Hierdie historiese roman neem die leser terug na die draai van die
vorige eeu, na 'n tydperk van oorloe en ontwrigting. In hierdie tyd
is die geskiedenis geskryf deur koloniale magte wat eers in
Suidelike Afrika en daarna in die Eerste Wereldoorlog die grense
van lande en klein volke verskuif of uitgewis het. Die eenoogkoning
is 'n man wat in sy tyd inpas, 'n groot karakter met geslagte van
Pruisiese soldate wat oor sy bree skouers loer. Maar dan trou hy
met die fynbesnede Kaapse meisie en neem haar na die dorre woestyn,
waar hy vir hulle 'n kasteel bou. Soos die storms van die tyd oor
hulle was, ondergaan hulle self ook loutering en moet hulle telkens
aapas by die harde werklikhede van die tye waarin hulle leef. Die
verhaal neem die leser van die skone Kaap na die Namib woestyn en
na Pretoria in die na-oorlogsjare. Hierdie is 'n kragtighe verhaal
met grootse karakters, wat die leser aangryp en dialoog wat die
historiese gebeure maklik toeganklik maak. Van die eerste woord tot
die laaste, kan die leser nie onpartydig bly nie, maar word
meegesleur in die lewens van die man met die oogklap en sy beminde,
Salome.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!