Berdine se lewe in Johannesburg is vir goed verby, en die verbintenis met haar familie en vriende wat sy jare lank verwaarloos het, is aan die herstel.
Haar ouma Bertha se nalatenskap van diensbaarheid en naasteliefde staan voorop vir Berdine en haar droom om ’n kliniek op te rig om die armes gratis te bedien gaan nie om eie eer nie. Dit gebeur nie oornag nie en ten spyte van haar nuutgevonde geloof pak die twyfel en mismoedigheid haar beet. Berdine loop ook ’n pad met Tiekie en haar babadogtertjie en sy kuier weer by Bekkie. Sy leer die vernames van die dorp ken wat hul naaste met onselfsugtige liefde dien.
Dieter Daneel is steeds aan die voorpunt van omtrent elke bedrywigheid en met die naamgee-seremonie, toe die skuiling aan Bertha Human opgedra word ter waardering van haar jare lange diens aan die dorp en sy mense, word die węreld onderstebo gekeer en Berdine weereens voor ’n keuse gestel.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!