![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Deon Opperman het verlede jaar Afrikaners aan die praat gehad met sy kykNET-reeks Hartland. In die reeks kyk hy na die uitwerking van 'n veranderende samelewing op een familie – die politiek van transformasie en verset. Sentraal in die reeks is die patriarg Jan Cilliers (Marius Weyers het die rol vertolk), hoof van African Queen, 'n maatskappy wat skoonheidsmiddels maak. Na sy dood ontstaan groot wedywering in die familie om die hart van die maatskappy, maar in die proses word baie drome verpletter. Opperman benut verskeie aktuele verhaalelemente om die reeks woema te gee: BEE, die moord, execution-style, van bejaarde wit egpare deur swart inbrekers, getraumatiseerde soldate van die apartheid-regime wat by hul predikante aanklop om leiding – en die herstel van hul geloof. As teenwig vir die emosioneel hooggespanne onderdele van die reeks, is daar ook ‘n tienerliefde wat blom en ‘n ou huwelik wat skielik geen sin meer het nie, maar Opperman se meesterlike slot berus op twee heel ander sake: die rol van Afrikaner-weerstandsbewegings, en planne wat Jan Cilliers lank voor sy dood gemaak het om die voortbestaan van sy maatskappy te verseker.
In Oase van geluk staan Isolde en haar jonger suster, Martina, bekend as die dorp se twee aantreklike oujongnooiens. Wanneer Martina troukoors kry, is dit seker net normal dat Isolde sal begin smag na romanse en die klank van huweliksklokkies. In Wanneer die nuwe dag breek weet die jong Elfie en wereldwyse Renier by hul eerste ontmoeting dat hulle lewensmaats gaan wees. Maar hulle moet eers deur die lewe gelouter word voordat hulle mekaar werklik kan waardeer ... En in More le ver word rykmansdogter Tania Erasmus se gemaksugtige bestaan op sy kop gekeer toe 'n vreemdeling onverwags by haar verlowingspartytjie opdaag. Sy word 'n belangrike les geleer: dat ryk nie gelyk aan beter is nie.
Niek Naude is 39 jaar oud en in dieselfde bootjie as vele middeljarige wit mans: hy is afgele; hy wat in die eerste helfte van sy lewe deur die voorsienigheid uitgesonder was om ’n uitblinker te wees, akademies en op die sportveld. Dis immers waarom sy mooi vrou, Elrisa hom op hoerskool reeds gekies het bo sy teenstander, Zandre van der Westhuizen. Zandre, intussen Niek se minder bekwame kollega in die menslike hulpbronne-afdeling van ’n magtige maatskappy, het sy werk behou omdat hy ’n aartsgatkruiper is en beter bevriend is met die baas. Niek moet nou huishou en sy ego het ’n allemintige knou gekry; selfs in die slaapkamer het hy nie meer die hef in die hand nie: sy vrou soen hom soos ’n familielid. Hul dogter Melanie wil Mel genoem word en wil so cool en mooi soos haar vriendin Anika wees, maar wil veral Anika se boyfriend, Tommie, he. Die verblindend aantreklike Tommie is al uit die skool, maar woon nog by sy ma en maak nie juis aanstaltes om te begin werk nie. Elrisa het wel nog 'n werk, sy is 'n suksesvolle eiendomsagent en Niek nou die huishulp.
In Onvoorwaardelik ontmoet die leser vir Samantha, Crawford 'n bekroonde kinderboekillustreerder - sy het skynbaar alles wat die lewe kan bied. Tot sy die persoon wat die diepste in haar hart le, verloor. Sy baklei teen die wanhoop en hartseer, en is desperaat om haar man se moordenaar op te spoor. Sy het geen hoop of leidrade nie, en oorweeg selfs selfmoord ... Maar dan word sy herenig met 'n vriend uit haar kinderjare, Joe Bradford. Hy help haar om weer haar geloof te vind en die sonskynkant van die lewe te soek. Hy tree op as 'n helpende hand vir kinders in 'n minder gegoede gemeenskap. Wanneer sy sien hoe ver Papa Joe se liefde vir "sy kinders" strek, vind Sam 'n nuwe lewensdoel. Sal die onskuld en hoop van 'n kind Sam leer en oortuig dat liefde altyd oorwin, selfs in ons donkerste omstandighede? Onvoorwaardelik is gebaseer op die fliek Unconditional.
Dit verg die jong slavin Philida groot moed om by die Slawebeskermer op Stellenbosch 'n klag teen haar baas te gaan le. Cornelis Brink, op wie se plaas sy grootgeword het, wil haar verkoop nadat sy vier kinders by sy seun, Frans Brink, gehad het. 'n Meesleurende en aangrypend slaweroman deur 'n meesterverteller.
Die Man teken in vyf sketse 'n vreemde, afsydige wereld van mense en plekke en omstandighede wat vaagweg aan laasnag se drome herinner. Maar drome vervaag reeds vroeg-oggend en die vyf verhale bly nog lank in 'n mens se kop rondmaal. En van die sketse Die Man wat so eerlik was, was in 1964 'n gewilde kortverhaal in die tydskrif Sarie Marais terwyl twee ander aanvanklik as radio-hoorspele uitgesaai is. Die skrywer skets doelbewus die karakters en gebeure op 'n afstand, sonder detail van gevoel en meelewing. Vandaar die strak, gestroopte skryfstyl, uniek aan Pienkus, dwarsdeur hierdie afsonderlike reeks man-sketse. Die Man bewys dat Pienkus du Plessis die kuns ken om boeklesers tot in die hart van sy stories te trek en te bly boei.
Iemand wil my dood he. Vermoor. My gesig in die truspieeljie wys niks van my ont-steltenis of die dosyne vrae wat in my kop rondmaal nie. Wie? Hoe veg mens teen 'n spook? Wilhelm Bruwer, miljarder sakeman, maak 'n ontstellende ontdekking. Daarteenoor sy koudbloedige moordenaar. "Wilhelm moet dood. Daar is nie eens te twyfel nie. Ek is nie bly nie en ek is nie jammer nie, maar hy staan in my pad en sy dood is nodig." Hierdie verhaal volg 'n hoogs ongewone patroon en ons kry te doen met twee "ekke" wat vertel: die slagoffer en die moordenaar. Welhelm, verbete om te bly leef, en sy moordenaar net so verbete om te moor. Die intrige word daarop gebou en met Welhelm se kleurryke romanse verweef, as die groot liefde uit sy verlede onverwags opduik.
Paul du Toit het hom in die Verenigde Koninkryk kom vestig nadat hy Suid-Afrika tien jaar tevore onder 'n wolk verlaat het. Nou is hy geskei en middeljarig, verstrengel in 'n vervelige werk en 'n sukkelende verhouding. Hy aanvaar dus geredelik 'n maklike – of so dink hy – opdrag van 'n ryk Londense finansier wat hom na Suid-Afrika terugneem. Maar die land het verander, en die terrein is verraderlik. Skielik moet Paul nie net met die skaduwees van sy eie lewe veg nie, maar ook met die versteekte magte wat Suid-Afrika beheer.
In die oomblik voor hy homself om die lewe bring, hersien Desmond die pad wat kon lei tot hier. Om homself en sy lot te verander moes Danie Fourie meer doen as ontsnap uit ’n tronk. Hy moes uitstyg en Desmond Faure word, homself herskep ver weg van Krugersdorp. Hy moes sy siel verkoop, iemand ompraat, sy verlede verbloem, sy geluk maak swaai soos Pretty Woman. Hy moes ’n ander kitaar leer slaan. “Country song for ever lost its soul, when the guitar player turned to rock ’n roll ...” Maar in die donker kantlyn van menslike gedrag val gewone reëls gou weg. Dit kos ’n kenner om deur die mooi afwerking te sien. Probleem is, soveel sonde laat homself nie sommerso afskud nie. En Desmond weet hy is steeds Danie, maak nie saak wat nie. Almal aanvaar sy nuwe persona. Almal hou van hom. Hy raak selfs verlief.
Pine Pienaar, Kat Harmse, die kleurryke Freislichs van Virginia . . . Piet Steyn se aanhangers ken die meeste van die hoofkarakters in sy jongste polisieroman. En weer is dit ’n verhaal barstens vol aksie en raaisels en . . . hormone! Propvol dwelms ook, want hierdie keer is dit die landwye toename van tik-verslawing wat ons polisiemanne hoofbrekens besorg. Die tik-epidemie is so ’n onvoorsiene vloedgolf wat van die Wes-Kaap na Gauteng oorgespoel het dat niemand minder nie as kolonel Kat Harmse van die Valke na Potchefstroom gestuur word om aan die Noordwes-universiteit 'n internasionale kongres oor tikverslawing by te woon. Lesings en referate en toesprake? Beslis nie Kat se gunsteling-tydverdryf nie. As dit nie was dat die forensiese patoloog dr. Annie de Villiers (Mooi Annie!) ook die kongres moes bywoon nie, en dat daar intussen in die Vredefortkoepel ’n reeks erg raaiselagtige moorde plaasgevind het nie, sou hy daar en dan almal in hul koepel ingestuur het. Maar toe is Potch nie so sleg nie. Annie bly in die bungalow net langs Kat s’n, hy loop sy ou pel Kris Freislich in die kroeg raak, en sien met naakte bewondering hoe mooi groot Kris se dogter, Baby, geraak het. Wat nie vir Kat so ooglopend soos Baby se kaal midderif is nie, is dat die Vredefortkoepel – ’n wêrelderfenisgebied – die sentrum geword het vir die verspreiding van tik. Die bron daarvan is ’n geheimsinnige plaas in die distrik Vrede, nie ver daarvandaan nie. Dit is hier waar ’n charismatiese godsdiensleier sy onderdane met die Bybel en tik onder sy duim hou. En dit is van hierdie plaas met sy permanent bedwelmde kultusgroep dat ene Charlie Stevens, ’n ou bekende in die Johannesburgse onderwêreld, in die koepel aangeloop kom.
’n Welder, ’n sjef, ’n finansiële bestuurder en ’n fortuinverteller saam op die lang pad met ’n boks human remains... Om die as te strooi van ’n vriendin wat lank vooraf geweet het sy gaan doodgaan, is nie speletjies nie. Janine het gans te veel tyd gehad vir plannetjies maak en leidrade wegsteek vir hierdie laaste avontuur wat sy in as-vorm meemaak. Haar vier mede-avonturiers moet in ’n begraafplaas ronddrentel, die misterieuse Miskloof soek en teen kloktorings opklouter, om nie te praat nie van ’n vark met die naam Daisy wat dink die pad behoort aan haar. Die vier is mín lus. Maar wat nie doodmaak nie, maak sterk. Vir dié vier vroue wat bittermin ooghare het vir mekaar, is die swaarste taak om agter mekaar se toe deure in te loer – daar waar alles beslis nié blink nie. Einde ten laaste vind Sonja, Madie, Gerda en Karien egter dat dit makliker was om moeilik te wees vóór hul pienk Volksie se wiele uit die Kaap gerol h
In hierdie debuutbundel word die eenheid wat deur die onderlinge verband tussen die afsonderlike verhale geskep word, as versterkende tegniek ingespan. Dit vorm nie net tematies ’n eenheid nie maar vertoon ’n terugkerende ooreenkoms van situasie en karakters, byvoorbeeld twee susters waarvan een mooier en inkenniger is, ’n familie se sieklik geykte uitdrukkings en maniërismes, ’n problematiese verhouding met die ma, geskeide en hertroude ouers, die ma se verknogtheid aan haar honde, lesbiese verbintenisse, mislukte of betekenislose verhoudings, siellose seksuele ervarings, onmag om deel van die konvensionele gesins- en familieopset te word. Een keurder beskryf die verhale as stilisties en tegnies knap, met “sterk en sprankelende dialoog en beeldryke milieuskildering”.
Die woordeboek se die erotiek gaan oor al die verskynsels en gevoelens van "sinlike" liefde, en oor die kuns "om lief te he". Die erotiek was nog altyd met ons en sal altyd met ons wees – nie net in die slaapkamer nie, maar ook in vele mooi dinge in die wereld om ons: 'n Rodin-beeldhouwerk, 'n Picasso-skildery, 'n Dvorak-simfonie, 'n Zeferelli-rolprent, 'n Ferrari-ontwerp of Alexander McQueen-tabberd... Maar erotiek het nie altyd met die liefde te make nie. Soms is dit sinloos, sedeloos, waansinnig en onsinnig ... Erotiek hoef nie noodwendig sag, pienk en romanties te wees nie. In Afrikaans het ons al bundels gehad wat die onderwerp aanraak - dink maar aan Lyfspel/Body Play (1994), Rachelle Greeff se versameling erotiese verhale deur vroue; Johann de Lange en Antjie Krog se bundel Die dye trek die dye aan (1998), en meer onlangs was daar Maanvrug en Slavin deur Annelise. Maar die tyd is ryp vir 'n vars blik op die erotiek in Afrikaans. Tafelberg het die omvangrykste bundel oor die erotiek bedink: Bloots bevat verhale van ou hande en nuwe stemme; digters, joernaliste, skrywers, sangers, sakemense, sosiale vlinders, sekskatjies, tuiniers, politici, komediante, kosmense, kerkmense, kunstenaars, kommentators, ekonome, en regisseurs. Daar's ma's en pa's, oumas en oupas, weduwees en wewenaars, ougetroudes, geskeides, alleenlopers. Van hulle is bekend, ander minder bekend. Bloots is lyfliteratuur uit die boonste rakke.
Hoe dikwels wens ons nie dat God vir ons 'n engel sal stuur om ons te help met wat dit ook al is wat ons lewe moeilik maak? Stuur tog 'n engel om my te help! Dit is die onuitgesproke, dikwels onbewuste kreet uit baie ontstemde harte van mense kinders hier op aarde. Toe kom sy. Engela. In die ontwrigte lewe van Elsabet Zeelie, wie se oenskynlik vergeef se gebede, maak dat haar geloof begin wankel en sy 'n maklike prooi word vir Lucifer. Ook in die lewens van die gebroke, beangste en bedreigde mense om haar sodat daar uiteindelik redding, uitkoms, genesing en versoening plaasvind. In In die skadu van 'n engel verbeeld Jaco Thom, met gebruikmaking van die Bybelse gegewens, die werkinge van die engele wereld en een manier waarop engele in God se diens staan om die mense op die aarde te help. Die verhaal is suiwer verbeelding, maar die geloof in God se genade en sy ontferming oor die mens is eg en oortuigend.
Ek sit roerloos. Hulle mag my nie sien nie. Ek het twee skote. Hulle is vyf. As hulle my sien, het ek geen kans nie. Ek haal skaars asem. Die naaste stroper is sowat ses meter van my af. Ek kyk doelbewus weg van sy gesig. Kan nie bekostig om oogkontak te maak nie. Ek hou my asem op, vinger op die sneller van my R1. Beweeg asseblief, probeer ek die stroper se spiere beveel. Hy huiwer, buk en krap in die grond. Dan kom hy orent en stap weer aan. Stadig asem ek uit. Hulle beweeg verby. Hou net so aan, asseblief, prewel ek saggies. Die stropers beweeg steeds. Hulle moet aanhou beweeg, want hulle moet hul prooi inhaal. Min wetende die prooi is nou agter hulle. Uit die pen van Johan Fourie, Suid-Afrika se nuwe en opwindende Omgewings misdaadskrywer, kom daar nog 'n aangrypende verhaal wat hom afspeel in Afrika, meer in besonder, Botswana hierdie keer. Met Kodenaam Tau plaas Johan die vinger op die pols van die kommerwekkende handel in leeus wat diereliefhebbers en natuurbewaring organisasies weer warm onder die kraag laat voel. Onlangse nuusberigte het aan die lig gebring dat die beendere van leeus en tiere soortgelyke waarde vir die oorsese mark het as die renosterhoring. Die skelet van 'n leeu kan 'n bedrag van tot R80 000 haal. Syfers wat Omgewingsake bekendgemaak het, toon dat daar 'n 150% groei in uitvoer van leeu produkte na die buiteland was sedert 2009. In 2010 was 153 lewendige leeus uitgevoer, asook 46 leeuvelle, 235 karkasse en 41 skedelbene. Hierdie drastiese groei in leerhandel is kommerwekkend en iets daadwerklik sal aan die probleem gedoen moet word om die wilde leeu populasie te beskerm. Reeds voor 2007 is leeus al van die Kgalagadi streek van Botswana na Suid-Afrika gesmokkel; veral leeuwelpies word gebruik vir teling in gevangenisskap in Suid-Afrika. Sulke leeus kan nie weer vrygelaat kan word in die vrye natuur nie, want hulle sal nie weet hoe om te oorleef in 'n natuurlike omgewing nie. Met sy nuutste spanningsverhaal neem Johan die leser op 'n aksiebelaaide reis deur hierdie donker wereld. Die Xikhova span se pogings om hierdie smokkelhandel te probeer hokslaan, word op 'n aangrypende wyse aan die leser uitgebeeld.
Eleanor Baker se Die ander Marta het as tema die "dienende Marta" wat met al haar verborge verlangens en vrese aanhou om haar rol gedienstig te vervul, maar dan deur 'n groot ingryping (hier grotendeels deur haarself geinisieer) geleidelik bevry word. Die Marta van die titel is 'n middeljarige boervrou wat op 'n dag breekpunt bereik, die motor vat en wegry na die Weskus met die idee om 'n einde aan alles te maak. Maar haar selfmoordpoging misluk en sy vind 'n tydelike heenkome in 'n eenvoudige klein vissersgemeenskap. Die verhaal fokus ook op haar man, Hendrik, se reaksie nadat hy agtergekom het sy's weg, en hoe hy ook uiteindelik tot ander insigte kom. Die spel tussen man en vrou in 'n "gebonde" situasie word vindingryk weergegee, en die verwikkelde grein van 'n emosioneel verwaarloosde vrou soos Marta word met fyn insig geteken. Die menslikheid en humor waarmee Baker alledaagse ervarings uitbeeld, is een van die redes waarom haar boeke so gewild is en sy soveel lojale lesers het.
Die verhale in hierdie omnibus is: Drome van liefde: Rondom die verbreking van Sanet se verlowing met Nardus is daar 'n donker geheim wat sy tot elke prys wil bewaar. Sy sal nooit weer 'n ernstige verhouding met enige man aanknoop nie. Toe sy dus agterkom dat haar baas en beste vriend, Tertius, ernstig voel oor haar, besluit sy om te vlug. Erens is daar liefde: Lara en Wiehahn se paaie kruis keer op keer. Maar waarom wil hy nie vir haar se wat sy van is nie? En wat wil hy van haar he as hy so seker is dat die liefde en die huwelik net 'n bedrogspul is? Vlam van verlange: Carli van Eeden is op twee-en-twintig die enigste erfgenaam van die Van Eeden-miljoene. Maar moet sy met buurseun Vincent trou of sal sy by Meyer, 'n eenvoudige motorwerktuigkundige, haar sprokiesliefde vind? Dit blyk egter dat Meyer geheime met hom saamdra.
Die goue vlinder: Ramiro de Gouveia, trotse miljoener-hertog, is vasbeslote om die wilde Janet Hartman te tem. Maar die goue vlinder is allermins van plan om haar te laat vang en toespin in 'n kokon van adellike Portugese tradisies. Op die tropiese Mosambiekse paradys Espino raak hartstog egter 'n vlam wat 'n vlinder se vlerkies kan skroei . . Son op die horizon: Kort na haar aankoms op die eiland San Di Rago verloor die talentvolle musiekstudent Verena Kestell haar sig in 'n motorongeluk. aar vriendin se ouers dring aan dat sy by hulle bly om aan te sterk, en haar pad kruis onvermydelik et die van die hooghartige hertog Duarte di Rago, aan wie die eiland behoort. Hy is oortuig dat sy die vrou vir hom is, maar hoe kan sy haar gevoel vertrou as sy in die duister moet rondtas, en boonop nog steeds droom van die aantreklike donkerkopman wat sy net vlugtig gesien het onderweg na die eiland? Haar naam was Marina Neser: 'Ons Portugese se liefde is net so fel en onblusbaar soos ons haat." Aan Ricardo Mendoca se waarskuwing, reeds met hul eerste ontmoeting, steur Marina Neser haar min. Maar dit was voordat sy Ricardo se neef, die aantreklike marques De Conna, ontmoet het – 'n streng aristokraat wat nog nooit die lokstem van die liefde gehoor het nie. |
![]() ![]() You may like...
Climate in Court - Defining State…
Pau De Vilchez Moragues
Hardcover
Effective Lagrangians for the Standard…
Antonio Dobado, Nicola A. Gomez, …
Hardcover
R2,597
Discovery Miles 25 970
Expansive - A Guide To Thinking Bigger…
John Sanei, Erik Kruger
Paperback
|