Hermans is aangewys as Nederland se grootste skrywer van die 20ste eeu.
Nooit Meer Slaap Nie is een van sy beroemdste romans en steeds ‘n treffer.
Dit gaan om ‘n student se spannende en selfs lewensgevaarlike navorsingstog in die nagenoeg onbewoonde Finnmark, die noordelikste gebied van Noorweë. Hy slaag mettertyd daarin om die vernaamste fisieke struikelblokke te oorwin, maar die noodlot en ironie bly op sy spoor.
Die boek neem die leser na een van die onherbergsaamste gebiede op aarde asook na onverkende vlakke van die menslike gees waar vrae veel magtiger is as oplossings.
Dit is ‘n toeganklike roman met diepte, vir die fynproewer.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!