oe arriveer kort voor die draaipunt van die millennium in New York. Tot sy
verbasing wag Nina hom by die backpackers in. Nina, wat nooit eintlik Joe se iets
was nie. Nie rêrig nie.
Hy ontmoet ook vir Michael, ’n verloopte Suid-Afrikaanse Jood met absurde
drome vir homself en sy lendelam fiets. O, en dan is daar Elrike, wat Joe se
gedagtes lees nog voordat hy hulle kan bedink.
Dié drietal word die spil waarom alles draai in Wat het geword van Dinsdag?.
Dis ’n roman wat verdigsel en waarheid vervleg, nes die kunswerke van
twyfelagtige waarde wat Joe produseer. Enersyds is die roman ’n terugblik op drie
onstuimige dekades in Johannesburg, en andersyds ’n verhaal van een man se
leuens wat hom inhaal – oor sy kleintyd, oor drome van roem wat hy skaars kan
onthou, maar bowenal oor Nina.
’n Fyn afgeronde, skerpsinnige roman oor selfontdekking, heimwee en verlies.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!