Dit is nie 'n gewone lewensverhaal die nie. Jy as leser word geneem
op 'n begeleide toer deur die diepste tonnels van dominee Klasie se
binneste. Daar deel jy die gedagtestrome wat niemand tot dusver kon
ken nie; daar bevind jy jou saam met "oom Klasie" in 'n nuwe
oorlogsone: "Dikwels is dit angs wat in ons lewe oorneem. Angs vir
verlies … Dan ontspring emosies wat vir ons laat voel dat God ver
is, iewers daar bo en ons hieronder alleen en vergete" Klasie is
tegelyk 'n geestelike leier, wat daagliks die saak onstuimig met
God moet uitklaar, hy kan nie anders nie. Om verlies gelowig te
hanteer, is nie gebruikersvriendelik nie. Jy moet jou siel
skoonskraap, maar juis so kry God opnuut kans om jou innerlik te
lei om grense oor te steek, verby die oorlogwrakke vorentoe.
Hierdie innerlike grensoorlog gee ons 'n kyk in die hart van die
mense wat agterbly – wat die verlies moet hanteer. Uiteindelik
besef 'n mens: Klasie Steenkamp se storie is die van almal wat
verlies ervaar het – die dood, siekte of onmag weens skielike
werkloosheid. Dit kan ook jou storie wees.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!