Die aangrypende verhaal van pyn en genesing na die dood van twee
broers enkele jare na mekaar word deur hul ma in die derde persoon
vertel. So probeer sy (die vrou) afstand van die pynlike gebeure
verkry. Dit verleen 'n meer dramatiese impak aan die gebeure,
hoewel dit 'n oormaat rou emosie voorkom. Dit word 'n
hoendervleis-kry-ervaring om saam met die skrywer die wagtyd in 'n
trauma-saal by Tygerberghospitaal deur te maak, of die soektog na
'n vermiste kind op see. Dit lees byna soos fiksie, 'n
spanningsverhaal. Maar wat dit uitlig bo die gewone, is die
gestroopte styl, die Christelike hoop daarin, die simboliek, die
skrynende humor, die gedigte en die terapeutiese krag vir lesers
wat hul eie smart leer verwerk deur te identifiseer met die
verteller.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!