Iemand wil my dood he. Vermoor. My gesig in die truspieeljie wys
niks van my ont-steltenis of die dosyne vrae wat in my kop rondmaal
nie. Wie? Hoe veg mens teen 'n spook? Wilhelm Bruwer, miljarder
sakeman, maak 'n ontstellende ontdekking. Daarteenoor sy
koudbloedige moordenaar. "Wilhelm moet dood. Daar is nie eens te
twyfel nie. Ek is nie bly nie en ek is nie jammer nie, maar hy
staan in my pad en sy dood is nodig." Hierdie verhaal volg 'n hoogs
ongewone patroon en ons kry te doen met twee "ekke" wat vertel: die
slagoffer en die moordenaar. Welhelm, verbete om te bly leef, en sy
moordenaar net so verbete om te moor. Die intrige word daarop gebou
en met Welhelm se kleurryke romanse verweef, as die groot liefde
uit sy verlede onverwags opduik.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!