Sagmoedige Neelsie ly onder die bure – en Vroutjie se alewige
behoefte om die bure uit te stof. Hierdie keer gaan dit om ’n
vakansiehuis en ’n motorkar. Maar o, die onkoste ... Op die
ingewing van die oomblik skaf hy ’n oudsirkusolifant aan – ook
bekend as Herrie – en ’n trem wat al beter dae gesien het, en
siedaar: ’n vakansiehuis op wiele! Met Vroulief en Engela en haar
menigte koffers aan sy sy, neem Neelsie die geweste op horings. (So
’n trem kan nogal verwoesting saai as dit aan ’n eiesinnige olifant
vasgeketting word ...) En so eindig die trek in Meiringspoort, waar
vele ander avonture vir hulle wag, voor deputasies vanaf beide
Oudtshoorn en Prins Albert Neelsie met vreemdsoortige eerbewyse om
die hals val.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!