Die woordeboek se die erotiek gaan oor al die verskynsels en
gevoelens van "sinlike" liefde, en oor die kuns "om lief te he".
Die erotiek was nog altyd met ons en sal altyd met ons wees – nie
net in die slaapkamer nie, maar ook in vele mooi dinge in die
wereld om ons: 'n Rodin-beeldhouwerk, 'n Picasso-skildery, 'n
Dvorak-simfonie, 'n Zeferelli-rolprent, 'n Ferrari-ontwerp of
Alexander McQueen-tabberd... Maar erotiek het nie altyd met die
liefde te make nie. Soms is dit sinloos, sedeloos, waansinnig en
onsinnig ... Erotiek hoef nie noodwendig sag, pienk en romanties te
wees nie. In Afrikaans het ons al bundels gehad wat die onderwerp
aanraak - dink maar aan Lyfspel/Body Play (1994), Rachelle Greeff
se versameling erotiese verhale deur vroue; Johann de Lange en
Antjie Krog se bundel Die dye trek die dye aan (1998), en meer
onlangs was daar Maanvrug en Slavin deur Annelise. Maar die tyd is
ryp vir 'n vars blik op die erotiek in Afrikaans. Tafelberg het die
omvangrykste bundel oor die erotiek bedink: Bloots bevat verhale
van ou hande en nuwe stemme; digters, joernaliste, skrywers,
sangers, sakemense, sosiale vlinders, sekskatjies, tuiniers,
politici, komediante, kosmense, kerkmense, kunstenaars,
kommentators, ekonome, en regisseurs. Daar's ma's en pa's, oumas en
oupas, weduwees en wewenaars, ougetroudes, geskeides, alleenlopers.
Van hulle is bekend, ander minder bekend. Bloots is lyfliteratuur
uit die boonste rakke.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!