Dit is 1987 en die 19-jarige Leon Labuschagne is ’n tronkbewaarder by Pretoria Sentraal Gevangenis en werk bedags as laksman. Hy word in hegtenis geneem vir die moord op sewe lede van die Diepsloot-karatespan na ’n voorval van padwoede. Hierdie moorde vind plaas op die laaste dag van ’n uitmergelende paar dae waarin hy 32 mans gehang het, 21 in die voorafgaande 72 uur. Die verantwoordelikheid val op sy “hotshot” prokureur, Johann Weber SC, om met ’n verdediging vorendag te kom wat sy kliënt van die galg sal red – hierdie keer as ’n gevangene wat teregstaan op moord. Hy stel ondersoek in na die 32 mans wat gehang is (werklike gevalle in die SA regsgeskiedenis). En dis hierdie SA geskiedenis wat Chris Marnewick in sy boek inwerk. Weber is ’n driftige teenstander van die doodstraf, en kom algaande agter onder watter traumatiese omstandighede die jong Leon elke dag gewerk het in Pretoria se berugte tronk: hy het oor die jare vriende geword met die gevangenes terwyl hy uiteindelik ook deel moes wees van hulle teregstelling. Soos die hofverrigtinge vorder, bied dit aan Johann die kans om die hele stelsel van halsmoorde onder verhoor te neem. Hy vra die vraag: Hoe kan iemand ’n dubbele rol van vriend en laksman speel, as ’t ware die herder en ook die wagter wees?
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
In die Laksman se Skoot
Thu, 15 Mar 2018 | Review
by: loevenstein
Hier is 'n boek wat my so laat saamleef dat ek dit nie kon neersit nie. Is dit werklik Chris Marnewick se eerste en enigste boek want ek het gesoek vir sy ander boeke? Baie geluk met hierdie boek. Heinie
Did you find this review helpful?
Yes (1) |
No (0)