek in die Owerhede en Magte reeks, het Israel pas Iran se kernfasiliteite aangeval, wat 'n reeks rampspoedige gebeure wêreldwyd tot gevolg kan hê. Sal leiers en die 'sout van die aarde', groot en klein, in staat wees om in te gryp voordat die gebeure heeltemal buite beheer raak? Nash Lee, 'n NRO entrepreneur is vasberade om ‘n verskil te maak deur sy wêreldwye ivillage netwerk. Kim Grace, 'n kernwetenskaplike wat gevange gehou word in Noord-Korea se geheime Kamp 16, weet die waarheid oor die vernietigende tegnologie wat sy help ontwikkel het. Anshel Gould, die briljante stafhoof by die Withuis, het ‘n radikale vredesplan geskep, gebaseer op die lank vergete voorstel van die VN aan Palestina na die tweede wêreldoorlog. Maar is daar ‘n manier om die onkeerbare te keer? Wat Iran, Israel en Noord-Korea, en ander owerhede en magte volgende besluit kan lei tot die volgende globale konfrontasie... Die Owerhede en Magte reeks is gebaseer op breedvoerige navorsing oor die komende globale konflik rondom Israel en die leiers wat binnekort belangrike rolle in hierdie stryd gaan vertolk. Hierdie reeks konfronteer ook die grootse uitdaging van die Christelike kerk van vandag: die kerk se historiese rol as 'sout van die aarde', om die planeet te bewaar van korrupsie tydens kritieke oomblikke in wêreldgeskiedenis.
Die verhale van ses vroue wat hul op een of ander tyd in Wellington bevind het, word met 'n fyn hand aanmekaargeweef. 'n Skrywer onthou haar ma se verhaal oor hoe sy onwillig voor die liefde geswig het na haar jare in die Wellingtonste Seminary. In die aftreeoord waar haar ma gebly het, kom sy af op die agterkleinkind van Elizabeth Rolland, 'n sendelingsvrou. Van hier volg sy die spore na van nog vroue wat hul eens op 'n tyd in Wellington bevind het.
Gracie is baie kwaad vir Ben, want hy is werkloos en het oenskynlik geen ambisie behalwe om net 'n Kung-fu musiekproduksie te skryf nie. So kwaad is sy, dat sy vir 'n ruk lank sonder Ben Jeffriesbaai toe gaan om weg te kom van hom af. Gracie is skaars weg, of tant Lien, hulle buurvrou, oortuig vir Ben om haar te help om bewyse te vind dat die Nigeriers aan wie sy 'n woonstel verhuur, dwelms verkoop. Ben willig in en dan is die gort gaar. Dit is inderdaad gevaarlike en wrede misdadigers met wie hy en tant Lien se paaie kruis. Die bloed en koeels spat en dit raak 'n hengse stryd om oorlewing vir die twee ... |
You may like...
Observations on the American Treaty, in…
Thomas Peregrine Courtenay
Paperback
R374
Discovery Miles 3 740
Classroom-oriented Research…
Miroslaw Pawlak, Jakub Bielak, …
Hardcover
Hypoxia - From Genes to the Bedside
Robert C. Roach, Peter D. Wagner, …
Hardcover
R5,498
Discovery Miles 54 980
The Human Hypothalamus, Volume 182…
Dick. F. Swaab, Ruud M Buijs, …
Hardcover
R5,467
Discovery Miles 54 670
The Passenger: 2-Book Collection - The…
Cormac McCarthy
Hardcover
Basic Processes in Reading - Visual Word…
Derek Besner, Glyn W. Humphreys
Hardcover
R4,514
Discovery Miles 45 140
Working with Text and Around Text in…
Halina Chodkiewicz, Piotr Steinbrich, …
Hardcover
R3,410
Discovery Miles 34 100
|