Toe Debbie Calitz en Bruno Pelizzari in Oktober 2010 in Dar-es-Salaam anker lig, sou hulle nooit kon raai dat hulle op ’n hellevaart vertrek nie.
Drie dae nadat hulle as bemanningslede op die seiljag Choizel vertrek het, is die vaartuig gekaap deur Somaliese seerowers wat ʼn losprys vir Debbie en Bruno geëis het. Twintig maande lank is die paartjie van die een donker hool na die ander verskuif, telkens met ander oppassers wat hulle – en veral vir Debbie – aan onbeskryflike gruweldade onderwerp het.
Dit was Debbie se geestelike ingesteldheid, haar medemenslikheid, en ironies genoeg, haar verlede as ʼn slagoffer van mishandeling, wat haar aan die lewe help hou het deur positief te bly en te glo dat sy en Bruno gered sou word.
In hierdie meesleurende boek oor afskuwelike ontmensliking onthul Debbie die besonderhede van hul beproewing en hul uiteindelike bevryding. Dit is die verhaal van ʼn vrou se onoorwinlike moed toe vryheid en menswaardigheid nog net ʼn vae herinnering was.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!