Dinge ontrafel vinnig wanneer iemand speuradjudant Storm van der Merwe
se ma voor ’n trein op Paddington-stasie instamp. Storm moet Londen toe,
al is sy tot oor haar ore met ’n moordsaak: Beebee Bukelwa Babu, befaamde
Suid-Afrikaanse modeontwerper, lê leweloos in ’n luukse hotel op Hermanus.
Hande om Storm te help met die ondersoek ná Beebee se dood is min,
want protesaksie lê die dorp lam. Boonop sweep ’n charismatiese profeet
die skare op tot ’n histerie.
Storm besef gou nie net haar ma se lewe is in gevaar nie. Sy is ook ’n
teiken.
Intussen probeer haar ekskollega, Andreas Moerdyk, nou ’n privaat
speurder, om ’n skaars rooi diamant van onskatbare waarde op te spoor.
Van Londen se donker strate tot Antwerpen se diamantebeurs, van
Port Nolloth se verlate kuslyn tot Storm se geliefde Hermanus, ontvou die
storie in Irna van Zyl se derde misdaadroman teen die pas van ’n sneltrein.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!