Die Tweede Wereldoorlog verdeel nie net die wereld nie, maar ook
gesinne. In die Fourie-huishouding staan Pa by Hertzog wat neutraal
wil bly, Oupa by Smuts wat tot die oorlog toetree en die seuns by
Malan wat die oorlog teestaan. Binne hierdie milieu maak ons kennis
met De Wet en Klara, Gerbrand en Christine – jongmense met drome en
aspirasies wat elkeen op ‘n unieke manier deur die oorlog beinvloed
word. En in ‘n klein Italiaanse dorpie woon die beeldhouer Guiseppe
Romanelli en sy seuns. Ook Don Veneto en sy pragtige dogter Gina.
Die dorpsmense het van altyd af geweet dat sy en Antonio, Guiseppe
se een seun, vir mekaar bestem was; die twee raak spoedig verloof.
Antonio word opgeroep om in Noord-Afrika te gaan veg, maar hy word
‘n krygsgevangene en beland op die Fouries se Bosvelplaas in
Suid-Afrika waar hy klipwerk doen. En hier ontmoet hy vir Klara, ‘n
meisie wat ‘n vriend en geesgenoot word... ‘n Eg menslike verhaal
wat met insig en begrip uitbeeld dat oorlog almal raak. En dat die
brue wat ons bou soms ‘n opdraand pad aan die anderkant het.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!