![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
Toe Debbie Calitz en Bruno Pelizzari in Oktober 2010 in Dar-es-Salaam anker lig, sou hulle nooit kon raai dat hulle op ’n hellevaart vertrek nie. Drie dae nadat hulle as bemanningslede op die seiljag Choizel vertrek het, is die vaartuig gekaap deur Somaliese seerowers wat ʼn losprys vir Debbie en Bruno geëis het. Twintig maande lank is die paartjie van die een donker hool na die ander verskuif, telkens met ander oppassers wat hulle – en veral vir Debbie – aan onbeskryflike gruweldade onderwerp het. Dit was Debbie se geestelike ingesteldheid, haar medemenslikheid, en ironies genoeg, haar verlede as ʼn slagoffer van mishandeling, wat haar aan die lewe help hou het deur positief te bly en te glo dat sy en Bruno gered sou word. In hierdie meesleurende boek oor afskuwelike ontmensliking onthul Debbie die besonderhede van hul beproewing en hul uiteindelike bevryding. Dit is die verhaal van ʼn vrou se onoorwinlike moed toe vryheid en menswaardigheid nog net ʼn vae herinnering was.
In Onvoorwaardelik ontmoet die leser vir Samantha, Crawford 'n bekroonde kinderboekillustreerder - sy het skynbaar alles wat die lewe kan bied. Tot sy die persoon wat die diepste in haar hart le, verloor. Sy baklei teen die wanhoop en hartseer, en is desperaat om haar man se moordenaar op te spoor. Sy het geen hoop of leidrade nie, en oorweeg selfs selfmoord ... Maar dan word sy herenig met 'n vriend uit haar kinderjare, Joe Bradford. Hy help haar om weer haar geloof te vind en die sonskynkant van die lewe te soek. Hy tree op as 'n helpende hand vir kinders in 'n minder gegoede gemeenskap. Wanneer sy sien hoe ver Papa Joe se liefde vir "sy kinders" strek, vind Sam 'n nuwe lewensdoel. Sal die onskuld en hoop van 'n kind Sam leer en oortuig dat liefde altyd oorwin, selfs in ons donkerste omstandighede? Onvoorwaardelik is gebaseer op die fliek Unconditional.
In 1985, the city of Dallas is held in the grip of terror as a
killer prowls the night. While on a Saturday night out with friend,
Terry Donaldson, Rick May meets the mysterious Donna Leonard. So
caught up with Donna, Rick fails to learn the secret from his past
that Terry has recently discovered. Rick finds himself becoming
more intrigued by a series of brutal Dallas murders while being
drawn to Donna.
Hierdie is 'n sinistere moordverhaal oor ’n reeks moorde. Die lyke wat gevind word, word geposeer om soos selfmoord te lyk, maar almal het dieselfde selfmoordnota by: “Dit is volbring ...” Vir adjudant-offisier Ben Hugo is dit egter gou duidelik dat dit nie selfmoord kon wees nie. Terwyl hy probeer om hierdie verwarrende reeks moorde op te los, het hy ernstige persoonlike probleme wat ook aanspraak maak op hom. Sy angstigheid na ’n skietvoorval waarin hy by die dood omgedraai het, sy rebelse tienerdogter en sy kollegas wat sukkel om sy bevordering te aanvaar.
In Oase van geluk staan Isolde en haar jonger suster, Martina, bekend as die dorp se twee aantreklike oujongnooiens. Wanneer Martina troukoors kry, is dit seker net normal dat Isolde sal begin smag na romanse en die klank van huweliksklokkies. In Wanneer die nuwe dag breek weet die jong Elfie en wereldwyse Renier by hul eerste ontmoeting dat hulle lewensmaats gaan wees. Maar hulle moet eers deur die lewe gelouter word voordat hulle mekaar werklik kan waardeer ... En in More le ver word rykmansdogter Tania Erasmus se gemaksugtige bestaan op sy kop gekeer toe 'n vreemdeling onverwags by haar verlowingspartytjie opdaag. Sy word 'n belangrike les geleer: dat ryk nie gelyk aan beter is nie.
Dit verg die jong slavin Philida groot moed om by die Slawebeskermer op Stellenbosch 'n klag teen haar baas te gaan le. Cornelis Brink, op wie se plaas sy grootgeword het, wil haar verkoop nadat sy vier kinders by sy seun, Frans Brink, gehad het. 'n Meesleurende en aangrypend slaweroman deur 'n meesterverteller.
Paul du Toit het hom in die Verenigde Koninkryk kom vestig nadat hy Suid-Afrika tien jaar tevore onder 'n wolk verlaat het. Nou is hy geskei en middeljarig, verstrengel in 'n vervelige werk en 'n sukkelende verhouding. Hy aanvaar dus geredelik 'n maklike – of so dink hy – opdrag van 'n ryk Londense finansier wat hom na Suid-Afrika terugneem. Maar die land het verander, en die terrein is verraderlik. Skielik moet Paul nie net met die skaduwees van sy eie lewe veg nie, maar ook met die versteekte magte wat Suid-Afrika beheer.
In die oomblik voor hy homself om die lewe bring, hersien Desmond die pad wat kon lei tot hier. Om homself en sy lot te verander moes Danie Fourie meer doen as ontsnap uit ’n tronk. Hy moes uitstyg en Desmond Faure word, homself herskep ver weg van Krugersdorp. Hy moes sy siel verkoop, iemand ompraat, sy verlede verbloem, sy geluk maak swaai soos Pretty Woman. Hy moes ’n ander kitaar leer slaan. “Country song for ever lost its soul, when the guitar player turned to rock ’n roll ...” Maar in die donker kantlyn van menslike gedrag val gewone reëls gou weg. Dit kos ’n kenner om deur die mooi afwerking te sien. Probleem is, soveel sonde laat homself nie sommerso afskud nie. En Desmond weet hy is steeds Danie, maak nie saak wat nie. Almal aanvaar sy nuwe persona. Almal hou van hom. Hy raak selfs verlief.
Iemand wil my dood he. Vermoor. My gesig in die truspieeljie wys niks van my ont-steltenis of die dosyne vrae wat in my kop rondmaal nie. Wie? Hoe veg mens teen 'n spook? Wilhelm Bruwer, miljarder sakeman, maak 'n ontstellende ontdekking. Daarteenoor sy koudbloedige moordenaar. "Wilhelm moet dood. Daar is nie eens te twyfel nie. Ek is nie bly nie en ek is nie jammer nie, maar hy staan in my pad en sy dood is nodig." Hierdie verhaal volg 'n hoogs ongewone patroon en ons kry te doen met twee "ekke" wat vertel: die slagoffer en die moordenaar. Welhelm, verbete om te bly leef, en sy moordenaar net so verbete om te moor. Die intrige word daarop gebou en met Welhelm se kleurryke romanse verweef, as die groot liefde uit sy verlede onverwags opduik.
Die beste 21 verhale uit die inskrywings vir Human & Rousseau se Nuwe Stories-kortverhaalwedstryd vir skrywers onder dertig. In hierdie bundel kan jy die pols van 'n nuwe generasie Afrikaanse skrywers voel. Die verhale dek die hele spektrum: die alledaagse tot die bonatuurlike; drama, humor en tragedie; liefde, seks, familiesake en natuurlik die lewe en die dood. Die bydraers is Alettie van der Heever, Alida Eloff, Armand Fourie, Bibi Slippers, Carla van Eck, Carolyn Meads, Charl Bezuidenhout, Christina van Deventer, Constant van Graan, Donovan Greeff, Henali Kuit, Janice Keogh, Lezandra Thiart, Madre Roothman, Marni Bonthuys, Nina Botes, Phillip Brand, Trish Goosen, Wilken Calitz and Willim Welsyn.
’n Welder, ’n sjef, ’n finansiële bestuurder en ’n fortuinverteller saam op die lang pad met ’n boks human remains... Om die as te strooi van ’n vriendin wat lank vooraf geweet het sy gaan doodgaan, is nie speletjies nie. Janine het gans te veel tyd gehad vir plannetjies maak en leidrade wegsteek vir hierdie laaste avontuur wat sy in as-vorm meemaak. Haar vier mede-avonturiers moet in ’n begraafplaas ronddrentel, die misterieuse Miskloof soek en teen kloktorings opklouter, om nie te praat nie van ’n vark met die naam Daisy wat dink die pad behoort aan haar. Die vier is mín lus. Maar wat nie doodmaak nie, maak sterk. Vir dié vier vroue wat bittermin ooghare het vir mekaar, is die swaarste taak om agter mekaar se toe deure in te loer – daar waar alles beslis nié blink nie. Einde ten laaste vind Sonja, Madie, Gerda en Karien egter dat dit makliker was om moeilik te wees vóór hul pienk Volksie se wiele uit die Kaap gerol h
Die dertienjarige Fransie is verlam na 'n fratsongeluk, maar reeds terwyl hy in die hospitaal aansterk, hoor hy verblydende nuus oor 'n nuweling op die dorp, ene Joe Speedboot, wat besig is om die dorpie se plattelandse verlamming te temper. Die is 'n seun met baie planne en 'n wil van staal – soveel so dat hy spoedig die klein dorpie Lomark heeltemal op horings neem met midder-nagtelike ontploffings en tuisgeboude spioenasie-vliegtuie. Fransie en Joe word groot vriende en Joe help Fransie om vanuit sy rolstoel, en sonder dat hy kan praat, 'n opwindende tienerlewe te he. Dis byvoorbeeld Joe wat besef dat Fransie se oorontwikkelde rolstoelarm van hom 'n bobaas armdrukker sal maak.
Die verhale in hierdie omnibus is: Drome van liefde: Rondom die verbreking van Sanet se verlowing met Nardus is daar 'n donker geheim wat sy tot elke prys wil bewaar. Sy sal nooit weer 'n ernstige verhouding met enige man aanknoop nie. Toe sy dus agterkom dat haar baas en beste vriend, Tertius, ernstig voel oor haar, besluit sy om te vlug. Erens is daar liefde: Lara en Wiehahn se paaie kruis keer op keer. Maar waarom wil hy nie vir haar se wat sy van is nie? En wat wil hy van haar he as hy so seker is dat die liefde en die huwelik net 'n bedrogspul is? Vlam van verlange: Carli van Eeden is op twee-en-twintig die enigste erfgenaam van die Van Eeden-miljoene. Maar moet sy met buurseun Vincent trou of sal sy by Meyer, 'n eenvoudige motorwerktuigkundige, haar sprokiesliefde vind? Dit blyk egter dat Meyer geheime met hom saamdra.
Koue water en kaviaar: Carina is gelukkig getroud, maar Tinus se prokureursklerk-salaris hou kwalik die pot aan die kook. Wanneer sy egter uitspring en werk kry by 'n uitgewery, voel Tinus in sy eer gekrenk. En boonop is die uitgewery se hoofbestuurder 'n sjarmante, aantreklike duiwel... Marietjie, Maraia, Maryne: Lugwaardin Maryne Landman kry dit hotagter. Sy het pas haar kerel afgesa, en dan word sy byna deur 'n besope passasier verwurg. Nou vrees sy boonop dat sy deur kaptein Wessel Raubenheimer afgedank gaan word, want hulle was uit die staanspoor haaks met mekaar. Onrus op Rustfontein: Wat gebeur wanneer drie pragtige niggies saamgegooi word op die ewe lieflike Laeveldplaas van hul ouma, met 'n uiters aantreklike boer op die buurplaas? Dit lei mos net tot moeilikheid...
Die fassinerende verhaal van ’n wit, middeljarige vrou wat in die laat 1950’s in Suid-Afrika gebore is. Gebeure soos die oproer van die tagtigerjare en die ingrypende sosio-politiese veranderinge in die land dra by tot haar politieke bewuswording en belewenisse en laat haar dikwels vrae vra oor haar identiteit en plek binne die samelewing. Sy is ’n vrou wat vasgevang is binne die beperkings van ’n sisteem, maar met ’n versigtige blik op dinge soos die “tuisland-beleid”, die “expat”-generasie, moederskap, die lewe in Afrika en vele ander betekenisvolle aangeleenthede. Hierdie uiteenlopende invloede word deurlopend teen die agtergrond van haar witheid beleef. Die titel van hierdie fyn genuanseerde roman dui op ’n bewustheid dat haar storie maar net een van vele in hierdie land en op hierdie kontinent is.
Ek sit roerloos. Hulle mag my nie sien nie. Ek het twee skote. Hulle is vyf. As hulle my sien, het ek geen kans nie. Ek haal skaars asem. Die naaste stroper is sowat ses meter van my af. Ek kyk doelbewus weg van sy gesig. Kan nie bekostig om oogkontak te maak nie. Ek hou my asem op, vinger op die sneller van my R1. Beweeg asseblief, probeer ek die stroper se spiere beveel. Hy huiwer, buk en krap in die grond. Dan kom hy orent en stap weer aan. Stadig asem ek uit. Hulle beweeg verby. Hou net so aan, asseblief, prewel ek saggies. Die stropers beweeg steeds. Hulle moet aanhou beweeg, want hulle moet hul prooi inhaal. Min wetende die prooi is nou agter hulle. Uit die pen van Johan Fourie, Suid-Afrika se nuwe en opwindende Omgewings misdaadskrywer, kom daar nog 'n aangrypende verhaal wat hom afspeel in Afrika, meer in besonder, Botswana hierdie keer. Met Kodenaam Tau plaas Johan die vinger op die pols van die kommerwekkende handel in leeus wat diereliefhebbers en natuurbewaring organisasies weer warm onder die kraag laat voel. Onlangse nuusberigte het aan die lig gebring dat die beendere van leeus en tiere soortgelyke waarde vir die oorsese mark het as die renosterhoring. Die skelet van 'n leeu kan 'n bedrag van tot R80 000 haal. Syfers wat Omgewingsake bekendgemaak het, toon dat daar 'n 150% groei in uitvoer van leeu produkte na die buiteland was sedert 2009. In 2010 was 153 lewendige leeus uitgevoer, asook 46 leeuvelle, 235 karkasse en 41 skedelbene. Hierdie drastiese groei in leerhandel is kommerwekkend en iets daadwerklik sal aan die probleem gedoen moet word om die wilde leeu populasie te beskerm. Reeds voor 2007 is leeus al van die Kgalagadi streek van Botswana na Suid-Afrika gesmokkel; veral leeuwelpies word gebruik vir teling in gevangenisskap in Suid-Afrika. Sulke leeus kan nie weer vrygelaat kan word in die vrye natuur nie, want hulle sal nie weet hoe om te oorleef in 'n natuurlike omgewing nie. Met sy nuutste spanningsverhaal neem Johan die leser op 'n aksiebelaaide reis deur hierdie donker wereld. Die Xikhova span se pogings om hierdie smokkelhandel te probeer hokslaan, word op 'n aangrypende wyse aan die leser uitgebeeld.
Hierdie historiese roman neem die leser terug na die draai van die vorige eeu, na 'n tydperk van oorloe en ontwrigting. In hierdie tyd is die geskiedenis geskryf deur koloniale magte wat eers in Suidelike Afrika en daarna in die Eerste Wereldoorlog die grense van lande en klein volke verskuif of uitgewis het. Die eenoogkoning is 'n man wat in sy tyd inpas, 'n groot karakter met geslagte van Pruisiese soldate wat oor sy bree skouers loer. Maar dan trou hy met die fynbesnede Kaapse meisie en neem haar na die dorre woestyn, waar hy vir hulle 'n kasteel bou. Soos die storms van die tyd oor hulle was, ondergaan hulle self ook loutering en moet hulle telkens aapas by die harde werklikhede van die tye waarin hulle leef. Die verhaal neem die leser van die skone Kaap na die Namib woestyn en na Pretoria in die na-oorlogsjare. Hierdie is 'n kragtighe verhaal met grootse karakters, wat die leser aangryp en dialoog wat die historiese gebeure maklik toeganklik maak. Van die eerste woord tot die laaste, kan die leser nie onpartydig bly nie, maar word meegesleur in die lewens van die man met die oogklap en sy beminde, Salome.
Die aangrypende verhaal van pyn en genesing na die dood van twee broers enkele jare na mekaar word deur hul ma in die derde persoon vertel. So probeer sy (die vrou) afstand van die pynlike gebeure verkry. Dit verleen 'n meer dramatiese impak aan die gebeure, hoewel dit 'n oormaat rou emosie voorkom. Dit word 'n hoendervleis-kry-ervaring om saam met die skrywer die wagtyd in 'n trauma-saal by Tygerberghospitaal deur te maak, of die soektog na 'n vermiste kind op see. Dit lees byna soos fiksie, 'n spanningsverhaal. Maar wat dit uitlig bo die gewone, is die gestroopte styl, die Christelike hoop daarin, die simboliek, die skrynende humor, die gedigte en die terapeutiese krag vir lesers wat hul eie smart leer verwerk deur te identifiseer met die verteller.
Plekkie in die son, dis al wat Karen Viljoen vra. Maar die pragtige donkerkop is melaats verklaar … Die oordeel dryf haar uit haar huis, haar droomhuwelik met Otto, haar baba – tot in Genadendal, inrigting vir melaatses. Kan Otto se liefde die vuurproef deurstaan? Daar is Beatrice, en die wette van die natuur. Selfs al word Karen dalk eendag genees verklaar, sal die gemeenskap haar nie maar weer verwerp nie? Eenmaal melaats, altyd melaats. In Genadendal, en by ’n simpatieke dr. Tertius Louw, vind Karen God se genade is tog genoeg – ook vir melaatses. Maar waar is haar eie plekkie in die son?
Die woordeboek se die erotiek gaan oor al die verskynsels en gevoelens van "sinlike" liefde, en oor die kuns "om lief te he". Die erotiek was nog altyd met ons en sal altyd met ons wees – nie net in die slaapkamer nie, maar ook in vele mooi dinge in die wereld om ons: 'n Rodin-beeldhouwerk, 'n Picasso-skildery, 'n Dvorak-simfonie, 'n Zeferelli-rolprent, 'n Ferrari-ontwerp of Alexander McQueen-tabberd... Maar erotiek het nie altyd met die liefde te make nie. Soms is dit sinloos, sedeloos, waansinnig en onsinnig ... Erotiek hoef nie noodwendig sag, pienk en romanties te wees nie. In Afrikaans het ons al bundels gehad wat die onderwerp aanraak - dink maar aan Lyfspel/Body Play (1994), Rachelle Greeff se versameling erotiese verhale deur vroue; Johann de Lange en Antjie Krog se bundel Die dye trek die dye aan (1998), en meer onlangs was daar Maanvrug en Slavin deur Annelise. Maar die tyd is ryp vir 'n vars blik op die erotiek in Afrikaans. Tafelberg het die omvangrykste bundel oor die erotiek bedink: Bloots bevat verhale van ou hande en nuwe stemme; digters, joernaliste, skrywers, sangers, sakemense, sosiale vlinders, sekskatjies, tuiniers, politici, komediante, kosmense, kerkmense, kunstenaars, kommentators, ekonome, en regisseurs. Daar's ma's en pa's, oumas en oupas, weduwees en wewenaars, ougetroudes, geskeides, alleenlopers. Van hulle is bekend, ander minder bekend. Bloots is lyfliteratuur uit die boonste rakke.
|
You may like...
|